WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: Vals profete
Replies: 151 Views: 9442
6-<< 2-< 1-> 7->>

oubaas 6.02.10 - 07:44am
Johannes 14:12-14 - dat ons groter dinge as Jesus sal doen, word aangehaal om wonders en ander vreemde dinge wat nie in die Bybel voorkom nie, te verdedig. Die gedeelte word egter totaal misverstaan. In die gedeelte gaan dit nie om groter dinge soos siekes genees en dooies opwek nie. Niemand kan groter as dit nie! Dat ons meer mense gaan bereik as wat Jesus in Sy leeftyd bereik het, Ja! Net op Pinksterdag kom daar reeds by een geleentheid 3000 mense tot bekering. *

oubaas 6.02.10 - 07:45am
Jesus het net in Judea gewerk. Die Apostels sou die evangelie oor die wereld heen dra - inderdaad baie groter dinge as Jesus. *

oubaas 6.02.10 - 07:45am
9.5 Die gevaar van kontak met valse profesie is afvaligheid en vyandskap met God. Luister na hul vrome praatjies. Dit is moeilik om fout te vind omdat so baie van wat hulle se waarheid is!! Dit klink asof hulle aan God die eer gee vir die wonderwerke wat gebeur. Hulle klink so nederig. Openbaring 13:11 se van die valse profeet dat hy lyk soos n lam maar hy praat soos n draak. Die nederige beeld na buite is kamoeflage in diens van die misleiding. *

oubaas 6.02.10 - 07:46am
Dit is egter nie die 95% water in 'n glas wat mense doodmaak nie maar die 5% a*seen in die glas. Die 95% waarheid mislei die mense om die valse profeet te volg. Dit is egter die ander gees, die vreemde vuur en die ander Jesus wat geestelike dood vir die misleides gaan bring. *

oubaas 6.02.10 - 07:54am
9.6 Die gees van die valse profeet het die houding dat doktrine en die suiwerheid van doktrine nie belangrik is nie want dit veroorsaak net verdeeltheid. Een van die charismatiese Kerkleiers skryf in die Beeld: Leerstellige korrektheid was nog nooit n waarborg vir die openbaring van die krag van God nie. Dit lyk my as die Here mense wil seen of gebruik, kyk Hy na ander faktore as hul leerstellings en teologiese korrektheid. (dr. Isak Burger; Die Beeld,16/05/01) *

oubaas 6.02.10 - 07:54am
Hierdie liberale standpunt ignoreer die heiligheid van God en impliseer dat enige dwaalleraar, eerder en vyand van God wel in die naam en in die krag en met die seen van God kan werk. Volgens hom werk God nie noodwendig deur heilige en toegewyde manne nie. Dit duidelik dat hierdie kerkleier glo dat die mense wat by T.B.J genees is, wel deur God genees is. *

oubaas 6.02.10 - 07:55am
Dit maak nie saak dat hy n plakaat met n aanhaling uit die Koran :There is no Deity except Allah. Voor sy sinagoge het nie! Al die genoemde okkultisme, towery, bedrog en on-Bybelse dinge maak nie saak nie! God sien alles oor en gebruik T.B.Joshua kragtig in sy diens. Dan verstaan ons as hierdie kerkleier tydens n seminaar oor Goddelike genesing die stelling maak dat God nie n slaaf van Sy Woord is nie. *

oubaas 6.02.10 - 07:56am
Hierdie is n voorbeeld van sinkretisme (n vermenging van Bybelse en heidense beginsels). Dit die taal van die valse profeet. Sulke kerkleiers moet opgeroep word tot ware bekering tot die God van die Bybel. God se metode is n heilige menne as kanale en instrumente van sy krag. God het nog nooit van Sy beginsels afgewyk nie. *

oubaas 6.02.10 - 08:01am
9.7 Eenheid met die Roomse Kerk word bv. aangemoedig. Die gees van die valse profeet het deesdae 'n vrye hand in baie tradisionele Kerke en Teologiese fakulteite. Die letterlike inspirasie van die Bybel, die maagdelike geboorte van Jesus, die bestaan van die hel en duiwel en talle fundamentele waarhede en beginsels word deur die Teoloe bevraagteken. Die valse leraars praat met n onverskrokke vrymoedigheid vanuit die Teologiese fakulteite van ons land. *

oubaas 6.02.10 - 08:01am
Die Bybel se: . . . . hulle verkondig afval - maar die dinge moet gebeur sodat die Skrif vervul kan word. Die Here laat dit alles toe as 'n suiwering van Sy Kerk (Openbaring 3:10). *

oubaas 6.02.10 - 08:03am
Deutrenomium 13:1-5 Asn profeet of een wat as n dromer optree,by jou opstaan en jou n teken of wonder aankondig en die teken of wonder kom uit wat by jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop . . . dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want die Here julle God beproef julle om te weet of julle werklik die Here julle God lief het met julle hele hart en julle hele siel *

oubaas 6.02.10 - 08:03am
Valse profete is vyande van God en is in die OT met die dood gestraf (Deutrenomium 13) *

oubaas 6.02.10 - 08:03am
Waarskuwing *

oubaas 6.02.10 - 08:16am
Daar is 'n geweldige dinamiek betrokke by die valse profeet, anders sou hulle nie so suksesvol gewees het nie. Baie gaan om die rede mislei word. Daarom was die waarseer, Siener van Rensburg in ons volksverlede 'n 'profeet' en volksheld (vgl. Nostradamus). Daarom dat selfs koerante en tydskrifte in diens van die valse profeet staan en positiewe berigte plaas. *

oubaas 6.02.10 - 08:16am
Selfs 'n christelike radiostasie en -tydskrif is die laaste tyd in 'n onbewuste vennootskap met wereldse tydskrifte deur positiewe en ondersteunende artikels van 'n valse profeet (soos T.B.Joshua). Onkunde oor wat die Woord se by talle geestelike leiers en 'n dom ywer vir die eenheid van alle 'Christene' - dit ten koste van die waarheid, gaan baie laat laat val. *

oubaas 6.02.10 - 08:17am
. . . . omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie . . . . . . en daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo . . . (2 Tessalosense 2:10-11) *

oubaas 6.02.10 - 08:18am
Die skrywer het self ook die krag van misleiding ervaar. Tydens die besoek van so 'n geneser aan ons dorp het hy ook vir my gebid vir die gawe van genesing. Van daardie dag kon ek ook vir mense se bene bid en dan het dit tot dieselfde lengte gegroei. Almal in die dorp was baie opgewonde dat ek ook nou die gawe van genesing het. Ek het waarlik groot wonderwerke gesien. Iemand het my eendag deur 'n kasset gewaarsku dat dit nie van die Here is nie. *

oubaas 6.02.10 - 08:18am
Waar staan dit in die Bybel?? Jesus of Sy dissipels het nie so gewerk nie!! *

oubaas 6.02.10 - 08:19am
Ek is op my kniee voor die Here: Here, U verstaan Afrikaans baie goed. Ek wil geeneen van U gawes mis of U Heilige Gees bedroef nie. U beveel ons egter om die geeste te toets. As hierdie gawe nie van u is nie, bestraf en verwerp ek dit in Jesus se naam. Ek het die gebed herhaal en van daardie dag kon ek dit nie weer doen nie. Vandag weet ek dat ek 'n vorm van towery beoefen het. *

oubaas 6.02.10 - 08:20am
Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie (2Korintiers 5:7). Die mens sal nie van brood alleen lewe nie maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan (Mattheus 4:4) *

oubaas 6.02.10 - 08:22am
Alle nuwe ervaringe waarvan daar nie 'n voorbeeld of beginsel in die Bybel is nie, maar wat in die naam van Jesus en onder die vaandel van Christelikheid gebeur, moet as towery of magie Magic.GIF gebrandmerk word. Do not go beyond what is written . . .(1 Korintiers 4:6) *

oubaas 6.02.10 - 08:23am
1. Skape is kieskeurig wat hulle eet, maar 'n bok vreet enigiets. Is ons geestelike leiers soos bokke wat enigiets op geestelike terrein opslurp asof van die Here ? Jesaja vergelyk hulle met slapende honde wat hul blaf verloor het te midde van gevaar (Jesaja 56:10-11). Geestelike leiers wat die valse profete goedpraat, hulle as gassprekers nooi en hulle lidmate laat neerslaan in die gees of siek of lidmate soontoe aanbeveel is nie herders nie maar blinde leiers, huurlinge, sielemoordenaars. *

oubaas 6.02.10 - 08:23am
God gaan hulle bloed van hierdie Huurlinge eis. *

oubaas 6.02.10 - 08:24am
Johannes 10:12 Maar die huurling en hy wat nie n herder is nie . . . sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hule en jaag die skape uitmekaar. *

oubaas 6.02.10 - 08:24am
Wie staan vir niks,val vir alles. *

oubaas 6.02.10 - 08:25am
2. Deur die jare het ons die hartseer proses gevolg van baie van die mense wat met die valse profete te doen gehad het. Aanvanklik was hulle heeltemal betower deur die heerlikheid en ekstase van die ervaring. Hulle was in ekstase oor die ervaring en wonderwerke. Na 'n tyd ('n jaar of meer) daarna, begin hulle allerlei ernstige onheil in die vorm van geestelike, fisiese of sielkundige probleme ervaar. *

oubaas 6.02.10 - 08:26am
Depressie is n baie algemene simptoom by baie wat besmet is deur die gees van die valse profeet. Daarna volg die ontnugtering dat dit nie van die Here was nie. *

oubaas 6.02.10 - 08:26am
Noem dit wat u wil: Hipnose, suggestie (lees Watchman Nee se The Latent Power of the soul), emosionele opsweping, geloofsgenesing, misleiding. Dit is wel 'n mengsel van towery en hipnotisme en 'n toordokter kan nie genees nie!! Die probleme skuif net van die een persoon na die ander of van die een liggaamsdeel na 'n ander. Verskeie mense wat by T.B.Joshua was, kla reeds oor depressie, angsdrome met drogbeelde en ander probleme. *

oubaas 6.02.10 - 08:27am
Mense wat TBJ besoek het vir genesing het die dood gaan haal. Hulle stel hulself bloot aan demoniese magte. *

oubaas 6.02.10 - 08:27am
Skrywer was ook betrokke by talle sg. profete wat gedink het dat hulle die gawe van profesie het, maar dit het tydens 'n bevrydingsessie waarseersgeeste / demone blyk te wees. Bly weg van kerke en geestelike leiers wat waarseery beoefen deur siektes in dienste uit te wys, bv.hier is iemand met rugbesering in die diens . . . Hoe gaan u weet of dit nie dalk waarseersgeeste aan die werk is nie! Bly ook weg van die kerke waar die mense neerslaan en ander dergelike dinge in die gees. *

oubaas 6.02.10 - 08:28am
3. Hoe gaan ons weet dat Jesus se wederkoms baie naby is? Ons sal dit weet aan 'n grootskaalse misleiding van Baie. *

oubaas 6.02.10 - 08:28am
Vertel ons . . . . . wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wereld? En Jesus antwoord . . . : Pas op dat niemand julle mislei nie! (Mattheus 24:3-4; lees ook, Openbaring 16:13; 19:20; 20:10) *

oubaas 6.02.10 - 08:29am
4. Daar is geen Bybelse grond vir die Profeteskole van sommige Kerke nie. As so 'n Profeteskool iets anders as 'n Bybelskool is waar studente die Woord van God geleer word, dan kan so 'n profeteskool niks anders oplewer nie as Charismatiese fortuinvertellers. Profeteskole in die OT was Woordskole. *

oubaas 6.02.10 - 08:29am
5. Daar was 'n tyd toe baie bewus was van die Kommunistiese-, en Roomse gevaar. Binne die CHARISMATIESE beweging is daar ook 'n gevaar. 'n Stroom sataniese misleiding, vuil water (Openbaring 12:15) is besig om die Kerk as liggaam van Christus te besoedel onder die voorwendsel dat God besig is om nuwe dinge te doen. Valse profete wat vreemde en on-Bybelse dinge doen, word as die grootste Godsmanne van ons tyd gehuldig. Waarseery beleef 'n opbloei as Profesie en 'n Woord van Kennis. *

oubaas 6.02.10 - 08:30am
Die Bybel is nie meer 'n duidelike riglyn (sola scriptura), 'n genoegsame en 'n geslote kanon nie omdat God nie 'n slaaf is van Sy Woord nie (volgens 'n bekende kerkleier). Danksy n ontsaglike naiwiteit, kenmerkend van die charismatiese groepe, word letterlik alles wat via Amerikaanse slapband boekies in die Kerke insypel, vir soetkoek opgeeet. Noem maar op: Word of faith movement; Dominion Theology; Prosperity Gospel; *

oubaas 6.02.10 - 08:30am
Die herstel van die Profete- en Apostelamp; Uitwasse van Geestelike oorlogvoering en Prayerwalk; Laylines; Automatic writing (Hou net jou pen vas; die Heilige Gees sal vir jou gee wat jy moet skryf); Theophostics (n gevorderde vorm van innerlike genesing), Meditasie (centuring), Mistisisme (Hoe weet ek dat ek God liefhet? Wanneer ek die warmte van Sy teenwoordigheid ervaar vir sommige is dit n sensuele/ romantiese ervaring van God), ens, ens!! *

oubaas 6.02.10 - 08:31am
n Nuwe verlossing (sonder sondebesef); n nuwe evangelisasie (sonder kosteberekening); nuwe manifestasies (goue tande, goudstof, diamante, dronk-; kraam-; braak-; urineer-; lag-; en dieregeluide in die gees), *

oubaas 6.02.10 - 08:32am
n nuwe manier van sang (aanhoudende herhaling van woorde soos n mantra, die sang is nie lof aan God nie maar gaan oor die mens en wat hy kan doen). Die on-Bybelse manier om die Heilige Gees aan te spreek en te wag op die gees maak van die byeenkomste niks meer as geleenthede om geeste op te roep. Al hierdie dinge en nog meer, is alles deel van die nuwe spiritualiteit via die Charismatiese beweging. Hierdie vuil water waarin die moderne Christen baljaar, word as herlewing beskryf. Dit is hoogstens n herlewing van die okkulte en n afval God. *

oubaas 6.02.10 - 08:33am
6. Almal verwag n Messias wat moet terugkom. Die Hindoes, Moslems, die Boeddiste en die Christene. Ek is daarvan oortuig daar vind n oordrag van geeste plaas wanneer mense die valse profete soos Joshua en soortgelyke kerke besoek. Die gees van die valse profeet word oorgedra. Wanneer die anti-chris verskyn sal massas christene hom aanhang, mislei deur hierdie gees van die valse profeet waardeur hulle gebind is. *

oubaas 6.02.10 - 08:33am
7. God moet in Gees en Waarheid aanbid word. Wanneer tekens en wonders so beklemtoon word met die hoop dat dit mense sal help om te glo, word geloof as sulks juis opsy geskuif. Geloof is juis n vaste vertroue in die dinge wat ons nie sien nie. Daarom het Jesus gese: n Slegte en owerspelige geslag soek na n teken. n On-Bybelse klem op tekens en wonders is n oortreding van die tweede gebod. *

oubaas 6.02.10 - 08:34am
Waarom? Wanneer ons sintuiglik-waarneembare dinge (vgl. die goue kalf, hetsy dit wat ek beleef, sien, voel) laat inskuif tussen my en God, so word geloof opsy geskuif. God wil in gees en waarheid aanbid word. Die teenoorgestelde pool is sintuiglike ervarings waar emosie en ervarings prominent is. Dan is ons besig om die tweede gebod te oortree. *

oubaas 6.02.10 - 08:34am
8Moenie christelike tydskrifte ondersteun wat mondstukke van die valse profete is nie. Profesiee word gereeld in die tydskrifte geplaas. Dit is tydskrifte wat geen onderskeiding het nie en wat medewerkers is van die valse profeet en wat die Anti-chris nie sal herken as hy kom nie. Pasop vir geestelike leiers en kerke wat alles goedpraat solank daar net wonderwerke plaasvind (Pragmatisme; 2 Tessalosense 3:6). *

oubaas 6.02.10 - 08:34am
Moenie dat lidmate of geestelike leiers wat betrokke is by die leerstellings of aktiwiteite van die valse profete, hande op jou le nie (transference of spirits !!) *

oubaas 6.02.10 - 08:35am
9 Wat ons hier het in T.B.Joshua en Silvania is niks nuut nie. Dit is die ou misleading (vgl.Toronto), net in diens van 'n nuwe bemarkingsagent. *

oubaas 6.02.10 - 08:36am
10. n Toneel op TV toon hoedat n Hindoe in Indie agter n heilige koei aanloop. Hy vang die urine van die dier op in n bakkie en drink dit en was homself daarmee. Die Indier is so opreg. Hy glo dat hy sy god behaag. Hy glo dat hy die regte god aanbid. Dit is die hartseer van misleiding!!! *

oubaas 6.02.10 - 08:37am
Wie en wat gaan die volgende misleiding wees?
Gaan jy sy prooi wees ???
*

oubaas 6.02.10 - 08:37am
D.B.d*ck *

oubaas 6.02.10 - 08:38am
Bron: http:// http://www.met.org.za/htm/Afrikaans/Herken%20die%20valse%20profete.htm http://www.met.org.za/htm/Afrikaans/Herken%20die%20valse%20profete.htm *

oubaas 6.02.10 - 08:39am
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie *

oubaas 6.02.10 - 08:40am
*****NB: EK STEM NIE NOODWENDIG SAAM MET DIE INHOUD VAN DIE BOGENOEMDE STUKKE NIE!!!! *

6-<< 2-< 1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store