WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: MY HUIS MOET VOL WORD
Replies: 27 Views: 1505

oubaas 5.07.09 - 01:09pm
MY HUIS MOET VOL WORD - 1 Julie 2009 *

oubaas 5.07.09 - 01:09pm
Openbaring 21:9-27 Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. Kom, het hy gese, ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam. Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na 'n groot hoe berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom. Die stad het die heerlikheid van God: sy glans is soos die van die kosbaarste edelsteen, soos 'n kristalhelder opaal. *

oubaas 5.07.09 - 01:10pm
Die stad het 'n groot hoe muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, die van die twaalf stamme van die volk Israel. Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie. Die stad se muur het twaalf fondamente, en daarop is daar ook twaalf name, die van die twaalf apostels van die Lam. *

oubaas 5.07.09 - 01:10pm
Die engel wat met my gepraat het, het 'n goue meetstok gehad om daarmee die stad self, sy poorte en sy muur te meet. Die stad is vierkantig, net so lank as wat hy breed is. Hy het die stad toe met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en die hoogte daarvan is dieselfde, twaalf duisend kilometer. Hy het ook die muur om die stad gemeet. Dit is honderd vier en veertig meter hoog. Die engel het die mate van mense gebruik. *

oubaas 5.07.09 - 01:11pm
Die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos 'n skoon spieel lyk. Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier: die eerste fondament met opaal, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag, die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agste met beril, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint en die twaalfde met ametis. *

oubaas 5.07.09 - 01:11pm
Die twaalf poorte is twaalf perels. Elkeen van die poorte is uit een perel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos 'n spieel. 'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam. Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. *

oubaas 5.07.09 - 01:12pm
Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie. Die mense sal die luister en die rykdom van die nasies daarheen bring. Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net die wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan. *

oubaas 5.07.09 - 01:14pm
Geen Gates, Jackson, olie-sheik, filmster, niemand, maar niemand kan hierdie plek bekostig nie. Daar bestaan op die hele aarde nie 'n struktuur wat hierdie plek kan ewenaar nie. Neverland, Graceland, Disneyland is maar 'n vulletjie teen hierdie plek. Kan jy di*nk hoe 'n eiendomsagent dit sou bemark? *

oubaas 5.07.09 - 01:14pm
Duisende slaapkamers, duisende woonkamers, die mees weelderige boumateriale denkbaar, ja selfs strate van goud!!! En dan op die koop toe 100% veilig. Wat sou dit kos om DAAR te woon? *

oubaas 5.07.09 - 01:15pm
Nou ja, wil jy daar woon? Vir ewig en ewig? Jip, jy kan, en boonop verniet. Heeltemal verniet. Glo jy dit? *

oubaas 5.07.09 - 01:15pm
Kom ek vra jou:- Se nou maar iemand vra jou of jy soontoe wil trek, gratis, om vir altyd daar te bly. Daar is net een voorwaarde, jy moet se jy wil. Dis al!!! Jou trek word gery, al die hervestigingskostes word gedek, jy moet NET WIL. Jy deel in al die voordele, jy het onbeperkte toegang tot alles en jy hoef NIKS te doen nie, behalwe om dit te geniet. *

oubaas 5.07.09 - 01:16pm
Boonop kom die uitnodiging van die hoogste vlak denkbaar, met die nodige dokumentasie wat bewys dat hierdie Amptenaar volmag het om jou te nooi. Nou se jy:- Ag nee, jong, nie nou nie, ek het 'n nuwe fiets gekoop en ek wil eerder bietjie met hom gaan ry. Die Amptenaar vra:- hemel mens, weet jy wat jy gaan mis? Weet jy dat jy net een kans het? Besef jy hoe bevoorreg jy is? *

oubaas 5.07.09 - 01:17pm
Dan se jy:- ja, maar wat van my nuwe fiets, ek wil so graag eerder met hom gaan ry. En jy moet sien, hy is rooi met 'n klokkie!! En 'n carrier vir my boeksak. *

oubaas 5.07.09 - 01:17pm
Sjoe, sou jy saamstem dat dit stapelgek moet wees? *

oubaas 5.07.09 - 01:18pm
Lukas 14:15-24 Een van die wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gese: Gelukkig is die man wat aan die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem. Toe se Jesus vir hom: Daar was 'n man wat 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het. Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te se: 'Kom, die maaltyd staan klaar.' Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. *

oubaas 5.07.09 - 01:19pm
Die eerste se vir hom: 'Ek het 'n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.' 'n Ander een se: 'Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u verskoon my asseblief.' Nog 'n ander een se: 'Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.' Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. *

oubaas 5.07.09 - 01:19pm
Toe word die man kwaad en se vir sy slaaf: 'Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.' Later kom die slaaf se: 'Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.' Toe se die man vir die slaaf: 'Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word. Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.' *

oubaas 5.07.09 - 01:20pm
Is dit nie presies wat hierdie mense doen nie? Bid jou dit aan, 'n os vir 'n paleis. 'n Stukkie grond vir 'n Koningswoning. Uitgenooi, deur die Hoofamptenaar Homself, uitgekies, uitverkies, afgesonder, die witbroodjie wat alles aangebied word. Die hooferfgenaam!!! Dan se hy, nee, ek wil liewer bietjie met my nuwe osse gaan ploeg. Verskriklik wat die mens vir sy saligheid sal verruil. *

oubaas 5.07.09 - 01:22pm
Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat MY HUIS KAN VOL WORD. Sien jy dat God elke vierkante millimeter van Sy huis gevul wil he met sy kinders? Gaan dring by hulle aan om te kom Verniet!!! Daar staan nerens in die gelykenis dat die mense IETS moet betaal nie. Free lodging, forever. En toe die by wie die Here aangedring het om te kom, nie wou nie, se Hy toe: Los dit. Los hulle *

oubaas 5.07.09 - 01:23pm
Openbaring 3:20 se:- Kyk, ek staan by die deur en ek klop 'n Sagte, kalm, gentle stem wat smeek en uitnooi. KOM!!! *

oubaas 5.07.09 - 01:23pm
Onthou jy hoe ons as kinders gese het as ons iemand iets smeek en die persoon wil nie? Dan het ons gese :- Stick dit. Toe se die Here:- Gaan haal dan die kreupeles, armes en blindes om My huis vol te maak. Ek sal vir die kreupeles weer 'n huppel in die stap gee, die blindes weer oprig om te sien, en die armes weelde wat hulle nie sal glo nie!!! En die wat dit nie wil he nie, kies outomaties die krot van die hel. *

oubaas 5.07.09 - 01:24pm
Gaan dring by die mense aan om in te kom, My huis moet vol word. Jy sien, daar is baie plek, genoeg vir almal. Dis net verstommend hoe roekeloos mense omgaan met die plek waar hulle hulle Saligheid gaan deurbring. Almal, maar almal, gaan die ewige lewe he, maar nie op dieselfde plek nie. Party se, nee man, onthou ek het osse gekoop, 'n ander ou het die grondjie en nog een 'n nuwe vrou. Maar, dan mis mens die beste Bruidegom denkbaar, Jesus Christus. *

oubaas 5.07.09 - 01:24pm
Mattheus 7:14: Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en die wat dit kry, is min. *

oubaas 5.07.09 - 01:25pm
Volgens hierdie teks gaan die minderheid mense in die hemel eindig, en eindig mense teen 'n enorme tempo in die verderf. Die vraag is:- Maak dit vir jou saak? En nog meer, maak dit vir jou genoeg saak om iets daaraan te doen? Vandag se die Here vir jou en my, gaan sleep die mense nader, dring by hulle aan, moenie nee vir 'n antwoord vat nie, hou aan, smeek, sleep. My huis moet vol word!!! Nog, nog, meer, jou broer, jou swaer, buurman, jou pa, jou kind, kollega, almal. *

oubaas 5.07.09 - 01:25pm
Wat is dit wat mense uithou? Wat is die osse, stukkies grond, vrou-vat wat vir mense belangriker is? Is dit dalk poppie by die werk, of liefde vir die bottel, dalk Mammon? Of dalk onvergewensgesindheid? Jesus het mos gese dat jy nie vergewe word as jy nie kan vergewe nie. *

oubaas 5.07.09 - 01:26pm
Maak reg, kies, die treklorrie is dalk al op pad. Gaan jy of bly jy? Os of paleis? Kies man, kies. Gaan smeek daai ander, klop die kollega op die skouer en sleep hom saam. Kom jy of bly jy? *

oubaas 5.07.09 - 01:27pm
Die Koning se huis moet vol word!!! *

oubaas 5.07.09 - 01:28pm
Bron: http:// http://www.heuning.co.za/rippel%20my%20huis%20moet%20vol%20word.htm http://www.heuning.co.za/rippel%20my%20huis%20moet%20vol%20word.htm

Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE
Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store