WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: GOD SE GEDAGTES VIR JOU
Replies: 17 Views: 1256

oubaas 26.01.10 - 07:08pm
GOD SE GEDAGTES VIR JOU 25 November 2009

Het jy al gedink hoe die Here oor jou dink? As jy n kind het, di*nk jy mos gereeld oor hom, of hoe? Hy is tog jou oogappel, spesiaal vir jou, ten spyte van wat hy soms aanvang. Jou kinders is dikwels in jou gedagtes. Jy di*nk aan hulle toekoms, jy het drome vir hulle, ag man, jy is sommer net lief vir die goed! Net so het die Here elke oomblik gedagtes oor jou, drome vir jou, Hy dra jou wel en wee op Sy hart, en ag man, Hy is sommer net lief vir jou! Toe gaan Hy en skryf n liefdesbrief vir jou. *

oubaas 26.01.10 - 07:10pm
n Dik boek met verskillende briewe daarin saamgebind. Sy spesiale digbundel. In hierdie digbundel (genoem die Bybel) skryf Hy vir jou Sy hele hart uit, net vir jou. Dit het Hom vreeslik lank gevat om die digbundel saam te stel. n Hele 1600 jaar lank, en Hy moes ongeveer 40 mense gebruik om alles vir jou neer te pen. Toe publiseer Hy jou bundel, en stel dit beskikbaar vir jou. Al wat Hy vra, is lees dit, glo dit en maak dit jou eie. *

oubaas 26.01.10 - 07:10pm
Toe kom Satan en hy probeer dit tot niet maak. Maar, sy toon! Jou brief is jou brief. *

oubaas 26.01.10 - 07:11pm
Wat maak jy met jou brief? Lees jy dit? Glo jy dit? Aanvaar jy dit? Jou eie personalized boek net vir jou. *

oubaas 26.01.10 - 07:12pm
Ek het jou gevorm, aanmekaargeweef in die skoot van jou moeder. Ek het jou op n wonderbaarlike manier geskep. Geen been van jou was vir My verborge toe Ek jou gevorm het nie, diep in die moederskoot. Ek is jou Herder, jy sal niks kortkom nie. Ek laat jou rus by waters waar daar vrede is. Ek gee jou nuwe krag. Selfs al gaan jy deur donker dieptes, moet jy nie bang wees nie, want Ek is by jou. In My hande is jy veilig. *

oubaas 26.01.10 - 07:13pm
Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek se vir jou, moenie bang wees nie, Ek help jou. Moenie bang wees nie, die uitkoms is hier. Ek se vir jou, jou swaarkry is verby. Op n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor, op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help, Ek sal jou beskerm. Ek, die Here jou God, help jou, Ek sal jou nie teleurstel nie. Jy hoef jou nie te ontstel nie, jy sal nie in verleentheid kom nie. Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir jou. *

oubaas 26.01.10 - 07:13pm
Hoe is dit dan dat jy bang is vir n sterflike mens, n mens wat so maklik vergaan soos gras; jy vergeet dis Ek wat jou gemaak het. *

oubaas 26.01.10 - 07:14pm
Die Here se liefdesbrief vir jou. Sy Woord. Vars, Sy EIE woorde. So skryf Hy vir jou, ongeag hoe oud jy is, wie jy is of wat jou posisie is. *

oubaas 26.01.10 - 07:14pm
1 Johannes 2:12-14 Ek skrywe vir julle, liewe kinders, omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus. Ek skrywe vir julle, vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was. Ek skrywe vir julle, jongmense, omdat julle die Bose oorwin het. Ek het vir julle geskrywe, kinders, omdat julle die Vader ken. *

oubaas 26.01.10 - 07:15pm
Ek het vir julle geskrywe, vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was. Ek het vir julle geskrywe, jongmense, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het. *

oubaas 26.01.10 - 07:15pm
Luister hoe klink 1 Johannes 4:7 as ons dit bietjie verpersoonlik, en dit lees asof dit uit God se mond kom: *

oubaas 26.01.10 - 07:16pm
Geliefdes, julle moet mekaar liefhe, want liefde kom van My, en elkeen wat liefhet, is My kind en ken My. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van My nie, want Ek is liefde. Hierin is My liefde vir julle geopenbaar: Ek het My enigste Seun gestuur na hierdie wereld toe sodat julle deur Hom die lewe kan he. Werklike liefde is dit: nie die liefde wat julle vir My het nie, maar die liefde wat Ek aan julle bewys het deur My Seun te stuur as versoening vir julle sondes. *

oubaas 26.01.10 - 07:17pm
.. Geliefdes, as dit is hoe Ek My liefde aan julle bewys het, behoort julle mekaar ook lief te he. *

oubaas 26.01.10 - 07:17pm
As ons so lees hoe die Here omgee vir Sy skepping en Sy skepsels, moet ons seker besluit wat ons hiermee wil maak. Wil ons dit onvoorwaardelik glo? Of wil ons die verleier, die duiwel, glo? As God vir ons n werklikheid word, word Sy Woord ook vir ons n werklikheid. Miskien moet ons net besluit of ons ander invloede in ons lewens n vatkans gaan gee. As ons die Bybel in hierdie konteks lees, gaan jou selfbeeld verbeter, jou eie waarde toeneem. *

oubaas 26.01.10 - 07:17pm
Die Bybel is nie n verdoemende boek wat ons wil bykom en straf en beskuldig nie. Toe God Sy Woord vir jou gegee het, het Hy bedoel dat alles daarin vir jou ten goede sal wees. Hy gebruik die Woord liefde waarskynlik meer in die Bybel as enige ander woord. Hy beskryf Sy gevoel vir jou so sag en met deernis, maar tog kies ons soms om dit nie te glo nie. Dis bedoel om jou te versterk, en bemoedig, en op te lig. *

oubaas 26.01.10 - 07:18pm
Hoor bv wat se Hy in Sefanja 3:17 Ek, die Here jou God, is by jou, Ek die krygsman wat jou red, Ek is vol vreugde oor jou. Ek is stil-tevrede in My liefde. Ek jubel en juig oor jou. *

oubaas 26.01.10 - 07:18pm
As hierdie digbundel nie vir jou bedoel is nie, vir wie is dit dan? Wie ken jy wat hierdie liefdeswoord van God meer verdien as jy? Wie kwalifiseer eerder as jy? Hy vergeet jou nie. Want elke keer as Hy na Sy hande kyk onthou Hy jou . . . Ek het jou naam in My handpalms gegraveer (Jesaja 49:16) *

oubaas 26.01.10 - 07:19pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20god%20se%20gedagtes%20vir%20jou.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store