WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: NAG VAN ANGS
Replies: 72 Views: 5097
1-> 7->>

oubaas 8.05.10 - 11:45am
NAG VAN ANGS - VIR JOU EN MY

(Peter van Maarleveld - 2 April 2010)

Verslag

As daar in die tyd rondom Jesus se kruisiging 'n koerant op straat moes verskyn, sou die inwoners van Jerusalem dalk die volgende hoofberig gelees het: *

oubaas 8.05.10 - 11:46am
Paasfees in Jerusalem! Op die vooraand van die Jode se jaarlikse Paasfees hang daar donker wolk oor Jerusalem. Berigte van oral uit die stad bevestig dat Jesus van Nasaret in die vroee ure van Vrydagoggend gearresteer is. Daar heers egter verdeeldheid onder die inwoners van Jerusalem oor hierdie gebeure. Daar is hulle wat se dat Jesus daarvoor gesoek het, terwyl ander se dat Hy onskuldig is. *

oubaas 8.05.10 - 11:46am
In gesprek met een van Jesus se dissipels, wat graag anoniem wil bly uit vrees vir sy lewe en dat hy moontlik geviktimiseer kan word, is dit duidelik dat die gebeure van die afgelope 4 dae grotendeels bygedra het tot Jesus se arrestasie. Hy het dit soos volg verduidelik: *

oubaas 8.05.10 - 11:47am
Afgelope Maandag was die dag van Jesus se koms na Jerusalem. Hy het vir twee van ons gevra om vir Hom donkie in die stad te gaan haal sodat Hy daarop kon ry as Hy die stad sou inkom. Hy het vir ons gese: Se vir die mense van Jerusalem: word wakker, julle Koning is op pad. Hy kom in eenvoud op n donkie aangery. *

oubaas 8.05.10 - 11:47am
Toe ons met die donkie by Jesus aankom, het die ander dissipels vir Hom n saal van klere gemaak. Mense van oraloor het rondom Hom begin saamdrom. Die meeste van hulle het los stukke klere wat hulle by hulle gehad het, voor die donkie oopgegooi. Ander het weer boomtakke op die pad voor Hom oopgooi sodat Hy op 'n groen tapyt kon ry. *

oubaas 8.05.10 - 11:48am
Hulle het Hom soos n koning verwelkom en hard uitgeroep: a vir die Seun van Dawid! Prys Hom wat op gesag van die Here self kom. Laat die hemel van ons vrolike as weergalm! *

oubaas 8.05.10 - 11:48am
So is Jesus met 'n hele groep mense Jerusalem in. Dit het nogal n opskudding in die stad veroorsaak. Wat gaan aan? Wie is Hy? het die mense in Jerusalem probeer uitvind. Dit is Jesus, die profeet uit Nasaret in Galilea, het ons uitgeroep. *

oubaas 8.05.10 - 11:49am
As ek nou moet se, sou ek di*nk dat op daardie dag het Jesus se moeilikheid eintlik begin, nie net omdat die mense Hom ge-eer het as die Seun van Dawid en dit die Fariseers en Skrifgeleerdes kwaad gemaak het nie, maar ook omdat Hy op daardie selfde dag die tempel ingegaan het en die tempelhandelaars daar weggejaag het. *

oubaas 8.05.10 - 11:49am
Hy het selfs hulle tafels en stoele omgegooi en gese dat die tempel 'n heilige plek is en nie 'n plek om handel te dryf nie. Dit het die Fariseers en Skrifgeleerdes vreeslik kwaad gemaak. *

oubaas 8.05.10 - 11:50am
Dinsdag, net na Jesus se aankoms in Jerusalem, het Hy die skynheiligheid van Jerusalem se godsdienstiges kaalvuis ontmasker. Hy het hulle beskuldig dat hulle huigelaars is en hulle uitgewys as mense vir wie daar groot ellende wag as hulle sou aanhou met hulle skynheiligheid. Daarvan het hulle niks gehou nie. *

oubaas 8.05.10 - 11:50am
Woensdag, was vir ons hartseer dag, want sonder dat ons dit geweet het, het een van die dissipels, naamlik Judas Iskariot, agteraf met die vyand gaan konkel om Jesus aan hulle uit te lewer en dit vir 'n klomp geld. Hoe kon hy dit doen, want dit was mos verraad! Dit was vir ons baie sleg. *

oubaas 8.05.10 - 11:51am
Donderdag was in sekere sin vir ons hoogtepunt, want op hierdie dag kon ons saam met Jesus die Paasmaaltyd eet. Jesus het daardie aand baie dinge met ons gedeel. Hy het ons van die nagmaal geleer en ons gewys dat ons mekaar se voete moet was en mekaar so moet liefhe dat ons bereid moet wees om vir mekaar te sterf. *

oubaas 8.05.10 - 11:53am
Ek sal daardie Donderdagaand in die bovertrek nooit vergeet nie. n Rukkie voor sy arrestasie, het Hy saam met ons die jaarlikse Paasmaaltyd ge-eet. Hy het die brood, wat deel van die Paasmaaltyd was, gevat en sy Vader daarvoor bedank. Hy breek toe die brood in kleiner stukke en deel dit aan elk van ons uit. Terwyl Hy dit doen se Hy: Dit is my liggaam wat net so vir julle gebreek word. Julle sal baie daarby baat. Elke keer wat julle dit eet, moet julle di*nk aan wat ek alles vir julle gedoen het. *

oubaas 8.05.10 - 11:54am
Toe ons amper klaar ge-eet het, vat Jesus die groot beker waarin die wyn gehou is en se: Die wyn in hierdie beker staan vir die nuwe ooreenkoms wat God met julle gesluit het omdat my bloed vir julle gevloei het. Drink die wyn en elke keer as julle dit drink, onthou dan wat Ek vir julle gedoen het. *

oubaas 8.05.10 - 11:54am
Ons het in stilte nagedink oor alles wat Jesus vir ons gese het. Na die nagmaal het Hy vir ons gebid. Dis gebed wat ek en die ander dissipels nooit sal vergeet nie. Maar na hierdie gebed, kon ons sien iets is verkeerd, want Jesus het toe koers gekies na Getsemane waar Hy later daardie aand gearresteer is. *

oubaas 8.05.10 - 11:55am
Na die nagmaal in die bovertrek, vertrek Jesus en sy dissipels na die tuin van Getsemane. En dit is hier waar die dissipels kon sien en beleef wat die ware inhoud van die nagmaal sou wees. Dit is hier wat hulle kon sien wat dit van Jesus sou vra dat sy liggaam gebreek moes word en sy bloed moes vloei as volkome versoening vir ons sondes. *

oubaas 8.05.10 - 11:56am
In Getsemane het Jesus se lyding punt van ondraaglikheid begin bereik, want hier het sy nag van angs begin. In die evangelies lees ons dat Jesus so geworstel het oor wat met Hom moes gebeur, dat sy sweet in bloeddruppels verander het. *

oubaas 8.05.10 - 11:56am
Ons lees van worsteling met God: My Vader, kan U nie asseblief u planne verander sodat Ek nie meer die pad wat vir My voorle, hoef te loop nie? Is daar nie dalk n ander uitweg nie? Vader, Ek probeer nie nou self allerhande planne maak nie. Maak U die planne! Doen wat U wil en nie wat Ek wil nie! *

oubaas 8.05.10 - 11:57am
Jesus beleef nag van angs, angs wat Hy met niemand kon deel nie. Selfs sy volgelinge kon nie eens saam met Hom waak nie. Toe Hy hulle vra om saam met Hom te bid, toe raak hulle aan die slaap. Hierdie nag van angs moes Hy alleen deurworstel. Sy liggaam is nie net aan die kruis gebreek en deurboor nie, maar hier het Hy al iets van 'n Godverlatenheid begin ervaar. *

oubaas 8.05.10 - 11:58am
Dit is in Getsemane waar Jesus beslissende moment gedurende sy kort verblyf in Jerusalem ervaar het. Daar het Hy vir oulaas voor die keuse gestaan om enduit aan te hou met sy lydingspad. Dit was nou kruis toe, of terug na sy eie veiligheid. *

oubaas 8.05.10 - 11:58am
In daardie nag van angs kon Jesus nog van die lewensgevaarlike speelveld af padgee. Die grootste keuse ooit in die heelal moes daardie aand geneem word. Daar tussen die olyfbome en paar slapende dissipels moes Jesus finaal kies. Hoe ontsettend beperk was sy keuses skielik. Hy het slegs een van twee paaie oorgehad om daardie nag te bewandel: gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid ........ die dood of die lewe. *

oubaas 8.05.10 - 11:58am
Goddank, Jesus het presies die regte ding gedoen. Hy het op sy kniee voor God in gebed neergeval, want aan sy Vader se voete sou Hy die regte antwoord vind. Daar in sy donkerste oomblik was God se wil sy enigste roete. Daarom dat Jesus in sy swaarste oomblikke steeds sy Vader se raadsplan as padkaart gebruik het. Vader, laat hierdie bitter beker tog by My verbygaan, maar laat u wil geskied! *

oubaas 8.05.10 - 11:59am
My liewe Vriend, ek weet nie wat vandag in jou hart leef nie. Ek weet nie waarmee jy worstel nie, maar een di*nk besef ek en dit is dat jy en ek die regte antwoord alleen aan die voete van ons hemelse Vader sal kry. Dis alleen as ons tyd maak en eerlik en opreg onsself voor die Vader gaan verootmoedig, eerlik voor Hom gaan worstel, eerlik na sy wil vir ons lewens gaan soek, wat ons die regte antwoorde sal kry. *

oubaas 8.05.10 - 11:59am
Dis alleen aan die voete van ons liefdevolle Vader waar jy en ek sal ontdek wat die regte pad is wat ons moet loop. *

oubaas 8.05.10 - 12:00pm
Hy word uitgewys

Dit is met hierdie keuse, wat Jesus daar in Getsemane geneem het, wat Hy weer by sy slapende dissipels aankom, hulle wakker maar, omdat die uur van sy lyding gekom het: Staan op. Laat ons loop. Kyk, die man wat my verraai is hier naby! *

oubaas 8.05.10 - 12:01pm
En dan ken ons die geskiedenis hoe Judas saam met die soldate aangekom het om Jesus gevange te neem. Maar hulle het probleem gehad, want omdat daar dikwels so baie mense in die tuin van Getsemane le en slaap het, wou die Jode wat Jesus gevange wou neem, nie fout maak en in die donker die verkeerde persoon arresteer nie. *

oubaas 8.05.10 - 12:01pm
Daarom het hulle iemand saamgeneem wat Jesus baie goed geken het, naamlik vir Judas. Hy moes Jesus tussen al die mense in die donker skaduwees van die olyfbome vir hulle gaan uitwys. *

oubaas 8.05.10 - 12:02pm
Dit is Ek!

Maar nou speel hier tog stuk ironie homself af: Hele afdeling Romeinse soldate is nader geroep om saam met Judas die taak te gaan uitvoer om Jesus te arresteer. Ironies, is dit nie? Al hierdie geharde soldate om een man te vang wat self nie eens wapen gedra het nie, Man wat verkondig het dat jy die ander wng moet draai, Man wat sy volgelinge geleer het dat jy jou vyande moet liefhe. *

oubaas 8.05.10 - 12:03pm
Toe die stoet met hulle wapens en lampe van die stadspoort se kant teen die heuwel afmarsjeer, kon Jesus sekerlik tussen die skares verdwyn het, maar Hy doen dit nie. Inteendeel, toe die soldate naby Jesus kon, staan Hy op en stap hulle tegemoet. *

oubaas 8.05.10 - 12:03pm
Judas kry nie eens kans om sy silwer muntstukke te verdien deur Jesus te verraai nie, want Hy hardloop of kruip nie weg, sodat Judas Hom moes soek nie. Nee, Hy kom vreesloos vorentoe en vra: Wie soek julle? En dan antwoord hulle: Jesus van Nasaret. *

oubaas 8.05.10 - 12:03pm
En toe gebeur daar iets wat mens byna nie kan glo nie. Jesus se vir hulle: Dit is Ek!. Dan lees ons dat hulle voor Hom neergeval het. Juis hierin le die ironie van hierdie eienaardige gebeure daar in Getsemane. Hier staan die onoorwinlike Romeinse soldate, die sterkste mag wat die mens kon bied, en teenoor hulle staan Man wat geen weerstand bied nie, inteendeel, Hy lyk weerloos en Hy kom gee Homself oor. *

oubaas 8.05.10 - 12:04pm
Dan vra Hy weer: Wie soek julle? En dan antwoord hulle: Jesus van Nasaret. En dan antwoord Jesus weer: Dit is Ek! *

oubaas 8.05.10 - 12:04pm
In daardie nag van angs in Getsemane, is Jesus se aardse koers finaal beseel. Toe Hy se: Dit is Ek!, kon Hy nie meer omdraai nie en was daar geen keuse meer nie. Daar was al die tyd toe net een keuse, een regte beslissing toe Hy gese het: Dit is Ek!. *

oubaas 8.05.10 - 12:05pm
Daarmee het Hy God se beker stewig in sy hande geneem, beker wat propvol lyding was.... ook propvol met ons sondes! Maar Hy het dit enduit gedrink! Dit was die enigste uitweg, die hoofpad na die Lewe toe. Goddank! Anders was die ganse mensdom se geskiedenis vandag 100% anders. *

oubaas 8.05.10 - 12:05pm
As Jesus daar in Getsemane teruggedeins het van sy gehoorsaamheid aan God, was ons vir altyd in die donker opgesluit. Dan was ons tot verby kop-diepte in die gemors. Gelukkig het dit nie gebeur nie, want Jesus was enduit op die regte koers na Golgota toe. *

oubaas 8.05.10 - 12:06pm
Die almag van Jesus blyk duidelik uit die woorde wat Hy gese het: Dit is Ek! want met hierdie woorde het Hy eintlik na Homself verwys as God. God het Homself immers by die brandende braambos aan Moses bekend gestel as: Ek is wat Ek is. *

oubaas 8.05.10 - 12:06pm
Nou gebruik Jesus presies dieselfde Naam. Net die wyse alleen waarop Jesus hierdie Naam uitgespreek het, was &329; teken van mag en Goddelike krag, want die soldate kon nie anders as om neer te val nie. Jesus hoef niks eers te doen nie Hy hoef alleen maar te praat. Reeds daarin kan ons sien wie Jesus werklik is, naamlik God self wat in jou en my plek die pad van lyding, die pad van angs kom loop het. *

oubaas 8.05.10 - 12:07pm
... vir jou en my

Vriende, dit was nag van angs ....... vir jou en my, want sonder hierdie nag van angs is 'n lewe van oorvloed, 'n lewe van hoop, net nie vir ons moontlik nie. *

oubaas 8.05.10 - 12:07pm
Toe Jesus bloed gesweet het en by sy Vader gepleit het dat die beker by Hom verby moet gaan, het Hy tog in daardie oomblikke aan jou en my gedink en daarom kon Hy se: Nie my wil nie, maar u wil geskied, daarom kon Hy die pad van lyding met volharding loop, sodat ons die lewe kan he en dit in oorvloed, sodat daar ook uit jou en my strome lewende water kan vloei! *

oubaas 8.05.10 - 12:08pm
Dit was nag van angs, nag van alleenheid vir jou en my, sodat ek nie weer angs hoef te ervaar nie, sodat ek kan weet dat as ek roep in my nood, as ek roep om vergifnis, as ek na die lewe roep, as ek roep omdat ek nie meer hoop het nie, Jesus ook vir my sal se: Dit is Ek! *

oubaas 8.05.10 - 12:08pm
Daarom weet ons ook dat Jesus nie aan die kruis gaan hang het uit weerloosheid nie, maar uit krag en uit sy krag sien ons sy liefde op sy helderste. En dit is uit hierdie krag van sterkte waarvan ek en jy kan put as ons op ons swakste voel, waarin ek en jy die lewe kan ervaar. Daar is geen ander manier na die lewe nie, geen ander manier na strome lewende water nie! *

oubaas 8.05.10 - 12:09pm
En nou...strome lewende water!!

Nou kan jy miskien vir my se dat dit net nie vir jou voel of daar strome lewende water uit jou binneste vloei nie. Jy kan dalk vir my se dat as ek jou lewe geken het en gesien het wat alles al skeef in jou lewe geloop het, ek nie so maklik sou se dat God ook vir jou bedoel het dat daar strome lewende water uit jou binneste kan vloei nie. Ek sou dalk nie so maklik gese het dat God oor jou droom en Hy in sy nag van angs in Getsemane ook aan jou gedink het nie, want al wat jy sien is: *

oubaas 8.05.10 - 12:09pm
1) deurmekaar lewe van hartseer en ongeluk, *

oubaas 8.05.10 - 12:10pm
2) lewe van waaroms en dinge wat nie uitwerk nie, *

oubaas 8.05.10 - 12:10pm
3) lewe van onbeantwoorde gebede en stukkende drome. *

oubaas 8.05.10 - 12:11pm
Jy is reg. Ek ken nie jou lewe nie en ek weet nie van jou seer nie. Ek weet ook nie waarmee jy stoei en wat vir jou moeilik is nie. *

oubaas 8.05.10 - 12:11pm
Maar een ding weet ek en ek glo dit met my hele hart: God droom oor jou! Ek weet dat Hy daardie aand in Getsemane en ook aan die kruis, aan jou en my gedink het. En daarom is God se droom vir jou dat daar strome lewende water uit jou binneste sal vloei, waar jy lewe sal leef waar jy God se vreugde en teenwoordigheid elke dag in jou lewe sal ervaar. *

oubaas 8.05.10 - 12:12pm
Weet jy hoe weet ek dit? Want daar was 'n nag van angs in Getsemane, daar was 'n kruis waar Jesus vir jou en my gesterf het, daar is die Woord van God wat belowe dat hulle wat hul dors erken, hulle wat na die Bron van die lewende water kom, se dors geles sal word en daar strome lewende water uit sy binneste sal vloei! *

oubaas 8.05.10 - 12:13pm
As Jesus in Johannes 7 mense uitnooi na die bron van lewende water, lyk dit tog of hier sprake is van mense wat vergeet het dat God oor hulle droom. Dit is mense wat moeg was, wat dors was. Dit was mense wat in alle waarskynlikheid afgemat was, mense wat nie goed deur die lewe behandel is nie, mense wat onder die juk van die Romeine moes leef. Dit was dalk mense vir wie die lewe nie sin gemaak het nie, vir wie die lewe net een te veel geword het. *

oubaas 8.05.10 - 12:13pm
Ek weet dat daar vandag ook mense is: *

oubaas 8.05.10 - 12:14pm
1) wat moeg is en nie meer kans sien om voort te gaan nie; *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store