WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: GELOOF
Replies: 43 Views: 3045

oubaas 28.08.08 - 06:27pm
Geloof is om te glo in God - vir watse rede ookal. Of vir dinge waaroor ek in die moeilikheid is, of regtig tot redding. Maar dis nie maklik vir almal nie. *

oubaas 6.05.10 - 07:08pm
Hoekom glo party mense nie? Glo niks, in niks, en vind oenskynlik geen behoefte in geloof nie. Daar is verskillende redes: *

oubaas 6.05.10 - 07:09pm
Soms vind mense dit moeilik om te glo in iets wat hulle nie kan sien nie. Soos Thomas. Hy het vir Jesus tydens die kruisiging gesien, dalk toe Hy begrawe is. En dan sien hy Hom weer na Sy opstanding. En hy glo eers toe hy die merke sien. En sy reaksie? My Here en my God. *

oubaas 6.05.10 - 07:09pm
Mense sien nie resultate nie. Glo intensief in iets, dan kom dit anders uit. Dan voel hulle dat geloof net eenvoudig nie werk nie. *

oubaas 6.05.10 - 07:10pm
Niks gebeur as hulle nie glo nie. Dus - why bother? *

oubaas 6.05.10 - 07:10pm
Mense word verwar deur al die verskillende opsies. Dan kom die vraag, as sus en so dan so radikaal anders as ek glo, wie is reg? Of is albei reg? *

oubaas 6.05.10 - 07:11pm
Soms glo ons verkeerd, of om die verkeerde redes: *

oubaas 6.05.10 - 07:12pm
Ons glo om op een of ander manier persoonlik bevoordeel te word, dus, om iets daaruit te kry. Dan bid ons dat dit klap, vir iets wat uitdruklik teen God se wil is. Soos iets soos poppie by die werk. Nee, verkeerd!! *

oubaas 6.05.10 - 07:12pm
Soms glo ons om ons sondige, selfsugtige begeertes te bevredig. *

oubaas 6.05.10 - 07:12pm
Geloof en die beoefening daarvan, kan selfs 'n status simbool wees. *

oubaas 6.05.10 - 07:14pm
Glo soms uit vrees, dat iets verkeerd kan gaan, of aan die anderkant, dat iets sleg sal gebeur wat ek in elk geval oor myself bring. *

oubaas 6.05.10 - 07:15pm
Tydelike geloof. *

oubaas 6.05.10 - 07:17pm
Dit sluit baie van bogenoemde in. Glo net solank ons di*nk dit nodig is. En dan is die geloof maar weer weg, vernaam as daar dan 'n goeie uitkoms was. Dikwels gaan hierdie geloof maar net om onsself. As die goeie gebeur, is die Here vergete. En as die slegte gebeur, se ons dat God onbetrokke is. Of Hy word totaal in twyfel getrek. *

oubaas 6.05.10 - 07:17pm
Waaraan hou jy tans in geloof vas? Kom ons toets ons motiewe:- *

oubaas 6.05.10 - 07:18pm
Is dit net tot ons eie voordeel? Is dit dalk tot nadeel van ander? Het hierdie saak enige ewigheidswaarde? *

oubaas 6.05.10 - 07:18pm
Hebreers 11 : 1 - 31 en 39 - 40 1) Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2 Dit is immers vanwee hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. 3 Omdat ons glo, weet ons dat die wereld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie. *

oubaas 6.05.10 - 07:19pm
4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanwee Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood. 5 Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nerens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou. *

oubaas 6.05.10 - 07:19pm
6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat Hom soek, beloon. 7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die wereld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom. *

oubaas 6.05.10 - 07:20pm
8 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. 9 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, *

oubaas 6.05.10 - 07:20pm
10 want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is. 11 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. 12 Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see. *

oubaas 6.05.10 - 07:21pm
13 Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. 14 Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland. 15 As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. *

oubaas 6.05.10 - 07:21pm
16 Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak. 17-18 Omdat Abraham geglo het, het hy, toe hy op die proef gestel is, Isak as offer afgestaan. Ja, hy wat die belofte ontvang het en aan wie gese is: Uit Isak sal jou nageslag gebore word, *

oubaas 6.05.10 - 07:22pm
19 Hy was daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek, waaruit Abraham vir Isak ook, om dit so te stel, terug ontvang het. 20 Omdat Isak geglo het, het hy Jakob en Esau geseen met die oog op die toekoms. 21 Omdat Jakob geglo het, het hy op sy sterfbed albei die seuns van Josef geseen en tot God gebid terwyl hy op die knop van sy kierie leun. *

oubaas 6.05.10 - 07:22pm
22 Omdat Josef geglo het, het hy kort voor sy dood melding gemaak van die uittog van die Israeliete en opdrag gegee in verband met sy liggaam. 23 Omdat die ouers van Moses geglo het, het hulle hom na sy geboorte drie maande lank weggesteek toe hulle sien dat hy 'n mooi kindjie is. Hulle was nie bang vir die bevel van die koning nie. 24 Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. *

oubaas 6.05.10 - 07:23pm
25 Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te he. 26 Die smaad ter wille van die Christus het hy 'n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het. 27 Omdat hy geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede van die koning bang was. Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien. *

oubaas 6.05.10 - 07:23pm
28 Omdat hy geglo het, het hy die pasga ingestel en die bloed aan die deurkosyne laat smeer sodat die engel van die dood nie die eersgeborenes van Israel sou tref nie. 29 Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droe grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. 30 Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. *

oubaas 6.05.10 - 07:24pm
31 Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met die wat aan God ongehoorsaam was nie. 39 En hoewel daar oor hulle almal vanwee hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, 40 omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie. *

oubaas 6.05.10 - 07:25pm
Kan jy sien wat met 'n klomp mense gebeur het omdat hulle geglo het? Dit lyk my geloof werk. *

oubaas 6.05.10 - 07:25pm
Wat is ware geloof dan? *

oubaas 6.05.10 - 07:25pm
Hebreers 11 : 1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dis ware geloof. *

oubaas 6.05.10 - 07:26pm
As ek iets kan sien, het ek nie geloof nodig nie. Dan raak geloof irrelevant. *

oubaas 6.05.10 - 07:26pm
Ware geloof in God is om as't ware roekeloos te glo. *

oubaas 6.05.10 - 07:27pm
, Ware geloof is om waaragtig die Here se wil in 'n saak te soek, en seker te maak dat ek reg hoor. Om te gaan toets of dit waaraan ek so krampagtig vashou, wel God se wil is. *

oubaas 6.05.10 - 07:28pm
Ware geloof is om myself buite hierdie prentjie te hou, en te vertrou dat God se wil geskied. Sonder my inmenging. *

oubaas 6.05.10 - 07:28pm
, Ware geloof is om die antwoord wat God op 'n saak gee, ten volle en onvoorwaardelik te aanvaar. Dan glo ek mos regtig in God. *

oubaas 6.05.10 - 07:29pm
Ware geloof is om God ten volle te vertrou, al is die uitkoms anders as wat ek gedink het. *

oubaas 6.05.10 - 07:29pm
, Ware geloof is om God te vertrou dat Hy groot goed deur my kan doen. God-grootte take. *

oubaas 6.05.10 - 07:30pm
NB: Ware geloof is om die Woord van God ten volle, in sy totaliteit te aanvaar, met alles wat daarin is. Met die belangrikste element, die verlossingsboodskap van Jesus. Sy Godheid, Sy lewe - maagdelike geboorte, sterwe - kruisiging, opstanding, hemelvaart - alles. En dis net moontlik deur die Heilige Gees. *

oubaas 6.05.10 - 07:30pm
Kom ons vra Hom om Sy Gees vir ons te gee. *

oubaas 6.05.10 - 07:31pm
Gebed Here, ek bid dat ons U wil in ons lewe sal aanvaar en ten volle op U sal vertrou. Amen *

oubaas 6.05.10 - 07:31pm
http://www.heuning.co.za/rippel%20geloof.htm *

oubaas 6.05.10 - 07:32pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20geloof.htm *

oubaas 6.05.10 - 07:32pm
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *

oubaas 6.05.10 - 07:32pm
, Ook gepos by: http://OUBAAS.wapgroups.com/ OUBAAS WAPGROEP *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store