WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: Vals profete
Replies: 151 Views: 9441
6-<< 2-< 1-> 7->>

oubaas 5.02.10 - 03:41pm
* TBJ is 'n vegetarier. Waarom? Volgens hom bevry hy soveel as 'n duisend hekse en towenaars per week. Sommige van hulle is half mens en half vis. As hy vis eet, het hy nie krag om hulle te genees nie (webwerf). Is dit 'n man van God se skriftuurlike standpunt ? *

oubaas 5.02.10 - 03:41pm
Wat in die dienste van T.B. Joshua en Silvania gebeur is nie herlewing nie, maar die afval van die laaste dae. *

oubaas 5.02.10 - 03:42pm
Is dit wat die Bybel leer? *

oubaas 5.02.10 - 03:42pm
Die Bybel praat wel van die gebruik van olie by die bid van siekes. Om die olie te seen is om net verder te gaan as wat die Bybel se voorskrif is. Om water, klere en briefies te seen op grond van gedeeltes in die Bybel(Johannes 5; Handelinge 19:12), is 'n vergryp en misverstaan van die Bybel se boodskap. Nerens in die Bybel kry ons die opdrag om dinge te seen nie. God seen mense, nie dinge nie. As ons binne Sy wil bly, is die dinge wat die Here vir ons gun, wel 'n seen vir ons. *

oubaas 6.02.10 - 06:58am
Daarom behoort ons nie ons kos aan tafel te seen nie maar soos Jesus ons Vader daarvoor te dank. *

oubaas 6.02.10 - 06:58am
Hoe gaan ons weet of iets reg is as ons nie na die Woord kan gaan om te vra: Wat se die Woord; of, Het Jesus of die apostels so gewerk? Die Bybel as die Woord van God is 'n volkome en 'n volledige riglyn vir alles wat reg en verkeerd is, dit is ook die grense van HOE God in verlede, hede en toekoms gaan werk (Hebreers 13:8). *

oubaas 6.02.10 - 06:59am
5. Een van die duidelikste kenmerke van 'n Valse profeet, is die klem op nuwe openbaringe: *

oubaas 6.02.10 - 06:59am
Die gees van die valse profeet praat van nuwe openbaringe: Hierdie opengaringe kom deur drome, die uitleg van drome, profesie, 'n woord van kennis, nuwe ervaringe en nuwe en vreemde dinge wat in die erediens gebeur. Hierdie swaling (die sogenaamde progresiewe openbaring), kom van die oortuiging dat solankdaat 'n gawe van profesie is, solank kan God nuwe dinge se en doen. Ons het hier met 'n oop deur vir demoniese wekinge te doen. *

oubaas 6.02.10 - 07:00am
Hierdie mense keer en verdedig hierdie onbybelse dinge deur te se: God is besig om 'n nuwe ding te doen; en Ons mag die Gees van God nie beperk deur net dit wat in die Bybel staan nie. *

oubaas 6.02.10 - 07:00am
Ons antwoord is: *

oubaas 6.02.10 - 07:01am
Eerstens: Jy kan die Gees van God nie losmaak van die Woord nie. Wanneer dit gebeur stuur alles op chaos af. Dan gebeur dit dat mense soos leeus in dienste brul en ander dieregeluide maak; in die gees kraam, e in die gees; urineer en lag in die gees en ander vreemde en on-Bybelse dinge doen terwyl die patetiese pastoor toekyk en meedoen omdat hy nie die Gees wil teenstaan as hy werk nie!! Die Gees van God se grense is die Woord. *

oubaas 6.02.10 - 07:02am
Die woorde wat Ek tot julle spreek, is Gees en is lewe, se Jesus(Johannes 6:63). *

oubaas 6.02.10 - 07:05am
Ek lees van Godsmanne van die verlede dat hulle manne van die Boek genoem is. Ek wil ons Christene uitdaag om weer manne van die Boek te wees. *

oubaas 6.02.10 - 07:06am
Tweedens: Jy kan die Gees van God nie losmaak van nugtere denke nie. Wanneer Christene sekere nuwe verskynsels bevraagteken, word hulle dikwels as on-geestelik afgeskryf as mense wat nie sekere ervarings wil aanvaar voordat hulle dit nie met hul verstand verstaan nie. Die verstand word onder verdenking geplaas as iets vyandigs teenoor God. *

oubaas 6.02.10 - 07:07am
Om jou verstand egter te gebruik is geen vleeslike of minder geestelike aksie teenoor iemand anders wat sg. in die Gees is (of sg. Openbaringskennis (gnostisisme) het) nie. Inteendeel, ons word opgeroep om nugter en verstandig te wees. Jesus verwyt dikwels: Is julle ook so sonder verstand ?(Markus 7:18) Ons moet God dien ook met ons hele verstand (Markus 12:33) Die Heilige Gees word ook genoem die Gees van wysheid en verstand. *

oubaas 6.02.10 - 07:07am
Ons verstand moet egter deur die Heilige Gees beheer word anders is ons nog verduisterd of verdorwe in die verstand (Efesiers 4:18;1Timotheus 6:5). Ons weet dat die Seun van God . . . . ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken . . . (1Johannes 5:20). *

oubaas 6.02.10 - 07:08am
Paulus sluit ook hierby aan as hy pleit dat ons nie kinders in die verstand sal wees nie.(1Korintiers 14:20). *

oubaas 6.02.10 - 07:08am
Derdens: Dit is nie ons wat God beperk nie. Hy beperk ONS: Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg . . . . . . . as iemand iets van die woorde van die boek van die profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek . . . (Openbaring 22:18; 2 Petrus 1:20,21) *

oubaas 6.02.10 - 07:09am
Opvallend is die ooreenkoms tussen die Rooms-Katolieke Kerk en die Charismatiese beweging albei aanvaar nie die Bybel as afgerond, voldoende en volledig nie. Die RK voeg die Apokriewe boeke by en die Charismate nuwe openbaringe. *

oubaas 6.02.10 - 07:09am
5. Die valse profeet werk in Jesus se naam. *

oubaas 6.02.10 - 07:10am
Die Ou en Nuwe Testament praat dikwels van die valse profeet wat die Godsname gaan gebruik om mense te mislei. In hierdie dienste word die naam van Jesus en die Heilige Gees te midde van 'n ontsaglike leemte aan die kruisboodskap, op 'n magiese wyse rondgeslinger (sien die video's van T.B.Joshua)!! Die oorvloedige voorkoms van die name bluf die onkundiges en naiewes. *

oubaas 6.02.10 - 07:10am
Mattheus 7:22: Baie sal in daardie dag vir My se: Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer . . . *

oubaas 6.02.10 - 07:11am
Esegiel 22:28 Sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So se die Here - Here terwyl die Here nie gespreek het nie. *

oubaas 6.02.10 - 07:11am
6. Hulle maak n besigheid van hul bediening. *

oubaas 6.02.10 - 07:11am
Geld speel 'n baie belangrike rol - al probeer hulle dit te midde van die oorvloed, hewig te ontken . Joshua deel baie vrygewig sy dollars uit en betaal baie se vliegkaartjies terwyl sy eie mense in groot armoede rondom sy kerk woon. Selfs die handlangers van die valse profeet, die pastore en predikante wat toere gereel het, het hulself verryk. (Vgl. Die Huisgenoot van 3/05/2001) *

oubaas 6.02.10 - 07:13am
Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.(Mattheus 7: 15,16) *

oubaas 6.02.10 - 07:14am
7. Hy manipuleer mense met sy Gawes (veral die Gawe van genesing en 'n Woord van Kennis). *

oubaas 6.02.10 - 07:14am
Vanwee sy mag en genesingskragte, is hy outoriter en oorheersend. Hy duld nie teenstand nie en neem sterk manipulerend die leiding. Alle kritiek teen 'n gesalfde van die Here (verwysend na homself), word met dreiging as Godslastering afgeskryf! Soos 'n martelaar wat twv. sy geloof ly, so ervaar hy negatiewe berigte van verslaggewers. T.B.J breek families op en oortuig ander goedgelowiges om terug te kom vir profete opleiding. *

oubaas 6.02.10 - 07:15am
In TBJ se dienste speel die publieke belydenis van sonde wel 'n rol. Dit word gewoonlik voor 'n video kamera of in die dienste gedoen. Only when you confess your sins before a righteous man, can you receive deliverance from sin and strongholds. TBJ sal tydens 'n Sondagdiens die sonde van sy lidmate deur 'n 'woord van kennis' openbaar. Hy sal mense by name en die presiese sonde waaraan hulle skuldig is, by name in die gemeente uitroep. *

oubaas 6.02.10 - 07:15am
Dit alles sal in sulke fyn detail gedoen word asof hyself teenwoordig was toe die sonde gepleeg is. *

oubaas 6.02.10 - 07:16am
Noodwendig manipuleer 'n man met sulke heldersiende of waarseersvermoe sy mense omdat hy vrees inboesem by sy lidmate!! *

oubaas 6.02.10 - 07:16am
...deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie. (Deutrenomium. 18:22) *

oubaas 6.02.10 - 07:21am
8. Die inspirasie van die valse profeet kan uit verskeie bronne kom. *

oubaas 6.02.10 - 07:22am
Dit kan geskied deur bose geeste. Hulle profeteer deur Baal en verlei my volk Israel . . . (Jeremia 23:13) *

oubaas 6.02.10 - 07:27am
Tweedens kan dit bloot drome of gedagtes uit hul eie hart of die ou vlees wees . . . hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die Here nie. (Jeremia 23:16, 25-28,32) *

oubaas 6.02.10 - 07:27am
Derdens, kan dit bloot n na-aping wees. Om te profeteer word geassosieer met hoog-geestelikheid en daarom is n 'profeet nageaap. *

oubaas 6.02.10 - 07:28am
Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat My woorde steel, die een van die ander (Jeremia 23:30) *

oubaas 6.02.10 - 07:28am
9. Kenmerke van hul profesiee. *

oubaas 6.02.10 - 07:29am
Vra aan 'n persoon wat die praktyk van die hedendaagse profete goedpraat: Is die profesiee wat bv. in kerke uitgespreek word gelyk aan die Woord van God? Hierop is daar gewoonlik verskillende antwoorde. Die Bybel se : Die Here se . . . en die Profete se dieselfde. As ons sou se dat die profesiee op dieselfde vlak is as die Bybel, dan moet ons al hierdie hedendaagse profesiee in die Bybel byvoeg. *

oubaas 6.02.10 - 07:29am
Voor iemand dit doen, moet hy net eers die oordele van God oor sulke mense in Openbaring 22:18-19 lees. *

oubaas 6.02.10 - 07:30am
9.1 Profesie volgens die Bybel beteken niks anders as net Woordverkondiging. Die geskrewe Woord was die inhoud van Jesus se profesiee: Daar staan geskrywe . . . Julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie . . (Mattheus 22:29) Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie. (Openbaring 19:10) *

oubaas 6.02.10 - 07:31am
Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun. (Hebreers 1:1; 1 Korintiers 14:1,4,5; Johannes 5:39) *

oubaas 6.02.10 - 07:34am
9.2 Valse profete se profesie waarsku nie teen die sonde nie! Bybelse profete spreek die sonde roekeloos en vreesloos aan! Daarom is Jeremia en ander profete van die Bybel vervolg en ander is doodgemaak. Luister na vandag se profesiee. Dit klink meer na iemand se horoskoop wat gelees word. Ek onthou die profeet wat 'n profesie van seen en voorspoed uitgespreek het oor die eienaar van 'n sjebeen en drankwinkel - nie 'n woord van berisping nie! *

oubaas 6.02.10 - 07:34am
Maar as hulle in My raad gestaan het, moet hulle My volk My woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hulle handeling. (Jeremia 23:22) *

oubaas 6.02.10 - 07:34am
9.3 Kenmerk van die profesiee van die valse profeet is dat dit gewoonlik positief, vol 'liefde' en valse hoop is. di*nk aan die talle profesiee dat Zimbabwe nie deur 'n Kommunistiese regering en die RSA nie deur die ANC oorgeneem sal word nie. *

oubaas 6.02.10 - 07:36am
Esegiel 13: 3 Wee die dwase profete . . . . *

oubaas 6.02.10 - 07:42am
. Esegiel 13:10 . . .omdat hulle my volk verlei het deur te se: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk n muur bou, Kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk *

oubaas 6.02.10 - 07:42am
Jeremia 5:31 Die profete profeteer vals . . en my volk wil dit graag so he. *

oubaas 6.02.10 - 07:43am
. Jeremia 14:15 Aangaande die profete wat profeteer in My Naam sonder dat Ek hulle gestuur het en wat se: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie - die profete sal deur die swaard en die hongersnood omkom. (Jeremia 23:17) *

oubaas 6.02.10 - 07:43am
9.4 Valse profesie verdraai die SKRIF. *

6-<< 2-< 1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store