WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: HANTEER BEKOMMERNIS
Replies: 19 Views: 1332

oubaas 26.01.10 - 04:36pm
HANTEER BEKOMMERNIS SOOS JESUS 20 November 2009

Ons almal het dae van benoudheid en bekommernis; tye wanneer mens voel jy het geen beheer nie, jou kop is suf planne gemaak, jy sien geen uitkoms nie en die maagswere groei geil. Die vraag wat ek jou wil vra is: di*nk jy dis n sonde om jou te bekommer? Of moet ons se: Die Here weet alles, en ons moet net roekeloos op Hom vertrou; Hy weet beter; Hy sal voorsien? Wel, dis dalk malklik om dit te beaam, maar die realiteit is dat ons net mens is, en dat ons ons bekommer! *

oubaas 26.01.10 - 04:37pm
Ek di*nk min mense het regtig die krag om in tye van nood alles onvoorwaardelik net te aanvaar en alles net in die Here se hand oor te laat. Hoe moet ons bekommernis hanteer? Die Here se in Sy Woord: Vertrou My. Maar ons weet dat dit maar nag kan wees totdat die deurbraak kom. As daai vrees mens so beetpak, dat jy voel of jy van jou verstand af raak . . . *

oubaas 26.01.10 - 04:37pm
Kom ons kyk hoe het Jesus opgetree in Sy donkerste uur: *

oubaas 26.01.10 - 04:38pm
Matt 26:36-46 Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy se vir hulle: Sit hier terwyl Ek daar gaan bid. Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gese: Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My. Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. *

oubaas 26.01.10 - 04:38pm
Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil. Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy se toe vir Petrus: Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak. 'n Tweede keer het Hy gaan bid en gese: My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. *

oubaas 26.01.10 - 04:39pm
Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oe oophou nie. Hy het hulle weer alleen laat bly en 'n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gese.Toe kom Hy na die dissipels toe terug en se vir hulle: Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee.Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby. *

oubaas 26.01.10 - 04:42pm
As ek hierdie deel lees, dan se dit vir my baie oor hoe om bekommernis te hanteer. Selfs Jesus was doodsbenoud, beangs, bedroef . . . Luk 22:44 se Sy sweet het soos bloeddruppels op die grond geval. Dit lyk my Jesus was waarlik diep bekommerd. Hy het beslis geweet wat kom; Hy het reeds vir Sy dissipels daarvan vertel. En Hy was doodbang vir wat voorl - kan jy jou in daardie situasie indink? *

oubaas 26.01.10 - 04:43pm
Ek di*nk ons kan n klomp dinge leer uit hierdie gebeurtenis:

1)Jesus het vriende saam met Hom geneem - Petrus en die twee seuns van Sebedeus. Jy sien, die Bybel is baie sterk daarop dat mens jou medemens kan vra om jou laste te help dra. Al gehoor van die uitdrukking: tell someone? n Mens voel altyd beter as jy jou las met iemand deel. Net om dit vir iemand te se laat jou beter voel. Maar Jesus doen meer. Hy vra: bid saam met My. Hoekom doen Hy dit? Hy is dan self God.
Die antwoord is seker in die Bybel: die gebed van n gelowige het groot krag. *

oubaas 26.01.10 - 04:44pm
2)Jesus se in vers 38: Ek voel doodsbenoud. Hy erken dat Hy swaarkry onder die druk van hierdie omstandighede. Ons se mos altyd net: Dit gaan uitstekend, dankie! Bitter goed!, en dan gaan dit meer bitter as goed, en ons jok vir onsself. Om jou probleme te ontken is om soos n volstruis met die kop in die sand te staan. Dit help niks, want dan skram ons weg van die probleem, en word dikwels passief en depressief. *

oubaas 26.01.10 - 04:44pm
3)Selfs al vertrou ons die Here 100%, het ons nog steeds n verantwoordelikheid. n Dominee het eendag eintlik n mooi perspektief hierop gegee - hy het gese jy moet alles doen wat jy kan en moet, voor jy bid vir uitkoms, want soms is die uitkoms in elk geval voor die hand liggend. Erken die feit dat dit swaar gaan, sodat jy nie in passiwiteit verval nie. *

oubaas 26.01.10 - 04:45pm
4)My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by my verbygaan. Jesus vra vir uitkoms. Hy weet wat moet gebeur, maar in Sy vrees vra Hy vir uitkoms. So kan ons ook by die Here pleit vir genade, vir n oplossing, vir n uitkoms - dan gee ons erkenning daaraan dat dit binne Sy vermo is om uitkoms te bring. *

oubaas 26.01.10 - 04:45pm
5). . nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. Die Here weet tog alles. Hoekom moet ons dan so bid? As ons so bid, dan onderwerp ons onsself aan Sy wysheid en insig en almag, en ons gee erkenning daaraan dat situasies mag ontstaan waar Hy nie antwoord soos ons wil he nie. Goddank, dat Hy nie altyd ons gebede verhoor nie; Goddank dat Hy nie die lydensbeker by Jesus weggevat het nie. Goddank dat Sy wil geskied het. *

oubaas 26.01.10 - 04:46pm
Wil ons regtig he dat die Here altyd alles moet doen soos ons dit wil he? Ons kan miskien so dink, maar gelukkig doen Hy dit nie. Om jouself onvoorwaardelik aan God se wil te onderwerp, is nie maklik nie. En dis nie noodwendig n lekker en gladde pad nie. Baie keer se die Here nee. Interessant hoe hierdie situasie daar in die tuin afgespeel het God die Vader het nie met n stem of met n teken geantwoord nie. Hy het stilgebly. So gebeur dit mos maar gewoonlik met ons ook. *

oubaas 26.01.10 - 04:46pm
Dan maak Hy sy wil deur omstandighede bekend. Kan ons Hom regtig genoeg vertrou om te bid: Laat U wil geskied? *

oubaas 26.01.10 - 04:47pm
6)Jesus aanvaar dadelik God se antwoord, daarom se Hy: Staan op, kom ons loop. Kyk die man wat My verraai is naby. Sy gebed is nie verhoor nie . . . of is dit? Dit is! Laat U wil geskied is beantwoord. So kan ek en jy ook net se: Goed, Here, met U krag gaan ek hierdie ding aanvaar, en die bul by die horings pak. Nie n maklike pad nie, vriend, maar die Here is daar. In beheer. Op Sy troon. *

oubaas 26.01.10 - 04:50pm
As jy dalk vandag in n moelike situasie sit, probeer die volgende:

1) Neem vriende in jou vertroue en vra hulle om saam met jou te bid.

2) Erken dat daar n probleem is.

3) Vra vir die Here vir uitkoms.

4) Aanvaar dat God se wil geskied.

5) Pak die bul by die horings, staan op en begin daadwerklik optree. *

oubaas 26.01.10 - 04:50pm
Mag ek jou vandag bemoedig met Haggai 2:4-5? *

oubaas 26.01.10 - 04:51pm
Maar nou . . . skep moed, se die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, se die Here die Almagtige. My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie! *

oubaas 26.01.10 - 04:51pm
Sien jy, skep moed! Begin met die werk. Doen wat jy moet doen alles wat jy kan. Gaan staan by die fontein van moed, Jesus Christus, druk jou hande in hierdie fontein en skep hande vol moed. Jesus gee die moed. Skep dit, drink dit in. Die Here weet altyd wat die beste is. Hy is die bron van moed. Moet nie eers di*nk aan selfmoord nie, want by Jesus is geen probleem te groot om op te los nie. Dis juis omdat Jesus NIE die kruis vrygesrping het nie, dat ons moed kan he . . . kom skep! *

oubaas 26.01.10 - 04:52pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20hanteer%20bekommernis%20soos%20jesus.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store