WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: GENADEKRUIKE
Replies: 64 Views: 3735
6-<< 2-<

oubaas 1.02.10 - 04:09pm
Ek en jy behoort aan God en omdat ons aan Hom behoort, sal Hy niks met ons doen of toelaat dat iets in ons lewens gebeur, as dit nie deel van sy vormingsproses in ons lewens is nie. *

oubaas 1.02.10 - 04:10pm
Wat vir my so geweldig treffend van hierdie beeld is, is die feit dat die hande van die pottebakker nooit die klei verlaat terwyl hy besig is om die klei tot iets te vorm nie. God se hande verlaat jou en my nooit nie. Sy hande bly om ons al kry ons seer en al vra die vormingsproses baie van ons. *

oubaas 1.02.10 - 04:11pm
En dit moet my troos en hoop vir die toekoms gee. God is besig om my te vorm, besig om sy beeld al meer in my lewe te laat sigbaar word, besig om my tot volle geestelike rypheid te bring, besig om my voor te berei vir my taak op aarde en uiteindelik ook besig om my vir die ewige lewe voor te berei. *

oubaas 1.02.10 - 04:12pm
Hoe swak is jy?

Het jy al God se genade ervaar? Het jy al met jou lee kruike, met jou bakhande voor God kom staan, jou stukkie lewensklei voor Hom kom sit en gese . . . Here vorm my? *

oubaas 1.02.10 - 04:13pm
Wil jy nie vandag voor God kom staan met al die kruike wat jy het en weer iets van sy genade ervaar nie? Wil jou nie maar tou opgooi om in eie krag te probeer leef, in eie krag dinge te probeer verstaan nie, in eie krag sake op te los nie? Wil jy nie maar swak voor God word nie en so God se genade ervaar wat ook vir jou bedoel is, genade wat genoeg is om weer vrede en geluk in jou lewe te bring? *

oubaas 1.02.10 - 04:14pm
Kom staan vandag saam met my voor God, met al jou kruike en se: Here, van nou af wil ek net uit U genade leef, sodat ek minder kan word en U meer. Ek kom met groot houers na U, sodat ek u genade in sy volheid kan ervaar en van vanaand af kan gaan leef uit u volheid. Ek staan met bakhande voor U, want ek het in die verlede te min geskep. *

oubaas 1.02.10 - 04:14pm
My liewe Vriend, om swak te word en toe te laat dat God jou soos klei in sy liefdeshande vorm, vra om n geloofsdaad, maar dit bring uiteindelik hoop wat nie uitgeblus kan word nie. *

oubaas 1.02.10 - 04:15pm
In een van die Duitse tronke tydens die tweede wereldoorlog het iemand die aand voor hy tereggestel is, die volgende op sy tronksel se muur geskryf: I believe in the sun, although I can not see it; I believe in love, although I dont experience it; I believe in God although it feels that He is not here! *

oubaas 1.02.10 - 04:15pm
Dis hoop! Dis 'n lewe van genade! Maak dus nie saak waarmee jy vandag worstel nie en hoe sleg dit met jou gaan nie . . . . los waarmee jy besig is, klim op God se skoot en ervaar sy liefde en genade vir jou, want Hy gee onsaglik baie vir jou om! Daar is altyd hoop by God! *

oubaas 1.02.10 - 04:15pm
[b]Gebed[]b] Ek wil afsluit met die gebed in Efesiers 1:18-21 en ek bid dit vir myself, maar ook vir jou wat vandag luister. . . *

oubaas 1.02.10 - 04:16pm
Ek bid dat God ons geestesoe so verhelder dat ons kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die erfenis wat Hy vir al die gelowiges bestem het. Ek bid dat ons sal besef hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. *

oubaas 1.02.10 - 04:17pm
. Ek bid dat God deur sy Gees aan ons die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in ons harte sal woon en dat ons in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Ek bid dat ons in staat mag wees om te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag ons sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan. *

oubaas 1.02.10 - 04:17pm
Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom toe die eer tot in alle ewigheid. Here, hier is al my houers, hier is my hele lewe, maak dit vol met u genade en dat ek weer u hoop in my lewe mag ervaar en daaruit mag leef. Amen. *

oubaas 1.02.10 - 04:19pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20kom%20maak%20jou%20genadekruike%20vol.htm *

6-<< 2-<


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store