WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: DIE HERE IS NABY
Replies: 11 Views: 2023

oubaas 14.01.09 - 04:27am
DIE HERE IS NABY - 7 Januarie 2009

2009! 'n Nuwe jaar, nuwe voornemens, 'n mylpaal, 'n tyd om laas jaar se suksesse te vier, of om te meet of die vorige jaar se verwagtinge behaal is. Kersfees is gevier met die gedagte dat ons Verlosser gebore is. Ons het baie get, baie gekuier, baie gerus en BOEM! daar tref die werklikheid van nog 'n jaar ons maar net weer. Die dominee s op oujaarsaand dat navorsing nou wys dat mense na slegs twee weke maar net so uitgebrand is as aan die einde van November. Terug by die werk bring weer die realiteite van die lewe op die voorgrond, en al die lekker is vergete. Kersfees is verby, die jaar gaan aan, en waar is die Here nou? Wel, die wonderlike antwoord is: NABY! Naby, waar Hy altyd is. Naby, hier in ons, voor ons, oral - vir die wat Hom soek.. *

oubaas 14.01.09 - 04:28am
Ps 34:1-11
1 'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Di het hom weggejaag en hy het padgegee.
2 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees.
3 Ek sal die roem van die Here sing; die wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
4 Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.
5 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6 Di wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
7 Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.
8 Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom di wat die Here dien, en red hulle.
9 Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.
10 Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
11 Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie. *

oubaas 14.01.09 - 04:28am
Jy sien, hierdie Desember/Kersfees/Nuwe Jaar - mypaal verdoesel so half die werklikheid vir 'n rukkie, want Januarie word ons weer wakker geskud. Ek hoop dat hierdie Psalm jou sal help om die nuwe jaar met moed in te gaan! *

oubaas 14.01.09 - 04:30am
Dawid se: Die Here is naby, en in vers 2 se hy: Ek sal die Here altyd weer prys. Ek sal sy roem besing. Hy se: Sing saam met my oor die grootheid van die Here. Want Hy het my gered uit doodsgevare. Ek het geroep en Hy het gehoor. Dan se Dawid 'n baie waar ding: Die wat swaarkry, sien op na Hom en straal van blydsakp, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. Kyk mooi, daar staan nie: Die wat opkyk na Hom, sal nie swaarkry nie. Nee, selfs die wat swaarkry sal straal van blydskap. Eendag het Stephan Joubert gese dat daar op meer plekke in die Bybel staan dat die Here jou beskerm IN moeilike tye, as TEEN moeilike tye. Die Here is naby! Die engel van die Here slaan sy laer op rondom di wat Hom dien, en red hulle *

oubaas 14.01.09 - 04:30am
Weet jy, ons se baie keer dat ons wegdryf van die Here af, maar ek di*nk nie dis waar nie, want die Here kan nie weg wees van Sy kinders af nie. Die Here is altyd naby, Hy is altyd orals. Dit is wel waar dat ons soms ons verhouding met Hom verwaarloos. Die Here is niks nader aan mense wat gereeld met Hom tyd spandeer nie. Mens hoef Hom nooit nader te wink uit die verte en wag dat Hy arriveer nie. Hy IS daar. Maar om die verhouding met Hom te verwaarloos, maak dat ons die sen verbeur van intimiteit met Hom. En daardie keuse los Hy vir ons. Vers 9 het die uitnodiging: Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil. Dawid het mooi verstaan - hy kon uit eie ervaring hierdie uitnodiging maak. Hy weet dit werk, daarom nooi hy ons om dit ook te probeer. *

oubaas 14.01.09 - 04:31am
Ps 34:10-15
10 Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
11 Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie.
12 Kom, kinders, luister na my! Ek wil julle leer hoe om die Here te dien.
13 As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,
14 moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.
15 Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! *

oubaas 14.01.09 - 04:32am
Hier gee Dawid die geheim weg van hierdie ervaring. As iemand - hiermee waarsku hy teen kwaadpraat, leuens en kwaaddoen. Jy sien, die Here wil verseker die goed van die lewe vir al sy kinders gee. En kwaadpraat, leuens en kwaaddoen is tog altyd immers teen ander mense gemik. En ja, hoe dikwels vuur ons nie geniepsige en nydige pyltjies vol gif af op ander mense nie? Dis toe nie net kriminele kwaaddoeners wat mense seermaak nie, of hoe? Dan is dit mos logies dat hierdie gedrag ons verhouding met die Here sal benvloed. Dit steel ons lewenslekkerte, en bo alles steel dit ons vrede. *

oubaas 14.01.09 - 04:32am
Vers 15 se: Bly weg van die kwaad en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na. Wow - SOEK vrede sien jy dat dit dalk moeite kan wees om vrede te ontdek en te bekom? Harde werk om dit na te jaag? Sien jy dat dit nogal die moeite werd kan wees om vir vrede te werk? Wat wil jy meer he as vrede? Dis tog seker lewensvervulling. *

oubaas 14.01.09 - 04:33am
Ps 34:16-23
16 Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.
17 Maar Hy tree op teen di wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.
18 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.
19 Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.
20 Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.
21 Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige: geen been word gebreek nie.
22 Die kwaad wat die goddelose doen, bewerk sy eie ondergang: vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.
23 Die Here maak sy dienaars vry. Wie by Hom skuil, sal nie as skuldige behandel word nie. *

oubaas 14.01.09 - 04:35am
Die Here is naby aan die wat Hom soek. Dis nogal duidelik wat die Here vir ons wil se: Bly in My - en Ek sal met die onregverdiges, die kwaaddoeners, die Goddeloses afreken. Vers 20: Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal Ja, daar sal rampe kom, die kwaaddoeners en goddeloses ht 'n invloed op jou en my lewens, dit maak verseker die lewe vir ons moeilik. Maar - dis nie ons saak nie. Volgens vers 22 bewerk die kwaad wat die goddelose doen sy eie ondergang; hy sal boet vir sy vyandskap teen die regverdige, terwyl die Here sy dienaars wat by Hom skuil vry maak (vers 23). *

oubaas 14.01.09 - 04:36am
.Die Here is naby, ook in moeilike tye. Hy is in beheer, al tref moeilike goed ons. Hy smag na intimiteit met ons juis wanneer ons wegskram van Hom af. Hy red, selfs al voel dit of Hy stadig is. Die Here is naby in 2009 - mag jy dit so ervaar!

*

oubaas 14.01.09 - 04:37am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20die%20here%20is%20naby.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store