WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: ACHILLIS HEEL
Replies: 23 Views: 1535

oubaas 23.02.10 - 06:57am
ACHILLIS HEEL/ ACHILLES HEEL- 10 Februarie 2010

In die Griekse mitologie is daar n verhaal van n karakter genaamd Achillis. Achillis was n Griekse held in die Trojaanse oorlog, en die ou was letterlik onaantasbaar niemand kon niks aan hom doen nie. Daar was egter een plek op sy liggaam wat nie beskerm was nie, en dit was in sy hakskeen. Volgens die mite was die rede hiervoor dat sy ma hom as baba in die Styx rivier gedruk het. Sy het dit gedoen sodat hy onsterflik sou wees.
*

oubaas 23.02.10 - 06:58am
Maar waar sy ma hom aan die hakskeen vasgehou het met haar twee vingers, was daardie twee kolle op sy hakskeen nie beskerm nie, en dit het die swakplek in sy liggam gebly. En toe kom iemand en skiet hom met n giftige pyl, presies deur daardie twee plekke op sy skeenvel, en hy sterf. . . So gaan die mite. *

oubaas 23.02.10 - 06:59am
Vandag word die term, achillis heel gebruik om die een of ander swakheid wat n mens het, dit wat jou kan lamle, te beskryf. Daardie iets wat ten spyte van goeie fisiese welstand jou kan onderkry. Gewoonlik is dit n swakte waaraan jy niks kan doen nie. *

oubaas 23.02.10 - 07:00am
Miskien het jy ook so n achillis heel, ietsie wat jou terughou in die lewe. Miskien is dit iets wat n permamente stremming vir jou is. Iets wat swaar is om mee saam te leef, iets waaroor jy nie n keuse of n invloed het nie, iets wat jy alleen moet verwerk en dra. Miskien is dit n siekte, dalk die een of ander gestremdheid, dalk n kind of ander familielid wat jou lewe swaar maak, dalk is dit jou finansies. Miskien is dit trauma uit jou verlede, dalk molestering of n sonde waarmee jy sukkel. *

oubaas 23.02.10 - 07:01am
n Achilllis heel, n ondraaglike las, n doring in die vlees . . . so het Paulus ook een gehad: *

oubaas 23.02.10 - 07:01am
2 Korintiers 2:1-10 Om te roem, het wel geen sin nie, maar terwyl dit dan nou moet, kom ek by gesigte en openbarings wat die Here gegee het. Ek ken 'n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Ek weet ook dat hierdie man weggeruk is na die paradys toe Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. *

oubaas 23.02.10 - 07:02am
Daar het hy woorde gehoor wat 'n mens nie kan of mag uitspreek nie. Oor hierdie man sal ek roem, maar nie oor myself nie, behalwe oor my swakhede. Al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat. Maar ek weerhou my daarvan omdat ek nie wil he dat iemand aan my meer moet toeskryf as wat hy my sien doen of my hoor se nie, selfs nie vanwee die verhewenheid van die openbarings nie. *

oubaas 23.02.10 - 07:03am
Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. *

oubaas 23.02.10 - 07:03am
Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. *

oubaas 23.02.10 - 07:04am
Hier lees ons van Paulus se doring in die vlees en dit klink vir my nogal na sy weergawe van n achillis heel. Mense bespiegel baie oor wat dit kon wees. Sommiges se dit was kanker, ander dat hy gesiggestrem geraak het dis alles maar net bespiegelings en afleidings. Dit moes vir Paulus baie sleg gewees het, want Hy noem dit n boodskapper van Satan wat hom met vuiste slaan. Klink erg, en dit klink of hy ernstig gely het daaronder. *

oubaas 23.02.10 - 07:04am
Hy se nogal : daar is vir my n doring in die vlees gegee deur wie, weet ek nie. Interessant dat daar net een maal melding gemaak word van sy achillis heel, en dat daar nooit n verduideliking is van wat dit kon gewees het nie. Maar wat my tref is dat die Bybel se dis vir hom gegee sodat hy nie hoogmoedig sal wees nie. Miskien kan ons aflei dat aangesien Satan hou van hoogmoedige mense, dit nie hy is wat vir Paulus die doring in die vlees gegee het nie. *

oubaas 23.02.10 - 07:05am
Dalk kom dit dan wel van die Here af? . . . sodat Paulus nederig moet bly. *

oubaas 23.02.10 - 07:08am
Paulus besluit toe genoeg is genoeg, hy het nou lank genoeg gesukkel met die doring in die vlees, en hy gaan gee die saak vir die Here en hy doen dit drie maal. Net drie maal. Hy het die saak REGTIG vir die Here gegee, en toe vra hy nie verder nie. Toe antwoord die Here hom heeltemal anders as wat Paulus dit wou he. Die Here vat toe nie die doring in die vlees weg nie, maar gee hom die krag om daarmee saam te leef, *

oubaas 23.02.10 - 07:09am
EN Hy gebruik die doring in die vlees om te keer dat Paulus hoogmoedig word. Daarby se die Here vir hom: My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Dan Se Paulus hy is eintllik bly oor sy swakhede! Hy gaan aan met sy lewe, doen sy werk met oorgawe, ten spyte van sy achillis heel. Ek sien nerens dat Paulus die Here beskuldig, of kwalik neem nie, en nog minder dat hy sy achillis heel as verskoning gebruik nie. *

oubaas 23.02.10 - 07:09am
My genade is vir jou genoeg so se die Here. *

oubaas 23.02.10 - 07:10am
Wat is jou achillis heel vandag? En hoe hanteer jy dit? *

oubaas 23.02.10 - 07:15am
1) Dit lyk my ons kan vra dat die Here dit wegneem. As Hy wil, sal Hy, maar as Sy wil iets anders is, sal ons maar daarmee moet saamleef. Vra, maar moenie neul nie. *

oubaas 23.02.10 - 07:16am
2) Soek na die doel wat die Here daarmee het in jou lewe. Paulus het n nugter uitkyk oor die ding gehad en dit gedwee aanvaar. Partykeer probeer ons vreeslike geestelike en hoogdawerende goed aan so iets toedig vir Paulus is dit bloot maar net om nie hoogmoedig te wees nie. *

oubaas 23.02.10 - 07:16am
3) Die doring in die vlees is nie n straf wat die Here vir Paulus gegee het nie. Inteendeel! Hy het Sy genade vir hom gegee in hierdie situasie. Miskien kan ek vir myself vra: wil ek eerder n gemaklike, probleemvrye lewe he, of liewer God se genade? *

oubaas 23.02.10 - 07:28am
4) Paulus het dit aanvaar. Ons kan ook. Hierdie vermoe om te aanvaar is wat maak dat gestremde mense kan oorloop van lewensvreugde, en blindes in iets kan vasloop, en kan giggel daaroor, of dat iemand in n rolstoel my kan moed inpraat as my bene lam is. *

oubaas 23.02.10 - 07:29am
5) Paulus het steeds sy werk voluit gedoen, ten spyte van sy swakheid. Hy het niemand daarvoor verwyt nie, nie verskonings daarvoor uitgedink nie, net vorentoe gekyk en aangegaan. *

oubaas 23.02.10 - 07:29am
Kyk met n nuwe, positiewe gesindheid na die doring in jou vlees, jou achillis heel, en gaan vorentoe. Die Here se genade is genoeg. *

oubaas 23.02.10 - 07:32am
Source: http://www.heuning.co.za/rippel%20achillis%20heel.htm *

oubaas 23.02.10 - 07:32am
Ook gepos by http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store