WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: VADER SE LIEFDESBRIEF
Replies: 1 Views: 1828

oubaas 23.02.10 - 02:14pm
VADER SE LIEFDESBRIEF
Die uitroep van Vader se hart van Genesis tot Openbaring.

My Kind...

Al ken jy My nie, weet ek alles van jou af.
Psalm 139:1

Ek weet van jou sit en jou opstaan.
Psalm 139:2

Ek is bekend met al jou we.
Psalm 139:3

Ek het selfs die hare op jou hoof getel.
Mattheus:10:29-31

Ek het jou gemaak om net soos Ek te lyk.
Genesis 1:27

In My lewe jy, beweeg jy, en bestaan jy.
Handelinge 17:28

Jy is ook gebore om deel van My familie te wees.
Handelinge 17:28

Ek ken jou voor jy in jou moederskoot gevorm is.
Jeremia 1:4-5

Ek het jou reeds uitgekies voor die
begin van die wreld.
Efesiers 1:11-12

Jy is nie 'n fout nie, Ek het jou beplan.
Psalm 139:15-16

Al jou lewensdae is geskryf in My Boek.
Psalm 139:15-16

Ek het die regte tyd en plek bepaal
waar jy gebore moes word.
Handelinge 17:26

Jy is wonderlik mooi geskape.
Psalm 139:14

Ek het jou gevorm in jou moederskoot.
Psalm139:13

Ek beskerm jou van voor jou geboorte af.
Psalm 71:6

Ek word nie erken deur die mense wat My nie ken nie.
Johannes 8:41-44

Ek is Liefde en wil tuis voel by jou.
1 Johannes 4:16

Dit is my begeerte om jou met My liefde te oorweldig.
1 Johannes 3:1

Net omdat jy My kind is en Ek jou Vader.
1 Johannes 3:1

Ek wil jou meer goeie dinge gee as wat jou
aardse vader ooit aan jou kan gee.
Mattheus 7:11

Ek is die volmaakte Vader.
Mattheus 5:48

Elke goeie en volmaakte gawe wat
jy ontvang kom uit My hand.
Jakobus 1:17

Ek weet wat jy nodig het en sal
voorsien in al jou behoeftes.
Mattheus 6:31-33

My plan vir jou toekoms is altyd gevul
met hoop en met 'n verwagting.
Jeremia 29:11

Ek het jou lief met 'n ewige liefde.
Jeremia 31:3

My gedagtes oor jou is ontelbaar
soos die sand van die see.
Psalm 139:17-18

Ek verheug My oor jou met blydskap.
Sefanja 3:17

Ek sal nooit ophou om goeie dinge vir jou te doen nie.
Jeremia 32:40

Jy is My waardevolste besitting.
Exodus 19:5

Ek begeer om goed aan jou te doen met My hele wese.
Jeremia 32:41

Ek wil aan jou groot en wonderlike dinge wys.
Jeremia 33:3

As jy My met jou hele hart soek sal jy My vind.
Deuternomium 4:29

Verbly jou in My en ek sal jou gee
die begeertes van jou hart.
Psalm 37:4

Want dit is Ek wat jou gewillig en bekwaam
maak om My wil uit te voer.
Filippense 2:13

Ek is in staat om meer vir jou te doen
as wat jy kan bid of dink.
Efesiers 3:20

Ek is jou grootse motiveerder.
2 Thessalonicense. 2:16-17

Ek is jou Vader wat jou vertroos
en uithelp uit al jou moeilikheid.
2 Korinthiers 1:3-4

As jy hartseer is, is Ek by jou.
Psalm 34:18

Soos 'n herder 'n lammetjie dra,
so dra Ek jou teen My hart.
Jesaja 40:11

Eendag sal Ek al jou trane afvee.
Openbaring 21:3-4

Ek is jou Vader,
en Ek het jou net so lief soos My eie Seun.
Johannes 17:23

Want in Jesus is My liefde vir jou geopenbaar.
Johannes 17:26

Jesus is die volmaakte weergawe van wie Ek is.
Hebrers 1:3

Hy het gekom om te wys dat Ek
vir jou is en nie teen jou is nie.
Romeine 8:31

Om jou te vertel dat Ek nie
boekhou van jou sonde nie.
2 Korinthiers 5:18-19

Jesus het gesterf sodat
Ek en jy vrede kan maak.
2 Korinthiers 5:18-19

Jesus se dood was die volmaakte
uitdrukking van My liefde vir jou.
1 Johannes 4:10

Ek het alles opgegee wat vir My kosbaar
was sodat Ek jou liefde kan wen.
Romeine 8:31-32

As jy My Seun ontvang as geskenk ontvang jy My.
1 Johannes 2:23

En niks sal jou ooit skei van My liefde vir jou nie.
Romeine 8:38-39

Kom huis toe en Ek sal die grootste
partytjie gee wat die Hemel ooit gesien het.
Lukas 15:7

Ek is nou en vir ewig jou Vader.
Ek het jou by jou naam geroep,
wat Ek jou gegee het.
Efesiers 3:14-15

My vraag is... Wil jyMy kind wees?
Johannes 1:12-13

Ek wag vir jou.
Lukas 15:11- 32

Liefde, jou Vader,
Almagtige God


Permission To Copy:
Please feel free to copy this text and share it with your friends as long as you do so free of charge and you include the following copyright information...Father's Love Letter Used By Permission Father Heart Communications Copyright 1999-2008 Translated by Victory Life Ministries www.FathersLoveLetter.com

*

gawie 22.04.12 - 01:08pm
Ook gepos by http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie
Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store