WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: VOLMAAKTE JY
Replies: 21 Views: 1426

oubaas 7.08.09 - 09:37am
VOLMAAKTE JY 29 Julie 2009

Kyk in die spieel. Wat sien jy? Wie sien jy? Hoe sien jy jouself? Voel jy soms vasgevang in n struktuur, oorgetrek met n vel, een waarmee jy dikwels nie tevrede is nie? di*nk bietjie aan jou persoonlikheid. Hou jy van jouself? Kan jy met jouself saamleef? Het jy al in jou lewe vrede gemaak met wie jy is, en met wat jy is? Of, het jy iewers op die punt gekom dat jy voel die Here het n hengse fout gemaak?
*

oubaas 7.08.09 - 09:39am
Jy vra vrae soos bv, Het die Here n verwronge humorsin gehad toe Hy my gemaak het?. Ek onthou so goed toe ek 30 jaar gelede uit die weermag gekom het hoe ek gevoel het reg om die wereld op horings te neem. Mooi in shape, sorgeloos, reg om te bou aan n wonderlike toekoms. Ek het kans gesien vir baie. Van daardie bravade het n klomp elemente my om die een of ander rede ontsnap. Die bravade moes soms plek maak vir kommer. *

oubaas 7.08.09 - 09:39am
Die skraal lyf moes plekmaak vir meer in die vel. Die toekoms lyk onseker, eintlik al hoe meer onseker. Ja jong, die middeljare is nie n mens se maat nie. Onsekerheid, ontevredenheid, onvergenoegdheid is nogal aan die orde van die dag. Dan vra mens nogal: Wat het gebeur?, Hoekom is die lewe nie meer soos dit was nie?, Het die Here dalk erens n fout gemaak?, *

oubaas 7.08.09 - 09:39am
Is ek vandag wat en wie Hy bedoel het ek moes wees?, Here, hoekom is my gesondheid af?, Hoekom is ek gestrem?, Hoekom is ek nie op die plek in die lewe waar ek graag wil wees nie?, Maak die Here dan foute?. *

oubaas 7.08.09 - 09:40am
Kom ons kyk bietjie met nuwe oe na onsself. Kom ek vertel vir jou hoekom jy by uitstek reeds by geboorte n wenner is. Toe jy verwek is, moes n spermpie by n eiersel uitkom. Miljoene der miljoene van hierdie spermpies moes resies swem vir die eerste plek. En (tensy jy een van n tweeling is), kon daar net een wenner wees. Die resies begin, die spermpies trek met n spoed weg, almal het net een ding in gemeen, en dit is om eerste by die eiersel uit te kom. *

oubaas 7.08.09 - 09:40am
Daar word verwoed meegeding, almal wil wen die eindpunt is in sig, almal sit daardie bietjie ekstra moeite in vir die laaste entjie, harder, vinniger, nog bietjie meer energie. En dan . swaai die checkered flag. Daar is n wenner. EEN wenner. Net EEN oorwinnaar. JY! Besef jy dit? Jy was reeds n wenner van voor jou geboorte af. As jy vandag gestrem is, hoe jy ookal di*nk jy lyk - JY is n wenner. *

oubaas 7.08.09 - 09:41am
Nie een van daai spermselle kon jou wen nie, hulle moes almal die aftog blaas; jy was bedoel om jy te wees. *

oubaas 7.08.09 - 09:41am
Psalm 139:13-18 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. *

oubaas 7.08.09 - 09:42am
U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem - hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen he. *

oubaas 7.08.09 - 09:43am
Nou ja, as die Here jou gemaak het soos Hy beplan het, wie is jy om te di*nk dat Hy n fout gemaak het? Wat gebeur met ons in moeilike tye, wanneer ons so onvergenoegd voel? Ons di*nk God het geskep, en toe teruggestaan, of verdwyn. Of dalk is ons verwyder van ons geliefdes, dalk is ons vryheid daarmee heen - dan di*nk ons die Here het teruggetrek uit ons lewens uit. Nou kom ek gee dan vir jou n stukkie baie goeie nuus uit die Here se liefdesbrief, die Bybel: *

oubaas 7.08.09 - 09:43am
Psalm 139:1-6 Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Die wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. *

oubaas 7.08.09 - 09:44am
U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Die wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip Hy weet selfs of ons sit en of ons opstaan! Hy ken my gedagtes! Hy weet wat ek gaan se. Weet jy, die Here leef met jou saam, nes jy is? Is jy bereid om saam met Hom te leef, nes jy is? *

oubaas 7.08.09 - 09:45am
Weet jy, ek sien nerens in hierdie gedeelte van Psalm 139 dat enige van hierdie dinge net waar sou wees vir n volmaak geskape mens nie. Hierdie is vir almal waar, wie jy ookal is, hoe Hy jou ookal aanmekaargesit het, en wat jou omstandighede ookal sou wees. *

oubaas 7.08.09 - 09:45am
Ons het nogal n beperkte invloed in hoe ons lyk en hoe ons geskep is. Maar ons het onbeperkte invloed in hoe ons oor onsself voel. Dit hang net af vir wie ons glo. *

oubaas 7.08.09 - 09:45am
Volmaakte jy. Wenner. Superswemmer. Goed gebou deur die Meester Skepper. Maar omdat ons nie die Here glo nie, kry ons die idee dat Hy oor ons voel soos ons oor onsself voel. Ons probeer dus om met die onvolmaakte menslike verstand die Here se gedagtes oor ons te verduidelik en te verstaan. Omdat ons voel dat ons onvolmaak is, glo ons die Here di*nk ook so. Ons probeer selfs van die Here af wegvlug, soos ons van mense af wegvlug. *

oubaas 7.08.09 - 09:48am
Psalm 139:11-12 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. *

oubaas 7.08.09 - 09:48am
Nee wat, geen duisternis kan jou insluk nie. En al vlug jy selfs weg van die Here af om Sy oe te ontsnap, Hy draai nooit Sy oe van jou af weg nie, want jy is Sy meesterstuk, Sy skepsel, Sy handewerk, Sy eiendom. *

oubaas 7.08.09 - 09:49am
Kyk met nuwe oe, verstaan so bietjie van die Here se perspektief, probeer di*nk hoe Hy sou dink. Veral as jy kan glo dat jy na Sy beeld geskape is, en dat jy Sy tempel is. *

oubaas 7.08.09 - 09:49am
Voel jy jou lewe val inmekaar? Hy is daar om die stukke op te tel. Voel jy onvergenoegd oor jouself? Hy di*nk jy is die mooiste, aantreklikste, beeldskone wese voor Sy oe. Voel jy dat Hy jou vergeet het? Nee, vers 5 se: U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Voel jy eensaam? Mag wees, maar Hy is daar. *

oubaas 7.08.09 - 09:50am
Voel jy nikswerd omdat jy dalk gestrem is? Wel, Hy het jou so gemaak, al verstaan jy dit nie. Hy het jou lief, al di*nk jy nie so nie. Ai, weet jy, hoekom sukkel ons so om maar net te glo wat die Here in Sy woord s? Al gehoor van die spreekwoord: God said it, I believe it, that settles it? *

oubaas 7.08.09 - 09:51am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20volmaakte%20jy.htm *

oubaas 7.08.09 - 09:51am
Ook gepos by / Also posted at: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store