WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: EVOLUSIE?
Replies: 24 Views: 1133

oubaas 26.01.10 - 08:39am
EVOLUSIE? 21 Oktober 2009

Die mens is n wonderlike wese geskep met n doel; geskep na die beeld van God. Vandag wil ek bietjie praat oor die mens aan die hand van die evolusieteorie. Let wel: teorie. Evolusie is hierdie konsep wat baie mense liewer ignoreer, die meeste van ons glo dit nie, tog word dit openlik in skole en tersiere inrigtings geleer. So moes my dogter (in matriek) ook nou onlangs die goed leer en daaroor eksamen skryf. Haar eie woorde was: Pa, hoe kan enige mens hierdie goed verstaan, wat nog glo?
*

oubaas 26.01.10 - 08:46am
Ek wil egter in die konteks van ons en ons verlossing daaroor praat. Dus nie soseer uit n wetenskaplike oogpunt nie. *

oubaas 26.01.10 - 08:46am
Genesis 2:4-7, 18, 21-25. 4-7 Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reen nie, en daar was nog nie 'n mens om die grond te bewerk nie. Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. *

oubaas 26.01.10 - 08:47am
Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. *

oubaas 26.01.10 - 08:47am
18) Verder het die Here God gese: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke. *

oubaas 26.01.10 - 08:48am
21-25) Toe het die Here God 'n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe 'n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op, en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou en bring haar na die mens toe. Toe se die mens: Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy 'vrou' genoem word; sy is uit die man geneem. Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. *

oubaas 26.01.10 - 08:48am
Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie. *

oubaas 26.01.10 - 08:49am
So min detail oor die wyse waarop God die mens tot stand gebring het. Hier is egter n klompie belangrike punte wat genoem word, nl: *

oubaas 26.01.10 - 08:49am
Die mens is uit stof gevorm; Die mens word as n volmaakte mens geskep, en besit onmiddelik al die kwaliteite van mens; Die mens besit onmiddelik spraak (Genesis 2:23); God laat die mens die aarde bewerk (geen dier het daardie opdrag gekry nie); God vestig liefde in die mens; Verhoudinge is belangrik vir die mens; Die mens het n hunkering na sy Skepper; Die mens is in geen opsig n dier nie. *

oubaas 26.01.10 - 08:50am
Die teorie van evolusie hang aan die konsep van toevalligheid. Alles het toevallig tot stand gekom, ook die mens, so se hulle. Sommer net so, deur die sameloop van omstandighede. Die probleem is dat daar binne die teorie geen plek is (of n nodigheid) vir n skepper nie. Charles Darwin publiseer in 1859 The Origin of the Species waarin n model voorgestel word wat verklaar dat alles uit een enkelsellige dingetjie tot stand gekom het. *

oubaas 26.01.10 - 08:50am
Hierdie rykdom van uiteelopende goggatjies, voels, diere, repltiele, visse, alles uit een dingetjie? Toevallig? Ek het ongelukkig (of is dit nou gelukkig?) nie die geloof om dit te glo nie. En dan, volgens die evolusioniste vorm die mens stadig maar seker uit die aap-rasse. Natuurlik het dit dan nog nie gestop nie . . . ek wonder watse spesie ons nageslagte sou wees? *

oubaas 26.01.10 - 08:51am
Maar . . . ons weet vandag die mens is n unieke wese. Hoewel ons baie dinge met ons dierevriende deel, bv. sien, hoor, ruik, voel, is ons hulle een voor op talle gebiede. Die mens is baie uniek hy kan dink, redeneer, lees, skryf, praat, liefhe, planne maak, besluite neem, ideologie najaag, keuses maak, ens. Hy kan dinge ontwerp, vernuftig bou, instand hou, sy lewe verbeter. Alles dinge wat hom totaal onderskei van enige ander spesie. *

oubaas 26.01.10 - 08:51am
Psalm 139:13-18 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. *

oubaas 26.01.10 - 08:51am
U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem - hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen he. *

oubaas 26.01.10 - 08:52am
Hoekom is hierdie teorie van evolusie n probleem? Hoofsaaklik omdat dit God oorbodig maak. *

oubaas 26.01.10 - 08:52am
Die skepping is 'n ongelooflike wonderwerk van God. Hoe wonderlik is dit om jou te verlustig in die natuur, en dit te ervaar as God se handewerk, alles tot voordeel van die mens. *

oubaas 26.01.10 - 08:53am
As evolusie waar sou wees, sou ons geen van die unieke kwaliteite besit het wat ons na die beeld van God onderskei van 'n dier nie. Die beeld van God is meer as net beeldspraak. Dit verwys na die feit dat ons na 'n lewe soos Jesus (self God) kan streef. Jesus moes kies voor Sy kruisiging, of Hy die kruispad gaan stap, en vra selfs vir die Vader dat die beker by Hom verby sal gaan, maar Hy aanvaar tog eerder dat die Vader se wil sal geskied. *

oubaas 26.01.10 - 08:53am
Laastens, as God oorbodig is in die skepping, het die mens aboluut geen doel op aarde nie, dan sal hy maar net sterf soos 'n hond. Omdat ons na die hiernamaals kan uitsien, word die swaar waarmee ons daagliks sukkel, draaglik. *

oubaas 26.01.10 - 08:53am
Jy sien, as evolusie n transformasie van een spesie na n ander toelaat, moes mense van 2000 jaar gelede n bietjie meer aap gewees het as mens. Iewers moes aap dan heeltemal uitfasseer en ons sal nou meer mens wees as ons nageslag 2000 jaar van nou af. Met alle respek gese, Jesus sou dan meer dier gewees het as wat ons is . . . ? Ek is jammer, dit kan ek nie aanvaar nie! Omdat Jesus uniek is, is ons uniek. *

oubaas 26.01.10 - 08:54am
Omdat Hy AL die kwaliteite van die mense besit het (en natuurlik nog meer) kan ons vandag AL hierdie kwaliteite gebruik om gered te word. Ek wonder hoekom sommige ape besluit het om aap te bly? Ek wonder ook of daar ape was wat net bietjie kon praat en kommunikeer? *

oubaas 26.01.10 - 08:54am
Die mens kan dinge doen wat geen dier kan doen nie . . . . Geen dier het die vermoe om sy godsdiens te beoefen nie, sy Skepper te ken nie, die Here te loof en te prys nie. n Dier se keuses is uiters beperk, en hoofsaaklik gerig op oorlewing. *

oubaas 26.01.10 - 08:57am
Die mens het kwaliteite wat verlossing vir hom moontlik maak. Daar is slegs een weg tot saligheid, en dit is Jesus Christus. Die mens:

1) is die enigste spesie wat kan kies. Hy kan n berekende besluit maak op grond van inligting wat hy bymekaar maak; 2) is die enigste spesie met n sondebesef; 3) het die vermoe om sy Skepper te soek, te vind en te aanbid. Geen ander spesie kan dit doen nie; 4) het dankbaarheid vir meer as kos vir vandag hy het die behoefte om die Here te prys; 5) kan praat en hoor. Daarom kan ons (anders as diere) fyn ingestel wees op God se stem; 6) kan Bybel te lees, woorde verstaan en interpreter; 7) kan getuig oor God.
*

oubaas 26.01.10 - 08:57am
Omdat Jesus volledig mens was, presies soos ons, kan ons Hom navolg, naboots, en maak soos Hy gemaak het. n Aap maak anders as n mens. Hy kan dalk fisies meer doen as n mens, maar n mens uitoorle hom maklik. n Aap kan nie tot bekering kom nie, n mens kan. Al wat ons hoef te doen is om die kwaliteite te gebruik wat ons onderskei van Adoons. *

oubaas 26.01.10 - 08:58am
Die mens . . . Geskep na die beeld van God! *

oubaas 26.01.10 - 08:59am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20evolusie.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store