WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: SOLANK DAAR LEWE IS
Replies: 30 Views: 1279

oubaas 24.01.10 - 02:11pm
SOLANK DAAR LEWE IS 9 Oktober 2009

Lewe . . . Wat is lewe? Fisiese lewe. Hierdie toestand waarin jy VERSEKER op hierdie oomblik verkeer, of jy wil of nie, en of jy so di*nk of nie. Jy haal asem, jou liggaam dring aan op sy porsie versorging en jy put een of ander voordeel daaruit. Dis waaroor hierdie stukkie gaan.
*

oubaas 24.01.10 - 02:14pm
Solank daar lewe is . . . Hierdie toestand waarmee jy opgeskeep sit vanaf geboorte, tot so bykans 80 jaar, aldus die Bybel. Hierdie fase wat met vrolikheid en hartseer gepaard gaan, en met lekker en sleg. Die probleem is, ons is so vasgevang in gister, dat ons nie kans sien vir more nie. Vandag is more se gister, was die titel van 'n boek van F Rautenbach. *

oubaas 24.01.10 - 02:19pm
Gister was toe al die tyd nie te sleg nie, of hoe? Gister waaroor jy eergister so gestres het. En verlede maand het jy nogeens oorleef, terwyl jy verlede jaar gedink het jy sien nie nog een jaar nie. Maar toe het jy, ellende en al. Maar more, ooooo more, is alles verby. . . . . Die meeste mense wat hulle eie lewens neem, sien nie kans vir more nie. *

oubaas 24.01.10 - 02:21pm
Gelukkig het die Woord van God weereens die antwoord. *

oubaas 24.01.10 - 02:21pm
Prediker 9:4 Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop. 'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is. *

oubaas 24.01.10 - 02:22pm
Hoe hou jy daarvan? Swaarkry is sleg, maar hoop is net vir die lewendes beskore. Is dit nie so dat vandag toe wel beter lyk as wat jy gister gedink het nie? *

oubaas 24.01.10 - 02:22pm
Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today is a blessing. *

oubaas 24.01.10 - 02:25pm
1 Korintiers 13 : 13 En nou; geloof, hoop en liefde bly, maar die grootste hiervan is die liefde. *

oubaas 24.01.10 - 02:25pm
Wel, as die grootste die liefde is, lyk dit vir my of hoop kort op sy hakke aangestorm kom. *

oubaas 24.01.10 - 02:26pm
Solank daar lewe is... Dus, as daar nou lewe is, is daar nou hoop. Moenie opgee nie, dis nooit te laat om jou VOLLE vertroue op die Here te plaas nie. Vandag is die dag!!!! *

oubaas 24.01.10 - 02:26pm
Jy sien, dit maak nie saak HOE groot Christen jy is nie, swaarkry kan jou pad net so kwistig kruis as die van enigiemand anders. Maar, ek en jy het 'n geweldige voorspro ng. Meer as wat enige mens self kan skep of kan orkestreer. *

oubaas 24.01.10 - 02:27pm
Klaagliedere 3:21 30 Maar dit sal ek ter harte neem en om die rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke more nuut. U trou is groot. Ek se vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; dit is goed vir 'n mens om sy las in sy jeug te dra. *

oubaas 24.01.10 - 02:27pm
Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgele het, laat hy hom diep verootmoedig - miskien is daar hoop - laat hy sy wng draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind. *

oubaas 24.01.10 - 02:28pm
Om die rede bly ek hoop; deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie. Daar staan nie:- deur die liefde van die Here het ek nie swaargekry nie . . . Daar staan:- het ons nie vergaan nie. *

oubaas 24.01.10 - 02:29pm
Daarom is dit krities noodsaaklik dat jy met alles wat in jou is aan die lewe sal bly vasklou. Want dan is daar hoop. Met alles in jou mag moet jy bly lewe, sodat die deurbrake kan kom. n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is. *

oubaas 24.01.10 - 02:30pm
Solank daar lewe is... Deurbrake kan tog net in die toekoms gebeur, verseker nie in die verlede nie. Net so is hoop beperk tot die toekoms. Vasbyt en nuwe besluite kan niks aan die verlede verander nie. *

oubaas 24.01.10 - 02:30pm
Vertroue op die Here is ook net nodig vir die toekoms. Die Here het tog klaar in die verlede gewerk, of hoe? En dan ook alles ten goede laat meewerk, al het ons op 'n tyd nie so gedink nie. *

oubaas 24.01.10 - 02:31pm
Kan jy ook getuig hoe jy die Here in die verlede moes vertrou, maar gedink het niks gaan uitwerk nie? Onthou jy hoe Hy toe die legkaart wel laat pas het? Wel, as jy daarvan kan getuig, kan jy dit gerus weer doen, want Hy is gister, vandag en more dieselfde. Sy beloftes van twee duisend jaar terug is nog net so geldig as toendertyd. *

oubaas 24.01.10 - 02:31pm
Dalk het jy al gedink die Here het jou moedswillig weggestoot en sommer net so laat staan. Hier is egter so 'n stukkie goeie nuus. *

oubaas 24.01.10 - 02:31pm
Klaagliedere 3:31 33 Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring. *

oubaas 24.01.10 - 02:32pm
As jy my vra of ek hierdie teks verstaan, se ek onomwonde NEE, maar as jy vra of ek dit glo, se ek JA, want ek het dit al SOVEEL keer in aksie gesien. Maar dan moet jy die voorwaarde nakom, en dit is om te bly lewe. Solank daar lewe is, is daar hoop. *

oubaas 24.01.10 - 02:32pm
Dooie oe kan nie vorentoe kyk nie. Daar is net TE veel om voor te lewe. *

oubaas 24.01.10 - 02:33pm
Lewe is 'n gawe van God. Jesus het uit die dood uit opgestaan, sodat ek en jy die LEWE kan he, en dit in oorvloed. In hierdie bedeling en die een hierna. Terwyl ons in hierdie lewe is, het ons die taak om Sy Koninkryk uit te brei. Solank jy leef, is dit moontlik. *

oubaas 24.01.10 - 02:33pm
Die beste manier om jou eie lewe te verbeter, is om hoop vir ander te gee. As jy dit self het. *

oubaas 24.01.10 - 02:34pm
1Petrus 3:15b Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. *

oubaas 24.01.10 - 02:34pm
Kan jy sien dat die Here jou wil gebruik as Sy instrument om ander hoop te gee? *

oubaas 24.01.10 - 02:34pm
Solank jy lewe, kan jy nuwe beluite neem oor more, en jy kan veg vir 'n beter more. Maar dan moet jy lewe. Dalk moet jy vorentoe beur en 'n Rubicon oorsteek, dalk moet jy links, of regs. Miskien moet jy een tree terugstaan en wag. Jy moet self besluit om jou hoop te laat hou. *

oubaas 24.01.10 - 02:35pm
'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is. Onthou, jy is tot alles in staat, deur Christus wat jou krag gee. *

oubaas 24.01.10 - 02:35pm
Klaagliedere 3 : 24 Ek se vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom *

oubaas 24.01.10 - 02:36pm
Pragtig, ne? *

oubaas 24.01.10 - 02:36pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20solank%20daar%20lewe%20is.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store