WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: OP SOEK NA GOD
Replies: 20 Views: 2830

oubaas 7.03.10 - 12:56pm
OP SOEK NA GOD - 24 Februarie 2010

Ons leef in n soekende wereld. Jaar na jaar, eeu na eeu, soek die mens na God. In elke kultuur, elke taalgroep, in al die uithoeke van die aarde soek mense na n Oppergesag. Dit lyk my ons as mens is so aanmekaargesit: n soekende wese. Miskien is dit omdat ons grootheid en grootsheid om ons sien wat ons in verwondering laat, dat ons soek na die een wat alles gemaak het. In elke kultuurgroep sal jy mense vind wat verwys na ons God. *

oubaas 7.03.10 - 12:57pm
Almal aanbid hulle gode verskillend, en maak afbeeldings van hulle gode, en rig altare op vir hulle gode. Die mens weet dat daar iets groter as hyself is, en dan wil hy hierdie enititeit aanbid en vereer . . . en dit wat hieruit spruit, word godsdiens genoem, en sluit rituele, danse, sang ens in om hierdie god te vereer. Selfs binne erkende godsdienste en strukture, selfs onder Christene vind ons die soekendes. Ja, natuurlik soek ons as kinders van die Here daagliks na Hom. *

oubaas 7.03.10 - 12:58pm
In swaar tye soek ons kliphard, want dan wonder ons waarheen Hy dan nou is. Ons wil Hom verklaar en verstaan, ons vra waar is die Here? en wie is die Here, en dan begin ons met Godsdiensbeoefening: rituele, sekere manier van sing, aksies, aktwiteite, ens. *

oubaas 7.03.10 - 12:58pm
Handelinge 17:16-34. Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is. Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat. 'n Paar wysgere, Epikureers en Stoisyne, het met hom gestry. Party het gese: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil se? Ander het gese: Dit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is. *

oubaas 7.03.10 - 12:59pm
Dit was omdat Paulus die evangelie van Jesus en sy opstanding verkondig het. Hulle het hom na die Areopagus toe geneem en gese: Kan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig? Party van die dinge wat jy se, klink vir ons vreemd, en ons wil graag weet wat dit beteken. Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuuts te se of te hoor nie. *

oubaas 7.03.10 - 12:59pm
Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gese: Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: 'Aan 'n onbekende god.' Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te he, verkondig ek aan julle. *

oubaas 7.03.10 - 01:00pm
God, wat die wereld met alles wat daarin is, gemaak het, Hy is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. *

oubaas 7.03.10 - 01:00pm
God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gese het: 'Ons stam ook van Hom af.'Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie di*nk dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding. *

oubaas 7.03.10 - 01:01pm
God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wereld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan. Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag, maar party het gese: Ons sal jou weer hieroor wil hoor. So het Paulus van hulle af weggegaan. *

oubaas 7.03.10 - 01:01pm
'n Paar mense het egter gelowig geword en by hom aangesluit. Onder hulle was daar Dionisius, 'n lid van die Areopagus, en 'n vrou met die naam Damaris en nog ander saam met hulle. *

oubaas 7.03.10 - 01:02pm
Hier kom Paulus af op afgodsbeelde, hy sien godvresendes, mense maak praatjies, hulle stry, en hulle beskuldig hom selfs dat hy die boodskapper van vreemde gode is. Paulus gee erkenning aan hulle godsdienstighede met ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is, en praat dan met hulle oor die altaar waarop daar geskrywe staan: aan n onbekende god. Sjoe, kan jy sien hoe soekend hierdie klomp is. *

oubaas 7.03.10 - 01:02pm
Hulle weet daar moet een of ander god wees, hulle bou n altaar om te offer - vir iemand wat hulle nie kan sien nie, en nie ken nie, en dan gaan aanbid hulle daar. Interessant om te besef dat hulle nie misken het dat daar n god moet wees nie. Ek di*nk ons kan dalk selfs op ons eie Christelike bodem daarvan getuig dat altare gebou word, offers gebring word, godsdiens beoefen word, maar mense bly soekend, omdat hulle nie die ware God gevind het nie. *

oubaas 7.03.10 - 01:03pm
Nou kom Paulus om hulle aan die Here voor te stel. Hy se: ek ken die Een wat julle soek, die regte, en enigste, ware Een. Hy bly nie in tempels nie, Hy het nie nodig dat mense Hom versorg nie. God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. As hulle hom werklik soek, sal hulle Hom vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. *

oubaas 7.03.10 - 01:03pm
Die ware Godsdiens berus nie op die bou van altare en bring van offers nie, maar op n verhouding met die lewende Here; ons het n Middelaar nodig, ons kan nie onsself red nie, ons het nodig om ons te bekeer. God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wereld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. *

oubaas 7.03.10 - 01:04pm
As Paulus praat oor die opstanding van Jesus dan word hy uitgelag. Is dit nie ironies nie: die Ateners bou n altaar vir n god wat hulle nie kan sien nie, maar lag vir Paulus uit as hy praat van die Een wat deur baie mense gesien is, selfs na sy opstanding. Hulle is soekend, hulle sal selfs n klomp absurde dinge glo en rituele doen, maar die ewige God en Koning, die mis hulle. Hier kom Paulus en hy gee vir hulle die antwoorde, maar hulle vat dit nie. *

oubaas 7.03.10 - 01:05pm
So, hulle soek, maar wil nie eintlik vind nie! Klink dit nie bekend in vandag se lewe nie? Mense sien dinge om hulle, ervaar die getuienisse van mense, hoor hoe mense nuwe hoop kry, hoor hoe mense hulle bekeer en nuut word, maar dan draai hulle maar net weer die rug op God. Hulle lag vir die opstanding, maar dan aanbid hulle by n klip altar . . . ! *

oubaas 7.03.10 - 01:05pm
Dalk word jy ook uitgelag oor jou getuienis, of verwerp, of vermy. Dis okey, hoor? Dit lyk my dit moet maar so wees. Daar het darem n paar mense tot geloof gekom nadat Paulus met hulle gepraat het. Ek sou di*nk Paulus moes soms moedeloos geword het, maar hy het nie, want hy het die enigste, lewende God geken, en in n verhouding met Hom gestaan. *

oubaas 7.03.10 - 01:06pm
Ons het partykeer hierdie prentjie dat dit vir Paulus maklik was om sommer net so te loop en preek, maar hy het baie ontberinge beleef. Hy was egter n evangelis, en het graag vertel van sy God, ten spyte van teenkanting. *

oubaas 7.03.10 - 01:06pm
Kan ek en jy ook mense aan die ewige God voorstel? Verseker! Kan ek en jy ook preek? Definitief! Die vraag is net: doen ons dit? Gebruik ons elke geleentheid om oor die Here te getuig? Ons moet onthou dat die mense om ons soekend is; ons moet reg wees met n verduideliking oor die hoop wat in ons leef (1 Petrus 3:15). Moenie skaam wees nie, enige tyd is die regte tyd om vir mense te vertel. 2 Timotheus 4:2 verkondig die woord: hou daarmee vol, tydig en ontydig. *

oubaas 7.03.10 - 01:08pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20op%20soek%20na%20god.htm *

oubaas 7.03.10 - 01:08pm
Ook gepos by http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store