WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: WAAR WOON DIE HERE?
Replies: 25 Views: 1679

oubaas 8.06.09 - 07:57pm
WAAR WOON DIE HERE? 3 Junie 2009
Waar woon die Here? Waar is Sy huis? Sy hoofkwartiere? Waar beplan Hy Sy strategie? Hoe lyk Sy kantoorure? Het Hy 'n oopdeur-beleid? Het Hy 'n klompie raadgewers nodig om Hom by te staan met besluite? *

oubaas 8.06.09 - 07:57pm
Wel, ek di*nk ons as mense lei nogal aan hierdie ding dat ons glo ons kan die Here beperk tot 'n plek, 'n denkrigting, 'n seker metodiek, 'n vaste uitkyk op die lewe. Ons probeer die Here so maklik beperk tot ons gedagte wereld. Maar... waar is Sy huis? *

oubaas 8.06.09 - 07:58pm
2 Sam 7:111 Toe koning Dawid in sy eie huis woon, nadat die Here hom rus gegee het van al sy vyande in die omgewing, se hy vir die profeet Natan: Kyk, ek woon in 'n huis wat met sederhout versier is, maar die ark van God staan in 'n tent. Natan het die koning geantwoord: Doen gerus alles wat u in gedagte het. Die Here is by u. Dieselfde nag het daar egter iets gebeur: die woord van die Here het tot Natan gekom en vir hom gese: *

oubaas 8.06.09 - 07:59pm
Gaan se vir my dienaar Dawid: So se die Here: Wil jy vir My 'n huis bou om in te woon? Vandat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het tot nou toe het Ek nog nooit in 'n huis gewoon nie. Ek het in tent en tabernakel rondgeswerf saam met al die Israeliete. Het Ek ooit vir een van die stamme wat Ek beveel het om die leiding van my volk Israel op hom te neem, gese: 'Waarom bou julle nie vir My 'n huis wat met sederhout versier is nie?' Nou moet jy vir my dienaar Dawid se: *

oubaas 8.06.09 - 08:00pm
So se die Here die Almagtige: Ek het jou uit die weiveld agter die kleinvee weggevat om oor my volk Israel te heers. Oral waar jy gegaan het, was Ek by jou; al jou vyande het Ek voor jou oe uitgedelg. Ek het jou so beroemd gemaak soos die grotes op die aarde. Ek het 'n woonplek aan my volk Israel gegee en hom gevestig, sodat hy sonder vrees in sy plek kan woon. Slegte mense sal hom nie meer verdruk soos voorheen toe Ek leiers oor my volk Israel aangestel het nie. Ek sal jou rus gee van al jou vyande. Ek maak aan jou bekend dat Ek vir jou 'n koningshuis gaan vestig. *

oubaas 8.06.09 - 08:00pm
Lyk my Dawid het met dieselfde ding gesukkel. Hier le Dawid een aand knus in sy bed en wonder so oor al die weelde van sy bestaan, en rus na 'n stywe dag by die werk. Klink of hy 'n lekker sarsie oorlog gevoer het en heerlik uitrus na so 'n paar swaardgevegte. *

oubaas 8.06.09 - 08:01pm
Toe di*nk hy so by homself:- My jitte, hier le ek in my huis (paleis), versier met sederhout, maar die Here moet tevrede wees met 'n plekkie in 'n yskoue, onpersoonlike tent. En woeps, daar kom die skuldgevoelens. Ek in my paleis, God in 'n tent. Tipies koning Dawid, besluit hy sommer daar en dan dat hy gou 'n plan sal maak, sal sommer dadelik die planne optrek. *

oubaas 8.06.09 - 08:02pm
Plaas dat hy daaraan di*nk om die Here in sy eie huis (of hart) innooi, wil hy Hom as buurman he. Ek wonder nogal presies wat hy in gedagte gehad het. Moes die huis dan nou groter, en weelderiger wees as sy eie huis, of min of meer dieselfde? 'n Groot huis met die verbondsark in. Lyk my hy het so half gedink die Here se bestaan is beperk tot die verbondsark. *

oubaas 8.06.09 - 08:02pm
Waar woon die Here? Toe Dawid nie mooi weet wat om te doen nie, wend hy hom tot die profeet Natan. En Natan, soos talle sogenaamde profete vandag, se sommer die eerste ding wat in sy kop opkom. Doen gerus alles wat u in gedagte het, die Here is by u. Klink tog so bekend, of hoe? Mense gee so maklik ondeurdagte raad wat goed sal klink in 'n bepaalde situasie, sonder om te gaan hoor by die Here, sonder om te gaan bevestig. Terwyl Dawid so le en planne bedink, gebeur 'n snaakse ding. *

oubaas 8.06.09 - 08:03pm
Die Woord van die Here kom tot Natan in sy slaap. (2 Sam 7:4-5) Toe Natan stil word voor die Here, en homself instel op die stem van die Here, toe hoor hy dit, Stilword, wag, luister. Net so moet iemand waar waarlik die gawe van profesie het, gaan bevestig of sy gedagtes van die Here kom. Bevestig by die Here, bevestig by ander mense, bevestig in die Skrif. *

oubaas 8.06.09 - 08:03pm
Toe besluit die Here Hy gaan vir Dawid iets mooi laat verstaan; Hy woon beslis nie in 'n tent nie, of in die verbondsark nie! Hy is nie beperk tot strukture nie. Hy woon in en by Sy kinders. Hy het saam met hulle rondgeswerf in die woestyn. Hy was heeltyd daar. Hy se in vers 6:- Ek het nog nooit in 'n huis gewoon nie. Hy woon in ons, en ons in Hom. Vir altyd. *

oubaas 8.06.09 - 08:04pm
Waar woon die Here? In Sy kinders, en hulle in Hom. Vers 9 se :- Orals waar jy gegaan het, was Ek by jou. Eintlik nogal vreesaanjaend as mens so daaraan dink. Dawid, die Here was by die Israeliete in die woestyn, Hy was by die Israeliete in die oorlog, elke oomblik. Dawid, Hy was by jou toe jy op die balkon vir Batseba afgeloer het. En ook toe jy haar in jou kamer ingebring het. Hy was by jou toe jy vir haar met wellus gestaan en bekyk het. Hy was verseker nie in die tent toegezip nie. *

oubaas 8.06.09 - 08:04pm
Hy was by jou Dawid, selfs toe jy haar man laat vermoor het. As ons werk toe gaan, en as ons daar droogmaak, Hy is daar. Sien alles, beleef alles, hoor alles, alomteenwoordig!!! Hy is nie beperk tot 'n plekkie waar Hy toegemaak kan word nie. Orals, altyd, en ja, natuurlik het sy tempel, die kerk, 'n besondere plek in ons Geestelike lewens en Geestelike groei. Dis 'n spesiale plek vir aanbidding met mede gelowiges, plek vir koinonia met ander Christene. *

oubaas 8.06.09 - 08:05pm
Maar dis nie ons primere ontmoetingsplek met die Here nie. Ons kan Hom nie Sondae agterlaat in die kerk, die deur toesluit, en doen wat ons wil nie. *

oubaas 8.06.09 - 08:06pm
Ps 84:16 Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm. Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God. Selfs 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God! Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Sela. *

oubaas 8.06.09 - 08:07pm
Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan. *

oubaas 8.06.09 - 08:08pm
Wonderlike plek, of hoe? *

oubaas 8.06.09 - 08:08pm
Waar woon die Here? In ons en by ons, altyd, ten spyte wat omstandighede. Dawid wou vir die Here 'n huis bou, maar in vers 27 staan daar:- Here, Almagtige, God van Israel, U het nadruklik vir U dienaar gese:- Ek sal vir jou 'n koningshuis vestig, en daarom het U dienaar die vrymoedigheid gehad om hierdie gebed tot u te rig. *

oubaas 8.06.09 - 08:09pm
Dawid het nie vir die Here 'n huis opgerig nie, die Here het vir Dawid 'n koningshuis opgerig. Net so is die Here se woonplek vandag steeds in ons. Waar Hy gaan, sal ek gaan, wat ek doen sal Hy sien, wat ek dink, sal Hy weet. *

oubaas 8.06.09 - 08:09pm
Dan gee Hy spesifieke opdragte van wat Hy verwag: *

oubaas 8.06.09 - 08:10pm
1 Kor 3:1617 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle. *

oubaas 8.06.09 - 08:10pm
Ek di*nk die gedeelte in 2 Samuel se vandag vir ons:- Moenie My jou buurman probeer maak deur my in 'n ander huis langs jou te laat woon nie. Ek sal sommer in jou hart My intrek kom neem, Ek is nie ver nie, Ek is by jou en in jou, selfs in jou woestynpad, en in jou oorlog, jou swaarkry en jou moedeloosheid. Ek wil die Eregas wees in jou tempel. *

oubaas 8.06.09 - 08:11pm
As jy My soek, soek in jou hart, en as jy My nie daar kry nie, doen wat Openbaring 3: 20 se:- Kyk, ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor, sal Ek by Hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. *

oubaas 8.06.09 - 08:11pm
Daar by die kerk sal ons Hom kry, saam met ons medegelowiges. In die tempel het Jesus, Petrus, Paulus en ander dissipels die mense gaan leer. Die kerk is 'n wonderlike plek, dis 'n plek vir saambid, dis die plek waar ons lofsange weerklink. Ps 22:4 se:- U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink. *

oubaas 8.06.09 - 08:12pm
Jy sal Hom orals kry, daar in die nag in jou bed waar jy tot rus kom, dis die plek wat die samesyn met Hom baie baie intiem kan wees. Jy sal Hom in jou huis kry, as jy Hom toelaat. Altyd, orals. Geniet Sy geselskap! *

oubaas 8.06.09 - 08:15pm
Bron: http://heuning.co.za/rippel%20waar%20woon%20die%20here.htm Heuning

Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE
Terug na facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&ref=pb *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store