WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: NAG VAN ANGS
Replies: 72 Views: 5098
6-<< 2-<

oubaas 8.05.10 - 12:14pm
2) wat die druk van die lewe net nie meer kan hanteer nie; *

oubaas 8.05.10 - 12:15pm
3) wat nie meer kans sien om met hul stukkende verhoudings voort te gaan nie; *

oubaas 8.05.10 - 12:15pm
4) wat nie meer kans sien vir die een onbeantwoorde gebed na die ander nie; *

oubaas 8.05.10 - 12:15pm
5) wat dalk moedeloos is omdat daar geen groei in hul geloofslewe is nie. *

oubaas 8.05.10 - 12:16pm
Kan ek vir jou se: Die Here sien jou nood. Hy sien jou dors. Hy sien jou hunkering na lewe van oorvloed en betekenis, lewe wat sin maak, lewe waar daar strome lewende water uit jou binneste sal vloei. *

oubaas 8.05.10 - 12:16pm
En daarom het was dit vir Jesus nodig om 'n nag van angs te moes deurleef, sodat daar strome lewende water vir jou en my moontlik is en roep Hy vanoggend uit: Almal wat dors het ! *

oubaas 8.05.10 - 12:17pm
Die mense wat na Jesus geluister het, het baie goed geweet wat dit is om dors te wees, want hulle het in semi-woestyn gewoon. Die dors waarna Jesus dus verwys, is dors wat kom as jy al lank sonder water is en daarna smag. *

oubaas 8.05.10 - 12:18pm
Hy sien iets van hierdie dors in die lewe van mense. Hy sien iets van hierdie dors in jou lewe en daarom roep Hy na jou: Almal wat dors het . . . . . . . kom! *

oubaas 8.05.10 - 12:18pm
Die oplossing . . . kom en drink

Jy sien, baie mense vandag het dors, maar doen niks daaraan nie. Daarom se Jesus: Kom en drink. Die enigste manier hoe my dors geles kan word, is om te drink. Ek kan voor die kraan staan as ek dors het, maar dit sal nie my dors les nie as ek nie die kraan oopdraai en drink nie. *

oubaas 8.05.10 - 12:19pm
My liewe Vriend, dis al oplossing wat daar is as die dinge nie vir jou uitwerk nie, as die lewe nie sin maak nie, as dit voel of daar nie betekenis en groei in jou lewe is nie. Jy moet gaan drink! Jy moet ophou om self te probeer. Jy moet ophou worstel en God blameer en vinger na Hom wys as dinge nie uitwerk nie. Jy moet gaan drink. *

oubaas 8.05.10 - 12:19pm
God wil jou vrymaak. Hy se in Jesaja 55:1: Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook die wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. *

oubaas 8.05.10 - 12:20pm
God het al lankal jou nood raakgesien en daarom roep Hy vandag weer na jou omdat Hy ook in sy nag van angs aan jou gedink het: As jy dors het, kom na My toe kom en kom drink uit die fontein van lewende water! *

oubaas 8.05.10 - 12:21pm
Die belofte . . . strome lewende water

Jy sien, in hierdie uitnodiging is daar ook 'n wonderlike belofte opgesluit. Ons lees in Johannes 7:37b-38: As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif se: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. *

oubaas 8.05.10 - 12:21pm
Die strome lewende water waarvan hier gepraat word, gaan oor stroom water wat soos fontein aanhou loop en nie kan opdroog nie. En dit is wat Jesus jou en my aanbied. Dis wat sy bedoeling was toe Hy 'n nag van angs deurworstel het, toe Hy aan die kruis vir jou en my gesterf het. *

oubaas 8.05.10 - 12:22pm
Mense wat moeg is, hulle wat dors is, kan asem skep en gaan water drink by bron wat nie opdroog nie. Die water wat Christus jou en my aanbied is water wat lewe gee, soos wat die Samaritaanse vrou daar by die put in Johannes 4:13-14 ontdek het. *

oubaas 8.05.10 - 12:22pm
Maar hierdie belofte se ook, dat hulle wat na Hom kom en drink se dors nie net geles sal word nie, maar wie in Hom glo en drink, sal self soos fontein van lewende water word. Wie in Jesus glo sal word soos rivier wat lewe rondom homself skep en ook die lewe van God vir ander laat toekom. *

oubaas 8.05.10 - 12:23pm
Hoe is dit moontlik? Dit is moontlik, omdat die strome lewende water hier na die Heilige Gees verwys. Wie na Jesus kom en in Hom glo, wie glo dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is, sal die volheid van die Heilige Gees ervaar, ervaar dat die Heilige Gees in en deur mense tot vernuwing en lewe werk. God gaan dus die lewe deur die wereld laat vloei en wel deur die uitstorting van die Heilige Gees in en deur die lewens van mens wat in Hom glo. *

oubaas 8.05.10 - 12:23pm
Dit is wat God jou vandag wil bied en waarom Hy aan die kruis gesterf het, waarom Hy Godverlate moes wees, waarom Hy in die tuin van Getsemane 'n nag van angs beleef het: Hy bied aan jou vandag strome lewende water. Hy bied aan jou die volheid van lewe. Hy bied aan jou Goddelike asem wat deur jou binneste vloei (Job 33:4). Hy bied aan jou die lewe van die Heilige Gees. *

oubaas 8.05.10 - 12:24pm
Mag hierdie Paasfees vir jou 'n vreugdefees wees, nie omdat al jou sorge en probleme skielik iets van die verlede is nie, want die lewe gebeur steeds, maar omdat Jesus vir jou en my 'n pad van vrede voorberei het, 'n pad waar strome lewende water uit ons binneste sal vloei, omdat ons vandag besluit het om ons dors te gaan les by die bron van alle lewe. Jesus se nag van angs, sy dag van eensaamheid aan die kruis, was vir jou en my, sodat ons kan lewe! *

oubaas 8.05.10 - 12:24pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20'n%20nag%20van%20angs.htm *

oubaas 8.05.10 - 12:25pm
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE *

oubaas 8.05.10 - 12:25pm
, Ook gepos by: http://OUBAAS.wapgroups.com/ OUBAAS WAPGROEP *

6-<< 2-<


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store