WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: ONDANKBAARHEID
Replies: 23 Views: 1844

oubaas 8.05.10 - 01:19pm
ONDANKBAARHEID - 8 April 2010

Dankie . . . Jesus! Het jy dit al gese? Iemand se eendag: die slegste dag vir n ateis is as hy dankbaar voel, maar daar is niemand om voor dankie te se nie. Hier rondom die Paastyd herinner ons onsself aan Jesus se kruisdood, en ons is dankbaar vir wat Hy vir ons gedoen het, en ons se: dankie! Ons di*nk daaraan dat ons nie meer sal sterf vir ons sondes nie, en ons se: dankie! Ons glo dat Jesus in beheer is, en ons se: dankie! *

oubaas 8.05.10 - 01:20pm
En dan kom die daaglikse dingetjies wat die Here vir ons doen, en ons se: dankie! Dan kom die wonderwerke. . . groot wonderwerke, en ons se: dankie! . . . en dan gaan ons voort en vergeet wat die Here gedoen het. More bekommer ons weer; more maak ons weer ons eie planne. *

oubaas 8.05.10 - 01:20pm
Soms doen die Here iets groots in ons lewe, ons getuig van n bonatuurlike wonderwerk, ons is bly dat daar n lewende God is, ons se dankie, en getuig van verhoe af van hierdie wonderwerk en God se grootheid, en dan. . . . twyfel ons more weer. Wanneer moeilikheid kom (dalk kleiner as ons vorige probleme) vergeet ons van die groot dinge wat God gedoen het, en ons vergeet van dankie . . . soos hierdie ouens: *

oubaas 8.05.10 - 01:21pm
Lukas 17:11-19 Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy n sekere dorp wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op n afstand staan en roep hard: Jesus, Here, ontferm U oor ons! Toe Hy hulle sien se Hy: Gaan wys julle vir die priesters. Op pad daarheen het hulle gesond geword. *

oubaas 8.05.10 - 01:21pm
En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hard-op geprys, Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was n Samaritaan. Toe se Jesus: Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers n Jood is nie? En vir hom se Hy: Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered. *

oubaas 8.05.10 - 01:22pm
Baie dankbaar - maar nie vir baie lank nie. Jy sien, hierdie 9 ouens se geloof was wat ons noem tydelike geloof, of dalk spaarwiel geloof, geloof wat Jesus misbruik het. Ek di*nk ons almal was al in Jesus se skoene, veral as jy kinders/tieners het. Hierdie ouens was deeglik bewus van Jesus se mag en wonderwerke. Hulle het verseker geglo in Jesus. Toe Jesus se: gaan wys julle vir die priesters, het hulle dadelik geloop; hulle het gesond geword, en nege hou aan loop. *

oubaas 8.05.10 - 01:22pm
Net een draai terug na die Bron van hulle genesing. Net een is bly genoeg dat hy genees is. Is hierdie 1 uit 10 verhouding dalk vandag van ons ook waar? Ek hoor nou die dag van n persoon wat glad nie in die Here glo nie, want, se sy: die Here het nog nooit iets vir haar gedoen nie. . . . . . wat van die suurstof wat jy elke dag gratis inasem? *

oubaas 8.05.10 - 01:23pm
Jy sien, ons sien graag die buitengewone wonderwerke raak, maar besef nie dat wonderwerke elke dag om ons is nie. Onthou jy toe ons nou die dag gepraat het oor mense met gestremdhede? Is jy dankbaar dat jy self toilet toe kan stap en die deksel kan oplig? Net dit! Of het jy ook (soos ek) nog nooit daaraan gedink dat dit n voorreg is nie? *

oubaas 8.05.10 - 01:23pm
Hier in Lukas 17 is die een, die werklike dankbare een. Ek di*nk egter hierdie ou het meer gekry as waarop hy ge-bargain het. Hy kry nie net fisiese gesondheid nie, hy kry ook ewige gesondheid. Jesus se vir hom: jou geloof het jou gered. Nege ouens kry fisiese gesondheid, en dit lyk of Jesus hulle laat begaan maar kry (so lyk dit) nie ewige gesondheid nie. Hulle word nie gered nie. Vir hulle werk net een deel van hulle geloof, die geloof vir hier en nou. *

oubaas 8.05.10 - 01:25pm
Hierdie nege ouens staar hulle blind teen hulle liggaamlike gesondheid, en besef nie dat hierdie nuwe, gesonde liggame hulle niks gaan help in die ewigheid nie. Hulle tydelike geloof se opbrengs is maar van korte duur. *

oubaas 8.05.10 - 01:25pm
Die dankbare persoon is eerstens nie n Jood nie, maar n Samaritaan ouens wat tradisioneel as heidene beskou is. Hy doen n paar goed: *

oubaas 8.05.10 - 01:26pm
1) Hy draai om en gaan terug na Jesus toe *

oubaas 8.05.10 - 01:26pm
2) Hy prys die Here hardop *

oubaas 8.05.10 - 01:27pm
3) Hy val voor Sy voete neer *

oubaas 8.05.10 - 01:27pm
4) Hy bedank Hom *

oubaas 8.05.10 - 01:27pm
En toe, op die koop toe, verkry hy sy saligheid. Ware geloof in aksie. Geloof wat n groter opbrengs gee as hier en nou. *

oubaas 8.05.10 - 01:28pm
Dankbaarheid . . . iets wat ek nie so goed mee is nie. Baie bly as iets goed gebeur, en vergeet dit maar ook weer baie gou. Ons roep die Here aan in ons dag van benoudheid, en glo dan regtig opreg. Ek di*nk ons moet net bietjie verder gaan met dankbaarheid . . . en glo; ons moenie dinge vanselfsprekend vat nie. *

oubaas 8.05.10 - 01:28pm
Goeie gesondheid is iets waaraan baie mense ly. Maar ons vergeet van dankbaarheid solank daar goeie gesondheid is. Kyk hoe ironies hierdie hele situasie is. Ons se nie sommer dankie as dit goed gaan en ons gesondheid goed is nie. Dan verloor ons hierdie goeie gesondheid, en pleit by die Here vir genesing. Dan kom die genesing, en ons se dalk net vinnig dankie (of glad nie). . . en dan vergeet ons maar weer. *

oubaas 8.05.10 - 01:29pm
In vers 12 lees ons: . . . maar hulle bly op n afstand staan en roep hard: Jesus, Here, ontferm U oor ons. Ek di*nk nie die Here wil he ons moet op n afstand staan en uitroep vir gunsies nie. Ek di*nk Hy soek ons by Sy voete, in n intieme verhouding. Verseker nie vir spaarwiel geloof nie, maar n naby vriendskap. *

oubaas 8.05.10 - 01:29pm
Ek di*nk die Here hoor nogal gereeld dankies vir die bonatuurlike, maar selde vir die alledaagse wonderwerke, soos asemhaal, soos om iets te ete te he, soos liefde van vriende, soos gemak by die huis, n motor, ondersteuningstelsels, ens. *

oubaas 8.05.10 - 01:29pm
Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank . . . . wees vandag dankbaar! *

oubaas 8.05.10 - 01:30pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20ondankbaarheid.htm *

oubaas 8.05.10 - 01:31pm
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE *

oubaas 8.05.10 - 01:31pm
, Ook gepos by: http://OUBAAS.wapgroups.com/ OUBAAS WAPGROEP *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store