WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: DIE SIN IN SWAARKRY
Replies: 30 Views: 1563

oubaas 27.01.10 - 05:34pm
DIE SIN IN SWAARKRY 9 Desember 2009
Nog n jaar is op sy rug. Party mense sal se:- Uiteindelik!!! Hoe was hierdie jaar vir jou? Een van die bestes, of een van daardie wat jy nooit weer oor wil he nie? Of sommer net nog n jaar? Resessie, misdaad, werksverlies, was weereens alles aan die orde van die dag. *

oubaas 27.01.10 - 05:34pm
Ek glo dit was n swaar jaer vir baie mense. Baie besighede het hierdie jaar ondergegaan, en die selfmoordsyfers is skokkend. En dan, met die Kersgety op hande, is dit vir baie mense n tyd van depressie. Mense kry swaar, dis nou maar eenmaal n feit. Dalk het jou ouers ook vir jou vertel hoe swaar hulle gekry het in hulle jong dae, en dis niks anders vandag nie. Miskien is jy vandag in daardie bootjie, of dalk iemand naby aan jou. Miskien soek jy n trooswoord vir iemand. *

oubaas 27.01.10 - 05:35pm
As ek in die Bybel lees, kry ek die woord swaarkry op baie plekke. *

oubaas 27.01.10 - 05:35pm
Romeine 5 : 1 11 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te he aan die heerlikheid van God. *

oubaas 27.01.10 - 05:36pm
Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. *

oubaas 27.01.10 - 05:37pm
Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed he om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. *

oubaas 27.01.10 - 05:38pm
Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. *

oubaas 27.01.10 - 05:38pm
Paulus aan die woord. n Man wat swaarkry intens geken het. Dan kom hy met hierdie moeilike woorde:- Ons verheug ons in ons swaarkry . . . Lyk my swaarkry is deel van die lewe, dit tref kinders van die Here, en bo alles, dit kan selfs goed wees vir ons!!! *

oubaas 27.01.10 - 05:39pm
Maar . . . hoe hanteer ek dit, vernaam as dit so bitter moeilik is om dit dag vir dag te verduur? Kan jy nog vasbyt? Maak dit enigsins vir jou sin? Verheug jy jou daarin? *

oubaas 27.01.10 - 05:39pm
Ek di*nk die geheim le daarin om die sin in swaarkry te soek. Want, as ons n doel kan kry, of om n rede te vind om deur te druk, sal ons by die hoe om dit te hanteer, kan uitkom. Al maak dit op die oog af nie sin nie. As ons swaarkry op een of ander manier betekenis kan kry, sal ons ten minste kan sien hoekom ons daardeur moet kom. Ek glo elkeen van ons kan terugkyk in ons lewens en swaar dae van die verlede onthou, maar ek di*nk ook ons kan almal terugkyk en die doel van swaar tye onthou. *

oubaas 27.01.10 - 05:40pm
Dus, as ek een of ander rede kan kry, kan ek myself motiveer om vas te byt. Dalk ter wille van jou kinders (hulle het jou nodig, weet jy?), of miskien om self sterker te word. Paulus se mos- swaarkry kweek volharding. *

oubaas 27.01.10 - 05:40pm
Kom ons kyk wat het met Paulus gebeur:- *

oubaas 27.01.10 - 05:40pm
2 Korintiers 11 : 23b 31 En nou praat ek asof ek van my verstand af is: ek nog meer! Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek 'n dag en 'n nag in die oop see deurgebring. *

oubaas 27.01.10 - 05:41pm
Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. *

oubaas 27.01.10 - 05:41pm
Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. As iemand swak is, voel ek asof ek self ook swak is; as iemand in sonde val, voel ek asof ek ook deur vuur gaan. As daar dan geroem moet word, sal ek roem, maar dan oor my swakhede. Die God en Vader van die Here Jesus weet dat ek nie lieg nie. Aan Hom kom die lof toe tot in ewigheid! *

oubaas 27.01.10 - 05:42pm
Jy sien, hier is iets wat ons moet verstaan rondom Paulus. Sy swaarkry het heeltemal niks tot sy eie voordeel ingehou nie. AL sy swaarkry was as gevolg van sy Koninkrykswerk, net vir dit waarin hy geglo het. Omdat hy daardie visie van hom so intens nagejaag het, kon hy dit hanteer. Dus, die hoekom van die swaarkry, het die hoe om daardeur te kom, regverdig. *

oubaas 27.01.10 - 05:42pm
Mense wat destyds in die konsentrasiekampe SO swaargekry het, kon deurdruk omdat daar altyd n rede was om vas te byt. Soms net omdat hulle geglo het daar is n geringe kans dat hulle geliefdes wat ook in kampe opgesluit was, net DALK oorleef het. *

oubaas 27.01.10 - 05:42pm
Kom ons kyk na Jesus se swaarkry. *

oubaas 27.01.10 - 05:43pm
Johannes 19 : 17-18 Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota. Daar het hulle Hom gekruisig en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, met Jesus in die middel. *

oubaas 27.01.10 - 05:43pm
Jesus se ergste ergste swaarkry. Hy hang vir ure aan die kruis, in die wreedste pyn denkbaar, totdat Hy uiteindelik sterf. Swaarkry op sy heel ergste. Wat was die doel van Sy swaarkry? *

oubaas 27.01.10 - 05:47pm
Johannes 19 : 28-30 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gese: Ek is dors. Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. *

oubaas 27.01.10 - 05:47pm
Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gese: Dit is volbring! Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas. *

oubaas 27.01.10 - 05:48pm
Dit is volbring. DIT was die doel van Sy swaarkry. Dit is volbring. Jesus se laaste drie jaar was nie maklik nie. Belediging, verguising, bespotting, vals aanklagte, ongeloof in Hom, en uiteindlik Sy kruisdood, was REGTIG swaarkry. *

oubaas 27.01.10 - 05:48pm
Maar . . . daar was n doel in Sy swaarkry, en daarom kon Hy enduit vasbyt. Net soos wat met Paulus later gebeur het, ook nie tot Sy eie voordeel nie. Omdat Jesus geweet het hoekom Hy moes swaarkry, kon Hy die hoe om daardeur te kom, verduur. Daar was sin in Sy swaarkry, en Hy kon verder kyk as die pyn en lyding wat Hy moes verduur. Sy swaarkry was ter wille van jou en my!!! Omdat Hy MOES sterf, sodat ek en jy kan leef. *

oubaas 27.01.10 - 05:49pm
Om die doel in swaarky te probeer vind, is soos om deur n bos te probeer kyk, en nie net in die bos in nie. As jy in die bos inkyk, gaan jy net takke en hindernisse sien, maar as jy deur die bos kyk, sien jy dalk blou lug aan die ander kant. AL die dissiples het eventueel vir hulle geloof gesterf, omdat daar n rede was om deur daardie moeilike tye te kom. Hulle het gely vir dit waarin hulle geglo het. Kon jy al die sin in jou swaarkry vind? *

oubaas 27.01.10 - 05:49pm
Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. *

oubaas 27.01.10 - 05:49pm
Die verheug deel is moeilik, en swaarkry sal waarskynlik my en jou pad kruis, want dis deel van die lewe. Dit moet sekerlik so wees, anders sou die Here mos nie so baie daaroor gepraat het in Sy Woord nie, of hoe? Die vraag is:- Sien jy DEUR die bos, of kyk jy net IN die bos in? Kan jy op een of ander manier sin maak van hierdie swaarkry wat jy beleef? Ek en jy kan nie ver sien in die toekoms nie, en miskien moet ons se:- Goddank!!! Maar ons kan ver sien in die verlede. *

oubaas 27.01.10 - 05:50pm
Kan jy situasies opnoem waar jy in die verlede swaargekry het, en daar tog sin was daarin? Kan jy se jou swaarkry het jou geknak, of dat jou swaarkry van jou n sterker mens gemaak? Ek glo die tweede stelling is eerder waar, of hoe? Ek glo ook die meeste swaarkry situasies van die verlede het tog op een of ander manier ten goede meegewerk in jou lewe. *

oubaas 27.01.10 - 05:50pm
Nou vra ek jou vandag:- di*nk jy nie ons moet ons tog probeer verheug in ons swaarkry nie? Want ons sien tog dat dit net dalk IEWERS in die toekoms n goeie doel kan he. Dit versterk ons geloof, dit bou ons verhouding met God en ons medemens, dit maak ons sterker en dit kan selfs n goeie uiteinde he. DIT op sigself is sekerlik alreeds n goeie motivering om vas te byt. Gaan soek sin in jou swaarkry, bly gemotiveerd, en byt vas, want dit mag dalk goeie vrugte oplewer. *

oubaas 27.01.10 - 05:51pm
Miskien ter wille van jou kinders, of ouers, of vriende, of jouself. Dalk ter wille van die Here, sodat Hy jou kan gebruik. Gaan soek net die doel, en die sin daarvan. *

oubaas 27.01.10 - 05:52pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20die%20sin%20in%20swaarkry.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store