WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: Kletskas
Replies: 34 Views: 3694

oubaas 13.07.09 - 03:55pm
Kom ons groet mekaar en stel onsself voor aan almal asb. as ons hier verbygaan. Ek is Gawie/54/m/Pretoria. ****** Kom maak gerus 'n draai by http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE ook. Ontmoet nuwe vriende! *

oubaas 20.07.09 - 11:09am
Goeie more almal. mag almal 'n geseende dag en week he.

Onthou dat gebedsversoeke en getuienisse gelewer kan word by http://oubaas.wapgroups.com *

oubaas 27.07.09 - 08:04am
hello2.GIF Goeie more almal. mag almal 'n geseende dag en week he. Gesels asb. saam hier.
*

wjd 28.07.09 - 10:20am
Hi alle vriende in christes. hoe gaan dit? Is almal geseen vandag. Julle almal moet n leke dag vol liefde en smiles het hoo! *

oubaas 28.07.09 - 10:25am
Dankie my vriend. Dit gaan goed dankie en met jou? Geseende dag vir jou ook. *

wjd 28.07.09 - 01:16pm
Jong oubaas lewe is bietjie rof hier aan my kant. kan n vrou n ou se wereld so omkeer? Ek weet nie meer ou vriend. *

oubaas 28.07.09 - 01:51pm
Jy moet nie toelaat dat vrouens jou omkeer nie. klou vas aan die Woord my vriend! *

wjd 28.07.09 - 02:50pm
Die ding wat snaaks is. Altyd as ek voel ek gaan 1 tree nader aan God dan gebeur dit. dit is no so ver d ergste vi my. My vriend ek weet nie mee wat om te doen. ek voel ek kan nie mee! *

oubaas 28.07.09 - 04:38pm
Ek hoor wat jy se. My omstandighede ook nie van die beste tans nie maar ek klou vas aan my Vader. Wees net geduldig en bid oortuigend my vriend. *

wjd 28.07.09 - 05:05pm
Dankie vi d raad my maat, ek sal so maak. *

oubaas 28.07.09 - 06:04pm
Amen! Hou moed my vriend! *

oubaas 29.07.09 - 06:38am
'n GEBED:

(Ds. Dirkie van der Spuy - NG Kerk, Morelettapark)

Here Jesus, dankie dat U vandag vir ons help om op 'n nuwe manier na die kruis te kyk en ook met Hemelvaart op 'n nuwe manier na die hemel te kyk. Here, dankie dat U vandag se: My kind Ek sien jou seer en Ek sien die onreg van hierdie wereld. Ek sien die pyn in jou hart. Ek sien die vrae en die verwarring en die moedeloosheid wat inkruip,, maar Ek wil jou verseker Ek ken hierdie pad, Ek het dit ook gestap en Ek weet dit is 'n geloofstryd, hou vas aan My, want Ek is met jou. O Here Jesus, dankie dat U vandag hier is, wil U net in die stilte vir elkeen wat swaar en seer het help om U raak te sien. Here, as ek my nou terugdink aan daardie seer en daardie swaar oomblikke, aan my kruis in my lewe, open asseblief my oe Here dat ek U sal raaksien wat hier by my is. Open my oe Here dat ek U sal sien wat by my bly vir altyd, wat my nooit sal verlaat nie. Dankie Here, U is die Een wat getrou bly en niks kan U liefde vir my breek nie. U liefde bly trou tot in ewigheid. Here kom maak ons in hierdie oomblikke net bewus van U teenwoordigheid, van U liefde, van U troos en kom rig ons op om die geloofstryd te volstry. Kom rig ons op Here om hierdie wedloop te voltooi, om hierdie geloofspad te hardloop tot ons ook kan se, dit is volbring. Ek het voluit gehardloop, my oe gerig op U, Jesus my Here en my Leidsman. Ons prys U Naam. Amen.
*

oubaas 29.07.09 - 06:47am
ROMEINE 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. *

oubaas 2.08.09 - 06:41am
Goeie more. Mag almal 'n geseende Sondag he. *

oubaas 3.08.09 - 06:14am
My wens vir die nuwe week is dat die Vader almal wat hier lees ryklik seen in al hul behoeftes en wense. Amen. *

oubaas 21.08.09 - 09:44am
En daar was stilte. Waar is al die mense? sad2.GIF *

wjd 21.08.09 - 10:49am
Ek sit en wonder nou net dieselfde ding my vriene! wat gaan aan? wat gebeur wat os nie va weet oubaas? os is da alleen hie! *

oubaas 21.08.09 - 01:14pm
Hmmmm ek kom agter dat my buddies ook minder aanlyn kom. Lyk my die ekonomie druk maar oral ne? *

endtimes 22.10.09 - 05:47am
More almal. hi3.GIF Ja, almal skaal af. Oubaas jou groepie is darem regtig die moeite werd. Jy het die mooiste leringe hier. read.GIF *

oubaas 22.10.09 - 08:19am
More se endtimes. Baie dankie! Ja ek kry verslag van buite af van mense wat se hul geniet dit terdee om hier te kom lees. Willem lewer regtig vir ons pragtige boodskappe. Ek sal binnekort weer opdateer. Geseende dag vir jou. *

oubaas 29.01.10 - 01:04pm
Spreuke 6 : 6 11 Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie 'n leier nie, nie 'n opsigter of 'n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog le, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou en bly le, en daar oorval die armoede jou soos 'n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker. *

oubaas 29.01.10 - 01:23pm
****** Kom maak gerus 'n draai by http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE ook. Ontmoet nuwe vriende! *

oubaas 13.04.10 - 08:21am
Mense maar julle is darem stil. Moenie skaam wees nie asseblief. Laat ons van julle hoor. *

wjd 28.04.10 - 07:40pm
Hi oubaas, hoe gaan dit? Ek kry al minder en minder kans om in te loer en dag te se. Maar no ja, hier is ek weer. *

oubaas 28.04.10 - 08:00pm
Hi my maat. dit gaan uitstekend dankie en met jou? Baie dankie vir jou inloer! Wees geseend! *

wjd 29.04.10 - 09:01pm
Ek kan ni kla my vriend, ek's dan gesond en aan d lewe. So ek kan ni kla. God is goed oubaas, ons moet net genoeg kan toelaat om te werk in ons lewe, dan sal ons dit raak sien. Ek's bly dit gaan so goed met jou man, prys die Here! Ons prt weer. God Bless. *

oubaas 29.04.10 - 09:10pm
Baie dankie my vriend. Al sukkel ek om werk te kry bly HY goed vir my. Amen. Dis goed om van jou te hoor. Als van die beste my maat. *

wjd 29.04.10 - 10:04pm
Oubaas vriend, ek bid vir jou. Dinge sal reg kom. God maak ni n deur toe sonder om n ander een oop te maak! *

oubaas 30.04.10 - 06:33am
Amen. Baie dankie my vriend. Ja Sy genade is groot. Prys die Here. Geseende dag en naweek vir jou. *

oubaas 30.04.10 - 07:26am
Psalm 65

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied. 2 Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word. 3 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom! 4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge. 5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis. 6 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see! 7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag, 8 wat die gebruis van die see stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke; 9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die more en die aand jubel. 10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land. 11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reenbuie maak U dit week; U seen sy uitspruitsel. 12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid. 13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. 14 Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle. *

oubaas 10.05.10 - 10:43am
Onthou dat gebedsversoeke en getuienisse gelewer kan word by http://oubaas.wapgroups.com *

oubaas 25.12.10 - 04:46am
Mag die vrede, genade en liefde van onse Jesus Christus u almal omvou hierdie kerstyd en mag die jaar 2011 net die beste inhou vir u. *

oubaas 16.12.11 - 03:15pm
En dieselfde vir 2012. *

oubaas 16.12.11 - 03:16pm
Besoek ons gerus by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE *

oubaas 16.12.11 - 03:17pm
Besoek gerus ook; Donkies vir Jesus / Donkeys for Jesus: Mobile: http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0 Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0 For the latest news and updates please visit: http://oubaas.wapgroups.com/topic.asp?tid=155636 Get involved. Invite a few friends. / Raak betrokke. Nooi 'n paar vriende. *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store