WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: EK STREK MY UIT
Replies: 22 Views: 1408

oubaas 28.01.10 - 02:59pm
EK STREK MY UIT . . . - 11 Desember 2009

Nou is nog n jaar amper verby. Onthou jy nog jou nuwejaarsvoornemens wat jy aan die begin van die jaar gemaak het? Hoe het jy gevorder? Ek gee dit sommer in elk geval op vir n bad job. Die einde van die jaar is vir my altyd so bietjie van n skeidslyn, waaroor ek kan klim. Iets tot die effek van wat was en wat kom, voor en agter, gister en more, verlede en toekoms. Of soos om deur n deur te stap . . duskant die deur en anderkant die deur. *

oubaas 28.01.10 - 02:59pm
Dis vir my n tyd om terug te kyk en te reflekteer, en n tyd om vorentoe te kyk en te droom. Hoe was hierdie jaar vir jou? Hoe hoop jy sal volgende jaar wees? Wat laat jy agter en wat vat jy saam? Wat hoort by volgende jaar en wat moet agtergelaat word? Ek hoop jy visualiseer n beter jaar as wat hierdie een was. Al was hy dalk goed. *

oubaas 28.01.10 - 02:59pm
Ek glo nogal baie mense wil nou maar eerder hierdie jaar klaar deurwerk, hom opvou en mooi verpak en iewers in n kas in n donker hoekie wegpak . . . Om hom nooit weer uit te haal nie. Kom ons di*nk so bietjie hoe was 2009? Was daar trauma? Hartseer? Misdaad? Armoede? *

oubaas 28.01.10 - 03:00pm
Ek wil vandag vir jou n kort stukkie lees, en dan die teks n bietjie uit sy bedoelde konteks gebruik. *

oubaas 28.01.10 - 03:00pm
Filipense 3:10-14 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te he aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal he aan die opstanding uit die dood. Ek se nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. *

oubaas 28.01.10 - 03:01pm
Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. *

oubaas 28.01.10 - 03:01pm
Pragtige gedeelte. Ek wil veral konsentreer op ek maak my los van wat agter is, en strek my uit na wat voor is. Ons het so n hele rukkie gelede gepraat van daardie sleepwaentjie wat ons of agter ons aansleep, of afhaak en agterlos. Bagasie, gemors, hartseer. Hierdie waentjiemet die wereld se pyn daarin, slegte verhoudinge, onvergewensgesindheid, swaarkry, emosionele pyn, en alles wat sommer net sleg is. *

oubaas 28.01.10 - 03:02pm
Ek di*nk ons almal se waentjies het maar iets sleg in. Die vraag is, gaan jy hom afhaak voor die einde van 2009, of gaan jy hom oor die 2010 drumpel sleep. Of nog erger . . . gaan hy jou oorstoot in 2010 in? Ek glo nie mens kan alles uitgooi nie, maar ek di*nk tog party van die slegte goed kan maar gerus uitgehaal word. Miskien moet jy die ding maar net bietjie afpak en kyk of daar nie so paar gemorsies is wat jy kan uitgooi nie. *

oubaas 28.01.10 - 03:02pm
Jy sal moet, want jy moet plek maak vir die lekker goed van 2010 wat moet in. Ek maak my los van wat agter is, en strek my uit na wat voor is. Ek wonder nogal as ek vir jou vra hoe jy 2009 sou gradeer, n punt uit 10 waar sou jy jou merkie sit? Watter van daardie elemente wat hierdie jaar sleg gemaak het, moet saamgaan? *

oubaas 28.01.10 - 03:03pm
Kom ons kyk na n paar goed wat gerus maar kan agterbly: *

oubaas 28.01.10 - 03:04pm
Slegte verhoudinge. Kom ons maak vandag vir onsself die besluit om niks daarvan saam te neem in 2010 in nie. Daar is n paar maniere hoe mens met slegte verhoudinge kan werk. Jy kan (a) dit ignoreer en hoop dit gaan weg. Dit sal nie weggaan nie; (b) voortbou daarop deur nog meer kole op die vuur te gooi, en dit sodoende nog slegter maak, of (c) dit regmaak. Ag toe man, dis mos by verre die beste opsie. *

oubaas 28.01.10 - 03:04pm
Emosionele pyn. Dis definitief nie so maklik nie, maar dit is dalk slim om hulp te kry daarmee. *

oubaas 28.01.10 - 03:05pm
Die effekte van trauma. Miskien het jy onder misdaad deurgeloop. Ons het presies n jaar gelede onder gewapende rowers in ons huis deurgeloop, en ons het besluit om die in 2008 agter te los. Ek di*nk bykans nooit meer daaraan nie. Dis nie die moeite werd om heeltyd daaroor aan te hou tob nie. *

oubaas 28.01.10 - 03:05pm
Bekommernis en stres. Veral die onnodiges. Daar is mos baie daarvan in ons lewens, of hoe? Nee wat, dis tyd vir n nuwe blaadjie. Maak jou los van wat agter is, en strek jou uit na wat voor is. *

oubaas 28.01.10 - 03:06pm
Waarna strek jy jouself uit in 2010? Ja, strek en rek n bietjie om dit by te kom wat dalk buite jou bereik voel. *

oubaas 28.01.10 - 03:06pm
Strek uit na nuwe geleenthede. Dalk het jy n paar goeies gemis in 2009. Moet dit nou nie weer mis nie; dalk sou dit bietjie beter met jou gegaan het as jy dit benut het. *

oubaas 28.01.10 - 03:06pm
Strek jou so bietjie uit na diensbaarheid. Doen miskien so bietjie meer tot voordeel van iemand anders. di*nk so bietjie of jy miskien so n projekkie of twee moet aanpak wat vir iemand anders iets kan beteken nie. di*nk net, dalk wil jy spaar om vir iemand n rolstoel te koop, of dalk n paar rand opsy sit om n weeskind vir n kamp te borg. Daar is so baie goed wat gedoen kan word. *

oubaas 28.01.10 - 03:07pm
. Strek jou uit na n jaar met minder stres. Miskien moet jy bietjie afskaal, miskien moet jy bietjie meer by jou gesin wees. *

oubaas 28.01.10 - 03:08pm
Dalk moet jy jou uitstrek om n slegte gewoonte af te leer, of daardie troetelsondetjie laat staan. *

oubaas 28.01.10 - 03:08pm
, Dalk moet jy jou uitstrek na n intieme verhouding met die Here. Meer tyd saam met Hom. Meer geestelike groei. Meer intimiteit met Hom. Meer liefde vir die Here en vir Sy kinders. Nog so bietjie geestelike verdieping, bietjie meer Woordkennis. Bietjie nader aan Hom. *

oubaas 28.01.10 - 03:08pm
Kom ons besluit sommer nou al wat duskant die 2009/2010 skeidslyn gaan bly, en wat anderkant hom moet gebeur. Ons het nou wel nie beheer oor alles nie, maar daar is tog sekere dinge waaroor ons wel beheer het. *

oubaas 28.01.10 - 03:09pm
Maak los van wat agter is, en strek uit na wat voor is. *

oubaas 28.01.10 - 03:09pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20ek%20strek%20my%20uit.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store