WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: DIE GROOTSTE MENS OOIT
Replies: 22 Views: 1366

oubaas 24.01.10 - 03:34pm
DIE GROOTSTE MENS OOIT 14 Oktober 2009

Johannes 1:1 18 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes.
*

oubaas 24.01.10 - 03:35pm
Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wereld toe. Hy was in die wereld - die wereld het deur Hom tot stand gekom - en tog het die wereld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. *

oubaas 24.01.10 - 03:39pm
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Johannes getuig van Hom en roep uit: Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gese het: *

oubaas 24.01.10 - 03:42pm
Hy wat na my kom, is my voor, want Hy was voor my reeds daar. Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, die het Hom bekend gemaak. *

oubaas 24.01.10 - 03:42pm
In die begin was die Woord daar . . . Vers 14 :- Die Woord het mens geword. Vers 3:- Alles het deur Hom tot stand gekom. Vers 18:- Sy enigste Seun, self God. *

oubaas 24.01.10 - 03:43pm
Markus 1:1618 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. Hy het toe vir hulle gese: Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak. Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg. *

oubaas 24.01.10 - 03:43pm
Dis die geskiedenis van Jesus Christus, die eniggebore Seun van God. *

oubaas 24.01.10 - 03:43pm
Wie was Hy? Watse onbeskryflike gesag het Hy gehad om alles te skep? Wat het Hy uitgestraal dat vissermanne alles net so los en Hom volg? *

oubaas 24.01.10 - 03:44pm
Baie min mense twyfel of daar so Iemand geleef het. Die meeste mense aanvaar dat daar wel so 'n Mens geleef het, hoewel hulle Hom nie as God en Saligmaker erken nie. Selfs die sogenaamd Nuwe Hervormers erken dat Hy bestaan het, al glo hulle nie aan die sondeval, of die Drie-eenheid, die maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart nie. Sataniste WEET dat daar so iemand vandag leef!!! *

oubaas 24.01.10 - 03:48pm
Oor die algemeen is die mensdom dit eens dat Jesus geleef het. Wie was Hy? *

oubaas 24.01.10 - 03:49pm
Kom ons gaan so 2000 jaar terug. . . *

oubaas 24.01.10 - 03:50pm
Hy word gebore in 'n klein obskure dorpie uit 'n jong, onbekende, beskeie meisie, wat 'n maagd was. Hy word in die stofstrate groot tussen ander gewone seuntjies. Hy lyk waarskynlik net soos enige ander kind. Hy speel speletjies in die stofstrate, kom vuil by die huis, kry ook tandpyn, infeksies en skete. Hy word moeg na 'n dag se harde werk in sy pa se timmermans werskwinkel, sny Sy vinger en kry ook griep. *

oubaas 24.01.10 - 03:50pm
In die hele geskiedenis van die mensdom het geen mens ooit die impak op die lewe van mense gehad wat Hy gehad het nie. Geen mens, regering, organisasie, weermag, niks, kon dit ewenaar nie. Oor geen van bogenoemde is daar soveel boeke geskryf, liedjies gesing, byeenkomste gehou of oor bespiegel nie. Geen enkele mens in die hele geskiedenis van die mensdom het soveel mense se lewens positief verander nie. In geen mens is soveel hoop geplaas nie. *

oubaas 24.01.10 - 03:50pm
Van geen mens kon daar met soveel ywer getuig word nie. Daar is van geen mens getuig dat hy genees het, hoop gegee het of wonderwerke gedoen het nie. Geen mens se lof is nog ooit so besing soos Jesus sn nie. n Eenvoudige man wat nooit ver van sy geboorteplek af gegaan het nie. Blykbaar so n maksimum van 200 myl. En toe, ten spyte van dit alles, kruisig hulle hom oor die aansprake wat Hy gemaak het. *

oubaas 24.01.10 - 03:54pm
Ons woon op die aarde. n Ongelooflike planeet, waarskynlik die enigste van sy soort in die HELE heelal. Ons bly naby aan n ster (150 miljoen kilometer), alles is net reg vir lewe. Ons het n maan (380 000 km weg) net ver genoeg. Ons planeet is in die melkweg (n spiraal) galaksie, met ongeveer 100 biljoen sterre, met tonne planete en mane. Hier heers onbeskryflike orde, alles is perfek gevorm, presies beplan met onbeskryflike detail wat enige ingenieursprojek belaglik laat lyk. *

oubaas 24.01.10 - 03:55pm
Baie ver weg is Andromeda (ons naaste galaksie-buurman). Hy is baie ver weg, maar kan van die aarde af gesien word met n verkyker. Van hierdie galaksies, wat elk tussen 100 en 300 biljoen sterre bevat, is daar meer as 100 biljoen van in die heelal. Ongelooflik groot, ver en indrukwekkend. Duiseligwekkend kompleks. Die dwases s alles het sommer so toevallig tot stand gekom, met hierdie ongelooflike orde en kompleksiteit . . . sommer net toevallig. *

oubaas 24.01.10 - 03:55pm
Maar dieselfde mens sal nie glo dat n ratjie van n horlosie sommer toevallig sal ontstaan nie. Nie eens te praat van n hele horlosie nie, of n motor, of n kernkragstasie nie. En al hierdie tegnologie in die hele wereld bymekaar gegooi, is nie eens n aks so kompleks soos een sel in n mens se liggaam nie, en dan se Johannes 1:3 Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie n enkele ding wat bestaan het sonder Hom tot stand gekom nie *

oubaas 24.01.10 - 03:56pm
DIS Jesus, die een wat in die stofstrate geloop het. Hy het niks besit nie, weet jy? Net liefde. *

oubaas 24.01.10 - 03:57pm
Hierdie ongelooflike Skepper, en Ontwerper, wat alles, maar alles gemaak het, Hy . . . GEE OM VIR JOU! Hy wat alles tot stand gebring het deur net te spreek. Jy kan Hom ken. Hy ken jou. Jy wil Hom ken, weet jy? Hy is n gentleman. Hy klop aan jou hart se deur en wag dat jy moet oopmaak sodat Hy kan inkom (Openbaring 3:20) *

oubaas 24.01.10 - 03:58pm
As Hy hierdie hele, volmaakte, majestieuse projek, wat ons skepping noem, tot stand kon bring, kan Hy jou vandag help. As Hy miljoene der miljoene mense met hoop kon vul, kan Hy dit vir jou ook doen. As Hy blindes kon laat sien, en kreupeles en verlamdes kon laat loop, kan Hy dit vir jou ook doen. As Hy duisende kon voed met 5 brode en 2 vissies, kan Hy jou ook voed. *

oubaas 24.01.10 - 03:59pm
Daar staan nie op een plek in die Bybel dat Hy vir mense geld in die hand gestop het nie, wel dat Hy duisende gevoed en versorg en genees het. Hy was bitter lief vir die armes en gebrokenes, die swakkes en uitgeworpenes. Iemand se anderdag dat armoede n vloek is. My hart het ineengekrimp, want dis nie waar nie. Die Bybel se nie so nie. *

oubaas 24.01.10 - 03:59pm
Wie was Jesus? Wie is Jesus? Hy is jou Hoop, Beskermer en Versorger. Glo in Hom!!!! *

oubaas 24.01.10 - 04:00pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20die%20grootste%20mens%20ooit.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store