WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: ERFGENAME
Replies: 28 Views: 1519

oubaas 23.06.09 - 05:09pm
ERFGENAME 10 Junie 2009 *

oubaas 23.06.09 - 05:10pm
Resessie, ekonomiese afplatting, werksverlies, rentekoerse, wisselkoerse, kontantvloei. Al hierdie goed is ernstig aan die orde van die dag en ons word almal hierdeur beinvloed en ons almal ly op die een of ander manier daaronder. Dan glo ek ons almal het iets in gemeen, en dit is dat ons almal graag so ietsie groot wil wen, of erf. Wonder jy ook of daar nie dalk iewers so 'n ryk ou tannetjie is wat net jou naam in haar testament geskryf het nie? *

oubaas 23.06.09 - 05:11pm
Nou nie dat ons die antie haar einde toewens nie, maar as sy gou maak, is jy vinnig uit jou finansieele verknorsing. *

oubaas 23.06.09 - 05:11pm
Wat is 'n erfgenaam? Dis iemand wat geld, bates of besittings kry waarvoor hy nie gewerk het nie, en dan bevoordeel word deur iemand wat hom goedgesind is. Daardie erfgeld sal so 'n persoon dan slegs toeval as dit in 'n geldige testament opgeskryf is. Daardie testament is dan bindend en kan nie deur iemand anders verander word nie. Die testament spreek die uitdruklike wil van die persoon uit. *

oubaas 23.06.09 - 05:12pm
Die persoon wat die testament opstel moet by magte wees om dit op te stel, by sy volle positiewe wees en in goeie geestesgesondheid verkeer. As alles in plek is, kan die erfgenaam staatmaak op sy erfporsie, en hy is dan ook gebind aan die bepalings en voorwaardes. *

oubaas 23.06.09 - 05:14pm
Gal 3 :15 20 Broers, ek gaan nou 'n voorbeeld uit die gewone lewe neem. As 'n testament, wat maar net mensewerk is, eers geldig is, kan niemand dit ongeldig maak of iets daaraan toevoeg nie. God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee. Daar staan nie aan nakomelinge, meer as een nie, maar: en aan jou nakomeling Hiermee wil ek dit se: God het 'n verbond met Abraham gesluit en dit toe al geldig gemaak. *

oubaas 23.06.09 - 05:15pm
Die wet, wat eers vier honderd en dertig jaar later gekom het, kan nie hierdie verbond ongeldig maak, sodat God se belofte aan Abraham nie meer sou geld nie. As 'n mens dit wat beloof is, kry op grond van die onderhouding van die wet van Moses, kry jy dit nie meer op grond van die belofte nie, en God het sy genade aan Abraham juis deur 'n belofte toegese. Watter doel dien die wet dan? *

oubaas 23.06.09 - 05:15pm
Dit is later bygevoeg as gevolg van die sonde, en dit is bedoel vir die tyd totdat die nakomeling op wie die belofte betrekking het, sou kom. Engele het die wet deur middel van 'n tussenganger aan die volk gegee. Maar as daar net een is wat handel, is 'n tussenganger nie nodig nie, en God is net een. *

oubaas 23.06.09 - 05:15pm
In hierdie deel is die hele kruks van die Evangelie saamgevat. God sluit 'n verbond met Abraham en sy nageslag, waarvan jy een is, omdat Hy ongelooflik lief is vir die mens. God maak die weg tot Saligheid oop lank voor die belofte aan Abraham, en skep daardeur vir die mens die geleentheid om die volle erfporsie te ontvang. Nog lank voor Jesus op aarde gebore word, skryf God die testament vir jou en my. *

oubaas 23.06.09 - 05:16pm
Eintlik maak Hy voorsiening daarvoor dat ek en jy alles kan erf, as ons net een ding doen en dit is om die erfporsie op te eis. Maar natuurlik moet jou naam in die boek van die lewe opgeskryf staan, en juis dit is die testament wat die erfporsie op jou laat toeval. *

oubaas 23.06.09 - 05:19pm
Vers 15 se:- As 'n testamanet eers geldig is, kan niemand dit ongeldig maak of iets daaraan byvoeg of weglaat nie. God se in Jes 49:16a Ek het jou naam in My handpalm gegraveer. Sien jy? Vasgemaak, lank lank gelede. Ou-testament. Daarom kan ek en jy staatmaak op die volle erfporsie, die volle beloning wat hierdie testament aanbied. *

oubaas 23.06.09 - 05:20pm
Die wonderlike is dat jy dit met niemand deel nie, want dis asof Jesus net vir my gesterf het, en as ek en Hy alleen op aarde was, sou Hy steeds net vir my gesterf het. Al was dit dalk ek wat Hom aan die kruis moes vasspyker. Jy erf, of jy erf nie, jou naam is in die boek van die lewe, of dit is nie. Jy is die erfgenaam, of jy is nie. So eenvoudig soos dit. *

oubaas 23.06.09 - 05:20pm
Wat moet 'n erfgenaam doen om te erf? Wel, absoluut niks!!! Sommige mense glo egter dat hulle by die lees van die testament eers bietjie moet perform voordat die erfporsie uitbetaal, maar dis nie nodig nie, want die persoon wat die testament geskryf het, moet net sterf, dis al. Die probleem is net, dit klink te goed om waar te wees. En die rede daarvoor is dat die wet vir die mens 'n probleem word. Want wie van ons kan dan nou verby die wet kom? *

oubaas 23.06.09 - 05:21pm
Gal 3:21-22 Wil dit nou se dat die wet van Moses in stryd is met die beloftes van God? Beslis nie! As 'n wet gegee was wat in staat was om die ware lewe te skenk, sou 'n mens inderdaad vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou. Maar volgens die Skrif is die hele wereld vasgevang in die greep van die sonde; die belofte word dus vir die gelowiges vervul alleen op grond van die geloof in Jesus Christus. *

oubaas 23.06.09 - 05:21pm
Sien jy dat selfs die wet nie in staat is om dit te doen nie? Die wet het gekom as gevolg van die sonde, sodat die mens kan weet wat reg en verkeerd is. Die wet is die verkeersreels en die padaanwysings om by die bestemming te kom, sodat ek en jy 'n sinvolle bestaan kan voer. Die bedoeling van die wet was nog nooit om jou Saligheid te bewerkstellig nie. Onthou net een ding, die wet is goed en sal altyd goed bly. En daarom sal dit ook altyd geldig bly. *

oubaas 23.06.09 - 05:25pm
Die wet het dan ook 'n belangrike rol as oorgangsinstrument gespeel. *

oubaas 23.06.09 - 05:25pm
Gal 4:1-7 Hierby wil ek nog dit se: Solank 'n erfgenaam nog minderjarig is, verskil sy posisie nie werklik van die van 'n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom. Tot die dag wat sy pa bepaal het, staan hy onder toesig van voogde en word sy besittings deur bestuurders beheer. En so is dit ook met ons. Toe ons nog geestelik onmondig was, was ons slawe van wettiese godsdienstige reels. Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. *

oubaas 23.06.09 - 05:26pm
Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word. En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: Abba! Dit beteken: Vader! Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak. *

oubaas 23.06.09 - 05:26pm
Die wet self is dus nie die testament nie. Jy is egter 'n kind van God op grond van die testament. *

oubaas 23.06.09 - 05:27pm
Hoe verkry ek dan hierdie erfporsie? *

oubaas 23.06.09 - 05:30pm
Gal 3:21-29 Wil dit nou se dat die wet van Moses in stryd is met die beloftes van God? Beslis nie! As 'n wet gegee was wat in staat was om die ware lewe te skenk, sou 'n mens inderdaad vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou. Maar volgens die Skrif is die hele wereld vasgevang in die greep van die sonde; die belofte word dus vir die gelowiges vervul alleen op grond van die geloof in Jesus Christus. *

oubaas 23.06.09 - 05:30pm
Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word. Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie. *

oubaas 23.06.09 - 05:30pm
Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal een. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God. *

oubaas 23.06.09 - 05:31pm
Hoe moeilik is dit om dit te verstaan? Jou geloof in Christus maak die testament geldig, en dis al!!! God het die eerste stap geneem en aan Abraham en sy nageslag die belofte gegee, en die volgende stap is om jou naam in die boek van die lewe te kry. En almal wie se naam in die boek geskryf staan sal alles erf. Die wet is dus nie die toegang tot die erfporsie nie, die boek van die lewe is die toegang. *

oubaas 23.06.09 - 05:31pm
Openb 20:15 As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi. *

oubaas 23.06.09 - 05:32pm
In Openbaring is daar etlike verwysings na die boek van die lewe, en al die plekke se dieselfde ding. *

oubaas 23.06.09 - 05:33pm
Waar los dit vir jou en my? Die testament is geskryf en die erfporsie moet geerf word, en almal wat dit regtig wil he kan dit kry. Die voorwaarde vir die afhandeling van die testament is dat iemand moet sterf, en dis wat Jesus gedoen het. Die testament moet gelees word en die erfporsie is gratis. Die testament is geldig, en die beloning is out of this world. *

oubaas 23.06.09 - 05:34pm
Is jy seker jou naam is ingeskryf? *

oubaas 23.06.09 - 05:36pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20erfgename.htm
Ook gepos by: http://oubaas.wapgroups.com

EN

http://oppie-koffie.co.uk Oppie Koffie
Terug na facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&ref=pb *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store