WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: MOENIE DIE MONSTER VOER NIE
Replies: 22 Views: 1437

oubaas 23.02.10 - 08:57am
MOENIE DIE MONSTER VOER NIE - 17 Februarie 2010

Lewe. Dit is altyd vir my n vreemde konsep, moeilik om te verstaan en te omskryf. As jy se iemand lewe wat beteken dit? Hier sit ek as n wese wat van biljoene der biljoene atome aanmekaar gesit is, en ek lewe. Kry ek skielik n hartaanval, is al die atome steeds daar, maar lewe is weg. As ek vra: lewe jy? is die antwoord voor die hand liggend. Daar is egter n ander konteks waarin die woord lewe gebruik kan word. As jy se jy lewe, dan kan dit beteken jy is fisies aan die lewe, maar LEWE jy werklik?
*

oubaas 23.02.10 - 08:59am
Prediker 9:1-12 Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind: God regeer oor die wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie. Een en dieselfde lot tref almal: die regverdige en die goddelose, die goeie, die reine en die onreine, die een wat offer en die een wat nie offer nie. Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar, soos dit gaan met die een wat 'n eed afle, *

oubaas 23.02.10 - 09:01am
so gaan dit met hom wat weier om 'n eed af te le. Die ellende met alles wat in hierdie wereld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood. Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop. 'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is. Die wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, *

oubaas 23.02.10 - 09:02am
hulle is vergeet; dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog. Hulle sal nooit weer deel he aan wat in hierdie wereld gebeur nie. Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, die lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wereld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. *

oubaas 23.02.10 - 09:02am
Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wereld. Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie. Verder het ek in hierdie wereld gesien: dit is nie die vinnigstes wat die reisies wen nie, nie die sterkstes wat die oorlog wen nie, nie die met wysheid wat kos het nie, nie die verstandiges wat ryk word nie, *

oubaas 23.02.10 - 09:03am
nie die met kennis met wie dit goed gaan nie. Alles word bepaal deur tyd en geleentheid. Die mens ken selfs nie die tyd van sy dood nie. Soos visse wat gevang word in 'n net, soos voels wat gevang word in 'n wip, so word die mens gevang as die teespoed kom, as dit hom skielik oorval. *

oubaas 23.02.10 - 09:07am
Hier lees ons van n klomp dinge wat lewe kan definieer: eet jou brood met vreugde, drink jou wyn (nee, nie te veel nie!) met n blye gemoed, dra wit klere (wees dus vrolik), versorg jouself, geniet jou man of vrou. Hierdie stuk se eintlik dat die lewe te kort is om dit nie te geniet nie. Nou ja, net jyself sal weet of jy lewe, en of jy regtig lewe terwyl jy lewe. My grafskrif moet eendag wees: Hy het nie gelewe om dood te gaan nie. Hy het gelewe tot sy dood. *

oubaas 23.02.10 - 09:08am
Daar is een besliste manier om die lewe tot n goor, misrabele ding te reduseer, en dit is om die monsters te voer. Watter monsters is daar wat ons so lekker voer elke dag . . . *

oubaas 23.02.10 - 09:08am
1) Pessimisme, negatiwiteit, onvergenoegdheid . . . sjoe, hierdie monster vat elke dag groot happe aan ons lewensvreugde. Hy eet jou soos n mielie. Daar is darem in ons land baie negatiewe mense, maar daar is ook tonne positiewe mense almal in dieselfde omstandighede? Almal blootgestel aan dieselfde elemente, almal se risikos is ewe groot; die verskil is party voer daai monster van pessimisme. Niks is ooit vir hulle reg nie, hulle vertel vir hulleself en almal om hulle hoe sleg alles is. *

oubaas 23.02.10 - 09:09am
2) Omstandighede. Mense blameer te maklik hulle omstandighede vir hulle optrede. Dis n slegte monster om te voer. Prediker 9:11 Verder het ek in hierdie wereld gesien: dit is nie die vinnigstes wat die reisies wen nie, nie die sterkstes wat die oorlog wen nie, nie di met wysheid wat kos het nie, nie die verstandiges wat ryk word nie, nie di met kennis met wie dit goed gaan nie. Alles word bepaal deur tyd en geleentheid. *

oubaas 23.02.10 - 09:09am
Sien jy, dit is nie noodwendig die sterkstes of vinnigstes of slimstes wat dit maak nie . . . Sommige mense het alles in hulle guns, maar hulle lewe is n gemors, ander kere kry mens hierdie doodgewone ou wat homself so positief programmeer dat hy bo sy omstandighede uitstyg. *

oubaas 23.02.10 - 09:10am
3) Gebrek aan toekomsvisie. Mense vertel mekaar heeldag hoe toekomsloos ons land is, of sy werkplek. Is dit regtig waar? Wel ek waarborg jou die ou wat n toekomsvisie het sal altyd n wenner wees. Mense wat nie die einddoel visualiseer nie, is oppad na nrens. Verlede jaar op die 9de van die 9de maand 2009 het ons gepraat oor plant n boom, en ek het vir my n Koorsboom gaan plant, as teken dat ek hoop het vir n toekoms . . . ek gaan die boom sien grootword. *

oubaas 23.02.10 - 09:10am
Die monster van toekomsloosheid sal altyd die pad vorentoe met swart verfhale toeverf moenie dit in jou lewe toelaat nie. Onthou jy die gedig wat s: voor in die wapad brand n lig? Daar is lig - vestig jou hoop daarop, en laat die toekomsloosheid-monster wegkwyn. *

oubaas 23.02.10 - 09:11am
4) Swak selfbeeld. Dit is so dat baie van ons sukkel met n swak selfbeeld en dat ons daardie aaklike monster in ons lewe voer. Jy vertel voortdurend vir jouself jy is nie goedgenoeg nie. Dis kan nie waar wees nie, want die Here het jou gemaak na Sy beeld, Hy het jou goed gemaak, Hy het jou n wenner gemaak en jou met eer en heerlikheid gekroon (soos wat Psalm 8 se). Moenie asseblief nie verder vir hierdie monster kos gee nie. *

oubaas 23.02.10 - 09:11am
Wat moet ons maak met die monsters? Moenie hulle voer nie, dan sal hulle kwyn en self vrek. Hier is die positiewe raad weer uit Prediker 9:4-10: Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop. 'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is. Di wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet; dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog. *

oubaas 23.02.10 - 09:12am
Hulle sal nooit weer deel he aan wat in hierdie wereld gebeur nie. Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, di lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. *

oubaas 23.02.10 - 09:12am
Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wreld. Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie. *

oubaas 23.02.10 - 09:13am
In elektronika kry mens blykbaar sulke micochips waarop jy inligting kan oplaai, en dit bepaal dan die stelsel waarin dit ingebou word se gedrag. So, brand vir jou n nuwe chip, herprogrammeer jouself. *

oubaas 23.02.10 - 09:13am
Hou op om die monsters te voer wat jou ware lewe bedreig, kyk na die positiewe dinge, doen die goeie dinge wat jou hand vind om te doen, geniet wat jy doen, maak jouself mooi, eet en drink en kuier met jou vriende, spandeer tyd met mense wat positief is, en jy sal lewe. Lewe met n uitroepteken! n Hond wat lewe is beter as n leeu wat dood is. *

oubaas 23.02.10 - 09:22am
Alles word bepaal deur tyd en geleentheid sien die geleenthede raak wat oor jou pad kom, wag vir die regte tyd om jou kanse te benut. Moenie die monsters voer nie, voer die klein maar belangrike dinge wat die lewe lekker maak. *

oubaas 23.02.10 - 09:23am
Geniet die lewe. *

oubaas 23.02.10 - 09:24am
http://www.heuning.co.za/rippel%20moenie%20die%20monster%20voer%20nie.htm *

oubaas 23.02.10 - 09:24am
Ook gepos by http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store