WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: WIE DIE LEWE LIEFHET
Replies: 17 Views: 1041

oubaas 24.01.10 - 01:29pm
WIE DIE LEWE LIEFHET 7 Oktober 2009

Is jy lief vir die lewe? Wat is lewe? Is die lewe lekker? Doen jy lekker goete? Of is jou lewe een lang, uitgerekte stuk dood? Is jy miskien ook een van di mense wat hard werk vir n goeie lewe, en dan nie jou lewe geniet nie? Of een van di wat in so n vrees lewe dat jy kan siek word, dat jy daarvan siek word? Soms lyk dit vir my of die mens die kuns vervolmaak het om sy lewe op te mors. Onthou: jy het net een lewe geniet jy dit, of is dit n lyding?
*

oubaas 24.01.10 - 01:30pm
Vandag vra ek vir jou die vraag: begeer jy n lang en gelukkige lewe? Eenvoudige vraag. Of leef jy net omdat jy die dood vrees? Party mense leef om geld en besittings te vergader, ander leef vir hulle werk, ander leef vir die Here. Sommiges leef net omdat hulle nie eintlik n keuse het nie hulle weet nie hoe om op te hou asemhaal nie. Baie is op pad na nerens; hulle leef nie eintlik nie, hulle bestaan net. . . Opstaan, asemhaal, werk . . . *

oubaas 24.01.10 - 01:30pm
Begeer jy n lang en gelukkige lewe? Wat se jy oor jou lewe? Gelukkig leef ek of Ek leef gelukkig? As mens na party mense kyk di*nk jy hulle se: Ongelukkig leef ek. Hemel tog mens, is daar nog enige sin in jou lewe? *

oubaas 24.01.10 - 01:31pm
Wel, in Psalm 34 gee die Here so enkele riglyne vir n lang en gelukkige lewe. Kort en kragtig, so n dinamiet-pakkie. *

oubaas 24.01.10 - 01:32pm
Psalm 34:12-15 Kom, kinders, luister na my! Ek wil julle leer hoe om die Here te dien. As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! *

oubaas 24.01.10 - 01:32pm
As iemand die lewe liefhet . . . so se vers 13. Om die geheim te ontdek en te gebruik vra vir n keuse. Liefde is mos n keuse. Almal kan die lewe liefhe as jy dit kies. Dis ons omstandighede wat ons nie altyd kan kies nie. Omstandighede is egter nie gelyk aan die lewe nie! *

oubaas 24.01.10 - 01:33pm
Vers 14 se weerhou jou tong van kwaadpraat dit sal jou help met n gelukkige lewe. Dit is dom mense wat soveel kwaadpraat van ander dat hulle eie lewe dan misrabel is. Hulle praat so baie kwaad van ander, beskinder, beswadder, verkleineer en breek af, dat hulle eie mondhoeke sommer hang van onvergenoegdheid. Jy sien, daai kwaadpraat is die vrug van giftige plante wat wortel geskiet het in mense se harte. *

oubaas 24.01.10 - 01:33pm
Geen wonder dit word in Psalm 34 genoem as n struikelblok vir n gelukkige lewe nie. *

oubaas 24.01.10 - 01:34pm
As iemand die lewe liefhet weerhou hy sy lippe van leuens, aldus vers 14(b). So, as jy lank en gelukkig wil leef, hou op lieg! Leuens is die vrug van n onbetroubare hart. Aanhoudende leuens gooi al die meganika in jou kop deurmekaar. Jitte, jy moet darem n goeie geheue h as jy so lieg. Dit moet uitputtend wees om te onthou vir wie het jy nou weer watter storie vertel het. Dit moet sin maak dat die waarheid jou n lang en gelukkige lewe gee. *

oubaas 24.01.10 - 01:34pm
Jy hoef nooit oor jou skouer te kyk nie. Die waarheid is soet soos heuning. *

oubaas 24.01.10 - 01:34pm
Vir n lang en gelukkige lewe, bly weg van die kwaad af so se vers 15. Party mans gaan mos vir danslesse by hierdie snaakse plekke waar die meisies met n paal dans dan bid hulle dat hulle nie uitgevang word nie. Kuier oor die heining, krap in die kasregister, intieme verhouding met die voggies . . . Ja-nee! Die kwaad is n lelike plek. *

oubaas 24.01.10 - 01:35pm
Die kwaad sal altyd die lewe sleg maak. Die kwaad kan vir kort rukkies lekker lyk, plesier gee, maar dan draai hy om en byt jou. Dan paaldans jy soos n kat op n warm sinkplaat. *

oubaas 24.01.10 - 01:35pm
Vers 15 (b) se op n positiewe noot: doen wat goed is. Om net weg te bly van die kwaad af, impliseer nie jy doen goed nie. Doen wat goed is, is n aktiewe daad. Okay, okay, ek hoor jou jy het nie tyd nie. Nee, ons het almal 24 uur in n dag; maak die keuse om van daardie tyd te gebruik om goed te doen, en n verskil te maak vir iemand dit sal ook n verskil vir jou maak, in hoe sinvol jy jou lewe ervaar. *

oubaas 24.01.10 - 01:36pm
As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet moet jy vrede soek en dit najaag so se vers 15. Hoe hou jy daarvan? Vrede kom voor in die woord tevrede. Vrede in jouself, vrede met jouself, vrede in jou huishouding, vrede in jou werk, vrede met jou buurman, vrede in jou huwelik, vrede met jou ouers hoeveel vrede hy jy? Hoeveel vrede het jy met die Here? Vrede is maklik om te kry, weet jy? Raak net van al die gemors ontslae wat jou vrede steel. *

oubaas 24.01.10 - 01:36pm
Jaag die vrede na . . . storm daarop af, omhels dit en moet dit nooit weer laat los nie. Hunker na vrede. Breek al die mure af wat vrede verhinder. Streef na iets beter. Moenie tevrede wees met onvrede nie. Jaag vrede na. *

oubaas 24.01.10 - 01:36pm
Ek di*nk die Here het in Psalm 34:12-15 iets groots in n klein pakkie gesit met hierdie paar gedagtes. Hier staan nie werk jou dood, of maak baie geld nie. Ook nie probeer die mooiste en aantreklikste en beste wees nie. Dit is eenvoudige beginsels. Almal kan daarby uitkom. *

oubaas 24.01.10 - 01:37pm
Kom, kies vandag n beter lewe: weerhou jou tong van kwaadpraat, jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad, doen wat goed is, jaag vrede na jy KAN! *

oubaas 24.01.10 - 01:38pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20wie%20die%20lewe%20liefhet.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store