WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: Maak 'n verskil
Replies: 28 Views: 1476

oubaas 26.01.10 - 04:04pm
WAAR DIE TEKKIE DIE TEER TREF 18 November 2009

Ek hoor een Sondag 'n boodskap - eintlik die plan - van 'n jong man wat 'n jeugwerker in 'n gemeente is. Hy ry onlangs deur Sunnyside en besluit daar en dan dat hy 'n jaar daar moet gaan bly. Tussen verval, prostitusie, tussen misdaad, tussen armoede en swaarkry. Vele mense se vir hom hy moet gek wees, maar hy het gevoel hy kan nie mense bedien as hy nie hulle situasie verstaan nie. *

oubaas 26.01.10 - 04:04pm
Nou wil ek vir jou vra: Kan ons vir ons stad en land bid, die werk van die Here doen en 'n verskil maak as ons nie verstaan nie? Ek raak so ontsteld en opstandig oor teologiese strominge wat deesdae so flink opskiet soos paddastoele. EK verbeur seen omdat EK nie dit en dat doen nie, en omdat EK nie sus of so glo nie, en omdat EK nie sus of so saai nie. En EK moet gou-gou tot bekering kom, want die eindtye is nou hier. *

oubaas 26.01.10 - 04:05pm
En EK word siek en bly arm omdat EK nie hierdie of daardie rituele uitvoer nie, en EK word teruggehou omdat daar iewers 'n beeldjie in my laai le. En dis natuurlik ook hoekom EK die een kwaal op die ander kry, En ja, my voorouers wat aan snaakse goeters behoort het, maak dat EK nie vooruitgaan nie. EK EK EK. MY finansies. MY gesondheid. *

oubaas 26.01.10 - 04:05pm
Ja wel, sommige van hierdie goed hou 'n element van waarheid in, maar dit klink so bietjie na hierdie eie-ek-teologie. Kom ek deel hierdie deel met jou wat Jesus se hart weerspieel. Jesus-teologie . . . *

oubaas 26.01.10 - 04:06pm
Mattheus 25 : 31 46 Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. Dan sal die Koning vir die aan sy regterkant se: 'Kom, julle wat deur my Vader geseen is! Die koninkryk is van die skepping van die wereld af vir julle voorberei. *

oubaas 26.01.10 - 04:06pm
Neem dit as erfenis in besit,want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.' Dan sal die wat die wil van God gedoen het, Hom vra: 'Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? *

oubaas 26.01.10 - 04:07pm
En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?' En die Koning sal hulle antwoord: 'Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.' Dan sal die Koning vir die aan sy linkerkant se: 'Gaan weg van My af, julle vervloektes! *

oubaas 26.01.10 - 04:07pm
Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie. *

oubaas 26.01.10 - 04:08pm
Dan sal hulle ook antwoord: 'Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?' En Hy sal hulle antwoord: 'Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.' En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar die wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe. *

oubaas 26.01.10 - 04:08pm
DIT . . . is waar die tekkie die teer tref. Die basiese. Jesus-teologie. Back to basics, daar waar dit regtig saak maak. In hierdie gedeelte lees ons van die plekke waar Jesus uitgehang het. Tussen die tollenaars en die armes. Die siekes en die prostitute. Daar waar mense swaar kry in die tronk. DIT was vir Jesus belangrik. Nie hoeveel van hierdie nuwerwetse rituele jy uitvoer nie. Nie hoe jy sekere dinge vier nie. Of NIE vier nie. *

oubaas 26.01.10 - 04:09pm
Nee, Jesus praat hier van die wat honger en dors is, van die wat arm en siek is. Van die dakloses en die in die tronk. So in 'n neutedop:- die uitgeworpenes. Nou verstaan ek hoekom Ryno in Sunnyside wil gaan bly. Om te VERSTAAN hoe dit is waar die nood op sy hoogste is. *

oubaas 26.01.10 - 04:09pm
Ons is betrokke by die vrouegevangenis. Dikwels kom mense by ons en vra om toegang tot die gevangenis te kry, want hulle wil vir die mense daar gaan bid, en hulle beraad en ophef, en goetertjies invat om hulle lewe beter te maak. Dan se ons dis reg, maar jy moet eers vir 'n tydperk vir 'n gevangene skryf en so nou en dan vir haar gaan kuier, sodat jy kan verstaan hoe dit daar is. Dan. . . poef . . . verdamp hulle soos mis voor die son. *

oubaas 26.01.10 - 04:09pm
Want dit is mos nou nie glamorous genoeg om net vir iemand te skryf nie, wie wil nou net DAARVAN getuig? *

oubaas 26.01.10 - 04:10pm
Jy ken mos die segoed soos, sluit hulle toe en gooi die sleutel weg!!! Dis mos in elk geval 'n vyfster hotel. Ja, totdat jou kind of jou ma daar beland. Dan sing mense vinnig 'n ander deuntjie. Gebeur gereeld hoor! Kan met jou ook gebeur. *

oubaas 26.01.10 - 04:10pm
Waar hierdie persoon dan nou vra:- Wanneer was U honger, of dors, of 'n vreemdeling? Dan se Jesus:- Sover jy dit aan die geringstes gedoen het. . .. *

oubaas 26.01.10 - 04:11pm
Mattheus 5 : 13 Julle is die sout vir die aarde.... Sout, wonderlike smaakmiddel. Maar sout wat in 'n soutpot bly beteken absoluut NIKS. Dis eers waar dit so bietjie uit sy dop kruip dat dit iets beteken. *

oubaas 26.01.10 - 04:11pm
Ons wil so graag hierdie wereld verander, maar ons wil nie eers probeer verstaan nie. Oordeel en veroordeel, vingerwys, verdoem. Daarmee hou ek myself graag besig. Maar om te verstaan gaan dalk net 'n ding of twee van my vra. *

oubaas 26.01.10 - 04:13pm
Hier is vir jou 'n uitdaging:-

Is jy bereid om net vir een uur van jou lewe tyd en moeite op te offer, om te gaan doen wat Jesus gedoen net? Sal jy 'n paar vriende bymekaarkry en een aand deur die middestad gaan loop en prayerwalking doen? Gaan stap in Pretorius straat verby die RGN gebou, en kyk hoe die mense soos sardientjies ingepak op die sypaadjies slaap. Hy rol homself saam met sy persoonlike besittings in 'n kombers toe, en dan in 'n stuk plastiek, en so slaap hy op die t. *

oubaas 26.01.10 - 04:14pm
Hoekom? Want daar is geen ander plek nie. *

oubaas 26.01.10 - 04:14pm
Of, gaan stap in Esselenstraat of Kerkstraat in Arcadia waar die prostitute besig is. Jong meisies wat hulle liggame verkoop. Pragtige jong meisies met ongelooflik baie potensiaal. Miskien kry jy die moed bymekaar om vir een te vra hoekom sy dit doen. Oppas net vir die antwoord!!! *

oubaas 26.01.10 - 04:14pm
Dalk se sy vir jou iets soos:- Ek het nog nooit in my lewe liefde geken nie. My ouerhuis is 'n gemors. Al wat ek ooit van my ouers gekry het was geld. Ek het verslaaf geraak aan dwelms, en nou besit die Nigeriers my. EK HAAT ELKE OOMBLIK VAN HIERDIE AFBREKENDE, SINNELOSE BESTAAN, en oorweeg elke dag selfmoord. *

oubaas 26.01.10 - 04:15pm
Wat sou Jesus doen as Hy so deur die stad sou stap? Sou Hy hulle verwerp en Sy rug draai? Of sou Hy met deernis na hulle toe uitgereik het? Dis dalk van hulle wat Hy se:- Ek was honger, dors, eensaam, siek, uitgeworpe, en julle het NIKS gedoen vir My nie. Sover julle dit aan een van hierdie geringstes gedoen het. . . *

oubaas 26.01.10 - 04:15pm
Jy sien, Jesus se voorskrifte sluit bitter min van hierdie eie ek dinge in. Al hierdie wettiese, godsdienstige reels wat ons deesdae so baie van hoor. Dis nou as jy die DVD gekoop het. Alles tot voordeel van my eie voorspoed . . . ? *

oubaas 26.01.10 - 04:16pm
Ek di*nk Jesus soek ons so nou en dan daar by Sy werkplek, daar tussen die gebrokenes. Daar by Sy kinders wat so oneindig swaarkry en gebuk gaan onder die slegste denkbare omstandighede. 'n Lamp onder 'n emmer kan net sowel afgeskakel wees, en sout in 'n soutpot kan net sowel sand wees, dit beteken NIKS!!! *

oubaas 26.01.10 - 04:16pm
Jy sien my vriend, ons kies graag om eerder te veroordeel wanneer ons met hierdie realiteite gekonfronteer word, want dan hoef ons niks te doen nie. Maar Jesus het dit nie EEN keer gedoen nie. Hy het altyd uitgereik, genees en graag die mense aangeraak. Selfs die melaatses. Jesus het ware Christenskap uitgeleef deur DAAR te wees. Hy het nie langafstand (per e-pos) bedien nie, Hy was daar. *

oubaas 26.01.10 - 04:17pm
Ons, daarenteen, verkies nogal graag 'n lekker gemaklike vorm van Christenskap, wat tot ons eie voordeel moet meewerk. Ons vertel mekaar hoe ons ons regte moet opeis, en goeie goed oor onsself moet uitroep, en ons wil gereeld vir die Here aan Sy beloftes herinner om ons nog bietjie meer te seen. So asof ons nie al trommeldik geseen is nie!!! *

oubaas 26.01.10 - 04:17pm
Wil jy weet HOEVEEL seen jy het? Gaan loop dan so bietjie tussen mense met wie dit so 'n porsie slegter as met jou gaan. Het jy geweet dat bykans die helfte van die wereldbevolking nie permanent toegang het tot 'n toilet nie? Ek is bevrees dat godsdienstige rituele en gelofies besig is om ons Christenskap te defineer, en ons mis die punt. *

oubaas 26.01.10 - 04:17pm
As jy wil weet hoe dit lyk daar waar die tekkie die teer tref, moet jy jou tekkies op die teer kry. Dis wat Jesus gedoen het. *

oubaas 26.01.10 - 04:18pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20waar%20die%20tekkie%20die%20teer%20tref.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store