WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: GPS
Replies: 22 Views: 1448

oubaas 20.07.09 - 04:44pm
GPS 15 Julie 2009

Het jy al verdwaal? So verdwaal dat jy eintlik home sick word? So dat jy nie n idee het of jy selfs in die regte rigting ry nie? Nou, ek is goed met verdwaal vra my gesin. Eendag was ons oppad na n begrafnis toe ons het nooit daar uitgekom nie! En ten spyte daarvan dat ek in die weermag n opmeter was, wat kaarte gesit, geeet, geslaap en gedroom het, het ek al so verdwaal MET n padkaart, dat ek nie eers weet of ek die ding regop of onderstebo moet hou nie.
*

oubaas 20.07.09 - 04:45pm
So kom die mens toe met tegnologie te voorskyn om ons op die regte pad en regte rigting te hou: n kompas, n s*xtant op die see, sterrekunde, ens het die mens gehelp om te weet waar hy is. En nog later - amper te laat kom die skitterende GPS op die mark. Wow!! Geseend is jy as jy een het. 24 satteliete deur die VSA in n lae wentelbaan, n klein instrument in jou motor, en voila! Jy weet waar jy is. *

oubaas 20.07.09 - 04:46pm
Sit jou bestemming in die ding, luister na die antie se stem en ry. Sommer blindelings. Het jy ook al gewonder hoekom dit n vrouestem is seker omdat ons mans gewoond is dat ons vrouens die back-seat-drivers in ons motors is (ha-ha!!). Daar is net een voorwaarde as jy die vreemde aanpak met n GPS: jy moet blindelings glo wat die ding se, doen wat dit se en draai waar dit se jy moet draai en glo my, daai antie ken elke hoek en draai. *

oubaas 20.07.09 - 04:46pm
En so kom die Here en Hy gee vir ons n GPS vir ons lewenspad: die Bybel. Net soos in n GPS is elke roete, afdraaipaadjie, waarskuwingsborde, ALLES, daarin opgesluit. Terwyl n GPS se kaarte gereeld opgedateer moet word, bly die Bybel egter tyd-loos. Alles wat nodig is om die ultimate bestemming, die hemel, te bereik, is hier vir jou opgeskryf. *

oubaas 20.07.09 - 04:47pm
Gaan waar hierdie rigtinggewer se, en jy sal nooit verdwaal nie. Ja, jitte, party van ons leef maar erg verdwaal, en op ons eie pad. . weet nie waar ons vandaan kom nie, weet nie waar ons is nie, weet nie waarheen ons gaan nie. *

oubaas 20.07.09 - 04:48pm
Psalm 119:97-112 Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, en is altyd by my. Ek munt uit bo al my leermeesters, want u verordeninge bly my by. Ek het meer insig as ouer mense, want ek gehoorsaam u bevele. Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord. Van u bepalings het ek nie afgewyk nie, want U het my dit geleer. *

oubaas 20.07.09 - 04:48pm
Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Ek het 'n eed afgele, en daarby sal ek bly, om my aan u bepalings te hou; hulle is regverdig. Ek ly swaar, Here, hou my in die lewe, soos U beloof het. Neem tog my dank aan, Here. Leer my u bepalings. My lewe is gedurig in gevaar, maar u wet verontagsaam ek nie. *

oubaas 20.07.09 - 04:49pm
Die goddeloses stel vir my 'n strik, maar van u bevele wyk ek nie af nie. U verordeninge maak ek altyd my eie, want hulle is vir my 'n vreugde. Ek le my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer, tot die einde toe. *

oubaas 20.07.09 - 04:50pm
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Die Here se GPS vir my en jou lewe. Kan nie n fout maak nie. Weet jy, hierdie padkaart is so volledig, dit spreek elke fasset van jou lewenspad aan. Dit vertel jou hoe om te maak as jy by die besigheidswereld aanddoen, by jou huwelik, kinderopvoeding, in jou verhoudinge, orals. *

oubaas 20.07.09 - 04:50pm
En net soos n GPS jou kan waarksu oor crime hot spots, snelstrikke en ander gevaarlike situasies, verduidelik die Here in Sy padkaart watter situasies jy moet vermy, waar jy moet kyk vir rooiligte van die lewe. Hy waarsku oor drank, verkeerde verhoudinge en tientalle dinge wat jou lewe kan versuur. *

oubaas 20.07.09 - 04:51pm
Toe Hy dit wat Hy in Sy Woord opgeteken wou he aan mense geopenbaar het, het Hy selfs toegelaat dat hulle die pad sleg byster raak, sodat hulle die GPS met die nodige inligting kom programmeer - soos bv Dawid. *

oubaas 20.07.09 - 04:51pm
Hoekom het ons God se GPS nodig? Hoekom ploeter ons nie sommer net van dag tot dag voort nie? Wel, as jy op pad is na nerens, gaan jy beslis daar uitkom. Definitief. Jy sien, die lewe is n reis. Op geen oomblik van lewe is jy al daar nie. Waar is daar, sal jy vra. Wel, dit is eenvoudig. Die grootste deel van die Bybel gaan oor hoe jy daar kan kom. Daar by jou ewige woonplek. Dis nou die regte, goeie, lekker plek. *

oubaas 20.07.09 - 04:52pm
Jy hoef nie slim of geleerd of kundig te wees om daar te kom nie - jy hoef net te doen wat die GPS se. As hy se oppas vir ontugtige mense, oppas dan vir ontugtige mense. As hy se oppas vir drank, oppas dan vir drank. En ja, oppas selfs vir geld, vir Mammon - moenie op jou lewensreis te veel by daardie bank probeer aandoen nie. di*nk net vir n oomblik of die Bybel enige nut sal he as dit nie tot iets wonderliks en mooi sou lei nie. *

oubaas 20.07.09 - 04:52pm
As dit net oor vandag gegaan het, en oor vandag se voorspoed en genietinge, kon ons net sowel elke aand met n soetsappige Mills & Boons bed toe gegaan het. As die hiernamaals geensins in die prentjie was nie, kon ons God se GPS maar weggooi. Ken jy die pad na die hemel toe? Verstaan jy die instruksies? Glo jy die roetewyser? *

oubaas 20.07.09 - 04:53pm
Die Here se GPS is baie akkuraat, want die skrywers het die paaie geken. En hulle het ook die eindbestemming geken. Nou ja, die 4X4 bosryers sou seker onder mekaar kon armdruk oor watter GPS nou eintlik die beste is - sou dit nou n Garmin of n Tom Tom wees? Party ouens se, nee, ek verdwaal liewer voor ek met daai ding ry! En so, ongelukkig, stoei baie mense dalk ook net te veel oor watter Bybelvertaling n mens moet gebruik. *

oubaas 20.07.09 - 04:53pm
Oom Angus het dit eendag mooi verduidelik. Hy het gese jy moet die vertaling gebruik waarmee jy gemaklik is, wat jy mee kan vereenselwig en wat jou taal praat want God is groter as n vertaling, en sal met jou praat uit watter vertaling jy ookal lees. *

oubaas 20.07.09 - 04:54pm
Dis n maklike GPS - God se GPS - kinders kan dit ook verstaan, en hulle doen wat dit se, terwyl party slim geleerdes daarmee sukkel. Die Here se, vat dit soos dit is, en vertrou dit. Jy sien, met n GPS hoor jy die stem wat se ry so, en ry daar, maar die eienaar van die stem het waarskynlik nog nie 'n voet in SA gesit nie. Sy reageer net op die inhoud van die sagteware. [b]Net[/b[ dit. Soms verdwaal ons bietjie in die lewe; ons loop verkeerde paaie. *

oubaas 20.07.09 - 04:55pm
Ry jy met n GPS, en jy doen nie wat die stem se nie, hoor jy herbereken en dan vat die dingetjie jou weer op n nuwe pad, maar steeds na die korrekte bestemming. *

oubaas 20.07.09 - 04:55pm
Jesaja 30:21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou n stem hoor wat se Hier is die pad, loop hierlangs. Soms ry jy met n GPS en kom by plekke wat net nie reg lyk nie - dan moet jy maar net vertrou en die aanwysings volg - solank jy seker is jy het die regte adres van die eindbestemming ingeprogrameer. *

oubaas 20.07.09 - 04:56pm
Mattheus 7:13-14 Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en die wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en die wat dit kry, is min. *

oubaas 20.07.09 - 04:56pm
Op watter een van die twee paaie ry jy? Jy sien, solank jy ry, kan jy rigting verander - dit is nooit te laat nie. GLO die GPS, al weet jy nie wat die volgende draai gaan wees nie, KEN die Programmeerder en GLO Hom. *

oubaas 20.07.09 - 04:57pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20gps.htm *

oubaas 20.07.09 - 04:57pm
Ook gepos by / Also posted at: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store