WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: REDDING
Replies: 36 Views: 1886

oubaas 25.08.08 - 06:01am
REDDING

Hoe baie gebruik ons nie die woorde Ek is gered nie. Ons gebruik dit om te se Ek is God se kind, afgesonder vir die Here, ek gaan hemel toe, ek spring die ewige oordeel vry. Ons se ook, ek het tot bekering gekom, en is nou gered. En dan weet ons ook dat redding van God af kom. Net Hy kan red. Mense wat Jesus as hulle Saligmaker aangeneem het, is gered. En ons lees hierdie woorde van redding vanaf die begin van die Bybel tot by die einde. *

oubaas 5.05.10 - 07:52pm
Jesaja 45 : 20 - 25 Kom almal bymekaar, kom nader vir die beslissing, vlugtelinge uit die nasies. Die wat afgodsbeelde dra wat van hout gemaak is, en tot 'n god bid wat nie kan red nie, het geen insig nie. 21 Stel julle saak en bring julle bewyse, beraadslaag gerus met mekaar daaroor. Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig? Wie het al vantevore gese dit sal gebeur? Is dit nie Ek, die Here, nie? *

oubaas 5.05.10 - 07:53pm
Daar is buiten My geen God nie; net Ek is 'n God wat regverdig is en red. 22 Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie. 23 Ek le 'n eed af in my eie Naam, wat Ek se, is betroubaar, dit is 'n woord wat nie onvervul sal bly nie: voor My sal elke knie buig, in my Naam sal elke tong 'n eed afle. 24 Hulle sal se: Net van die Here kom daar redding en krag. *

oubaas 5.05.10 - 07:53pm
Almal wat teen Hom te kere gegaan het, sal beskaamd daarvan afkom wanneer hulle voor Hom moet verskyn. 25 Maar al die nakomelinge van Israel sal gered word omdat hulle aan die Here behoort, en hulle sal in Hom roem. *

oubaas 5.05.10 - 07:54pm
Net van die Here kom daar redding en krag. Nou ja, dit lyk dus of redding van die begin af nodig was. *

oubaas 5.05.10 - 07:54pm
Ons lees in Genesis 1 van die sondeval, waar daar op 'n dramatiese manier skeiding kom tussen God en die mens, en dan uiteindelik:- *

oubaas 5.05.10 - 07:55pm
Genesis 3 : 23 - 24 Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is. 24 Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook 'n vlammende swaard wat heen en weer beweeg. *

oubaas 5.05.10 - 07:55pm
En van daar af is die volmaaktheid wat God vir die mens bedoel het, verlore. *

oubaas 5.05.10 - 07:56pm
Die mens kies die verkeerde pad, en 'n baie moeilike pad vir die mens begin van daar af. En toe is redding nodig. *

oubaas 5.05.10 - 07:56pm
Dan kom die vraag:- Is redding nodig? *

oubaas 5.05.10 - 07:57pm
Wel, dit lyk my ons sal heel goed op aarde regkom sonder redding!! Die goddelose kom heel goed oor die weg. Hulle kan sonder skuldgevoel deur hierdie lewe ploeter, alles wat hulle bymekaar maak, maar vir hulleself hou. Hulle vrouens verneuk, oneerlike transaksies aangaan, al die wette verbreek (solank hulle nie gevang word nie). Ag jitte, klink soos iets uit 'n ander wereld. (Seker reg, soos iets uit die hel). Hoef nie ag te gee op ander mense nie, egosentriese lewe. *

oubaas 5.05.10 - 07:57pm
Man!! Wat wil jy meer he!!?? Doen wat jy lus is. Daar is ook vele tekste wat verwys na die welvaart van die ongelowige!! So asof mens dan uiteindelik vir jouself afvra, is al hierdie Christelike goed dan die moeite werd? *

oubaas 5.05.10 - 07:58pm
As dit dan so goed gaan met die ongelowige, hoekom dan hoegenaamd bodder. Selfs die huweliksbelofte beteken niks, want by wie word die belofte dan afgele? *

oubaas 5.05.10 - 07:58pm
Is redding hoegenaamd nodig? Wel, dan seker nie!! As ons net op hierdie lewe staat maak!!! As ons net dit lewe noem. As ons visie strek tot die einde van hierdie bestel!! As ons dus nie glo dat daar 'n hemel en 'n hel is nie. Nie 'n God is nie. Dan is redding seker nie nodig nie!! Maar boetie, daar wag 'n groot verrassing. Redding is nodig!! *

oubaas 5.05.10 - 07:59pm
Die vraag is dan:- *

oubaas 5.05.10 - 07:59pm
Waarvan moet ek gered word?? En hoekom? Die Sondagskool antwoord se ons moet gered word van die hel. En dit is so. Maar, wat maak dat die hel ons voorland is? Ons moet gered word van die effek van sonde. En daarvoor is daar ernstige sondebesef nodig. Want as ek en jy nie verstaan dat dit sonde is wat ons in die ewige verderf laat beland nie, is daar niks waarvan ons gered hoef te word nie. En daarom moet ons die erns van sonde besef!! Dit het God baie duidelik in die wet uitgestip! *

oubaas 5.05.10 - 08:00pm
Eksodus 20 : 1 - 17 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: 2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 3 Jy mag naas My geen ander gode he nie. 4 Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. 5 Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. *

oubaas 5.05.10 - 08:01pm
Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van die wat My haat, 6 maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. 7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. 8 Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. 9 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, *

oubaas 5.05.10 - 08:01pm
10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. 11 Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. *

oubaas 5.05.10 - 08:02pm
12 Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. 13 Jy mag nie moord pleeg nie. 14 Jy mag nie egbreuk pleeg nie. 15 Jy mag nie steel nie. 16 Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie. 17 Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie. *

oubaas 5.05.10 - 08:03pm
Alles wat God bedroef, le in die wet opgeskryf. Dus lyk dit vir my dat as ons alles sou nakom wat in die wet staan, ons okay is. Dan hoef ons van niks gered te word nie. Dan is die oordeel weg en die hemel ons voorland. Nou ja, gou 'n kort toets. Hoeveel van die 10 gebooie kan jy opnoem? En dan, die moeilike een. Aan hoeveel van die goed is jy en ek skuldig? *

oubaas 5.05.10 - 08:03pm
Het jy al iets gesteel, by die werk? Dan is jy 'n dief. Het jy al gelieg? Dan is jy 'n leuenaar. Dien jy ander gode? Soos geld, eie ek? Dan is jy 'n afgode dienaar!! En met dit, kan ek en jy nie in die hemel kom nie. *

oubaas 5.05.10 - 08:03pm
Daarom, is redding nodig. *

oubaas 5.05.10 - 08:05pm
Kan jy dit maak? Kry jy dit reg? Is dit goed genoeg om te se Here, Here? Nee!! Daarom is redding nodig!! Maar, eers as ek en jy tot die besef kom dat ons van die vervloeking van sonde gered moet word. Daar is dus sondebesef nodig!! En sondebelydenis!! En dan moet ons dit laat staan! Kry jy dit reg? Wel, ek ook nie!! Daarom is Jesus nodig. Net Hy kan die effek van sonde wegneem. *

oubaas 5.05.10 - 08:06pm
Dis net as ons die finale offer vir die sonde onvoorwaardelik aanvaar, dat ons vrygestel word van die uiteinde van die sonde!! Is dit moontlik?? Natuurlik!! *

oubaas 5.05.10 - 08:06pm
Handelinge 16 : 30b Menere, wat moet ek doen om gered te word? Hulle antwoord hom, glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou gesin. *

oubaas 5.05.10 - 08:07pm
Jy sien, ons kan glo in die bestaan van Jesus, maar as ons nie die volle inhoud van hoekom Hy aarde toe gekom het, verstaan en aanvaar nie, kan ons nie gered word nie. *

oubaas 5.05.10 - 08:07pm
As ons nie glo dat sonde na die verderf lei, en Jesus die finale offer is nie, verstaan ons nie waarvan ons gered moet word nie. *

oubaas 5.05.10 - 08:08pm
Ja, gee jou hart vir Jesus, ja, weet Hy is die Saligmaker, maar verstaan die hele prentjie. As Jesus net die maklike uitweg is vir 'n goddelose lewe, maak ons Sy Saligmaking cheap!! *

oubaas 5.05.10 - 08:08pm
Saligmaking deur Jesus is verniet, maar dis nie cheap nie!! *

oubaas 5.05.10 - 08:09pm
Ek en jy kan nie die wet onderhou nie, en juis daarom moet ons gered word van die effek van sonde. *

oubaas 5.05.10 - 08:09pm
Die wet is dus nie sleg nie, en die wet sal nooit opgehef word nie, (allermins deur Jesus), maar die onvolmaaktheid van die mens word vervolmaak in Jesus Christus. *

oubaas 5.05.10 - 08:10pm
Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word. *

oubaas 5.05.10 - 08:10pm
Gebed: Dankie Here Jesus, dat ons deur U gered kan word, dat U ons vrygespreek het deur U bloed aan die kruis. Amen *

oubaas 5.05.10 - 08:11pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20redding.htm *

oubaas 5.05.10 - 08:12pm
Ook gepos by http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *

oubaas 5.05.10 - 08:13pm
Ook gepos by: http://OUBAAS.wapgroups.com/ OUBAAS WAPGROEP *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store