WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: VOLSTRUIS IN DIE WINDPOMP
Replies: 21 Views: 2758

oubaas 9.08.09 - 07:05am
VOLSTRUIS IN DIE WINDPOMP 5 Augustus 2009

Wat is die grootste en goorste krisis wat jou al getref het? Waar in jou lewe het die onaangenaamste ding denkbaar jou getref? Of is jy vrygestel van alle vorms van swaarkry, teenspoed of moeilikheid? Ek twyfel. Ek di*nk ons elkeen het iewers al in iets sleg beland. Hetsy jy dit oor jouself gebring het, of dat dit deur iemand anders teweeggebring is.
*

oubaas 9.08.09 - 07:06am
Nou ja, daar is n goeie spreekwoord daarvoor: wanneer die pawpaw die fan strike, in Afrikaans vertaal: wanneer die volstruis in die windpomp invlieg. Kan jy daardie dag onthou? Of dae? Of tydperk? . . . toe die volstruis in jou windpomp ingevlieg het. Dalk was dit trauma a.g.v. lewensverlies, of toe jy hoor jy het kanker, of toe jy in hegtenis geneem is, of toe jou man of vrou jou met n hamerhou tussen die oe klits deur te se: ek is klaar met jou, ek wil nie meer voortgaan nie. *

oubaas 9.08.09 - 07:06am
Onthou jy hoe dit gevoel het of jou lewe in skerwe spat? Bitter onlekker . . . toe dit voel of alles inmekaar val, en niks meer sin maak nie. Onthou jy hoe jy gevoel het, die sukkel om dit te verwerk, daardie onbeskryflike bang, die gevoel dat niks is in beheer is nie. En . . . as dit nog nie met jou gebeur het nie , wees dankbaar, baie dankbaar. *

oubaas 9.08.09 - 07:07am
Party sal dit dalk vir altyd vryspring. Maar . . . ongelukkig, vir party kan ons se: the cheque is in the mail. Het jy n survival kit gereed vir daardie dag? *

oubaas 9.08.09 - 07:07am
Wat se die Bybel van die volstruis-in-die-windpomp-dae? Praat die Bybel enigsins oor moeilike tye, of glo jy die mense wat so roekeloos se dat slegte goed nooit met Christene kan gebeur nie? *

oubaas 9.08.09 - 07:08am
Psalm 23 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teestanders moet toekyk. *

oubaas 9.08.09 - 07:08am
U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. *

oubaas 9.08.09 - 07:08am
Klink hierdie Psalm na een wat net voorspoed uitbeeld? Of maak dit ook voorsiening vir moeilike tye? Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig. Hoor wat se vers 1: Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Daar staan nie ek het alles in oorvloed nie, daar staan ek kom niks kort nie. Daar is nogal n verskil. Ek kom niks kort nie, klink vir my na tevrede wees met my omstandighede en situasie. *

oubaas 9.08.09 - 07:09am
Vir Job was dit n GROOT volstruis, en n woeste windpomp . . . miskien was daardie volstruis boon-op swnger . . . met n eier! Groot probleme wat hom getref het . . . hy het alles verloor, diere, besittings, slawe, kinders, en later tref die allerverskriklikste siekte hom . . . *

oubaas 9.08.09 - 07:09am
Job 1:20-22 Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan le en gese: Sonder iets het ek in die wereld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here. Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie. *

oubaas 9.08.09 - 07:10am
Die Here het gegee, en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here. Hoe hou jy daarvan? Toe die hare waai (of is dit nou die vere daar in die windpomp?), toe prys hy die Naam van die Here. Die Here laat die ergste dinge denkbaar toe in Job se lewe, maar Job se: Prys die Naam van die Here. . . . As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie? (Job 2:10). *

oubaas 9.08.09 - 07:10am
Kan jy die Here prys daar waar jy in sak en as sit? Op die ashoop? Sonder werk? Besig om te skei? In die gevangenis? Sonder n sent op jou naam? By die graf van n geliefde? Kan jy se: Here, niks werk uit nie, maar ek prys U Naam? *

oubaas 9.08.09 - 07:11am
Habakuk 3:17-19 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van 'n ribbok, op hoe plekke laat Hy my veilig loop. *

oubaas 9.08.09 - 07:11am
In sy boekie Prison to Praise se Merlin Carothers jy moet net aanhou om die Here te prys, ongeag die omstandighede. Jy kry nogal n interessante perspektief op jou probleme as jy dit begin doen, want dan erken jy dat die Here steeds (of liewer juis) in die prentjie is. Want jy besef eers dat die Here al is wat jy nodig het, as Hy al is wat jy oorhet. Dan erken jy die feit dat Hy steeds groter is as die probleem. *

oubaas 9.08.09 - 07:12am
Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. *

oubaas 9.08.09 - 07:12am
Hy is daar. Nou. Ten spyte van . . . al voel Hy ver. Die lewe is n snaakse plek . . . dit gaan vir dekades lank goed,en dan een dag, styg daar n volstruis op. Eintlik lanseer hy, en dan is dit nag! Die menslike natuur is om uit te roep: Waar is U, Here? So asof die Here weg is. Maar . . . as jy Hom prys en loof, gee jy erkenning aan die feit dat Hy daar is, dat Hy in beheer is, dat Hy jou vashou en versterk. *

oubaas 9.08.09 - 07:12am
Toe ons kinders was, het ons elke jaar gaan vakansie hou by Illovo aan die Suidkus, met so n groot, groen seiltent. Ons het menige maal aan daai tentpale gehang soos vinke as daar n storm opkom. Al wat jy moes doen, was om verbete te klou tot die storm bedaar het. En dis wat ek en jy vandag moet doen: staan vas, kap hakke in die grond in, anker jouself aan Jesus met sterk toue van geloof, en klou verbete. *

oubaas 9.08.09 - 07:13am
En weet een ding: dit maak nie saak hoe woes die storm woed nie, as jou geloofs-ankertoue sterk is, gaan niks jou omdop nie, want Jesus wat jou anker is, gaan nerens heen nie. Maak nie saak of jy self verantwoordelik is vir die storm nie, Hy bly die anker. As dinge ondraaglik raak, bly Hy steeds die anker. As dit voel of die toue enige oomblik gaan breek, hou aan glo, dan word daai toue net dikker en sterker. *

oubaas 9.08.09 - 07:13am
Intussen: prys die Naam van die Here. Dis in hierdie tye wat jou kennis van God toeneem, veral as jy antwoorde in Sy Woord gaan soek. Jy sal nie weet hoe sterk die anker is as jy hom nog nie getoets het nie. *

oubaas 9.08.09 - 07:14am
En weet jy, eendag sal jy opkyk na die windpomp, dan is alles heelgemaak, skoongemaak, geverf, en n ligte briesie waai die lemme rustig in die rondte. Dan sal jy kan terugkyk en Hom prys. Omdat hy daar was, omdat Hy in beheer was, omdat Hy jou geleer het, omdat Hy jou vasgehou het, omdat Hy jou deurgedra het. Prys Hom omdat jy weet dat Hy volgende keer weer daar sal wees. *

oubaas 9.08.09 - 07:15am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20volstruis%20in%20die%20windpomp.htm *

oubaas 9.08.09 - 07:15am
Ook gepos by / Also posted at: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store