WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: SATAN
Replies: 26 Views: 2122

oubaas 10.07.09 - 10:42am
SATAN 6 Julie 2009

Hoe praat mens oor iets wat die slegste moontlike entiteit op aarde is? Die party wat die meeste vernietiging denkbaar saai, wat die bron van alles is wat onvolmaak is, wat absoluut niks goed bevat nie mens kan dalk wonder hoekom mens hoegenaamd oor so iets wil praat. Wel, as mens jou vyand se stategie ken, sy sterkpunte en swakhede, kan jy seker enige situasie waar die een is beter hanteer.
*

oubaas 10.07.09 - 10:44am
Wat noem die Bybel hom? Die aanklaer, die bose, die god van hierdie wereld, dier uit die see, dier uit die aarde, draak, duiwel, moordenaar, owerste van hierdie wereld, slang van ouds, vader van die leuen, verleier, versoeker, vors van hierdie wereld, vors van onsigbare magte. Sy naam? Satan. Lelike naam, vloekwoord, verskrikking! Vyand nommer 1. Nou ja, ek hou nie daarvan om oor hom te praat nie, ek verwys selde na hom, eks nie bang vir hom nie, en verkies om geensins eer aan hom te gee nie. *

oubaas 10.07.09 - 10:44am
Wel, so sleg as wat die kalant is, verkies ek gewoonlik om my te distansieer van praatjies waar hy die skuld gegee word vir alles wat sleg is. Die volgende hoor mens gereeld: Satan het my sonde laat doen; hy het my gekeer om dit of dat te doen; hy het gemaak dat my wekker nie afgaan nie, toe verslaap ek; hy het in die klankstelsel by die kerk ingevaar; hy het my kar laat breek oppad na n goeie geleenteid toe. *

oubaas 10.07.09 - 10:45am
Mmmm soms wonder ek darem maklik om iemand die skuld te gee vir my eie swakhede, of wanneer ek dinge nalaat, ens. Karre breek maar, weet jy? Klankstelstels ook die goed raak oud, en kan onklaar raak op ongelee tye. En verslaap? Party mense verslaap gereeld in die naam van die bose. Sonde? Nee, as ek besluit om sonde te doen, kan ek dit nie eers voor sy deur gaan le nie. Dis n keuse. Die feit dat sonde so aan ons vaskleef, is ons eie keuse. *

oubaas 10.07.09 - 10:46am
Openbaring 12:7-9 Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wereld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom. *

oubaas 10.07.09 - 10:46am
2 Petrus 2:4 God het selfs die engele wat gesondig het, nie gespaar nie. Hy het hulle in die hel gestort en hulle laat boei om in die duisternis gevange gehou te word vir die oordeel. *

oubaas 10.07.09 - 10:47am
Sien, dis laaankal wat hierdie ou met sy streke besig is. Hy was n engel ... van alle dinge! In die hemel begin hy met sy truuks, en verloor sy hemelse tuiste. Onthou, Jesus was nog altyd daar - alles is deur Hom en vir Hom geskep. Toe Satan die stryd verloor, het hy verseker nie vir hom n pizza-oond gaan bou om hom en sy vriende warm te broei nie. Nee, TOE breek daar oorlog uit. Selfs ook toe Jesus op aarde met sy openbare bediening begin, was Satan heel eerste by. *

oubaas 10.07.09 - 10:48am
Mattheus 4:1-11 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geeet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gese: As U die Seun van God is, se hierdie klippe moet brood word. Maar Hy antwoord: Daar staan geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. *

oubaas 10.07.09 - 10:49am
Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en se vir Hom: As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en: Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. Jesus se vir hom: Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. *

oubaas 10.07.09 - 10:49am
Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoe berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wereld met hulle prag en se vir Hom: Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid. Maar Jesus se vir hom: Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg. *

oubaas 10.07.09 - 10:50am
Vers 8: Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoe berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wereld met hulle prag en se vir Hom: Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid. Satan is so arrogant dat hy selfs iets vir Jesus aanbied wat nie eens aan hom behoort nie. *

oubaas 10.07.09 - 10:50am
Openbaring 12:9 praat van die slang van ouds. In Genesis IN die paradys was hy teenwoordig. Verstommend waar hy dit waag om sy kop uit te steek, ne? Skrik vir niks. *

oubaas 10.07.09 - 10:51am
Vandag is die Satan verseker ook baie aktief. Daar is een ding wat ons goed moet weet: hy haat jou. Met alles wat in hom is. Hy haat die Here, hy haat elke Christen, en hy haat selfs elke Satanis wat op hierdie aarde loop. Nogal jammer Sataniste verstaan dit nie. En dis nogal baie keer so dat mense wat nooit liefde ervaar nie, hulle toevlug neem tot iemand wat hulle meer haat as enige iemand anders. *

oubaas 10.07.09 - 10:52am
Wat doen hy vandag? *

oubaas 10.07.09 - 10:52am
Volgens 1 Johannes 5:19 beheer hy die sondige wereld. Daar staan Ons weet dat ons aan God behoort en dat die hele sondige wereld in die mag van die duiwel is Wel, onder wie se beheer is jy? Net een van 2: of jy behoort aan God, of aan die Satan. Dis wat hierdie deel se. Lyk my daar is niks tussen-in nie. *

oubaas 10.07.09 - 10:53am
Hy probeer om die saad (van die Woord) wat in mense se harte gesaai word, weg te vat. Mattheus 13:19: Die bose kom by elkeen wat die woord van die Koninkryk hoor, maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dis nogal erg, ne? Dis hoekom selfs hoogsgeleerdes soms die pad byster raak. *

oubaas 10.07.09 - 10:54am
Hy smag om aanbid te word. Mattheus 4:9: En hy se vir Hom, dit alles sal ek vir U gee, as U neerval en my aanbid. Jesus het nie vir sy truuks geval nie, en jy en ek hoef ook nie. *

oubaas 10.07.09 - 10:54am
Hy probeer daagliks om ons te oorrompel. 2 Korintiers 2:11: Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed Sien jy? Hy is besig dag en nag. *

oubaas 10.07.09 - 10:55am
Nou waar los dit ons dan? *

oubaas 10.07.09 - 10:56am
Met Jesus by jou, hoef jy NIKS te vrees nie. 1 Johannes 3:8: En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. Verstaan jy dat die werk van Satan tot niet gemaak is, al in ons nog sondige wesens? Want juis omdat ons nie volmaak kan wees nie, het Jesus sy werk tot niet kom maak. *

oubaas 10.07.09 - 10:56am
Johannes 12:31: Nou kom die oordeel oor hierdie wereld, nou sal die owerste van hierdie wereld uitgegooi word buitentoe. Hier praat Jesus oor Sy kruisiging. Die kruisiging wat Satan moontlik gedink het is die finale spyker in sy vyand [Jesus] se doodskis. Maar, hy het nie rekening gehou met Jesus se opstanding en hemelvaart nie. Kan jy sien waarom geen wedergebore Christen die opstanding en hemelvaart in twyfel trek nie? Dis deel van die kern van ons geloof. *

oubaas 10.07.09 - 10:57am
Net n wedergebore, nuutgemaakte mens verstaan dit. En daarom, as hoogsgeleerdes dit in twyfel trek, en as waarheid verkondig, praat hulle nie uit Jesus se mond nie. *

oubaas 10.07.09 - 10:57am
Die finale oorwinningstrompet blaas vir jou en my. Romeine 16:20: God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle *

oubaas 10.07.09 - 10:59am
Sien jy? Geen vrees is nodig. Geen knie-buig voor hom nie. Hy is klaar oorwin. Jesus se: Tetelestai *

oubaas 10.07.09 - 11:00am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20satan.htm *

oubaas 10.07.09 - 11:00am
Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE *

gawie 22.04.12 - 07:14am
Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store