WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: DRAAI TERUG
Replies: 32 Views: 1735

oubaas 26.01.10 - 03:33pm
DRAAI TERUG 11 November 2009

Deur die geskiedenis van die Bybel, in besonder in die Ou Testamentiese tyd, lees ons hoe God telkens Sy woede laat opvlam het en dikwels wou Hy Sy volk vernietig. Dit was deur die bank wanneer die volk in sonde en ongeregtigheid verval het. Dan het die Here profete gestuur om die mense te waarsku om hulle te bekeer van hulle verkeerde wee en terug te draai na Hom toe . So is daar baie gevalle waar God gewaarsku en gedreig het om alles te verwoes, as die volk nie terugdraai nie. *

oubaas 26.01.10 - 03:34pm
Maar, die Here het elke keer nog n kans gegee en van Sy planne afgesien. Behalwe met Sodom en Gomorra . . . *

oubaas 26.01.10 - 03:34pm
Genesis 18:22-33 Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan. Abraham het toe nader gekom na die Here toe en gevra: Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig? *

oubaas 26.01.10 - 03:35pm
Hier sien ons hoe Abraham pleit vir Sodom. Vers 23: Sal U die regverdiges saam met die Goddeloses vernietig? Maar kyk hoe groot is God se genade. Abraham onderhandel met die Here en stel die teikens al hoe laer en laer. Abraham begin by vyftig en se: Here, sal vyftig dan nie goed genoeg wees nie? Dan gee die Here toe, en dan pleit hy vir 45, 40, 30 tot God dan se: oor tien sal ek dit nie verdelg nie. *

oubaas 26.01.10 - 03:35pm
Ons lees dan verder in Genesis 19 dat twee engele by Lot aan huis kom, en die mans van Sodom omsingel die huis en wil met hulle geslagsgemeenskap he. Lot probeer hulle beskerm en bied selfs sy twee dogters (maagde) aan, maar hierdie ouens staan vas, hulle wil nie luister nie. *

oubaas 26.01.10 - 03:36pm
Genesis 19:8-15 Ek het twee dogters. Hulle het nog nie gemeenskap met 'n man gehad nie. Ek sal hulle vir julle laat uitkom, doen julle dan met hulle wat julle wil. Moet net nie iets doen aan hierdie mans nie, want hulle het onder die beskerming van my dak ingekom. Toe roep die mans van Sodom: Gee pad! En hulle se: Hierdie kerel het as vreemdeling hierheen gekom, en nou wil hy regter speel. Ons sal hom nog meer kwaad aandoen as vir sy besoekers. *

oubaas 26.01.10 - 03:36pm
Hulle het vir Lot teruggedruk en nader gekom om die deur oop te breek. Toe het die mans wat in sy huis was, vir Lot binnetoe getrek na hulle toe en die deur gesluit, en die mans buite by die deur, oud en jonk, laat blind word sodat hulle nie die deur kon kry nie. Die mans by Lot se toe vir hom: Wie van jou mense is nog hier? Skoonseuns of seuns of dogters of wie jy ook al in die stad het, vat hulle uit die plek uit! Ons gaan hierdie plek verdelg. *

oubaas 26.01.10 - 03:37pm
Daar is 'n groot geroep by die Here oor die plek en sy mense, en Hy het ons gestuur om die plek te verdelg. Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan se: Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg, maar hulle het gedink Lot maak 'n grap. Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gese: Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry. *

oubaas 26.01.10 - 03:37pm
En God het besluit, genoeg is genoeg. Tot hier toe nie verder nie. Toe verwoes Hy alles. Swael en vuur wat reen uit die hemel uit. Dit lyk my daar was net nie genoeg regverdiges nie. *

oubaas 26.01.10 - 03:38pm
Genesis 19:15-17 Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gese: Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry. Toe Lot nog talm, het die twee mans hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand gegryp en hulle uit die stad uit gevat, want die Here het Hom oor Lot ontferm. Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, se een van die mans vir hom: Vlug vir jou lewe! *

oubaas 26.01.10 - 03:38pm
Moenie omkyk nie! Moenie erens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring. *

oubaas 26.01.10 - 03:38pm
Die Here ontferm Hom oor Lot en sy familie. Alles word verwoes, en selfs Lot se vrou bly in die slag omdat sy omgekyk het. Maar kyk nou wat gebeur: Nadat Lot en sy twee dogters gered word, maak hulle hulle pa dronk en slaap saam met hom en word swnger van hulle eie pa! *

oubaas 26.01.10 - 03:39pm
Hoeveel keer moet die Here nog waarksu? Het God daardie bedeling laat vaar waarin Hy n volk sal uitdelg en vernieitg? Was Jesus se koms genoeg dat ons dit sou kon vryspring? Sou die Here weer by n punt kom wat Hy sal se: genoeg is genoeg? Ek wonder nogal wat die Here di*nk as Hy na Suid-Afrika as n volk kyk. Is daar nog genoeg regverdiges dat Hy Hom sou ontferm? Jy het ook al seker oral die baniere en plakkers gesien wat se Suid-Afrika draai terug na God? *

oubaas 26.01.10 - 03:39pm
Draai terug, kom terug na My toe, Ek wil julle red van julle bestaan van misdaad, ongeregtigheid, swaarkry. Kom net terug. Dalk voel jy ook of die Here Sy gesig weggedraai het, en of Hy net nie meer omgee nie. Ek di*nk die Here roep steeds oor Suid-Afrika: Draai terug! *

oubaas 26.01.10 - 03:40pm
Jona 3:1-10 Die woord van die Here het 'n tweede keer tot Jona gekom: Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die boodskap wat Ek jou sal gee. Toe maak Jona klaar en gaan na Nineve toe soos die Here hom beveel het. Nineve was 'n baie groot stad: 'n mens het drie dae gevat om dit deur te stap. Jona het die stad ingegaan en 'n dag lank daar rondgestap en toe roep hy: Nog net veertig dae en Nineve word verwoes! *

oubaas 26.01.10 - 03:40pm
Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het 'n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek. Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom. Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op 'n ashoop gaan sit. Hy het in Nineve laat proklameer: Die koning en sy raadgewers beveel dat mens en dier, grootvee en kleinvee, aan niks mag proe nie, dat hulle niks mag eet en nie water mag drink nie. *

oubaas 26.01.10 - 03:40pm
Mens en dier moet rouklere aanhe, en die mense moet ernstig tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou he oor die geweld wat hulle gepleeg het. Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie. Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gese het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie. *

oubaas 26.01.10 - 03:41pm
Die genade van God oor Nineve. Mense wat luister na n ou wat in n vis aangery kom; hy is onbekend aan die mense, maar hulle luister na die oproep tot bekering. Jona kry sy opdrag om Nineve toe te gaan, maar besluit om weg te vlug van die Here af, en gaan na Tarisis toe. Maar God het n ander plan as Jona gehad . . . *

oubaas 26.01.10 - 03:42pm
Toe bid Jona:

Jona 2:1-10 Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God. Jona het gese: In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor. U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan. Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
*

oubaas 26.01.10 - 03:42pm
Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai. Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered. Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel. Die wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon. *

oubaas 26.01.10 - 03:43pm
Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af. Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg. *

oubaas 26.01.10 - 03:43pm
God ontferm Hom oor Jona. So hoor die Here gebede, wanneer Sy kinders in doodsgevaar sit. Weereens ontferm Hy Hom. Dan kom Jona in Nineve aan, voer sy opdrag uit, die hele Nineve word gered. Maar kyk wat gebeur: Jona word kwaad! *

oubaas 26.01.10 - 03:44pm
Jona 4:1-4 Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword.Hy het tot die Here gebid en gese: Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het. *

oubaas 26.01.10 - 03:44pm
Laat ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe. Toe vra die Here vir hom: Het jy rede om kwaad te word? *

oubaas 26.01.10 - 03:45pm
Kan jy glo, steeds nie goed genoeg nie. Jona gaan sit in die veld, die Here gee n komkommerplant om hom te beskerm, en vat weer die plant weg. Dan is hy eers kwaad. *

oubaas 26.01.10 - 03:45pm
Jona 4:10-11 Die Here het vir Jona gese: Jy is besorg oor die komkommerplant waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het oornag opgekom en oornag is dit dood. Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, 'n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere? *

oubaas 26.01.10 - 03:45pm
Ek wonder waar staan ons op n skaal van 1 tot 10 waar 0 beteken ons volk is ten gronde, en 10 beteken ons behaag werklik die Here. Wat di*nk jy? Staan ons miskien op so 8? (so 50 regverdiges) of op 5 (miskien 30 regverdiges), miskien 1 (so 10 regverdiges)?? Ek wonder regtig wat die Here dink? Misdaad, aborsies, ontrouheid aan die Here, egskeidings wat meer algemeen is as ontbyt eet, gierigheid, lee kerke . . . Waar staan ons? Hoe di*nk jy lyk ons op die skaal? *

oubaas 26.01.10 - 03:46pm
Nou wil ek vir jou twee vrae vra: *

oubaas 26.01.10 - 03:46pm
1) Maak dit vir jou saak? As ons hierdie goed sien, is ons bekommerd daaroor? *

oubaas 26.01.10 - 03:47pm
2) Maak dit genoeg saak om iets daaraan te doen? . . of vat ons soos Jona liewer die pad Tarsis toe? *

oubaas 26.01.10 - 03:47pm
Jona roep uit: nog net 40 dae en Nineve word verwoes *

oubaas 26.01.10 - 03:47pm
Miskien moet ons ook gaan uitroep: Draai terug na God toe Dalk moet ons mekaar begin vermaan en se: Draai terug na God toe Maar dan moet ons dit sekerlik eers self doen, of hoe? *

oubaas 26.01.10 - 03:48pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20draai%20terug.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store