WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: POPCORN TEOLOGIE
Replies: 20 Views: 2206

oubaas 7.09.09 - 11:34am
POPCORN TEOLOGIE - 12 Augustus 2009

Kom ons kyk n bietjie wat ons kan leer by die nederige ou springmielietjie . . . .
*

oubaas 7.09.09 - 11:34am
Weet jy hoe werk n springmielie? Die mielie groei (en lyk) soos n gewone mielie. Dit word geoes as dit heeltemal droog is, en die mieliepitte word afgestroop. Wanneer dit dan in olie (of in die lug, of in die mikrogolf) tot 230C verhit word, pop dit! Die water in die kern sit uit en by hierdie hoe temperatuur word die druk te hoog en spring hy uitmekaar en dop om. Die stysel aan die binnekant sit blitsig uit en vorm jellie-agtige borrels wat onmiddelik solied word. *

oubaas 7.09.09 - 11:35am
Presies dieselfde gebeur wanneer brood bak, maar natuurlik net teen n baie stadiger tempo. n Gespringde mielie se volume neem tot vyftigvoudig toe, en is dadelik eetbaar. Gooi sout op en geniet! *

oubaas 7.09.09 - 11:35am
Johannes 3:1-8 Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseers behoort en was 'n lid van die Joodse Raad. Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gese: Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie. *

oubaas 7.09.09 - 11:36am
Daarop se Jesus vir hom: Dt verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodemus vra Hom toe: Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie? Jesus het geantwoord: Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. *

oubaas 7.09.09 - 11:36am
Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gese het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is. *

oubaas 7.09.09 - 11:36am
Wedergeboorte. Hoe werk dit? Is jy verbaas dat baie mense nie verstaan wat met jou aangaan as jy s jy is wedergebore nie? Vra sommer volgende keer vir so iemand of hy weet hoe werk popcorn. *

oubaas 7.09.09 - 11:37am
Nikodemus het ook gesukkel om te verstaan. Jesus se vir hom: As jy nie uit water en Gees gebore word nie, kan jy nie in die koninkryk van God kom nie. Paulus bevestig ook hierdie punt: *

oubaas 7.09.09 - 11:37am
1 Korintiers 2:14-16 Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie. Daar staan geskrywe: Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee? Maar ons, ons het die Gees van Christus. *

oubaas 7.09.09 - 11:38am
Sien jy dat die geestelike dinge vir jou onsin sal wees as jy nie die Gees in jou het nie? Sonder die Gees is jy nog soos daardie springmieliepit - al die elemente is daar, die volle potensiaal om n springmielie te wees is daar, maar daar kort nog iets voordat jy kan . . . wel . . . ont-pop! Nou kyk die springmielie-pit-bevolking van hierdie wereld na die ge-popte springmielies, en se: julle is gek *

oubaas 7.09.09 - 11:38am
Dan lees ons in Handelinge 2 met die uitstorting van die Heilige Gees hoe mense oombliklik verander het, in tale begin praat het, en die mense is verbaas! Almal weet iets het gebeur, maar dan staan in Handelinge 2:13: Maar party het gespot en gese: Hulle is dronk Jy sien, n ongespringde springmielie weet self nie wat binne-in hom aangaan nie, en daarom is gespringde springmielies vir hom vreemd en onsinnig. *

oubaas 7.09.09 - 11:39am
Hy sien hierdie springmielies, hy sien hoe hulle net ten goede probeer optree, hy sien hoe hulle springmieliebakke volmaak (kerke, stadions, kampe. ens), hy hoor hoe hulle anders praat en dink. Maar dan se hy: Nee, dis onsin. Nikodemus kon nie snap wat Jesus bedoel toe Hy se jy moet weergebore word nie. Dit het nie vir hom sin gemaak nie. *

oubaas 7.09.09 - 11:39am
. . . maar toe pop hierdie springmielie, en daar gebeur n buitengewone ding! Hierdie klipharde pit, wat vir niks goed is nie, word oombliklik hervorm in iets nuuts. Hierdie klipharde lagie wat alles bymekaar hou, swig onder die druk van die werking van die Heilige Gees, onder daardie geklop wat Openbaring 3:20 van praat. *

oubaas 7.09.09 - 11:40am
Daardie sondelaag wat die volle potensiaal van die mens inmekaardruk, en die mens keer om sy skeppingsdoel te bereik, gee mee en iets onbeskryfliks gebeur: bekering vind plaas, wedergeboorte. Onmiddelik, op die oomblik! En hoewel die proses van heiligmaking begin plaasvind met bekering, is jy reeds gered, reeds ten volle popcorn. Watter kleur is n springmielie wat klaar gespring het? Spierwit. Ja, so wit en skoon is jy ook gewas na jy ge-pop het. *

oubaas 7.09.09 - 11:40am
Jou sonde is vergewe. Nou is jy nuttig en jy kan jou potensiaal bereik. Die harde lagie is weg. Hoewel jy nog sulke geel stukkies in die binnekant sien (wat die oorblyfsels van jou onvolmaaktheid simboliseer), is jy n nuwe mens. Dit is wel so dat party mense oor n lang tydperk tot volle geloof en oorgawe kom - soos brood wat uitrys - maar ander pop soos popcorn. *

oubaas 7.09.09 - 11:40am
Voordat n springmielie gespring het, is hy niks werd nie. Hy is klein en hard. Maar boeta, as hy deur daardie verhittingsproses gegaan het, is hy n nuwe skepsel. Hy lyk anders, proe anders, het ander nut . . . *

oubaas 7.09.09 - 11:41am
Het jy ook al gehoor dat mense se hulle wil nie nou tot bekering kom nie? Hulle wil eers nog bietjie jol en die lewe geniet. Weet jy, jy kan verduidelik tot jy blou word oor die wonderlikheid van wedergeboorte, maar as die Heilige Gees nie deel is van hierdie proses nie, bly n mens maar net n droee, klipharde pitjie. Al die potensiaal bly opgesluit, toegevou in die sonde-doppie. *

oubaas 7.09.09 - 11:41am
n Springmielie spring teen 230C, en so moet ons ook maar soms eers n bietjie warm kry voordat ons ont-pop. Die warmkry is sleg, en soms bitter seer en onaangenaam, maar dit wat daaruit voortvloei, is iets buite hierdie wereld. So kan baie mense getuig. *

oubaas 7.09.09 - 11:42am
n Wonderlike ding van n gespringde mielie is dat geen twee dieselfde lyk nie. Ons as Christene moet vir mekaar ruimte gee om verskillend te lyk, te voel en te redeneer, om verskillend te aanbid, en verskillende dinge te beklemtoon in ons Geestelike lewe. Tolerance is so nodig. Paulus se mos ons byt en verskeur mekaar - heeltemal onnodig. *

oubaas 7.09.09 - 11:42am
Ek hoop jy het al ge-pop . . . . Dis pret! *

oubaas 7.09.09 - 11:42am
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20popcorn%20teologie.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store