WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: Huwelikspotjie
Replies: 70 Views: 3153
1-> 7->>

oubaas 29.01.10 - 09:14am
Drie pote van die Huwelikspotjie - 3 Januarie 2010
Ek hoor onlangs n preek oor die vyf balle wat ons daagliks in ons lewe in die lug probeer hou. Soos wanneer n juggler die balle tussen die hande gooi en sorg dat nie een val nie. Hierdie vyf balle is :-
*

oubaas 29.01.10 - 09:15am
Werk; Gesin / Huwelik; Vriende; Geloof; Gesondheid. *

oubaas 29.01.10 - 09:15am
Almal van ons probeer al vyf die balle in die lug hou. Die werkbal is n rubberbal, want hoe hard hy ook al op die grond val, hy kom maar net weer terug na jou toe. So asof hy hom opdring aan jou, en al vier die ander die knie voor hom moet buig. Die ander vier is glasballe, soos die tipe wat aan n kersboom gehang word. As hy val breek hy. En met baie hantering kraak hy. In Engels kan die woord vulnerable nogal daaraan gekoppel word. *

oubaas 29.01.10 - 09:15am
Die bal wat die swaarste kry onder hierdie aanslag van die werk bal, is die huwelik. Stasitiek is skrikwekkend, en die grootste slagoffers is die kinders. *

oubaas 29.01.10 - 09:16am
Lw HIERDIE STUKKIE IS GEENSINS VEROORDELEND TEENOOR GESKEIDES NIE *

oubaas 29.01.10 - 09:16am
In the statistics for 2006, marriages lasted for less than 15 years in 67,8 percent of all divorce1 cases. Statistiek van Statssa *

oubaas 29.01.10 - 09:17am
Skokkend!!!! *

oubaas 29.01.10 - 09:18am
Hoekom gebeur dit? Waarom begin n huwelik, en waarom eindig dit? Wat maak dat iets wat so idilies begin, so tragies eindig? *

oubaas 29.01.10 - 09:18am
Ek wil graag die huwelik vergelyk met een van hierdie swart driepoot potte, en die drie pote vergelyk met:- *

oubaas 29.01.10 - 09:18am
Liefde; Kameraadskap; Intimiteit. *

oubaas 29.01.10 - 09:19am
Eerstens n vraag waarmee daar deesdae geworstel word. Is die huwelik deur God ingestel? *

oubaas 29.01.10 - 09:19am
Genesis 2 : 88 Verder het die Here God gese: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke. *

oubaas 29.01.10 - 09:20am
. Genesis 2 : 23 24 Toe se die mens: Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy 'vrou' genoem word; sy is uit die man geneem. Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. *

oubaas 29.01.10 - 09:21am
Dit lyk tog vir my of God n bedoeling gehad het van een man wat met een vrou, in n vaste verhouding aan mekaar gebind word. Till death do us part. *

oubaas 29.01.10 - 09:21am
Hoekom n huwelik? *

oubaas 29.01.10 - 09:21am
Standvastigheid; Skep n veilige hawe vir kinders; Sekuriteit vir albei partye; Steeds die mees aanvaarbare verwantskap in vandag se samelewing; God se bedoeling vir hierdie verwantskap. *

oubaas 29.01.10 - 09:22am
Waar pas God / Godsdiens in? *

oubaas 29.01.10 - 09:22am
Jou verhouding met God is nie een van die pote van die potjie nie, maar eerder die hele fondasie waarop hierdie drie pote rus. Of dalk die staaldop van hierdie pot wat alles binne hou, en waar wonderlike verhoudinge prut wat net beter en beter word. *

oubaas 29.01.10 - 09:23am
Kinders van die Here se huwelike is per definisie niks beter af nie. Die statistiek is presies dieselfde as vir nie-gelowiges. *

oubaas 29.01.10 - 09:24am
Poot no 1 LIEFDE

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. *

oubaas 29.01.10 - 09:24am
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. *

oubaas 29.01.10 - 09:27am
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en die van kennis sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind. *

oubaas 29.01.10 - 09:27am
Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieel en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! *

oubaas 29.01.10 - 09:28am
Gaan kyk bietjie na die dele wat hierbo in donker uitgelig is, en gaan pas dit toe binne die huwelik. *

oubaas 29.01.10 - 09:28am
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie. *

oubaas 29.01.10 - 09:29am
Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind. *

oubaas 29.01.10 - 09:29am
Kan jy sien hoe toepaslik hierdie gedeelte in 1 Korintiers 13 op die liefde in die huwelik is? *

oubaas 29.01.10 - 09:30am
Wat is liefde?

n Keuse; Onvoorwaardelike aanvaarding soos van eerste ontmoeting af; Totale oorgawe en toewyding; Stel ander persoon eerste; Deernis / genade / soos God Sy volk liefhet; Beskerming; Respek. *

oubaas 29.01.10 - 09:31am
. Wat is dit nie?

Om huweliksmaat soos n vloerlap te hanteer, net omdat hy / sy aan jou verbind is; Man die hoof / maar nie Hitler nie.
*

oubaas 29.01.10 - 09:32am
2 KORINTIERS 11:2 Ek waak oor julle met 'n ywer wat van God kom, want julle is soos 'n jongmeisie wat ek aan een man toeges het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus. *

oubaas 29.01.10 - 09:32am
Efesiers 5 : 21 33 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees. *

oubaas 29.01.10 - 09:33am
Mans, julle moet julle vrouens liefhe soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgele het. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. Die mans behoort hulle vrouens so lief te he soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. *

oubaas 29.01.10 - 09:33am
Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is. Daar staan in die Skrif: Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees. Hierin le daar 'n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief he soos hy homself liefhet, en 'n vrou moet aan haar man eerbied betoon. *

oubaas 29.01.10 - 09:34am
Liefde, soos Christus Sy kerk liefhet. Kan jy sien wat die voorwaarde is vir hoof van jou vrou? soos Christus Sy kerk liefhet!!! *

oubaas 29.01.10 - 09:34am
Hierdie onvoorwaardelike liefde is die belangrikste element van enige huwelik. *

oubaas 29.01.10 - 09:34am
Jesus het ons lief, ten spyte van ons onvolmaaktheid; So moet ons ook mekaar se onvolmaaktheid verdra. *

oubaas 29.01.10 - 09:35am
Hoe gaan ek met die liefde vir my huweliksmaat om? *

oubaas 29.01.10 - 09:35am
Se dit gereeld, in woorde, sms, e-pos, briefie ens.; Wys dit voor ander / spesifiek die kinders. *

oubaas 29.01.10 - 09:36am
Jy reflekteer iets van die ander persoon. Dus, jou vrou sien haarself in dit wat jy weerkaats. Soos n spieel. *

oubaas 29.01.10 - 09:36am
'n Spieel se iets. Hy reflekteer iets van iemand wat in hom kyk. Nou kom ek by my punt: Manlief, as jy jou vrou se spieel is, wat sien sy? Ek het eendag hierdie beeld gehoor en dit het 'n groot indruk op my gemaak: die man is die spieel waarin 'n vrou haarself sien. Dus, dit wat jy as man van haar reflekteer, dit is wat en wie sy glo sy is. Wat weerkaats jy van jou vrou, en hoe beinvloed dit haar selfbeeld? *

oubaas 29.01.10 - 09:36am
Jy sien, mens kry sulke gebuigde spieels, so bv laat 'n hol spieel jou lekker maer lyk . . . maar dit vertel nie die waarheid nie. As jy as man iets anders weerkaats as wat jou vrou is, gaan sy verander . . . Negatief. Maar, as jy as spieel na haar kyk met aanvaarding, gaan sy haarself aanvaar. Praat jy afbrekend, en kommunikeer negatiewe goed, dan word sy iemand wat jy nie wil he nie, en dan is dit die spieel se skuld. Verdien elkeen van ons nie die reg om onsself te wees nie? *

oubaas 29.01.10 - 09:37am
Jy sien, ek is laaankal nie meer die wulpse Adonis van vervloe jare nie, maar as my spieel (my vrou) positief kommunikeer en reflekteer, glo ek wragtie ek gaan nog in my nr 32 broekie pas! Dan is ek nie skaam oor hoe ek lyk nie. Maar as sy die heeldag vir my vertel ek is 'n tenk, dan blaas ek die aftog. Wat sien jou vrou van haarself as sy deur jou oe kyk? *

oubaas 29.01.10 - 09:37am
Hooglied 6:4-12 4 My liefling, jy is so mooi soos Tirsa, so aantreklik soos Jerusalem, so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers. 5 Draai jou oe liewer weg van my af, hulle maak my onrustig. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen die Gileadberge afkom. 6 Jou tande is so wit soos 'n trop ooie wat nou net skoon gewas is, elkeen met 'n tweeling, nie een sonder 'n lam nie. 7 Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitte agter jou sluier. *

oubaas 29.01.10 - 09:38am
8 Daar is sestig koninginne, tagtig byvroue, jong vroue sonder tal, 9 maar sy, my duif, my volmaakte, is enig, die enigste dogter van haar ma, haar ma se oogappel. Die jongmeisies kyk na haar; hulle praat met bewondering oor haar, die koninginne en die byvroue sing haar lof. 10 Wie is dit wat soos die daeraad verskyn, so pragtig soos die maan, so helder soos die son, so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers? *

oubaas 29.01.10 - 09:38am
11 Ek gaan af na die neuteboord toe, ek gaan kyk na die jong boompies by die spruit, ek gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei. 12 Ek ken myself nie, dit is of sy my laat ry op die strydwa van die keur van my volk. *

oubaas 29.01.10 - 09:39am
Pragtig, of hoe? Wat sien jou huweliksmaat deur jou oe? *

oubaas 29.01.10 - 09:40am
Poot no 2 KAMERAADSKAP

Wat is n kameraad / comrade?

n Boesemvriend; Iemand nader as enige iemand anders; Iemand met wie jou jou diepste geheime deel; Mentor / raadgewer; Jou held / heldin; Iemand wie jy maklik volg; Iemand met wie jy oop en vertroulik kommunikeer. *

oubaas 29.01.10 - 09:41am
Wat gebeur as jou huweliksmaat nie daardie rol vervul nie? *

oubaas 29.01.10 - 09:41am
Gaan soek daai kameraadskap by poppie by die werk; Begin meer en meer in jou binneste opkrop; Keer in jouself in; n Bom wat wag om te ontplof; Kan nie uiting gee aan spanning nie. *

oubaas 29.01.10 - 09:42am
Wat werk nie?

Ek ken n man wat geensins meer kon kommunikeer met vroulief nie. Poppie by die werk vervul toe daardie rol, en man skei vir vroulief. Hy trou later met poppie. Uiteinde? NIKS MEER OM VIR MEKAAR TE SE NIE. Kom saans by die huis, praat niks met poppie (nou nuwe vroulief) nie, en leef in ongelukkigheid met mekaar. *

oubaas 29.01.10 - 09:43am
In hierdie verkeerde verhouding raak die tweetjies se bagasie op mekaar verlief. Liefde word met wellus verwar, want dit eindig gewoonlik in die bed. *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store