WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: Vals profete
Replies: 151 Views: 9408
1-> 7->>

oubaas 5.02.10 - 03:04pm
Vals profete (1)

*****NB: EK STEM NIE NOODWENDIG SAAM MET DIE INHOUD VAN DIE VOLGENDE STUKKE NIE!!!!

Mense kan jou soms so deurmekaar praat oor die godsdiens dat jy nie weet wie om te glo en wie nie. Dit was in die Bybelse tyd al so en dit is baie gevaarlik, want mens kan maklik op die verkeerde pad beland. *

oubaas 5.02.10 - 03:05pm
Die Bybel is ons anker as dit by waarheid kom. As iemand vir jou iets vertel wat met die Bybel bots, moet jy maar katvoet loop. In 1 Johannes 4:1-3 se Johannes dat selfs as iemand beweer die Heilige Gees self het vir hom die boodskap gegee - en die boodskap verskil van die boodskap van Jesus - moet jy hom nie glo nie. Immers, die Gees sal mos nie boodskap gee wat Jesus ondermyn nie. *

oubaas 5.02.10 - 03:05pm
As iemand so boodskap, wat met Jesus s'n bots, aan jou wil afsmeer, is dit die sekerste teken van dwaalleraar. Paulus se dit nog sterker: hy se dat selfs as engel deur die venster vlieg en voor jou kom staan en se jy moet iets anders as die goeie boodskap van Jesus glo, moet jy vir hom se hy kan maar gaan vlieg (Galasiers 1:8). Jesus se boodskap staan vir jou vas. *

oubaas 5.02.10 - 03:05pm
Partykeer kom mense na jou toe en se Die Here (of die Gees) het dit of dat vir my oor jou gese. Baie keer is dit sommer seermaak boodskap. Moenie dit sommer net so glo nie. Die Here sal mos nie by ander oor jou skinder sonder om vir jou self ook daarvan te se nie. Nee, as Hy oor jou iets wil se, sal hy dit vir jou ook se. Hy sal dit vir jou op manier bevestig. Oppas vir mense wat jou met godsdiens probeer manipuleer. *

oubaas 5.02.10 - 03:06pm
Boek: Geloof in Aksie-Bybel. Skrywers: Prof Jan van der Watt, Dr Stephan Joubert, Dr Johan Smith. Uitgewers: Christelike Uitgewers Maatskappy *

oubaas 5.02.10 - 03:07pm
Bron: http://www.bybelkennis.co.za/Algemene-Artikels-Bybelse-Temas-en-Sake/Vals-profete.html *

oubaas 5.02.10 - 03:09pm
Valse profete (2)

Jesus is: Koning, Priester en Profeet.

Herken die VALSE PROFEET

In die Ou Testament (OT) is valse profete gestenig. Vandag kry hulle positiewe publisiteit. Die grense tussen die waarheid en die leuen, tussen die ware en die valse, het baie vaag geword. Christene is vandag huiwerig om hulself uit te spreek - tog het God beveel dat ons die geeste moet toets (1 Johannes 4:1). Kritiek word as liefdeloosheid gebrandmerk en dat dit die eenheid tussen Christene versteur. Daar word hard gewerk aan eenheid, maar dit dikwels ten koste van die waarheid. *

oubaas 5.02.10 - 03:09pm
Hierdie skrywe is 'n ernstige oproep om die waarheid in liefde te praat. Drie van die jongste valse profete word as voorbeelde gebruik. *

oubaas 5.02.10 - 03:10pm
Die 37 jarige Profeet T.B.Joshua, se bediening is met geweldige entoesiasme en opgewondenheid ontvang. Hy noem homself: The promised child. By the grace of God, I am doing what I am doing because I'm a promised child. Anybody called a promised child will do what people in his time cannot do. Hy het sy eie Web-site, www.themaninthesynagogue.org. Daar kry enigeen meer inligting. *

oubaas 5.02.10 - 03:10pm
Die waterkrane by die ingang van die sinagogoge se water word geseen en dit word die bloed van Christus (vgl. dit met die Roomskatolieke transubstansiasie leer). Die water speel ook 'n rol in die bonatuurlike genesings wat plaasvind. *

oubaas 5.02.10 - 03:11pm
Herlewing is die woord op almal se lippe - of is dit 'n herlewing van die okkulte?? Daar is buitengewone krag in die man se bediening - maar wie se krag is dit? Die mense getuig van wonderlike ervarings, hulle se hulle sien Jesus in sy oe - maar watter Jesus is dit ? Mense van regoor die wereld besoek sy Sinagoge in Nigerie (vroeer aan die plaaslike inwoners bekend as die Sinagoge van die Satan). *

oubaas 5.02.10 - 03:11pm
Mense val neer deur 'n woord of gebaar - is dit God se gees of 'n bose gees? God verskyn aan hom - is dit regtig God of is dit demone? *

oubaas 5.02.10 - 03:12pm
Nog 'n voorbeeld. Joy tydskrif is opgewonde oor Silvania Machado wat die land binnekort weer gaan besoek. Goudstof val uit haar hare. Sy se dit is 'n engel wat die goud oor haar strooi. Olie drup uit haar vingerpunte. Wonderwerke vind plaas. Silvania verkoop haar fotos vir R10 met van die 'goud' agterop die foto geplak. 'n Spesiale salwing is glo op die fotos, wat 'n mens onder jou kopkussing sit. Sy versprei die olie uit haar vingerpunte in botteltjies onder geestelike leiers. *

oubaas 5.02.10 - 03:14pm
Hulle moet weer hul lidmate salf. Sy se sy het n genesings- en 'love' ministry en konsentreer op die geestelike leiers. Sy soen elke pastoor op sy mond en salf hom. Mense vir wie sy gebid het, sal daarna elke keer as hulle die Bybel lees of bid, vol goud geword. *

oubaas 5.02.10 - 03:14pm
'n Medewerker van Silvania verkoop ook CD's. As jy jou trouring of tjekboek bo-op die CD sit, dan sal dit goed gaan met jou huwelik en banksake. Wat ookal jou probleem is, daarna sal dit goedgaan. *

oubaas 5.02.10 - 03:14pm
Is dit van die Here of is dit duiwelse oe-verblindery? Hoe gaan ons weet omdat die duiwel ook wonders kan werk? *

oubaas 5.02.10 - 03:15pm
Nog 'n voorbeeld. Benny Hinn beweer dat hy 'n direkte kanaal van God is en dat God nuwe openbaringe - wat nie in die Bybel is nie - aan hom gegee het. Hy is so 'n direkte kanaal dat die Gees sy tong en verstand so oorneem, dat hy daarna nie eers bewus is van wat hy gese het nie. Dat God aan hom verskyn, is 'n alledaagse ervaring. Is Hinn 'n instrument van die duiwel? *

oubaas 5.02.10 - 03:15pm
As Paulus vir Timotheus waarsku: Jy moet vir hom (Alexander) oppas . . . . . . en Jesus die mense openlik teen die Fariseers en Saduseers waarsku (2 Timotheus 4:15; Matt 16:6), is dit nie 'n liefdelose moddergooiery, naywer of kwaadstekery nie?? Nee! Dit gaan om die geestelike welsyn en redding van mense vir wie Jesus aan die kruis gesterf het. Daarom gee God 'n bevel om die geeste te toets. *

oubaas 5.02.10 - 03:17pm
Jesus self waarsku baie sterk by herhaling teen die valse profeet. *

oubaas 5.02.10 - 03:18pm
Mattheus 24:4 Jesus antwoord en se vir hulle : Pas op dat niemand julle mislei nie. vs 5 Want baie sal onder my naam kom en se: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei vs 11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. vs 24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan,en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei *

oubaas 5.02.10 - 03:18pm
1 Timotheus 4:1 Maar die Gees se uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang. (2 Tessalosense 2:3) *

oubaas 5.02.10 - 03:19pm
Namibie is 'n tyd gelede deur so 'n valse profeet, ene dr. Moise Cohen wat homself met miljoene dollars verryk het, mislei. Die RSA is die afgelope aantal jare blootgestel aan baie sg. profete, plaaslik en van oorsee, wat deur profesiee, tekens en wonders baie se verbeelding aangegryp het. Van die bekendstes was oa. Branham; Hagin; Copeland; Benny Hinn; Rodney Howard Brown; John Arnott, Rick Joyner, Gerald Coates, Lester Bloomberg en wie weet wie en wat is volgende!!! *

oubaas 5.02.10 - 03:19pm
Oor T.B.Joshua verwyt Pastoor Clement Ibi van Nigerie Suid - Afrikaners dat hulle nie besef na wie hulle gaan nie. T.B.Joshua was eers 'n toordokter, vra dit vir die plaaslike inwoners, se hy. Sy Sinagoge is binne vol nie - christelike simbole. Daar is 'n groot skildery, The healing hand. In die middel van die hand is die alsiende oog van Horos. In die eetsaal is daar 'n pentagram teen die dak. *

oubaas 5.02.10 - 03:20pm
Talle Roomse okkultiese simbole soos die prent van die Sacred Heart van Jesus en die talle beelde met Jesus aan die kruis, is in die prayer huts te sien. *

oubaas 5.02.10 - 03:20pm
My eerste kennismaking met die kragte van sulke profete: *

oubaas 5.02.10 - 03:22pm
Ongeveer twintig jaar gelede, nie lank nadat ek met tentveldtogte onder die swartmense begin het nie, het die eerste sangoma tot bekering gekom. Die vrou wat vol bose geeste was, kon ons na verskeie gebedsessies nie bevry kry nie. Die pyne in haar liggaam en ander probleme het nie opgehou nie. Sy het ons radeloosheid gesien en my te hulp gekom. Dit is die 'Heilige Gees' (ook die Engel genoem) wat my siek maak, het sy gese. *

oubaas 5.02.10 - 03:23pm
Sy het daarop aangedring dat ek die gees moet uitdryf. Ek het die 'heilige gees' aangespreek en sy was onmiddelik vry . Aanvanklik was dit vir my verwarrend. Met die jare het ek die 'heilige gees' beter leer ken. Natuurlik was dit nie die Heilige Gees nie!! Die gees is baie algemeen in die onafhanklike kerke soos die Sioniste. Gewoonlik kan jy nie 'n amp in die kerke beklee sonder die 'gees' nie. Die gees gee mag en status aan die leiers en beheer die Sionistiese beweging. *

oubaas 5.02.10 - 03:23pm
Die gees is baie 'geestelik' en sal hulle bv. neem om 'n hele nag op die berg te gaan bid. Hy praat hoorbaar in hulle gees (soms in die ore) en gee geestelike opdragte soos bv: Jy moet vir n sieke by daardie stad gaan bid. Wanneer hulle dit doen, vind daar gewoonlik n wonderwerk plaas. Die gees laat hulle baie spontaan en opgewonde bid, hulle bid in 'tale', hulle sing spontaan liedjies totdat daar naderhand trane in hulle oe is. *

oubaas 5.02.10 - 03:24pm
Die gees laat hulle ook profeteer, wat gewoonlik niks anders as waarseery is nie. Deur n 'woord van kennis' sal hulle siektes by name by mense in die diens noem. Hierdie profete het gereelde drome, visioene en verskynings van engele en Jesus ('n witman met lang blonde hare). Dit is al hierdie geweldig opsienbarende tekens en wonders wat die Sioniste groepe die vinnigste groeiende kerke maak. *

oubaas 5.02.10 - 03:24pm
Ten spyte van hulle opregtheid, kan ons met hartseer vandag se dat hierdie sg. profete en geloofsgenesers mislei is en niks anders is as gewone toordokters/sangomas (hekse met heldersiende vermoens) nie. Dit is mense wat nooit regtig gehelp is en nooit bevryding ontvang het na hul aansluiting by n kerk nie. Die demone draai dan net geestelik en openbaar hulself as 'n sg. 'godsdienstige gees' deur sg. geestelike gawes en almal is gelukkig. *

oubaas 5.02.10 - 03:25pm
Dit het heelwaarskynlik ook met T.B.Joshua, wat 'n Moslem en 'n Toordokter was, gebeur. *

oubaas 5.02.10 - 03:25pm
Die ervaring in die praktyk bewys die waarheid van die stelling. As die sangomas tot 'bekering ' kom (=by n Sioniste kerk aansluit), vervang hulle net hul tradisionele sangoma gewaad met lang gekleurde jasse met kruise daarop. Hul waarseerpraktyke kry nou ook nuwe name: waarseery word profesie, die voorvadergees wat hulle die vermoee gegee het, word nou die 'heilige gees', die 'gestuurde' of n 'engel' genoem. *

oubaas 5.02.10 - 03:26pm
TBJoshua moet van God wees want ek sien Jesus in sy oe, se iemand in ekstase. Iemand anders antwoord:Mens toets nie iemand aan sy oe nie (ook nie aan sy genesings of wonderwerke nie!!), maar aan sy doktrine (Bybelse-/ leerstellige korrektheid)!! *

oubaas 5.02.10 - 03:26pm
Hoe herken ons die valse profeet?? *

oubaas 5.02.10 - 03:27pm
1. Jesus Christus is nie die middelpunt nie maar tekens en wonders. *

oubaas 5.02.10 - 03:27pm
Die hoofklem is nie Jesus nie !! Daar is n beheptheid na tekens en wonders. Die honger na tekens, wonders, en opwinding in die kerke word uitgebuit om mense te mislei. Wonders het 'n teken vir baie geword dat God aan die werk is. Baie het vergeet dat die duiwel ook wonderwerke doen (Eksodus 7). Soos Farao se towenaars tekens en wonders gedoen het, so sal die valse profeet ook dmv. demoniese kragte doen. (2 Tessalosense 2:9). *

oubaas 5.02.10 - 03:28pm
Soos wanneer n kind net met lekkers en roomys gevoer word en wat later nie meer gewone kos wil eet nie, so ook mense wat in kerke met allerhande sensasie en entertainment-programme besig gehou word. Deur die klem op tekens en wonders word n aptyd vir die bonatuurlike gekweek gepaardgaande met n geringskatting van die normale geestelike lewe. In plaas van God in Christus te waardeer en aanbid vir wie Hy is, is daar sieklike sug na sensasie, seen en vermaak (entertainment). *

oubaas 5.02.10 - 03:28pm
Wie eers aan die klimaat van die sensasionele bedieninge geproe het, verloor sy aptyt vir dienste met gesonde evangeliese woordverkondiging. Gewone en suiwer Woord verkondiging sonder die sensasionele word as dood afgeskryf. *

oubaas 5.02.10 - 03:29pm
Talle gevalle van bedrog twv sensasie is ook geraporteer deur mense wat self daar was. 'n Dame getuig dat sy vir hulp na TBJ gegaan het. Groot was die ontnugtering nadat sy nie gehelp is nie maar later voor TV kameras moes toneelspeel asof werklik in 'n bevrydingsituasie waar die demone haar verlaat. Die video is een van die wat wereldwyd versprei word. *

oubaas 5.02.10 - 03:29pm
Die man wat se: I am not the healer. I know the Healer . . . se in dieselfde asem: The divine person in me can do a million things simultaneously. I can appear to thousands of people in their dreams in any part of the world to set them free of their sicknesses, problems and afflictions. (T.B.Joshua op die Internet) Jesus het gese:'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken . . . . . . .(Mattheus 12:39) *

oubaas 5.02.10 - 03:30pm
2. Hy kry sy boodskap uit drome, visioene, stemme wat met hom praat - nie uit die Bybel nie. *

oubaas 5.02.10 - 03:30pm
Jeremia noem hierdie drome strooi. Ware profete kry hul boodskap uit die Woord van God. God se Woord is soos 'n vuur, soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel(Jeremia 23:29). Jesus bid in Johannes 17:17:Heilig hulle in u waarheid - God se Woord is Waarheid Daarom noem Jesus homself die Waarheid. As ons nie lief is vir die Waarheid van Sy Woord, dan is ons ook nie lief vir Jesus nie! *

oubaas 5.02.10 - 03:31pm
Hoe praat die Here dan vandag met ons? Jesus way of speaking to us now is not by uttering fresh words, but rather by applying to our consciences those words of His that are recorded in the Gospels, together with the rest of the biblical testimony to himself.(J.I.Packer: Knowing God). *

oubaas 5.02.10 - 03:31pm
Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun.(Hebreers 1:1) *

oubaas 5.02.10 - 03:32pm
3. HY doen en leer dinge wat onskriftuurlik is. *

oubaas 5.02.10 - 03:33pm
Jesus het baie klem op die Woord van God gele. Ons hoor Hom dikwels die Fariseers verwyt: Het julle dan nie gelees nie... . . . .(Mattheus 12:3-4;19:4; 21:16,42, ens). *

oubaas 5.02.10 - 03:33pm
Voorwaar, voorwaar Ek se vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.(Johannes 5:19) *

oubaas 5.02.10 - 03:34pm
Waar het die valse profete die dinge gesien wat hulle doen ? Nie by Jesus, die apostels of in die Woord nie!! Valse profete is na-apers van ander valse profete. Baie van die dinge soos die neerslanery in dienste, om water, botteltjies olie, klere, e.a. dinge te seen, is niks anders nie as Wit Magie / White Magic; ou oorgelewerde Roomse en Charismatiese tradisies. *

oubaas 5.02.10 - 03:38pm
*Die manier waarop die profeet genees, is to remove the source of the sickness in the spiritual realm (i.e.the demonic operation) that causes the sickness. Siektes is net die simptoom van 'n demoniese aktiwiteit. Dit is waarom hy selde praat of aan die sieke raak. Hy strek net sy regterhand uit en kyk hulle stip in die oe en operate in the spirit. Gewoonlik het die pasient dan nie meer beheer oor sy eie gees nie en val of strompel rond. *

oubaas 5.02.10 - 03:38pm
Sodra die bevryding plaasgevind het, tree God se genesing glo in. *

oubaas 5.02.10 - 03:41pm
* Selfs in nie-Christelike godsdienste is daar demoniee manifestasies en manifestasies is nie noodwendig n bewys van die teenwoordigheid van die krag van God nie. Die manifestasies in TBJ se dienste se dus niks nie. *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store