WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: AS N KIND NET KON PRAAT
Replies: 24 Views: 1543

oubaas 26.06.09 - 03:35pm
AS N KIND NET KON PRAAT - 24 Junie 2009 *

oubaas 26.06.09 - 03:35pm
Efesiers 6:1-4 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. Eer jou vader en jou moeder, sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil. *

oubaas 26.06.09 - 03:36pm
Kol 3:21 Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie. *

oubaas 26.06.09 - 03:37pm
Maleagi 2:16 Die Here die God van Israel se Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, se die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie. *

oubaas 26.06.09 - 03:37pm
Mattheus 19:13-15 Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet ople en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. Maar Jesus het gese: Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle. Nadat Hy hulle die hande opgele het, het Hy daarvandaan weggegaan. *

oubaas 26.06.09 - 03:38pm
As n kind net kon praat. Natuurlik kan n kind praat van kleins af al. Maar wat help dit n kind kan praat, maar niemand luister nie? Is n kind (of liewer jou kind) se stem en mening iets werd? Luister ons as ons kinders praat? Ons gee hulle mos kwaliteit-tyd, of hoe? Sulke 5 minute sarsies net voor hulle bed toe gaan. *

oubaas 26.06.09 - 03:39pm
Ja, as n kind maar net kon praat EN gehoor word, sou hierdie wereld n baie beter plek gewees het! Kom ek verduidelik *

oubaas 26.06.09 - 03:40pm
Mattheus 2:16 Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. *

oubaas 26.06.09 - 03:40pm
Wreed, of hoe? Wat sou hierdie kindertjies gese het as hulle kon? Oom, assebelief, ek is onskuldig, moet my asseblief nie doodmaak nie - vreeslik, of hoe? Nou vra ek jou, as n fetus kon praat wanneer n aborsie uitgevoer word, wat sou hy se? Dokter, asseblief, jy wat lewe moet beskerm en bewaar, moet asseblief nie daardie instrumente naby my bring en my liggaampie uitmekaar skeur nie. Ek verdien n kans. As my ma my nie wil he nie, wil iemand anders dalk. *

oubaas 26.06.09 - 03:41pm
Asseblief ek verdien dit nie! Aborsie is brutale, wrede moord op die mees ondenkbare manier moontlik, en dan word dit deur n siek samelewing gewettig, beoefen en goedgepraat. Hulle noem dit nogal pro-choice. Wie se choice? Wat sou gebeur as n kind maar net kon praat? *

oubaas 26.06.09 - 03:41pm
Hierdie volgende stelling is nogal sensitief, maar ek wil dit nogtans se: nie alle Mammas hoef te werk nie. Enkel-mas moet werk, verseker. Maar baie Mammas sou nie alleen-mammas gewees het as n kind net kon praat en gehoor word nie. Vergewe my as jy di*nk dat ek veralgemeen - maar ek di*nk nie ek doen dit nie. As n kind sy huislike omstandighede kon kies, sou die meeste huishoudings anders gelyk het. *

oubaas 26.06.09 - 03:42pm
Die Here bou n sin vir volmaaktheid, vreugde, vrede, liefde, geluk outomaties in n kind in. Ek het nog nooit gehoor van n kind wat onbedaarlik begin lag as Ma en Pa soos barbare met mekaar aangaan nie. En ek het nog nooit gehoor van n kind wat onbedaarlik begin huil omdat Ma en Pa saamlag en speel nie. Ek het gisteraand vir Raymond Dye (n berader) gevra hoeveel mense in sy spreekkamer beland a.g.v. probleme uit hulle kinderjare. *

oubaas 26.06.09 - 03:42pm
Sonder om twee keer te di*nk het hy geantwoord: 95%. As n kind kon kies sou hy iets anders gekies het as wat hy mee opgesaal word. Party Mammas se: ek is nou maar eenmaal n beroepsmens. Izzit en is jy trots daarop? Het jy gehoor van die beroepsmens-mamma wat onlangs op Oprah se program was? Sy moes haar slapende kind iewers gaan aflaai oppad werk toe. Toe vergeet sy van die kind, en los haar vir 8 ure in die motor. *

oubaas 26.06.09 - 03:42pm
Die kind is dood! Beroepsmens, en nou ook nie eens meer n ma nie. Wat sou die kind kies? Mamma, ek soek jou, en nie jou ontwerpersklere, duur motor, fancy huis en finansieele oorvloed nie. Net miskien, sou dit anders kon wees vir jou. Hoe klink die volgende storie vir jou (uit n kind se mond)? Mamma het 21 jaar gelede n geloofstap geneem om teen alle berekenings in nie weer in die formele arbeidsmark te staan nie. Haar motor is wel 19 jaar oud. *

oubaas 26.06.09 - 03:43pm
Pappa het nog nooit in sy lewe n nuwe motor besit nie. Ek en Sussie ken nie van trek nie, ons bly nog al die tyd in dieselfde huis. Ons dra nie brand-name T-hemde of broeke of skoene nie . Maar, ons ouers KEN ons deur en deur. En ons vir hulle. Ons tuin kort bietjie werk, maar ons kan daar speel. Ons ken nie duur geskenke nie, of duur vakansies nie, maar Mamma was nog altyd daar vir ons. *

oubaas 26.06.09 - 03:44pm
Volgens Pappa het die begroting nog nooit op papier uitgewerk nie. Maar ons leef! Hierdie is toe nie fiksie nie - dit is die true story uit ons huishouding! *

oubaas 26.06.09 - 03:45pm
Spreuke 23:29-35 Wie is dit wat sug en steun, wat rusie maak en kla, onnodig seerkry en bloedbelope oe het? Dit is die wat tot laat sit en drink, die wat aanhou proe aan drank. Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is, so vonkel in die beker, so lekker smaak nie. Agterna pik hy soos 'n slang, spoeg hy gif soos 'n kobra. *

oubaas 26.06.09 - 03:46pm
Dan sien jy vreemde dinge en praat jy verkeerde dinge; dit voel of jy op die oop see le, of jy bo-op 'n seilskip se touwerk le, en jy dink: ek het dan nie seergekry toe hulle my geslaan het nie; ek het nie gevoel toe hulle my aangeval het nie! Wanneer word ek wakker? Ek wil maar weer iets gaan soek om te drink. *

oubaas 26.06.09 - 03:46pm
Hoeveel hartseer, pyn, swaarkry, ellende, sou die mensdom gespaar gewees het as n kind oor hierdie onderwerp kon praat, en gehoor word? Kan n kind in woorde noem wat dit aan hom doen as ouers hierdie verwoestende probleem van drankmisbruik het? Geen kind het sekerlik nog ooit met trots vir sy vriende vertel hoe oulik sy pa was toe hy hom aan die bottel vergryp het nie, en toe iemand anders geword met slegte taalgebruik, irrasionele optrede, skandalige gedrag *

oubaas 26.06.09 - 03:47pm
en nog verder, geweld, mishandeling (emosionele en fisiese) en seksuele misdrywe. Watter Pa (of Ma) wat in hierdie ding vasgevang is, luister as sy kind s: Pa, asseblief, ek wil jou he soos wat jy destyds was toe ek nog trots op jou was. Pa, besef jy dat jy my presies so maak soos wat jy is? Al haat ek nou elke oomblik daarvan? *

oubaas 26.06.09 - 03:47pm
Dan, laastens moet ek jou vra: sien ons om na ons kinders se geestelike behoeftes? Hulle smag daarna, weet jy? Elke kind het n ingebore behoefte om Jesus te leer ken. Dis mos hoekom Jesus gese het: wees soos n kind. Sal ons vir n kind lusiter as hy vra: Pa en Ma, WYS my hoe dit is om soos Jesus te wees. Leer my van God se genade. *

oubaas 26.06.09 - 03:48pm
Vertel my hoe mens in die hemel kan kom Sal jy jou kind kan antwoord? Sal jy luister as jou kind se: Pa en Ma, moet my asseblief nie net by die Sondagskool gaan aflaai as julle self nie eens kerk toe gaan nie. Moet asseblief nie my geestelike opvoeding op iemand anders afskuif nie. Ek wil Jesus (en Sy liefde) in JULLE sien, en uit julle monde hoor. *

oubaas 26.06.09 - 03:48pm
Hoekom gebruik ons so graag die frase: Uit die mond van die suigeling? . As n kind net kon praat. En as ons net kon hoor . *

oubaas 26.06.09 - 03:56pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20as%20'n%20kind%20net%20kon%20praat.htm *

oubaas 26.06.09 - 03:59pm
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store