WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: Huwelikspotjie
Replies: 70 Views: 3154
6-<< 2-<

oubaas 29.01.10 - 09:44am
Kameraadskap Hou by die erkende reels soos wat die Bybel voorskryf. Gaan gereeld alleen uit, selfs sonder die kinders. Beskerm dit , want jy gaan dit UITERS nodig he as die kinders eendag die huis verlaat. Doen gereeld klein goedjies saam. Kan jy saam met jou vrou / man werk? *

oubaas 29.01.10 - 09:45am
Poot no 3 INTIMITEIT

n Baie kontroversiele element waaroor niemand graag praat nie. . . . *

oubaas 29.01.10 - 09:45am
Wat is intimiteit? Natuurlik die sg liefdesdaad / maar nie net dit nie; n Drukkie in die verbyloop; Rug kielie / voete vryf / lekker bederf; En hulle sal een word aldus Genesis. *

oubaas 29.01.10 - 09:46am
. Wat is dit nie? Brutale, respeklose seksdaad nie. Soos soms op TV. Bevrediging van slegs een persoon se behoeftes. Wees sensitief / ken jou huweliksmaat se behoeftes. *

oubaas 29.01.10 - 09:47am
Waar hoort dit / hoe? Net binne die huwelik; Met wedersydse goedkeuring / aanvaarding; Moet mekaar ten volle vertrou. *

oubaas 29.01.10 - 09:47am
Wat werk? Volle aanvaarding vir ander party, net soos hy / sy is; Heaven @ eleven, starts at seven. Begin vroeg-vroeg met n aanloop. Oop kommunikasie. Respek vir mekaar se behoeftes / ook dalk gesondheidsprobleme. *

oubaas 29.01.10 - 09:48am
. Wat werk nie? Kobus Rudolph praat soms oor die hand in die donker. Man is aaklig met vroulief, die hele dag lank, maar vanaand in die bed kom daai hand onder die kombers nader gekruip. Dan wil hy vat aan dieselfde liggaam wat hy netnou nog afgekraak het. Verwag intimiteit terwyl hy netnou nog n vark was. Onversorgdheid. Magtig man, maak jouself presentable. Sorg dat jy lekker ruik!!! Beledig mekaar se uiterlike, maar in die bed is alles nog okay. *

oubaas 29.01.10 - 09:48am
Verstaan die verskil tussen man en vrou. Manlief werk soos n ligskakelaar, binne sekondes is die knaap gereed vir aksie, vroulief werk soos 100 kersies wat eers een vir gemaak brand word. Net so skakel manlief agterna die skakelaar af, draai om en slaap. Vroulief se kersies moet eers een vir een uitgedoof word. *

oubaas 29.01.10 - 09:49am
Kyk wat se die Here by monde van Paulus hieroor.

1 Korintiers 7 : 1 5 Ek kom nou by die dinge waaroor julle aan my geskryf het. Dit is goed vir 'n man om sonder 'n vrou te lewe, maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te he en elke vrou haar eie man. Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. *

oubaas 29.01.10 - 09:50am
Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir 'n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie. *

oubaas 29.01.10 - 09:50am
Frekwensie met wedersydse ooreenkoms, Paulus praat van huweliksplig (ja meneer / mevrou, jy is die een wat hierdie rol MOET vervul) Mmm . . . manlief se dalk vanaand:- Bid jy alweer met die Huisgenoot oop voor jou? *

oubaas 29.01.10 - 09:51am
Spreuke 5 : 15 23 Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water: drink die strome uit jou eie fontein. Moet jou fonteine dan ook die wereld vol loop, jou strome water oral heen vloei? Hulle is tog net joune, en jy sal hulle nie met 'n ander wil deel nie. Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol liefde, so mooi soos 'n takbok, soos 'n ribbok. Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm. *

oubaas 29.01.10 - 09:51am
Waarom sou jy jou laat bedwelm deur 'n slegte vrou, my seun, waarom sou jy in die arms van 'n ander vrou gaan le? 'n Mens se lewe le oop voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy. Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde. Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing, sy dwaasheid het hom op die verkeerde pad gebring. *

oubaas 29.01.10 - 09:52am
So staan hierdie potjie en prut op hierdie drie UITERS belangrike pootjies. *

oubaas 29.01.10 - 09:52am
Waar pas die Here in die prentjie in? Hy pas in al drie hierdie pote in, nie net beperk tot een poot nie. Hy maak dat die potjie lekker prut, en skep daardie gebondenheid wat ons nodig het. Die Hoofbestandeel wat smaak gee aan alles in die pot. Die GRAVY??? *

oubaas 29.01.10 - 09:53am
Wat gebeur in n pot waar al die pote in plek is? Geen plek vir sieklike jaloesie nie. n Veilige hawe vir kinders. Hulle sal eerder hulle vriende huistoe bring as om elders uit te hang. Trots op hulle ouerhuis. Geen plek vir dag tot dag oorlog nie. Goeie kommunikasie. Kan saam die Here dien. Pray together, stay together. Geen plek nodig vir ander partye nie. Pie in the sky? Nee, daar is hordes mense wat dit regkry. *

oubaas 29.01.10 - 09:53am
Kan ek dit omswaai? Ja, selfs as professionele berading nodig is. Gaan op n Huweliksverryking naweek. Gooi die plantjie van voor af nat. Dit wat jou aanvanklik die meeste na die ander persoon aangetrek het, sal jou dalk die meeste irrtiteer. Swaai dit om. Verwyder egskeiding uit jou woordeskat. GEEN AGTERDEUR!!!! Fire vir poppie by die werk. Soek weer die mooi / spesiaal in die ander person. Gaan saam na die Here toe! *

oubaas 29.01.10 - 09:54am
Ek kan enige berg, hoe groot ookal, oor worstel, solank my vrou aan my sy is. Geen probleem is te groot binne n standvastige huwelik nie, en enige kraak kan herstel word as dit betyds identifiseer word. *

oubaas 29.01.10 - 09:54am
Begin NOU daarmee. *

oubaas 29.01.10 - 09:55am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20drie%20pote%20van%20die%20huwelikspotjie.htm *

6-<< 2-<


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store