WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: BEWYSE
Replies: 17 Views: 1011

oubaas 8.06.09 - 02:38pm
BEWYSE 20 Mei 2009
Ons leef in n wereld waar die mens alewig soekend is. Soms is daar dinge wat ons ontwyk, wat ons net nooit raaksien nie. Soms kyk ons dinge mis, omdat ons net nie wl sien nie. Soms sien ons dinge raak, maar ons misken dit. Soms soek ons bewyse...
*

oubaas 8.06.09 - 02:39pm
Joh 20:19-28 Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gese: Vrede vir julle! Nadat Hy dit gese het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. Vrede vir julle! se Hy weer vir hulle. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Nadat Hy dit gese het, blaas Hy oor hulle en se: Ontvang die Heilige Gees! As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie. *

oubaas 8.06.09 - 02:39pm
Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. Die ander dissipels se toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy se vir hulle: As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gese: Vrede vir julle! Daarna se Hy vir Tomas: Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig. En Tomas se vir Hom: My Here en my God! *

oubaas 8.06.09 - 02:42pm
Tomas het gesien, ervaar, Jesus gehoor, saam met Hom geloop alles! Maar toe twyfel hy nog steeds. In hierdie traumatiese tyd moes dit seker bitter moeilik wees om regtig staande te bly. En toe hy Jesus voor hom sien staan, vra hy bewyse. En Jesus gee dit vir hom: bring jou vinger, kyk na My hande. TOE glo hy. Net so kyk ons daagliks sulke wonderlike dinge rondom ons mis, omdat ons alles as so vanselfsprekend aanvaar. *

oubaas 8.06.09 - 02:44pm
So kom die ongelowige en hy se dat niks wat ons as Christene doen vir hom sin maak nie. Die ateis se hy kan nie glo in iets wat hy nie kan sien nie. Hy soek bewyse, en hoe meer bewyse jy voorhou, hoe meer word dit geignoreer. Maar as jy WIL sien, dan sal jy! Kan jy my nou sien? Weet jy hoe ek lyk? Behalwe as jy my persoonlik ken, sal jy se nee. Glo jy ek bestaan? Wel, as jy soos n ateis dink, sal jy se nee, want ek sien hom nie, daarom bestaan hy nie. *

oubaas 8.06.09 - 02:45pm
Jy sien, die Here het vir ons twee belangrike dinge gegee: sintuie en gesonde verstand. Die feit dat jy my kan hoor praat oor die radio, bewys vir jou dat ek bestaan, of hoe? Dit kan nie anders nie! Met jou verstand kan jy dit uitredeneer. *

oubaas 8.06.09 - 02:46pm
Die wereld is vol bewyse: n sagte geritsel van n boom bewys dat daar n windjie waai, al sien ons nie die wind nie. In Gen 3:8 hoor ons hoe God in die aandwind in die tuin wandel. Soms is die wind net n sagte geritsel, soms is dit stormwinde wat dakke afwaai. Die Here verskaf die bewyse dat die wind bestaan. Aan die ander kant kan ons die son sien, sowel as die bewyse dat dit bestaan. *

oubaas 8.06.09 - 02:47pm
As ons kan sien waar ons loop, sonder kunsmatige lig, weet ons dat die son skyn. In die skeppingsverhaal lees ons dat God die groot hemelligte skep om lig te verskaf bedags en snags. n Lekker warm broei in die sonnetjie bewys dat die son se strale gearriveer het. Die Here gee so baie bewyse; partykeer het ons net so bietjie kennis en redenasievermoe nodig om dit te snap. *

oubaas 8.06.09 - 02:48pm
Die Here gee vir die mens soveel insig en verstand dat hy by wonderbaarlike ontdekkings kan uitkom, en bv natuurwette kan verstaan en dit toepas en gebruik om sy lewe te verbeter. So het Einstein se formule E=mc2 veroorsaak dat ons kernenergie kan opwek wat elektrisiteit kan voorsien. Wonderlik! *

oubaas 8.06.09 - 02:49pm
Opgrawings bewys die geskiedenis. Dit bewys dat die mense geleef het waarvan die Bybel praat. Ongelukkig is die negatiewe ook waar. Leuens bewys n vals persoon. Die Bybel se so. Gierigheid bewys die moontlike gevaar van geld. Bose planne bewys n onregverdige mens. Oorlog is die bewys van magmalheid. n Aanhoudende gekla bewys ondankbaarheid. Geknakte kinders bewys gebroke huise. Geweld in die huis bewys die geweldadige effek van egskeiding. *

oubaas 8.06.09 - 02:50pm
Dwelms en selfmoord bewys soms afwesige ouers. Kindermolestering bewys n siek siel. Die positiewe kant: n bloesende vrou bewys n man wat haar liefhet. Vrolike gelag bewys vrede en vreugde in n huis. Kinders wat dankie se bewys n goeie opvoeding. Vrede in jou hart bewys vergenoegdheid. n Lekker drukkie bewys iemand wat omgee. So ook n onverwagse oproep. n Kind wat vooruitgaan in die lewe is die bewys van stabiliteit in die ouerhuis. *

oubaas 8.06.09 - 02:52pm
n Liefdesbriefie in die kosblik bewys dat iemand aan jou dink. Gebrek aan oordadige bekommernis bewys dat n persoon werklik kan vertrou. Iemand wat gereeld getuig van God, bewys opregte geloof. Sing, lag, dans, bewys dat God iemand se hart geinfiltreer het. *

oubaas 8.06.09 - 02:54pm
Die Skepping bewys n Skepper. Kompleksiteit bewys n briljante ontwerper. Die Bybel bewys die skrywers, en die ongelooflike akkuraatheid daarvan bewys die werking van die Heilige Gees. n Graf bewys n dooie liggaam, maar n lee graf bewys n opgestane Here. Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing bewys die vrug van die Gees. Genesing bewys nie n dokter nie, maar n Geneser (wat die dokter as instrument gebruik). *

oubaas 8.06.09 - 02:54pm
Om meer te he as wat jy verdien, bewys God se seen. Om weer op te staan nadat jy geval het, bewys dat God daar is vir jou. Om vandag te kan ingaan terwyl jy nie weet hoe jy dit gaan maak nie, bewys vertroue en hoop in die Een wat jy nie kan sien nie. Om terug te kyk en soms net een ry spore te sien, bewys dat God nog altyd getrou was. Om te ervaar hoe diepgewortelde pyn met tyd genees, bewys dat daar n gentle Healer aan die werk is in jou lewe. Onbeskryflike genade bewys dat daar n kruis was. *

oubaas 8.06.09 - 02:55pm
Ongekende liefde bewys 1 Kor 13 korrek: nou bly geloof, hoop en liefde die grootste hiervan is die liefde. n Klop aan jou hart, bewys dat Jesus met jou n feesmaal wil he. n Seun bewys 'n vader so bewys die Seun, Jesus Christus, die bestaan van God die Vader. Sy hemelvaart bewys n plek waar ek en jy vir ewig saam met die Koning van die konings kan heers. *

oubaas 8.06.09 - 02:55pm
Soek jy nog bewyse? Is hierdie nie genoeg nie? Is dit nie wonderlik hoe God Hom aan ons openbaar nie? *

oubaas 8.06.09 - 02:56pm
As jy nou n sagte stem in jou gemoed hoor, bewys dit dat God met jou n saak het. *

oubaas 8.06.09 - 03:00pm
Bron: http://heuning.co.za/rippel%20bewyse.htm Heuning

Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE
Terug na facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&ref=pb *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store