WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: VOORRAADOPNAME
Replies: 14 Views: 1057

oubaas 23.05.09 - 03:46am
So eenmaal n jaar doen elke groot maatskappy n voorraadopname. Dis nogal n belangrike deel van die maatskappy se rekenkundige proses. Dis nodig om die huidige status van die maatskappy vas te pen, dit word gebruik om te bepaal hoe die verlede was, hoe dit nou lyk, en hoe dan vorentoe. Ek di*nk nie dis noodwendig n lekker werk nie mense staan so met die clipboard in die hand en tel die blikkies kos, die vuurhoutjies, die Wilson toffies... ens. Dan kyk hulle of die boeke klop, of die huidige status is soos hulle gedink het dit behoort te wees. Dit is natuurlik nodig om voorraadopname te doen, anders gaan jy nie n idee he wat in jou maatskappy aangaan nie. *

oubaas 23.05.09 - 03:48am
Net so moet ons as Christene soms gaan stilstaan, oor alles reflekteer, voorraad opneem, en kyk na die balans van bates en laste. Natuurlik wil jy he die bates moet toeneem en die laste moet afneem. Voorraadopname is nodig om te sien of jy op die regte pad is, of jy jou tyd op die verkeerde dinge mors, of jy die regte dinge doen, en die regte dinge los. Miskien moet jy stop, dalk omdraai, miskien links of regs beweeg, en soms (as jy gelukkig is) kan jy maar net vorentoe cruise en doen wat jy doen. Miskien moet jy in die resies bly, maar die plan aanpas. *

oubaas 23.05.09 - 03:51am
Prediker 1:1-11 Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem. Alles kom tot niks, se die Prediker, tot niks. Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wereld? Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wereld bly altyd dieselfde. Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom. Die wind waai suid, draai noord, waai hierheen en daarheen en dan draai hy maar weer. Al die riviere loop in die see in, maar die see word nooit vol nie. Die riviere hou aan om te loop na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het. Woorde vervaag mettertyd, en n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie. Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wereld nie. Kan jy van iets se dit is nuut? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd. Wat verby is, word vergeet, en ook wat later kom, sal vergeet word deur die wat daarna kom. *

oubaas 23.05.09 - 03:52am
Dit klink so half depressief, of hoe? *

oubaas 23.05.09 - 03:54am
Hoe lyk dit vandag daar in jou lewe? Kom ons begin by onsself as persoon, en doen voorraadopname soos wat dit nou is. Hoe voel jy oor jouself? Is jy n stress-bol? Ploeg jy elke dag verder en verder agteruit op pad na nerens? Bederf jy jouself soms so bietjie met iets lekker iets wat jou lekker laat VOEL? (dit moet natuurlik iets wettig en mooi wees!) Hoe lyk dit met jou gesondheid? Is daar tyd vir ontspanning en miskien bietjie werk aan jou fiksheid? n Mens se selfbeeld en selfwaarde word so maklik afgebreek as mens net vir ander leef (en nou praat ek nie van jou gesin nie). Miskien moet ons leer om meer kere NEE te se, selfs vir kerkgoed. Is daar nog dinge wat jou regtig goed laat voel? Laat jy dalk selfvernietiging in jou lewe toe? *

oubaas 23.05.09 - 03:57am
Kom ons kyk bietjie na die gesinslewe. Hoe lyk jou voorraadvlakke daar? Spandeer die gesinslede genoeg tyd met mekaar? Is daar liefde in die huis? Is dit nie so dat ons maar skraps is met voorraad van die regte goed nie? Efesiers 5:21 se: Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. LW: uit eerbied vir Christus. Dis vir die Here nogal belangrik dat dinge op die tuisfront goed gaan, weet jy? Dan gee die Here vir ons as mans n belangrike byvoegsel in vers 25: Mans, julle moet julle vrouens liefhe soos Christus die kerk liefgehad en Sy lewe daarvoor afgele het; en verder in vers 28: Die mans behoort hulle vrouens so lief te he soos hulle eie liggame. di*nk so bietjie mooi saam met my oor jou verhouding met jou lewensmaat. Wat bou ons met ons woorde in ons lewensmaats in? Komplimente, opbouende woorde, aanmoediging, hulp, ens? Of is dit afbrekende woorde, beledigings, negatiwiteit en verwoesting? Nee man, kom ons los ons nonsens en sorg dat daar liefde in ons huise is. *

oubaas 23.05.09 - 04:00am
Voorraadopname in ons werksituasie is nogal n tammeletjie: ons werk ons dood, jaag ons dood, probeer elke dag om beter te presteer en dit alles doen ons uit vrees. Se nou maar net ... Vrees om jou werk te verloor, vrees vir more, vrees vir die toekoms. Dis die een rede. Die ander groot rede is greed (gierigheid) ons kan net nie genoeg kry nie. Nie genoeg geld, nie genoeg bates, nie genoeg status, genoeg roem, genoeg posisie nie ... net nog, nog, nog! Spreuke 30:15 Die bloedsuier het twee dogters, hulle is Gee! en Gee! Dis vreeslik as dit op daardie punt kom. Wanneer is genoeg genoeg? Weet jy, ek het nog nooit gehoor van iemand wat doodgegaan het van genoeg ontspanning, of genoeg rustigheid nie, en genoeg vergenoegdheid nie. Blybaar kom stres nie in hierdie gebiede voor nie. Maar BAIE mense het hulle al letterlik dood gewerk, toegelaat dat hulle harte gaan staan, en hare oornag grys word, en bloeddruk hemelhoog opskiet. Vir wat? Weet jy hoe lyk n gesonde situasie in hierdie verband? Wil jy hoor hoe dit moet wees? Ps 37:3 Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort . Wow, soveel wysheid in een vers. Woon en werk rustig voort. Hoe lyk dit daar by jou? Spog jy dat jy n werkslaaf is? As hierdie voorraadopname se syfers nie klop nie, moet jy vinnig n besluit maak. *

oubaas 23.05.09 - 04:01am
Dan natuurlik, die belangrikste element van die voorraadopname: waar staan die Here? Of is daar ook nie tyd vir Hom nie? *

oubaas 23.05.09 - 04:03am
Openb 2:1-5 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Efese: So se Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe goue lampe rondgaan: Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie. Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is. Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie. Maar Ek het dit teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. di*nk daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat! *

oubaas 23.05.09 - 04:06am
Onthou jy toe Jesus vir Petrus gevra het of hy Hom liefhet? Dit was voorraadopnametyd vir Petrus. Openbaring 2 vra ook vir voorraadopname: hoe lyk jou en my liefde vir Jesus? Waarvoor is ons werklik die liefste? Ek speel nou nie die Here teen jou huweliksmaat of jou kinders af nie. Petrus moes nogal vasstaan toe die Here dit vir hom gevra het... en Hy vra dit sommer drie keer! Nou vra ek vir ons: Mens, het jy die Here waarlik lief? Rerig, rerig? Het jy Hom onvoorwaardelik lief? As ons nou Pinocio was met sy houtneus, waar sou jou neus geeindig het? Praat ons regtig die waarheid as ons se dat ons Hom liefhet? Jesus het Petrus eintlik voor n toets gesit. Petrus, as jy My regtig liefhet, laat my lammers wei. Pas My skape op. Toe Jesus klaar vir Petrus met hierdie vraag getoets het, se Jesus vir hom n amazing ding. Aan die einde van daardie gedeelte staan in vers 19: daarna se Hy vir hom: volg My. *

oubaas 23.05.09 - 04:06am
So se die Here vandag vir ons met hierdie voorraadopname: As jy My waarlik liefhet, volg My. Moenie agterbly nie, vriend, volg Hom. Waarheen? Hemel toe! Hoe lyk ons staat van bates en laste? Geestelik bankrot? Of is die skatkamers van liefde chock en block-vol? *

oubaas 23.05.09 - 04:08am
Kom ons neem vandag voorraad op:
1) onsself
2) familie/huweliksmaat
3)werksituasie
4)liefde vir God *

oubaas 23.05.09 - 04:08am
Waar staan jy? *

oubaas 23.05.09 - 04:10am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20voorraadopname.htm *

oubaas 23.05.09 - 04:10am
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk Oppie Koffie

EN

: http://oubaas.wapgroups.com OUBAAS WAPGROEP Terug na facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&ref=pb *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store