WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: BERGREDE
Replies: 25 Views: 1585

oubaas 7.09.09 - 03:48pm
BERGREDE - 14 Augustus 2009

Lewe volgens die Woord van God.
*

oubaas 7.09.09 - 03:50pm
Ek di*nk ons is in n tyd waar daar groot dinge op Geestelike vlak gebeur. Ons is verseker midde-in n herlewing, baie mense draai na die Here toe, nuwe geestelike groeperinge spring op en mense het die vrymoedigheid om gemaklik van denominasie te verwissel. Ons het regtig n wye keuse van groepe waar ons gemaklik kan aanbid. Dis goed . . . so di*nk ek. Dit bring egter soms uitdagings op ons pad. *

oubaas 7.09.09 - 03:50pm
Dis opvallend hoe groepe op sekere dinge klem le, en dan sterk lering daaroor verkondig. Die probleem is dat mense voel die konvensionele is nie meer goed genoeg, of reg nie. Ek di*nk ons moet vir onsself afvra of ons oortuiginge steeds binne die basiese van die Bybel bly. Die vraag is: waarop het Jesus klem gele? Watter dogma het Hy oorbeklemtoon? Het Hy iets kontroversieel op die tafel gesit wat al die ander sieninge maar vaal laat lyk het? *

oubaas 7.09.09 - 03:51pm
Kom ons se Hy sou nou skielik tussen ons kom woon, hoe sou Sy teologie gelyk het? Anders as 2000 jaar gelede? Ek glo nie. Ek glo Hy sou steeds maar net die basiese waarhede verkondig het. Ongekompliseerd. Eenvoudig . . straight forward. Ai, party mense kan mens darem deesdae verwar met hulle vreemde sieninge, of hoe? Hulle se graag: as jy nie sus of so glo nie, of so en so doen nie, of van dit of dat oortuig is nie, sal jy die Koninkryk van God nooit sien nie *

oubaas 7.09.09 - 03:51pm
n Pragtige deel in die Bybel waar Jesus die mense leer oor die basiese beginsels van die Christelike lewe is die Bergrede in Mattheus 5 tot 7. *

oubaas 7.09.09 - 03:59pm
Mattheus 5:1-2 Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer *

oubaas 7.09.09 - 04:00pm
Mattheus 7:28-29 Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig, want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie. *

oubaas 7.09.09 - 04:00pm
Jesus se lering was eenvoudig. Wat het Hy gese? Kom ons neem saam so n voelvlug oor die hele bergrede en sien wat Hy vir die skare geleer het - en vandag vir ons ook wil leer oor hoe ons moet lewe. *

oubaas 7.09.09 - 04:01pm
Hy begin in Matt 5 en praat van die geseendes - hulle is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is; die wat treur, die wat sagmoedig, barmhartig en rein van hart is; die vredemakers, ens. Dit wat soms vir ons na moeilike dinge lyk, dit is juis die dinge wat Jesus uitwys as die dinge wat ons eintlik geseend maak. *

oubaas 7.09.09 - 04:01pm
Dan se Hy vir ons: Wees sout vir die aarde, gee smaak, wees iets werd en Jy is n lig, gaan skyn tussen mense in. Wat beteken dit alles? Wel, eenvoudig dat ons daar tussen die wereldlinge moet wees en vir hulle n verskil maak . . . ons moet smaak gee en ons moet lig wees. *

oubaas 7.09.09 - 04:02pm
Jesus praat verder oor die wet. Die wet het nie weggeval nie, want die wet is goed. Die wet red jou nie, die wet leer jou reg en verkeerd. *

oubaas 7.09.09 - 04:02pm
Hierna praat Hy oor versoening. Dis eenvoudig - gaan maak reg waar daar slegte verhoudings is, dis so onnodig. Gaan maak vrede, moenie kwaad bly vir mense nie - dis in elk geval nie lekker nie. *

oubaas 7.09.09 - 04:02pm
Jesus praat reguit oor kuisheid. Moenie jou ogies laat dwaal en jou laat struikel nie. En ja, moenie skei nie. Daar is niks goeds wat daaruit kan kom nie; jou kinders gaan in elke geval baie swaar kry. Probeer liewer alles in jou vermoe om die huwelik te red. *

oubaas 7.09.09 - 04:03pm
Verder se Jesus dat ons bekend moet wees vir ons integriteit. Moenie dat dit nodig is om n eed af te le nie. Laat jou ja ja wees, en jou nee nee - so eenvoudig soos dit. En dan verder . . . n oog vir n oog en n tand vir n tand? NEE. Jesus se draai liewer jou ander wng. Probeer ook om uit die hof uit te bly; dit bring net moeilikheid. Probeer om dinge buite die hof uit te sorteer. *

oubaas 7.09.09 - 04:03pm
Wees sommer lief vir jou vyand, dan kan jy op die koop toe bietjie ekstra loon verwag. Help so nou en dan bietjie iemand wat arm is en sukkel, maar moenie daaroor loop en spog nie. Gee sommer partykeer vir iemand n glas water wat daarvoor vra. Dan, bid gereeld, maar bid eenvoudig - ook nie n shopping list nie; die Here weet mos reeds wat jy nodig het. Vra vergifnis, gee vergifnis, praat gereeld met Hom. *

oubaas 7.09.09 - 04:04pm
Vas so nou en dan, maar nie met n lang gesig nie. Doen dit sommer sonder om vir enige iemand daarvan te vertel. *

oubaas 7.09.09 - 04:04pm
Oppas om skatte bymekaar te maak, want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees . . . . Netnou netnou is jy liewer vir Mammon as vir die Here. *

oubaas 7.09.09 - 04:05pm
Wat van bekommernis? Nee wat, se Jesus, dis onnodig. Hy sorg dan selfs vir die wilde voels; Hy SAL mos vir ons sorg. Bekommernis kan nie maak dat jy een uur langer sal bly lewe nie, inteendeel, die stress kan jou siek maak! *

oubaas 7.09.09 - 04:05pm
Moet ook nie ander veroordeel nie - so leer Jesus ons verder. Kyk maar eers of daar nie dalk n balk in jou eie oog is nie. Veroordeel en oordeel is nie deel van ons mandaat nie - laat die oordeel aan God oor. *

oubaas 7.09.09 - 04:05pm
Het jy dalk iets nodig? Wel, vra vir die Here. Hy sal vir jou gee wat jy nodig het - so leer Jesus ons. *

oubaas 7.09.09 - 04:06pm
Loop op die smal pad, dit lei na die hemel toe. Nie baie mense loop op daardie pad nie, en min gaan dit maak - maar maak seker jy loop daar. Oppas ook vir vals profete, hulle sit vreeslike laste op mense. Doen so, glo so, anders gaan jy nie hemel toe nie. Nee, moenie vir hulle luister nie. Jesus se nie almal wat oor Hom praat, of selfs allerhande wonders in Sy Naam doen is gered nie . . . van hulle sal eendag moet hoor: Ek het jou nooit geken nie *

oubaas 7.09.09 - 04:06pm
Mattheus 7:24-29 Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortren het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het. *

oubaas 7.09.09 - 04:07pm
Die stortreen het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes. *

oubaas 7.09.09 - 04:07pm
Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig, want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie. *

oubaas 7.09.09 - 04:08pm
En nou wil ek amper se: I rest my case. Die dinge waaroor Jesus preek, is die eenvoudige dinge, dis reguit en maklik om te verstaan. Geen dogma. Geen hoe teologie nie . . . Hy het hulle geleer soos n man met gesag. *

oubaas 7.09.09 - 04:08pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20bergrede.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store