WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: BESIG
Replies: 25 Views: 2490

oubaas 7.09.08 - 06:41am
BESIG

Hoe was jou naweek? Het jy so bietjie gerus? Afgevat? Lang naweek gehou? Werkersdag gevier - in die tuin? Waarmee was jy besig? Gaan jy vandag baie besig wees? En more? Res van die kort week? Is volgende Saterdag klaar vas, of gaan jy dan ook besig wees? Besig vanaand, reeds besig Desember? 2015? Wat is die eerste ding wat jy se as iemand vra hoe dit met jou gaan? Sjoe!! Ons hol rond, besig met dit, besig met dat!! Nie tyd vir niks!?! Vreeeeslike woord die, hierdie besig woord..... *

oubaas 11.07.09 - 08:02am
Kom ons kyk gou bietjie terug na die afgelope jaar. Toe ons so besig was. Wat kan ons daarvoor wys? Is alles op datum? Aai tog!! Is ons nie maar soms so bietjie pateties nie!! Weet jy wat gebeur met hierdie oordrewe besig wees? Ons verwoes onsself!! Ons begin hartsiektes ontwikkel, en kry beroertes, as gevolg van stress!! *

oubaas 11.07.09 - 08:02am
Ons liggame gaan agteruit, kry vreeslike plooie, gebruik al hoe meer medikasie, hardloop van bakboord na stuurboord, hol rond vir werk, jaag agter die kinders aan, werk, werk, werk, skeep ons vriende en familie af, rus niks meer nie. En eventueel, verbind ons woordeskat na drie woorde - Ek is besig. *

oubaas 11.07.09 - 08:03am
Dis die een kant van die saak. Daar is nog 'n kant. Mense wat net beweer hulle is besig!! Statussimbool. Het 'n vriend gehad. Sy ma was altyd moeg van besig wees. Moeg gewerk, moeg ge-alles!! Maar ek kon nooit sien waarvan nie!! Shame. Se iemand nou die dag ook vir my hulle is so verskriklik besig - aai - die man jammer gekry, totdat hy probeer verduidelik waarmee. *

oubaas 11.07.09 - 08:03am
Amper gelag. Jy sien, party mense is regtig besig, en ander se regtig hulle is besig. Niks tyd nie!! Meer besig as ander mense! Wat heeldag rondsit en niks doen nie. *

oubaas 11.07.09 - 08:04am
Besig wees. Was dit God se plan? Kom ons kyk wat het Hy gedoen! *

oubaas 11.07.09 - 08:05am
Genesis 2 : 1 - 3 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. 2 Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. 3 Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het. *

oubaas 11.07.09 - 08:05am
Jy sien, God het in die skepping voorsiening gemaak vir 'n ritme wat maak dat die mens beskerm word teen homself. Hierdie oordrewe gejaag is nie deel van Sy plan nie. Maar ons? Ons word so taakgedrewe, dat alles anders daarvoor moet plek maak. Ons word horlosie en sirene mense, hardlopers, skarrelaars, haastig afsluk-mense, maak-gou-mense, ons-is-laat-mense. Kitskos, kitsoplossings, kits stiltetyd (al gehoor van die een minuut stiltetyd boekies?) Kry tot 'n boek - die 10 dae MBA-graad. *

oubaas 11.07.09 - 08:06am
Ons rekenaars moet nog vinniger, shortcuts op die selfoon. Weet jy wat die wereld vir jou vertel? Koop hierdie en hierdie, dan het jy meer tyd vir jou geliefdes!! Twak man!! En dit maak van ons:- *

oubaas 11.07.09 - 08:06am
* senuweewrakke * hartlyers * gespanne en vol stres * maagsere * ons drink allerlei anti-depressante (sonder dat ons depressielyers is) En hoe reageer ons? * kook van frustrasie * ontplof oor niks * verwoes verhoudinge - en ons gesinslewens * begin in vrees leef oor more * verwoes ons slaappatrone. *

oubaas 11.07.09 - 08:07am
En dan - eventueel - skuif ons vir God eenkant. *

oubaas 11.07.09 - 08:07am
Het jy al die storie gehoor?? Per e-pos. Satan hou 'n konferensie met sy demone. Ons kan nie keer dat Christene kerk toe gaan nie. Of Bybel lees en die waarhede verstaan nie. Ons kan nie eers keer dat Christene 'n verhouding met God het nie. En as hulle eers hulle verhouding met Jesus baie sterk en vas het, is ons verlore. Die demone vra toe, maar wat kan ons dan doen? *

oubaas 11.07.09 - 08:08am
Toe kom Satan met 'n meesterplan!! Hou hulle besig - met beuselagtighede en gaan ontwikkel dinge wat hulle aandag aftrek. Laat hulle koop, koop, koop, en dan leen, leen, leen. Sodat hulle verskriklik hard moet werk, werk en werk. Vang hulle so vas in hierdie patrone dat hulle vrouens moet werk, werk en werk. Maak hulle so gulsig vir aardse goeters dat hulle selfs hulle gesinne sal inruil daarvoor!! Oortuig hulle om laaaang ure weg te wees van die werk af. *

oubaas 11.07.09 - 08:08am
13 ure per dag, en hulle word net vir 8 betaal. Kweek soveel vrees in hulle oor hulle finansies, en verdof hulle gewete oor hulle geliefdes. Dit sal wonderlike dinge vir ons bose koninkryk teweeg bring - egskeiding, gebroke gesinne, dwelms by die kinders - agv stress, selfmoord onder tieners omdat pa en ma weg is!! Maak hulle e-pos posbusse vol met goed, ja, selfs geestelike boodskappe - dit vat nog meer tyd. *

oubaas 11.07.09 - 08:09am
Neem ook tyd van hulle stiltetyd weg - en neem die plek daarvan. Hulle sal ook nie meer kan getuig nie!! Die forward-knoppie sal die enigste poging van getuienis wees. Want daar word 'n skuldgevoel aan gekoppel as hulle nie aanstuur nie!! Hou hulle te besig om in God se natuur te kom, te besig vir intimiteit tussen man en vrou - gee hulle sommer hoofpyn!! *

oubaas 11.07.09 - 08:10am
Laat kersvader die plek van Jesus in 'n krip inneem. Sport oor naweke (ook Sondae) hulle van die huis van die Here wegneem. Leer hulle 'n verwronge sin van liefde. Oortuig vir meneer dat hy nie gevra het om verlief te raak op poppie by die werk nie. Laat stilteyd 'n stille dood sterf!! *

oubaas 11.07.09 - 08:11am
Wat 'n plan van Satan!!! di*nk jy hy is suksesvol? *

oubaas 11.07.09 - 08:11am
Natuurlik moet ons werk - en ja - baie baie vrouens moet net eenvoudig werk. Maar - ek glo - die meeste hoef nie!! Wat sal jou kind kies? *

oubaas 11.07.09 - 08:12am
Wat sal ek en jy nog prysgee ter wille van 'n gejaag na aardse dinge? Ons huwelike, kinders, vriendskappe, selfwaarde - ONS SALIGHEID? *

oubaas 11.07.09 - 08:12am
Al wat ek se is, daar is 'n balans!! 'n Goeie vriend van my het my 'n amazing woord geleer. Drie letters. NEE!! *

oubaas 11.07.09 - 08:13am
Hierdie naweek kyk ek hoe my kind rugby speel. Vanaand gaan ek rus? Het jy dalk selfs te veel Geestelike aktiwiteite? *

oubaas 11.07.09 - 08:14am
Dalk 'n bietjie beplanning, effens afskaal. Kleiner motor - of huis. Goedkoper skool - dalk moet jy toe nie agter hierdie groot nuwe pos aan hardloop nie. Die een met die baie geld. Genoeg vir 'n groot mediese skema, vir die groot maagseer - die een met 'n ingeboude begrafnisplan. *

oubaas 11.07.09 - 08:14am
Nee wat - nie die moeite werd nie. Bedaar. *

oubaas 11.07.09 - 08:15am
Gebed: Here, gee ons asseblief die wysheid om 'n balans in ons lewens te handhaaf. Gee dat ons U altyd eerste sal stel, want dan sal ons deur U Heilige Gees rustigheid in ons lewens kry. Amen *

oubaas 11.07.09 - 08:15am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20besig.htm *

oubaas 11.07.09 - 08:18am
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store