WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: WOORDE
Replies: 14 Views: 2110

oubaas 18.08.08 - 12:22pm
Ek is nou besig om iets te doen wat jy verstaan. di*nk wat dit is Ek is besig om 'n klompie letters (26 in totaal - gebruik nie alles nie) rond te skommel om iets wonderliks voort te bring. En ons noem dit??? .. WOORDE. Wat 'n ongelooflike gawe wat die Here ons gegee het. *

oubaas 18.08.08 - 12:23pm
Die eerste woorde wat ons van lees in die Bybel, is God se eie woorde. Reg deur die skeppingsverhaal lees ons van God wat die hele skepping laat gebeur deur slegs woorde. Toe het God gese Laat daar lig wees. Sjoe, wat 'n ongelooflike kragtige stukkie gereedskap - woorde. En God kom gee vir ons die vermoe om ook woorde te gebruik - 26 letters. Honderde duisende woorde word daaruit gevorm, in hoeveel tale, met verskillende variasies, met BAIE verskillende aksente. Soveel so, dat ons soms kan weet waar iemand vandaan kom deur te luister hoe hy sy woorde uitspreek. Ongelooflik ne? Dan kom ons nog by iets groter as dit alles. Joh 1 : 1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Vers 14 - Die Woord het mens geword, en onder ons kom woon. Jesus, die Woord. Seun van God, self God. Wat met woorde skep. Hoe roekeloos gaan ons nie met woorde om nie? *

oubaas 18.08.08 - 12:23pm
Woorde. Ek di*nk as ons woorde in kategoriee moet indeel, sal ons lank besig bly. Watse woorde kry mens. Byvoeglike naamwoorde, werkwoorde, trooswoorde, vloekwoorde, groot woorde, lang woorde, kort woordjies, slim woorde, woorde van bemoediging, pryswoorde, kwetsende woorde, ens. En dan doen ons dinge met hierdie woorde. Ons lieg met woorde, praat die waarheid met woorde, getuig met woorde, bid met woorde, sing met woorde, dig met woorde. Dit vertel 'n storie, dit getuig in die hof, gebruik dit om te onderhandel, skryf opstelle daarmee, en eksamens, skryf verslae, hoor die nuus. *

oubaas 18.08.08 - 12:24pm
En dan gebruik ons woorde om te skinder, te vlei, mekaar op te bou, mekaar te vloek en vervloek. Ons dra daarmee kennis oor, doen opleiding daarmee, skryf musiek, en sonates. Jitte, hoe sou die wereld gewees het sonder woorde? Ons sou niks vir mekaar kon vertel nie. En ons sou so min van God geweet het, of van Jesus se verlossingswerk, as ons nie woorde kon hoor, of lees, of skryf, of sing nie. En dan, met woorde prys ons die Here, in gebed, met sang, met voorlesing en digkuns. Alla wereld, ons kan darem baie oor woorde se met woorde. Ja, ons kan onsself selfs vir ure besig hou met selfgesprekke. Ons praat ons vas met woorde, en los. *

oubaas 18.08.08 - 12:24pm
Hoe gebruik ons dit? Hierdie woorde?
Spreuke 16 : 24 Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.
Het jy sulke woorde gister gebruik, of vanoggend? di*nk so bietjie mooi hoe jy gister geklink het.
Spr 16 : 20 Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet.
Hoe gebruik ons ons woorde nog? Baie lelike ding - skinder.
Spr 11 : 13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim.
Spr 16 : 28 Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.
Spr 20 : 19 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; bly weg van iemand wat baie praat.
Lev 19 : 16 Jy mag nie loop en skinder nie, jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here.
*

oubaas 18.08.08 - 12:25pm
Jy weet, net so 'n klein woordjie wat iemand inkrimineer, en hierdie ding loop soos 'n veldbrand. Het jy gehoor Begin 'n rumor (Weermag). Moet nooit iets se wat jy nie voor iemand sal se nie. Klink dit bekend? Met woorde kwets ons mekaar. 'n Klankgolf trek 'n sekere afstand en hy raak weg. Maar woorde, wat deur klankgolwe gedra word, bly vir altyd sit. Ons sit met woorde geweldige laste op mekaar. *

oubaas 18.08.08 - 12:26pm
Psalm 12 (NB) Vir die koorleier: met basstem. 'n Psalm van Dawid. 2 Help tog, Here, want daar is geen vrome meer nie, daar is geen betroubare mens meer oor nie. 3 Die mense bedrieg mekaar; hulle mislei mekaar met vleitaal. 4 Die Here sal al die vleitaal uitroei en die grootpratery van die mense 5 wat se: In ons tong le ons krag. Ons lippe help ons. Ons buig vir niemand nie. 6 Maar die Here se: Die swakkes word mishandel en die armes kla. Daarom gryp Ek nou in en gee uitkoms aan die wat daarna smag. 7 Daar is niks vals in wat die Here se nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in 'n oond gesuiwer is. 8 U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm, 9 selfs al pro nk goddeloses nog rond en al heers die gemeenheid nog tussen die mense. *

oubaas 18.08.08 - 12:27pm
Woorde van ongeregtigheid, het menige families geskeur, vriendskappe verbreek en mense se dood beteken. Kom ons tel ons woorde.
Wat moet ons eerder met ons woorde doen? Hoe wonderlik om iemand te kan vertroos wat hartseer is, om iemand se swaarkry te deel, wat net 'n oor soek om te luister. Kom ons gee vir mekaar hoop in moeilike tye. Met woorde kan ons mekaar so bietjie vlei. (Lekker om iets moois vir iemand te se - nie net van iemand nie) Lekker om vir iemand te kan se, Ek is lief vir jou. Kragtig!!
*

oubaas 18.08.08 - 12:28pm
Het jy al vir die Here gese Here, ek is innig lief vir U? Of vir 'n goeie vriend!! Dan, 'n wonderlike ding. Om in tale te spreek. Ek het nie die gawe daarvoor ontvang nie. Dis 'n taal (onverstaanbaar vir ander) wat net op die Here gerig is. Tussen jou en God. (Moet dit asseblief nie ligtelik afmaak nie). Dis een van die gawes van die Heilige Gees. *

oubaas 18.08.08 - 12:29pm
Met woorde, kan enigiets reg gemaak word. Moet jy nie dalk by iemand gaan vergifnis vra nie? Of iemand dalk gaan vergewe nie? Doen dit vandag nog. Met woorde. Dalk verbaal, 'n sms, 'n e-pos. Met woorde. *

oubaas 18.08.08 - 12:30pm
En dan. Die hoofdoel van woorde in ons lewens; is primer om God te loof en prys. Dis die enigste ding wat ons verseker weet wat ons eendag in die hemel gaan doen. Is om God te eer, met woorde. Met woorde kan ons die Here se eer besing, Sy lof uitroep. Met woorde.
Gaan sit ons by Jesus se voete en vertel Hom alles van ons versugtinge, dit wat ons bly maak, hartseer voel, ag, praat net met Hom.
*

oubaas 18.08.08 - 12:31pm
Dan .. kan ons getuig. Getuig van God, oor Sy wonderdade, vertel van jou seeninge. Vertel vir ander van jou verhouding met Hom.
Laastens, gebruik woorde om mense van die hel te verlos. Deur te vertel van Jesus se verlossingsplan.
Praat wat nodig is. Praat mooi, positief, opbouend, vleiend, waarheid.
*

oubaas 18.08.08 - 12:32pm
Gebed: O Here God, dankie vir woorde wat ons kan gebruik om U te loof en te prys en U Naam groot te maak. Ook om vir U te kan se dat ons U innig lief het. Amen *

oubaas 3.02.10 - 08:43am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20woorde.htm *

oubaas 3.02.10 - 08:43am
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store