WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: VEROWER JOU KANAAN
Replies: 26 Views: 1711

oubaas 24.06.09 - 03:45am
VEROWER JOU KANAAN 17 Junie 2009 *

oubaas 24.06.09 - 03:46am
Die Geskiedenis van God met Sy uitverkore volk, soos wat dit vir ons in die Ou-Testament opgeskryf is, is vandag nog steeds vir ons van belang. God skep die mens, die sondeval vind plaas, God gee Sy belofte aan Abraham. So stap die geskiedenis tot by Egipte, en die Israeliete se gevangeneskap in slawerny. Swaar tye maar, dan kom God se opdrag aan Moses om die volk uit te lei na die beloofde land. *

oubaas 24.06.09 - 03:46am
Dan begin die swaarkry eers, en die volk swerf vir 40 jaar in die woestyn rond, terwyl die roete hulle hoogstens n paar maande moes neem. Dan, uiteindelik, volg die intog in Kanaan, en die oorwinning van Jerigo. Lang tye van swaar en beproewing, maar uiteindelik volg tog die oorwinning. *

oubaas 24.06.09 - 03:47am
Kanaan kan in elkeen van ons se lewens n tyd of plek simboliseer wat roep na oorwinning. Ek glo ons almal het n Kanaan. Ons almal het iets om te oorwin. Ons almal stoei vir lang tye in die woestyn, en ons almal leef dalk in vrees as ons di*nk ons moet ons Kanaan gaan inneem. *

oubaas 24.06.09 - 03:47am
Ons Kanaan kan oorwinning oor iets wees, die einde van n swaar pad, die begin van n nuwe era, n opwindende nuwe lewe moenie di*nk jy stap hierdie pad alleen nie. Sien die Here se hand en versorging in jou woestyn. *

oubaas 24.06.09 - 03:48am
So kom die tyd toe dat die Israeliete Kanaan moet inneem. Na jare se geswerf, baie moeilikheid en baie moeilike omstandighede. Toe die einde in sig is, toe kom die grootste vrees vir die hele pad . Sal hulle die land kan inneem? *

oubaas 24.06.09 - 03:49am
Josua 1:1-9 Na die dood van Moses, die dienaar van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun en assistent van Moses, gese: Moses my dienaar is dood. Maak jy nou gereed en trek deur die Jordaanrivier, jy en hierdie hele volk. Gaan na die land toe wat Ek aan hulle, die Israeliete, gee. *

oubaas 24.06.09 - 03:49am
Soos Ek vir Moses gese het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom: van die woestyn af en van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat, die hele gebied van die Hetiete tot aan die Groot See in die weste, alles sal julle woongebied wees. Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie. *

oubaas 24.06.09 - 03:50am
Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie. Dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan. Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy se. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. *

oubaas 24.06.09 - 03:50am
Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. *

oubaas 24.06.09 - 03:51am
Die Here praat direk met Josua. Hy praat hom moed in: Josua, Ek is by jou, Ek gaan jou nie verlaat nie, wees sterk en vasberade. Ek di*nk die Here wil vandag vir my en jou ook se: Byt vas, wees sterk en vasberade. Soos Ek deur die hele woestyntyd by jou was, sal Ek nou by jou wees. Moenie nou opgee nie. Byt vas, die einde is in sig, en al is die einde dalk nog nie daar nie, is Ek steeds by jou, elke oomblik. *

oubaas 24.06.09 - 03:51am
Dalk is dit vir jou op die oomblik n tydperk van vrees en onsekerheid - weet vir seker: die Here is BY jou. *

oubaas 24.06.09 - 03:52am
Weet jy, ek wonder hoeveel keer het mense in die verlede al net te gou opgegee, net te gou handoek ingegooi, net te vroeg alternatiewe gaan soek - net om dan nooit sy Kanaan binne te gaan nie. Jy sien, dis nou maar eenmaal die probleem met vertrou: jy moet staatmaak op iets wat jy nie kan sien nie, en glo sonder enige waarborge. Ek di*nk vrees is nou maar eenmaal n krag wat geloof en vertroue kan doodmaak. *

oubaas 24.06.09 - 03:52am
Vers 9(b) se: Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. Moenie bang wees nie. *

oubaas 24.06.09 - 03:55am
Hoe lyk jou Kanaan wat jy moet verower? Jy weet, die ding van ten volle vertrou, is bitter moeilik wanneer dit lyk of die woestynpad op sy wreedste is. Die probleem is dat ons so gou moontlik die uitkoms wil he, sonder om die hele prentjie te sien dit wat NET God kan sien. Partymaal wil die Here vir ons se: Dis nog nie tyd nie. Partymaal wil Hy se: Jy hoef nie alles te weet nie. Soms wil Hy se: Kanaan gaan aanvanklik anders lyk as wat jy dink. *

oubaas 24.06.09 - 03:55am
Dalk lyk dit vir jou na n krotbuurt, terwyl jy nog n rukkie moet wag om die melk en heuning te proe. Ons tower vir ons beelde op van n Kanaan wat niks anders is as lugkastele nie, terwyl dit waarlik n ongelooflike mooi en vrugbare streek is. *

oubaas 24.06.09 - 03:56am
Bais van ons (jy dalk ook?) het al in die verlede op die drumpel van Kanaan gestaan, vuisvoos na die spreekwoordelike 40 jaar in die woestyn, moedeloos gewag, op jou einde. En dan val Jerigo se mure, om die mooiste, wonderlikste land voor jou oe bloot te le. Miskien ken jy dit. Miskien is jy nou voor die massiewe mure van Jerigo - moeg en moedeloos. Miskien se die Here vandag vir jou: Vasbyt, amper daar. *

oubaas 24.06.09 - 03:56am
En dan . Uiteindelik val die mure! *

oubaas 24.06.09 - 03:57am
Josua 6:1-5, 20 Jerigo was gesluit en verskans teen die Israeliete; niemand het uitgegaan of ingekom nie. Die Here het vir Josua gese: Ek gaan Jerigo, sy koning en sy soldate nou in jou mag oorgee. Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen. Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. Die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop. *

oubaas 24.06.09 - 03:57am
Dan moet die priesters die ramshorings blaas, en sodra die ramshorings blaas en julle dit hoor, moet al die manskappe die aanvalskreet hard uitskreeu. Die muur van die stad sal dan inmekaar stort en die manskappe kan oorklim, elkeen reguit vorentoe. Toe skreeu die manskappe en die ramshorings blaas. Net toe die manskappe die ramshorings hoor, het hulle die aanvalskreet hard uitgeskreeu. Toe stort die mure inmekaar en die manskappe gaan oor, die stad in. Hulle het die stad ingeneem. *

oubaas 24.06.09 - 03:58am
Wow, kan jy jou indink hoe dit moet wees? Wie sou kon di*nk dat die finale kishou op hierdie manier geslaan sou word? Hulle het nie nodig gehad om aan daardie mure te raak nie. Kan jy sien wat die Here bedoel het toe Hy se: Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie? Ek di*nk baie kan saam met my getuig dat die oorwinning op n totaal ander manier gekom het as wat hulle gedink het. *

oubaas 24.06.09 - 03:58am
Ons probeer krisisse se uitkoms manipuleer op ons menslike manier, maar God wil jou krisis op n Goddelike manier oplos. Ek di*nk net ons moet nie haastig raak nie, en nie probeer inmeng nie. Ek is oortuig dat dit wat die Here vir ons almal beplan, is oorwinning oor die woestyntyd, om ons Kanaan in te neem, om die einde van n swaar pad te bereik. Maar dit vra vertroue, vasbyt, dalk nog bietjie wag *

oubaas 24.06.09 - 03:58am
Die lekker kom as ons daardie melk kan drink en heuning kan eet. En dan nog boonop te kan terugkyk en sien dat die vasbyt die moeite werd is. Weet jy dat by verre die meeste mense ernstige gesondheidsprobleme oorwin? Die meeste wat hulle werk verloor het (soos ek .. twee maal), is uiteindelik beter af. Die meeste mense wat deur erge trauma gaan, eindig tog eventueel weer gelukkig. *

oubaas 24.06.09 - 03:59am
Die meeste rebelse tieners word pragtige, verantwoordelike jong mense. Die meeste mense wat erge finansiele uitdagings in die gesig staar, eindig okay. In al hierdie gevalle is die woorde die meeste van toepassing. *

oubaas 24.06.09 - 04:00am
Jy IS mos n kind van God, jy HET mos n voordeel om God te ken, jy HET mos Iemand om op staat te maak. Jy KAN mos Sy beloftes glo. Jou Kanaan wink, moet asseblief nie voor die deur omdraai nie. *

oubaas 24.06.09 - 04:01am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20verower%20jou%20kanaan.htm *

oubaas 24.06.09 - 04:02am
Ook gepos by: http://oubaas.wapgroups.com OUBAAS WAPGROEP

EN

Ook gepos by / Also posted at: [b][OPPIE KOFFIE: http://oppie-koffie.co.uk Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store