WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: DIE PAD VORENTOE
Replies: 22 Views: 1644

oubaas 29.01.10 - 12:20pm
DIE PAD VORENTOE 13 Januarie 2010

Waar kom jy vandaan? Waar bevind jy jou nou? Waar gaan jy heen? Oor die laaste vraag: weet jy? WIL jy weet? Kom, wees eerlik, wil jy weet hoe die pad vorentoe lyk? As jy n keuse sou kry om jou lewenspad vorentoe soos n pak kaarte voor jou uitgesprei te sien - sou jy kyk? So n magic e-pos van die Here af wat se: My kind, as jy jou toekoms wil weet, kliek hier. - sal jy kliek? *

oubaas 29.01.10 - 12:20pm
Ek di*nk as dit miskien nou met jou swaar gaan sou jy wou kliek om te sien dat dit wel beter sal gaan, of dat daar vinnig n uitkoms gaan wees. En as dit nou met jou goed gaan, sou jy kliek? n Vriend se anderdag hy vra die Here om vir hom die pad vorentoe te wys. Hy het lank, en aanmekaar gebid. *

oubaas 29.01.10 - 12:21pm
Ek vra toe vir hom of hy regtig sou wou weet dat hy in September sy huis gaan verloor, of dat sy kind in Desember met n ongeneeslike siekte gediagnoseer gaan word, of dat hy sy werk in Julie gaan verloor, en sy vrou hom in Oktober gaan los. Wat di*nk jy gaan gebeur as ons dit alles vooruit sou weet? Kom ons swaai dit nou na die positiewe kant toe. Kom ons se jy weet dat jy einde November op n wonderbaarlike manier miljoene rande ryker gaan wees. *

oubaas 29.01.10 - 12:21pm
Hoe di*nk jy sou dit jou lewe beinvloed het? Hoe gaan dit jou vertroue in die Here beinvloed? Wil jy regtig weet hoe die toekoms lyk . . . al is dit goed of sleg? *

oubaas 29.01.10 - 12:22pm
Kom ek neem jou terug na my gesprek met my vriend, Paul. Hoe meer hy die Here vra: Hoe lyk my toekoms?, hoe meer kom die teks Psalm 119:105: U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad , en dis al wat hy kry . . . net dit. *

oubaas 29.01.10 - 12:22pm
Wat vertel ons vir mekaar in hierdie onseker tye? Hoekom gaan sien mense sogenaamde profete? Om wat te hoor? Miskien het jy ook al gaan hoor, net om teleurgestel te word. Want jy sien, niemand sal ooit vir jou vertel dat dit bitter swaar sal gaan, dat jy dalk alles sal verloor, en dat n vreeslike moeilike tyd vir jou voorle nie; en dan boon-op, dat dit die Here se wil is. *

oubaas 29.01.10 - 12:24pm
Ander vriende van ons kry baie duidelik die boodskap van die Here, so 4 jaar gelede, dat hulle alles hier moet oppak en Kaap toe verhuis om n nuwe besigheidsgeleenthied daar aan te pak. Met groot opgewondenheid vertrek hulle na n idiliese dorpie, bou n groot huis en doen flink sake. Net om n paar jaar later alles te verloor. Alles. Dit het nou onlangs gebeur. In hierdie tyd gaan hulle deur hel, spartel, kry maagsere, het ongelooflike bekommernis. Hulle hele wereld stort in duie. *

oubaas 29.01.10 - 12:24pm
En toe kom daar uitkoms, waar hulle voor kan begin in goeie omstandighede. Die vraag is: waar was die Here? Kom ek se jou waar die Here was. BY hulle!! Elke tree, elke oomblik, sonder ophou. *

oubaas 29.01.10 - 12:24pm
Psalm 94:12-19 Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie U onderrig in u woord en vir wie U rus gee na tye van teespoed. Maar vir die goddelose word die graf reeds gegrawe. Die Here verstoot nie sy volk nie, die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie. Die regspraak sal weer regverdig wees, alle opregtes sal hulle daaraan kan hou. Wie staan by my teen die wat my leed aandoen? Wie help my teen mense wat my veronreg? *

oubaas 29.01.10 - 12:25pm
As die Here my nie gehelp het nie, was die stilte van die graf seker al my tuiste! Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring *

oubaas 29.01.10 - 12:25pm
Toe ek gedink het my voete gly, het U troue liefde my regop gehou, Here. Die vriendin se getuienis was dat hulle nog nooit in hulle lewe so naby aan die Here was nie, nog nooit Sy nabyheid so intens ervaar het nie, en nog nooit soveel by Hom geleer het nie. My vraag is: sou hierdie vriende van my die pad vorentoe wou weet? Ek glo nie. Weet jy wat is ons probleem? Ons glo hierdie stories van mense dat dit nie swaar kan gaan met n Christen nie. *

oubaas 29.01.10 - 12:26pm
En dat daar geen doel daarmee kan wees dat ons moet swaarkry nie. Dit is nie waar nie, want my wil is nie God se wil nie. As die Here wil, kan Hy my stroop van alles, Hy kan elke ding van my af wegvat, as Hy n doel het wat Hy daardeur wil bereik. Jy sien, as ek en jy gestroop van alles en nakend voor Hom staan, dan het Hy ons volle aandag. *

oubaas 29.01.10 - 12:26pm
As daar niks oor is waarop ek kan staamaak nie, as ek op niks kan terugval nie, as ek geen ander kruk het nie, kan Hy op n wonderbaarlike manier met ons werk. Dit is tye waar die mense elke stukkie vertroue op sy Skepper plaas, homself ten volle ontbloot voor sy Maker, en alles aan Hom oorgee. *

oubaas 29.01.10 - 12:26pm
Job 42:1-5 Daarna het Job vir die Here gese: Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit. Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie. U het mos gese: Luister terwyl Ek praat, Ek sal vra, antwoord jy My. Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U se, maar nou het ek U self gesien *

oubaas 29.01.10 - 12:27pm
Toe Job alles verloor, toe sien hy die Here, toe verstaan hy, toe leer hy die Here ken. Vir wie gaan vra jy vir raad in moeilike tye? Vir mense van wie Job in vers 3 praat? Wie is dit wat U bedoelinge wou dwarsboom? My vriend oppas vir wie jy raadpleeg in moeilike tye. Dit kan dalk net die Here wees wat besig is met jou. *

oubaas 29.01.10 - 12:27pm
Wil jy die pad vorentoe weet? Vir wie vra jy? *

oubaas 29.01.10 - 12:28pm
Jeremia 23:16-17 So se die Here die Almagtige: Julle moenie luister na wat die profete se nie, die profete wat vir julle as profete optree. Hulle wek vals verwagtings by julle, hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here se nie. Hulle hou aan om vir die wat My minag, te se: Die Here se daar sal vrede vir julle wees. Vir die wat hardkoppig is, se hulle: Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie. *

oubaas 29.01.10 - 12:28pm
As jy die hele Jeremia 23 lees sien jy dat die profete lieg (in die Naam van die Here), en se dat niks slegs sal gebeur nie. Terwyl die Here besig is met n woestyntyd met sy volk met n doel! *

oubaas 29.01.10 - 12:28pm
Wat is my punt? 1) Die Here kan besluit om ons deur die bitter swaar van die woestyn te vat. 2) Die Here kan ons stroop van alles as Hy voel om so met ons te werk. 3) Die Here is steeds elke oomblik van die tyd by ons, en beskerm ons, en versorg ons. 4) Die Here het altyd n doel met dinge wat met ons gebeur. 5) Die Here is nie noodwendig kwaad vir ons in sulke tye nie. 6) Die Here wil nie he dat jy Sy pad met jou vorentoe moet sien nie. 7) Na die woestyn sal jy iewers by n oase uitkom. *

oubaas 29.01.10 - 12:37pm
8) Hy wil he dat jy sal aanhou om op Hom alleen te vertrou. 9) Jy sal eendag se: dit was goed; nou verstaan ek. *

oubaas 29.01.10 - 12:38pm
Ps 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad . . . n kringetjie lig vir die volgende tree. Net genoeg vir een tree - nie n spotlight nie. *

oubaas 29.01.10 - 12:38pm
Moenie die toekoms wil weet nie, vertrou net op die Here. *

oubaas 29.01.10 - 12:39pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20die%20pad%20vorentoe.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store