WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: GENADEKRUIKE
Replies: 64 Views: 3734
1-> 7->>

oubaas 1.02.10 - 03:31pm
KOM MAAK JOU GENADEKRUIKE VOL. Sondag 24 Januarie 2010. Peter van Maarleveld

Inleiding en gebed

Terwyl ek so na die vorige sprekers geluister het, het ek maar net weer besef hoeveel seer daar in ons wereld is, hoe groot die hopeloosheid is wat mense dikwels ervaar as hulle deur krisisse moet gaan en dit is juis oor hierdie gevoel van hopeloosheid wat ons graag vandag met mekaar oor wil gesels. My gebed is dat ons, as ons so rondom die Woord kuier, weer sal ontdek dat daar soveel genade by God is en daarom soveel hoop is om aan vas te hou. *

oubaas 1.02.10 - 03:31pm
Tydens die Tweede Wereldoorlog was daar in n konsentrasiekamp n gevangene wat toegelaat is om sy kitaar by hom te hou. Sy gees was vry en sy vingers vaardig en wanneer hy musiek gemaak het, het die ander gevangenisse kom luister. Dit het aan hulle nuwe hoop gegee en gemaak dat hulle net so vreesloos soos hy gevoel het. Toe die kampowerheid dit besef, het hulle die man verbied om te speel. Maar die volgende dag het hy maar weer sy musiek gemaak. *

oubaas 1.02.10 - 03:32pm
Die wagte was so woedend dat hulle sy vingers afgekamp het in 'n poging om hom stil te kry. Kort daarna was by egter terug, want met sy verminkte hande kon hy steeds speel en het hy sag gesing. Toe die wagte dit hoor, het hulle sy kitaar gegryp en stukkend teen die grond geslaan. Maar ook dit kon hom nie keer nie, want die volgende dag het hy sonder begeleiding uit volle bors gesing. Sy medegevangenes het hom gehoor en hul harte het lig geword. *

oubaas 1.02.10 - 03:32pm
Solank die sang geduur het, was hulle gees net so vry en onoorwinlik soos syne. Die kampkommandant was hieroor so kwaad dat by die man se tong laat uitsny het. Nou was dit doodstil in die kamp, maar tot almal se verwondering was die gevangene die volgende dag weer terug. Op maat van musiek wat net hy kon hoor, het hy begin dans. Een vir een het die gevangenes nader gestaan, hande gevat en op dieselfde ritme begin wieg. *

oubaas 1.02.10 - 03:33pm
Daar was hoop in hulle oe en hul harte was vry. Die wagte was weereens magteloos. *

oubaas 1.02.10 - 03:33pm
Hierdie verhaal het my aangegryp. Hoe is dit moontlik dat daar soveel slegte dinge met een mens kan gebeur en tog was hy bereid om met n lied in sy hart voort te gaan en n verskil te maak in die mense se lewens rondom hom? *

oubaas 1.02.10 - 03:34pm
Vir baie van ons maak dit dalk nie sin om te midde van soveel terugslae weer op te staan en aan te gaan met n lied in die hart. Miskien is dit omdat ek en jy ook al iets van die seer kant van die lewe ervaar het. Miskien sit jy vandag by jou huis en weet jy wat dit is om deur die lewe rondgestamp te word, om die een terugslag na die ander te moet hanteer. Miskien: is dit siekte wat jou moedeloos het; ervaar jy vanaand soveel eensaamheid na 'n egskeiding; *

oubaas 1.02.10 - 03:34pm
is jy n slagoffer van misdaad en weet jy nie hoe jy ooit weer by n punt gaan kom waar jy ander mense kan vertrou, of hulle vergewe nie; is jy platgeslaan deur wat mense jou aangedoen het en sukkel jy om die verlede te verwerk en af te handel; sukkel jy om die dood van 'n geliefde te verwerk; is jy al so moedeloos omdat jy net nie kan werk kry nie en die werkloosheid jou selfvertroue kom steel het en jou so minderwaardig laat voel; *

oubaas 1.02.10 - 03:35pm
ervaar jy dat die verhoudings waarin jy staan net nie wil uitwerk nie; is jy maar net vanaand moedeloos oor soveel dinge wat in jou lewe al skeefgeloop het, dat jy net nie meer kans sien om aan te gaan nie en jou die vraag laat vra waarom God nie jou gebede wil beantwoord nie . . . . . . hoe lank moet ek nog om uitkoms smeek? Het God dan van my vergeet? *

oubaas 1.02.10 - 03:35pm
Vriende, hierdie dinge kan so maklik maak dat ek opstandig teenoor God raak, nie omdat ek wil nie, maar omdat dit vir my voel my gebede word nie beantwoord nie, omdat dit vir my voel dat God van my vergeet het in my diepste nood, omdat ek net nie meer hoop het om aan vas te hou nie. En dan voel mens amper lus om soos Asaf in Psalm 73:13-14 uit te roep toe hy gese het: *

oubaas 1.02.10 - 03:36pm
Dat ek die kwaad vermy het en met n eed my onskuld verklaar het, het dus niks gehelp nie, want elke nuwe dag het vir my teenslae gebring en elke nuwe more straf. *

oubaas 1.02.10 - 03:37pm
Hopeloosheid van die mens

Ons het nou net met mekaar gepraat oor dinge wat ons as mense soms met moedeloosheid en hopeloosheid kan vul. In die Bybel is daar 'n verhaal van 'n weduwee opgeteken wat iets hiervan ervaar het. Ons lees uit 2 Konings 4:1-7. . . . *

oubaas 1.02.10 - 03:39pm
'n Vrou van 'n profeet het haar nood by Elisa kom kla: My man is dood. U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak. Elisa het vir haar gese: Ek sal jou help. Se vir my: wat het jy in jou huis? Sy het geantwoord: Ek het niks in die huis nie behalwe 'n erdekannetjie olie. Hy het toe gese: Gaan leen nou by al jou bure lee kruike, en sorg dat jy nie te min leen nie. *

oubaas 1.02.10 - 03:40pm
Dan gaan jy in jou huis in, maak die deur agter jou en jou seuns toe, en gooi elkeen van hierdie kruike vol olie. Soos elkeen vol word, moet jy hom wegpak. Sy is van hom af weg. Sy het die deur agter haar en haar seuns toegemaak. Soos hulle die kruike na haar toe aangedra het, het sy hulle volgemaak. Toe die kruike vol was, se sy vir een van haar seuns: Bring vir my nog 'n kruik. *

oubaas 1.02.10 - 03:40pm
Maar hy het gese: Daar is nie meer 'n kruik oor nie. Toe het daar nie meer olie uit die kannetjie gekom nie. Sy het by die man van God aangekom en dit vir hom vertel. Hy het gese: Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld. Jy en jou seuns kan dan leef van wat oorbly. *

oubaas 1.02.10 - 03:41pm
Toe ek hierdie verhaal lees, kon ek nie anders as om iets van God se genade daarin te lees nie, n God wat ons met soveel liefde en passie uitnooi om ons, wanneer ons moedeloos is en die lewe druk, om wanneer ons alle hoop verloor het, om weer ons genadebakke vir ons te kom volmaak, sodat ons kan begin lewe en dit in oorvloed. *

oubaas 1.02.10 - 03:41pm
Hierdie weduwee was arm en het niks gehad nie, behalwe 'n klomp skuld. Dag en nag was haar skuldeisers daar. Ek kan my maar net indink hoe sy en haar seuns planne beraam het om uit die gemors te kom. En dan lees ons dat die skuldeisers gekom het om haar seuns van haar te vat as afbetaling van haar skuld. Haar situasie was hopeloos en ellendig. *

oubaas 1.02.10 - 03:42pm
Ook Paulus di*nk ek, het iets van hierdie swaarkry ervaar. Ons lees in 2 Korintiers 11:24-27. . . . Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek 'n dag en 'n nag in die oop see deurgebring. Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene; *

oubaas 1.02.10 - 03:42pm
gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. *

oubaas 1.02.10 - 03:43pm
Ook in 2 Korintiers 12:7 praat Paulus van 'n ander swaarkry, van n doring in die vlees, n boodskapper van satan wat hom met vuiste geslaan het. Wat hierdie doring was, weet ons nie presies nie, maar nou bid hy en vra dat God hierdie doring uit sy vlees moet haal. Hy bid drie keer, maar sy gebed word nie verhoor nie. *

oubaas 1.02.10 - 03:43pm
Vriende, die lewe is vol dorings en lee kruike. Die lewe is vol dinge wat gebeur waarvoor ons dikwels nie kans sien nie. Die lewe is vol ongeregtigheid en sonde en wanneer hierdie goed ons tref, roep ons dikwels tot God en bid ons vir uitkoms. Ons bid vir n blaaskans, voordat die volgende sarsie krisisse ons tref, maar God antwoord soms nie . . . . . . . of so voel dit vir ons. *

oubaas 1.02.10 - 03:44pm
[b]Gaan maak jou bakke vol by God - daar is hoop[b]

Hierdie weduwee van wie ons nou net gelees het, se hopeloosheid het tog uiteindelik in blydskap verander, hulp het vir haar gekom, want sonder dat sy dit verwag het, kom Elisa na haar en help haar om haar skuld te betaal. In vers 3 kry sy die opdrag om soveel as moontlik lee kruike bymekaar te maak. Elisa se aan haar dat sy moet sorg dat sy nie te min kruike het nie. Gaan leen as jy moet, maar moet net nie te min lee kruike he nie, want God gaan 'n wonderwerk kom doen. *

oubaas 1.02.10 - 03:45pm
Die vrou en haar seuns en ook die mense van die dorpie was verwonderd. di*nk jou maar net hierdie hele situasie in. Hier staan sy voor al die lee kruike en sy begin olie uit haar erdekruikie giet in die lee kruike en dit hou nie op totdat al die kruike vol is nie. *

oubaas 1.02.10 - 03:45pm
Ons praat vandag met mekaar oor genade, oor hoop, genade en hoop wat 'n wonderwerk van God is, genade en hoop wat nie verstaan kan word nie, want dit kom gratis na jou. Genade en hoop wat soos die wind is: Jy kan niks daaraan verander nie, want die wind waai waar hy wil. *

oubaas 1.02.10 - 03:46pm
So is die genade van God. Dit hou nie op nie! Maar soos dit deur my lewe vloei verander dit my lewe, soos dit die lewe van die weduwee verander het. Hierdie genade vloei van binne en maak my lewe nuut, kom gee weer nuwe hoop aan my. *

oubaas 1.02.10 - 03:46pm
Weet jy waarom voel ons as Christene dikwels so leeg, ongelukkig en hopeloos? Waarom voel dit vir ons of ons nie die seen van die Here ervaar nie? Ons geniet nie God se seen, omdat ons dit nie verwag nie, omdat ons met te min kruike voor die Here gaan staan. God het groot seen en genade vir ons bedoel. God wil sy genade in ons lewens kom uitstort, elke dag, maar as ek te min kruike bring, waarin moet God sy genade en seen dan nou kom uitstort? *

oubaas 1.02.10 - 03:47pm
Wil jy nie vir 'n slag al jou lee kruike bymekaar maak en voor God kom staan om dit vol te maak nie? Ons leef so vanuit ons eie vermoens, eie prestasie, eie geregtigheid en selfregverdiging en dan wonder ons waarom ons nie die seen van God in ons lewens ervaar nie, waarom ons hoop verloor het? God wil jou kruike volmaak met sy genade, met sy hoop, die genade en hoop wat vir Paulus genoeg was om van te leef, genade wat gemaak het dat hy met die doring in sy vlees kon saamleef. *

oubaas 1.02.10 - 03:47pm
God neem nie altyd ons moeilikheid weg nie. Hy beantwoord nie altyd ons gebede soos ons wil nie. *

oubaas 1.02.10 - 03:48pm
Onthou jy nog die motor advertensie van 'n hele paar jaar gelede? Dit het gegaan oor n man wat opstaan, maar vandat hy sy oe oopmaak, het die dinge skeef geloop. Toe sy wekker lui en hy die wekker afsit, stamp hy die glas water van die bedkassie af. Toe hy gaan stort is daar nie water nie en brand die seep sy oe en breek die stortgordyn af. Aan etenstafel het dit nie veel beter gegaan nie. Toe hy sout oor die eiers wil gooi, val die soutpot se doppie af en beland al die sout op die eiers. *

oubaas 1.02.10 - 03:48pm
Wanneer hy dan uiteindelik by sy kar kom en die knoppie druk om by sy motorhek uit te ry, wil die hek nie oopgaan nie. Daar was darem een ding wat goed in daardie ou se lewe was: Sy kar! Sy kar het al die swaar van daardie oggend in die vergetelheid laat bly en gemaak dat hy kans gesien het vir die res van die dag. *

oubaas 1.02.10 - 03:49pm
So is daar in jou en in my teespoed ook dinge wat dit tog vir ons die moeite werd maak om weer op te staan, en dit is God se genade! Ek di*nk dat God ons dikwels die anderkant van die lewe, die anderkant van elke situasie ook wil laat sien. God wil ons laat sien waaroor dit werklik in die lewe gaan. *

oubaas 1.02.10 - 03:49pm
God wil ons die kant van sy genade laat sien, wil ons laat sien dat dit op die einde van die dag nie die antwoord op ons gebede is wat saak maak nie, maar wel sy genade in ons lewens en die hoop wat hierdie genade vir ons bring. *

oubaas 1.02.10 - 03:49pm
Scott Wesley Brown sing in 'n lied van hom: When answers arent enough, there is Jesus. As n mens na hierdie lied luister en na dit wat God aan Paulus gese het en dit wat die weduwee met haar erdekruike ervaar het, dan gaan dit op die einde van die dag nie oor die doring in die vlees nie, gaan dit nie oor die lee kruike nie, gaan dit nie oor die krisisse wat ek en jy ervaar nie, of dat my gebede nie beantwoord word nie, of oor misdaad of terugslae nie, *

oubaas 1.02.10 - 03:50pm
maar gaan dit daaroor dat ek iets van God se genade moet ervaar en my daaraan moet oorgee, want dit bring uiteindelik weer die hoop in my lewe terug. *

oubaas 1.02.10 - 03:50pm
Weet jy wanneer ervaar ek God se genade op sy beste? As ek op my swakste is, as ek teen die planke is, as ek met die rug teen die muur staan. As ek alles probeer het en steeds geen werk kan kry nie. God wil vandag aan jou en my wys dat sy genade genoeg is vir ons. *

oubaas 1.02.10 - 03:51pm
Waaroor gaan hierdie genade? Hierdie genade gaan daaroor dat God se krag tot volle werking in my lewe kan kom. Maar hierdie krag kan eers tot volle werking kom, as ek swak is, as ek besef dat ek as mens nie meer verder kan nie, as ek as mens geen antwoorde of raad het nie en nie meer weet watter kant toe nie, as ek as mens besef dat my kruike leeg is en ek niks meer het om aan te bied nie, as hopeloosheid my verlam het, as ek besef hoe swak ek is. *

oubaas 1.02.10 - 03:51pm
Wat gebeur as ek my swakheid besef? Paulus se in 2 Korintiers 12:9-10..... Sy antwoord was: My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. *

oubaas 1.02.10 - 03:53pm
Hoe swakker jy is, hoe sterker is jy eintlik! Eers wanneer ek swak is en besef dat ek alleen sal kan oorleef as God se genade my deurdra, eers dan kan Jesus alles in my lewe word. Eers as ek swak is, eers dan kan ek se: Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my . . . Hy moet dus meer word en ek minder. *

oubaas 1.02.10 - 03:57pm
As ons sterk in ons eie vermoens is en di*nk dat ons dinge self kan doen, dan is die kans goed dat ons hoogmoedig kan word en dat dinge sal flop. Paulus besef maar alte goed dat die doring in sy vlees gegee is om te verseker dat hy sy sterkte en krag in die genade van God sou soek. *

oubaas 1.02.10 - 03:57pm
Vriende, daar is nie altyd antwoorde in die lewe nie, maar daar is altyd genade, daar is altyd hoop. *

oubaas 1.02.10 - 03:58pm
In die verhaal van die weduwee is daar nog iets belangrik vir my in opgesluit: Die seen wat hierdie weduwee ervaar het, het van haarself afgehang, want hoe meer kruike daar sou wees, hoe langer sou die olie aanhou met vloei. Toe die kruike vol is, toe raak die olie op. *

oubaas 1.02.10 - 03:59pm
Seen kom van God af en aan hierdie seen is daar geen perke nie. God se genade hou nooit op nie, maar as ek nie kruike na God bring en voor Hom rustig raak nie, sal ek nie sy seen en genade ervaar nie, sal ek nie in hoop kan leef nie. *

oubaas 1.02.10 - 04:00pm
Dikwels gryp ons net hier en daar na God en sy genade sonder om die volheid daarvan te ervaar. Ons probeer wegkom met afskeeptyd en dan vra ons waarom ons nie sy genade en seen ervaar nie, waarom ons nie die volheid van die lewe ervaar nie. Baie van ons is te lui om kruike bymekaar te maak en dit te midde van die feit dat God dit bedoel het dat ons seen op seen op seen moet ontvang. Ons lewe dikwels soos armlastige mense, want ons kruike het opgeraak. *

oubaas 1.02.10 - 04:01pm
Die stortvloed van God se genade is vir jou bedoel en hierdie genade kan jou deel word, as jy met jou bak hande, met jou kruike, met 'n hart vol verootmoediging voor God kom staan en vra dat hy sy genade oor jou moet uitstort. *

oubaas 1.02.10 - 04:01pm
Met die vol kruike kon die weduwee haar skuld gaan betaal en so verhoed dat haar seun as slawe verkoop word. Deur God se genade het Jesus aan die kruis gesterf en is al ons skuld betaal en kan ons nou lewe. Maar daar het n belangrike aksie by die weduwee plaasgevind, die weduwee het haar nood by die profeet bekend gemaak, waarskynlik sou haar situasie totaal anders gewees het indien sy dit vir haarself gehou het, maar God gebruik die profeet om vir haar nuwe perspektief te gee, *

oubaas 1.02.10 - 04:02pm
help haar om by n werkbare oplossing uit te kom. Sy was in n wanhoopsituasie, maar God gebruik die profeet om die wanhoopsituasie in n situasie van hoop te verander. Krisisse laat jou perspektief verloor, laat jou hoop verloor, laat jou visie verloor en maak dat jy God se genade nie kan raaksien nie. Gaan raak dus stil voor God en maak tyd om nie net jou nood aan Hom bekend te maak nie, maar maak tyd om na Hom te luister, *

oubaas 1.02.10 - 04:02pm
maak tyd sodat Hy weer jou genadekruike kan volmaak met sy genade en liefde en jy so weer in hoop kan leef! Wanneer dit vir jou voel asof alles rondom jou vergaan, onthou God gee niemand prys nie. Gaan raak stil voor Hom, gaan sit op sy skoot . . . Hy wag vir jou. *

oubaas 1.02.10 - 04:03pm
Vriende, geloof hou nie altyd vreugde en seen in nie, dit bring soms stryd en sielewroeging. Geloof maak dat jy nie sommer net maklik deur die lewe kan gaan nie. Elkeen wat glo weet ook wat dit beteken om n sielewroeging deur te gaan. Gelowig wees beteken nie dat ek immuun sal wees teen worsteling en pyn nie. Dit beteken wel dat ons vasgehou sal deur God wat te midde van ons onrus en worsteling vir ons genade en hoop gee. *

oubaas 1.02.10 - 04:05pm
Dit is juis hierdie genade waarsonder ons nie kan nie en daarom wil ek jou nooi om vandag jou genadebakke te kom volmaak. *

oubaas 1.02.10 - 04:09pm
Gevorm deur krisisse

Maar krisisse wil my nie net iets van God se genade laat sien nie. Ek di*nk dat krisisse is ook daar sodat God my kan vorm. Ons raak dikwels so opstandig oor die krisisse in ons lewens, maar wanneer ek besef dat ek niks uit eie krag kan doen nie, eers wanneer ek besef dat genade genoeg is, eers dan kan God my vorm. *

oubaas 1.02.10 - 04:09pm
Hoor wat staan in Jeremia 18:5-6 . . . . . . . . Toe kom die woord van die Here tot my: Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store