WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: WERK
Replies: 38 Views: 1850

oubaas 29.01.10 - 04:39pm
WERK 20 Januarie 2010

Wat maak jy nou? Op hierdie oomblik? Tensy dit naweek is, (en dalk maak dit nie eers saak nie), is jy nou by die werk, of op pad soontoe, of pas terug. Werk werk werk!!! Hoop nie jy lees hierdie op pad werk toe nie! *

oubaas 29.01.10 - 04:42pm
Vraag is, hoe voel jy daaroor? Is jy lus daarvoor, sien jy uit, moeg daarvoor, haat jy jou baas? Het jy gister goed afgesluit en is jy reg om vandag goed te begin? Mmm . . . ek glo die meeste mense voel nie REGTIG lus daarvoor nie, of hoe? *

oubaas 29.01.10 - 04:42pm
Genesis 3 : 17 - 19 Vir die mens het die Here God gese: Omdat jy na jou vrou geluister het en geeet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word. *

oubaas 29.01.10 - 04:42pm
O koek, daar eet Adam en Eva ons toe nou in die werkplek in. Lyk nogal so as mens net na hierdie stukkie kyk, maar dis nie waar nie, want die opdrag om te werk kom van voor die sondeval af. *

oubaas 29.01.10 - 04:43pm
Genesis 1 : 27 28 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseen en vir hulle gese: Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voels in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip. *

oubaas 29.01.10 - 04:43pm
Die opdrag om te werk kom dus van voor die sondeval af. Ons as mensdom het egter maar hierdie ding om te di*nk die gras is altyd groener aan die ander kant, en ons sukkel met entoesiasme as dit by werk kom. Totdat ons dit verloor!!! *

oubaas 29.01.10 - 04:44pm
As ons egter eerlik daarna kyk moet ons sekerlik saamstem dat:- *

oubaas 29.01.10 - 04:44pm
Dit nie ALTYD sleg is nie; Nie NET sleg is nie; Ons kan verseker ons werk geniet; Dit hang alles van ons eie houding af; Daar is BAIE mense wat graag ons werk sou wou he, as ons dit dan nie self wil he nie. *

oubaas 29.01.10 - 04:45pm
Hoekom gaan jy werk toe? Wat motiveer jou? *

oubaas 29.01.10 - 04:45pm
Volgens die Bybel is dit 'n opdrag, en as jy dit nie wil doen nie, gaan jy swaar kry! *

oubaas 29.01.10 - 04:46pm
Spreuke 6 : 6 11 Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie 'n leier nie, nie 'n opsigter of 'n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog le, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou en bly le, en daar oorval die armoede jou soos 'n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker. *

oubaas 29.01.10 - 04:46pm
2 Tessaloninsense 3 : 10 Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gese: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie. *

oubaas 29.01.10 - 04:47pm
Hierdie gedeelte in Spreuke is regtig 'n baie kosbare stukkie. Miskien het Salomo eendag langs 'n miershoop gaan sit en hierdie klein gediertes dopgehou en gedink, sjoe, hierdie goedjies is merkwaardig. Hulle werk onverpoos, sonder enige persoonlike voordeel, ongeskoold, onopgelei, sonder 'n toesighouer of 'n baas, sonder dat hulle gedreig word, maar hulle werk. Boonop is hulle nog geweldig sterk ook. *

oubaas 29.01.10 - 04:47pm
As jy sy grootte in ag neem teenoor dit waartoe hy in staat is, is hy waarskynlik een van die sterkste dierasies op aarde. Hy kan byvoorbeeld 'n stokkie dra wat maklik tien maal sy eie lengte is (kan ons dit doen?). *

oubaas 29.01.10 - 04:54pm
Nou se die Bybel, gaan leer by die mier. Kyk wat staan daar:- *

oubaas 29.01.10 - 04:55pm
Hy is nie lui nie; Hy werk sonder toesig, onverpoos; Hy het ongelooflike dissipline. Al gesien hoe loop hulle in reguit rye? Hy werk met een uitsluitlike doel. Oorlewing! Hy sorg vir sy toekoms - Hy versamel sy voedsel in die oestyd, maak sy kosvoorrade bymekaar in die somer. Werk dus met beplanning, dissipline en 'n toekomsvisie *

oubaas 29.01.10 - 04:56pm
Nou ja, as die Here dan vir ons uitstip hoe ons werk daar moet uitsien, moet ons seker net bietjie aan ons houding werk. As jou werk vir jou 'n straf is, gaan soek 'n ander een . . . . of: miskien is dit net beter om dinge bietjie in 'n beter lig te sien. *

oubaas 29.01.10 - 04:56pm
As jy net werk om skatte bymekaar te maak, gaan die rotresies jou mal maak. As jy net werk omdat jy MOET, gaan jy elke dag haat. Maar. . . as jy werk met die volgende gedagte, kan dit dalk goed wees: *

oubaas 29.01.10 - 04:57pm
Psalm 37 : 3 Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. *

oubaas 29.01.10 - 04:58pm
Baie dinge in hierdie paar woorde opgesluit. Woon en werk rustig voort. *

oubaas 29.01.10 - 04:59pm
Dit lyk egter of ons eerder deesdae vasgevang is in iets soos die:- *

oubaas 29.01.10 - 05:00pm
Maar die koning van Egipte het vir hulle gese: Moses en Aaron, waarom hou julle die volk van hulle werk af weg? Gaan terug na julle werk toe! Julle mense is alreeds te veel en nou wil julle hulle ook nog laat ophou werk! Dieselfde dag nog het die farao die slawedrywers van die volk en hulle opsigters beveel: Julle mag nie meer soos vroeer vir die volk strooi gee om bakstene mee te maak nie. Laat hulle self gaan strooi bymekaarmaak, *

oubaas 29.01.10 - 05:00pm
en julle moet van hulle dieselfde hoeveelheid stene as tevore bly eis. Julle mag niks verminder nie! Hulle is net lui, daarom hou hulle aan met neul: 'Ons wil vir ons God gaan offer.' Die werk moet vir die manne so swaar wees en hulle so besig hou dat hulle nie hulle ore uitleen vir allerhande leuens nie. Toe het die slawedrywers en die opsigters van die volk vir hulle gaan se: So se die farao: Julle kry nie meer strooi nie. *

oubaas 29.01.10 - 05:01pm
Loop haal dit self waar julle dit ook al kan kry, maar aan die hoeveelheid werk word niks verminder nie. Die volk het toe dwarsoor Egipte stoppels bymekaargemaak, en die slawedrywers het hulle aangejaag en gese: Julle moet nog elke dag net soveel lewer soos toe daar nog strooi verskaf is. Boonop het die farao se slawedrywers die Israelitiese opsigters geslaan en vir hulle gese: Waarom het julle nie vandag net soos vroeer dieselfde hoeveelheid stene gemaak nie? *

oubaas 29.01.10 - 05:01pm
Die Israelitiese opsigters kom kla toe by die farao: Waarom maak u so met u werksmense? Daar word nie meer strooi aan ons verskaf nie, en tog bly die drywers vir ons se: 'Maak bakstene!' Ons word mishandel, maar eintlik le die fout by u mense. Toe se die farao: Julle is lui! Lui! Dit is die dat julle bly se: 'Ons wil vir die Here gaan offer.' Loop! Gaan werk! Hulle sal nie meer vir julle strooi gee nie, maar julle kwota bakstene sal julle lewer. *

oubaas 29.01.10 - 05:02pm
Klink nogal bekend. Die werk neem so toe dat dit ons van die Here af weghou. *

oubaas 29.01.10 - 06:20pm
Waar is die balans tussen werk en leef? Ons soek maar almal daardie goue middeweg tussen werk, gesin, sosiale lewe, huwelik, kinders, ens. *

oubaas 29.01.10 - 06:20pm
Hier is 'n paar dinge om aan te dink:- *

oubaas 29.01.10 - 06:20pm
Wees baie, baie dankbaar as jy werk HET, en KAN werk. Daar is baie mense wat hierdie mislike joppie van jou sou wou opraap as jy dit nie meer wil he nie. *

oubaas 29.01.10 - 06:21pm
Weet waar genoeg, genoeg is. Se soms maar bietjie vir die baas nee, soos wat jou kinders gereeld hoor. En wanneer het jy genoeg opgegaar met al daardie oortyd? Ja, natuurlik is dit meesal bloot vir oorlewing, maar nie vir almal nie. *

oubaas 29.01.10 - 06:21pm
Spreuke 30 : 7 9 Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloen en se: Wie is die Here? nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie. *

oubaas 29.01.10 - 06:22pm
Wees 'n goeie, betroubare rentmeester met dit wat aan jou toevertoru is. As jy jou Godgegewe gawes in jou werkplek gebruik, moet jy mos werk asof jy dit net vir die Here doen, of hoe? *

oubaas 29.01.10 - 06:22pm
Geniet jou werk. Hou tog op om alewig swartgallig te wees, NET die slegte in alles te sien, die baas alewig af te breek, en jou heeldag bloot te stel aan negatiewe praatjies. Jy ken mos Skinner straat. Daar waar baie mense TE veel tyd spandeer aan die soeke na vars lug. So om die hoekie waar dit gons van die skinderpraatjies. Nee wat, dis genoeg om enige mens sy werk te laat haat. *

oubaas 29.01.10 - 06:23pm
Besef dat niemand jou niks skuld nie, al di*nk ons dikwels so. Weet jy hoe werk lojaliteit? Ons dring mos daarop aan dat ons so lojaal is. Wel, as jy lojaal was, en hard gewerk het deur die maand, was jy lojaal. Verseker. Maar... as die baas jou betaal het soos ooreengekom, het hy die lojalitet afgedek, en begin die siklus van vooraf. Lojaliteit strek net oor 31 dae. *

oubaas 29.01.10 - 06:23pm
Kom ek vra jou. Het jy al gewens jy kan voltyds vir die Here werk? Dis mos waar vir baie mense, hulle het so 'n passie vir die Here, dat hulle alles wil opskop en voltyds in die diens van die Here gaan werk. Klink dit bekend? Wel, as jy graag wil, wil ek vir jou help. Hier is net die geleentheid waarop jy gewag het. STAAN OP EN GAAN WERK!!! Want daar waar jy is, is jy mos in work place ministry. Hoekom wil jy anders wees in die sendingveld as by jou huidige werk? *

oubaas 29.01.10 - 06:24pm
Wie gaan jy makliker bereik as daar waar jy in elk geval is? Met wie het jy alreeds 'n beter verhouding as met jou huidige kollegas? *

oubaas 29.01.10 - 06:24pm
Gaan maak 'n verskil aan ander mense se lewens, want jy kan. Weet jy, dis geen kuns om soos almal te wees nie. Soos almal te kla nie, so negatief soos almal te wees nie. Die kuns is om anders te wees. Om so op te tree soos wat Jesus dit sou doen. Gaan bid vir mense, spreek 'n bemoedigende woord, gaan bou mense op, neem hulle by die hand, leer hulle van die Here. Dan is jy mos voltyds in Sy diens. *

oubaas 29.01.10 - 06:25pm
Wat gaan jy VANDAG doen om dit beter te maak vir jouself, en ander? *

oubaas 29.01.10 - 06:25pm
Bron http://www.heuning.co.za/rippel%20werk.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store