WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: WIE SE PAKKIE SAL JY DRA?
Replies: 17 Views: 1054

oubaas 7.09.09 - 04:10pm
WIE SE PAKKIE SAL JY DRA? - 19 Augustus 2009

Ons praat deesdae nogal baie oor die swaar tye van vandag. Dit is so dat ons almal se lewens nou maar eenmaal uniek is, elkeen se omstandighede is verskillend, elkeen se lewe word gekenmerk deur n versameling van elemente, en die meeste daarvan het jy nie eers voor gevra nie . . . dit noem ek vandag die pakkie wat jy moet dra.
*

oubaas 7.09.09 - 04:11pm
Elkeen van ons dra n pakkie. di*nk maar aan iets soos n rugsakkie wat jy op jou rug dra. Jy dra hom. Elke dag, alleen. Wat is vandag in jou sakkie wat hom so bitter swaar maak? Watse goeters is daarin wat jy so graag wil uithaal, maar jy kan nie? *

oubaas 7.09.09 - 04:11pm
Kom ek vra vir jou vandag drie vrae: *

oubaas 7.09.09 - 04:12pm
1) Wie sou jy eerder wou wees? Dis nou as jy kon kies. di*nk bietjie saam met my - wie ken jy wie se lewe so ideaal lyk (op die oog af) dat jy nou in sy skoene sou inklim as jy kon? *

oubaas 7.09.09 - 04:12pm
2) Wie se pakkie sou jy eerder wou dra as jou eie? Wat is in ander se pakkies wat jy graag in joune sou wou inlaai? Miskien geld, materiele dinge, gesondheid, kinders, ens. As jy dus vandag kon se: Here, ek hou nie van my pakkie nie, ruil myne met sus en so sn om, asseblief - met wie sou jy wou ruil? Ek di*nk ons almal wil graag so n kombinasie van ander se inhoud in ons pakkie sit, en dan glo dat volmaakte geluk op ons wag. *

oubaas 7.09.09 - 04:13pm
3) Wie ken jy wie se lewe 100% volmaak is? Die pakkie is volmaak gepak met net die beste van omstandighede, genoeg inkomste, perfekte liggaam, geen gebreke, goeie looks, pragtige huis, voorbeeldige en slim kinders, goeie pos by die werk, fiks, gesond, perfekte huwelik, lekker vriende . . . ag man, beter kan jy nie. Ken jy so iemand? Wel, die goeie nuus is: hy is nog nie gebore nie. Al lyk dit soms vir jou of die persoon volmaak is, belowe ek jou hy sal ook sy pakkie wil ruil. *

oubaas 7.09.09 - 04:13pm
Psalm 49:17-21 Moet jou nie daaroor kwel dat mense ryk word, dat hulle besittings baie word nie, want as hulle sterf, neem hulle niks saam nie; hulle besittings sal hulle nie volg nie. Al verlustig 'n mens hom in 'n voorspoedige lewe, en al prys die mense hom omdat dit met hom goed gaan, soos sy voorvaders sal ook hy moet sterwe en hy sal die lig nooit weer sien nie. Die mens wat met weelde en al 'n dwaas bly, is soos 'n dier wat vergaan. *

oubaas 7.09.09 - 04:14pm
Kan jy sien dat die Psalmskrywer besef dat alles net tydelik is? Nou ja, as ons dan se dat elkeen se pakkie so n paar vrot vruggies in het, en ons tog nie kan kies wat in ons pakkie is nie, moet ons seker maar aanvaar dat ons nou maar eenmaal het wat ons het. *

oubaas 7.09.09 - 04:14pm
Vraag is . . .kan jy dit dra? Kan jy by die punt kom van onvoorwaardelike tevredenheid met en aanvaarding van jou omstandighede? Of gaan jy vir ewig hunker na n ander se lewe? *

oubaas 7.09.09 - 04:14pm
Aan die anderkant kan jy dalk iemand ken wie se pakkie ondraaglik swaar is, en vir wie jy bitter jammer is. Ken jy so iemand? Miskien jou ouer, of jou kind, of n vriend? Of nog meer - miskien is daar n vriend wat jou beskuldig dat dit met jou beter gaan as met hom, en jy voel dalk skuldig dat jy niks daaraan kan doen nie. Galasiers 6:2 se: Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus. *

oubaas 7.09.09 - 04:15pm
Is dit nou: dra mekaar se laste, of is dit dra mekaar se pakkie? As jy die pakkie wil dra, beteken dit dat jy jou eie onvolmaakte een dra, sowel as n ander sn - en jy kan nie! Maar as jy iemand se laste dra, beteken dit om saam met iemand te stap - self dalk kreunend - maar jy is daar vir die persoon. Jy kan dalk dele van sy pakkie vir hom help dra, maar wees versigtig dat mense nie hulle hele pakkie op jou dump nie. *

oubaas 7.09.09 - 04:16pm
As jy saam met iemand stap, kan jy hom ondersteun en moed inpraat terwyl hy swaar dra aan sy pakkie. Jy weet, party mense kan darem subtiel hulle pakkie op jou afpak. Jy moet dalk iemand finansieel help, net om dan te sien dat hy eintlik meer het as jy. *

oubaas 7.09.09 - 04:16pm
Is jou pakkie vandag swaar? Ek di*nk so, myne is ook. Begeer jy om vrede te he met jou pakkie? Hier is vir jou n geheim: die woord vrede kom voor in die woord tevrede. Jy kan nooit in jou lewe vrede ervaar as jy nie tevrede kan wees nie. Wanneer is genoeg genoeg? Kon jy dalk al daardie lyn kry? Voel jy ander se gesondheid is net altyd beter as joune? Jip, meneer X is dalk lekker ryk, en tall, dark and handsome, maar sy huwelik val uitmekaar. *

oubaas 7.09.09 - 04:17pm
Wil jy regtig sy pakkie he? Miskien spartel jy dalk bietjie met selfbeeld, en meneer X kom so mooi reg, hy lyk so in beheer, maar hy is dalk terminaal siek. Miskien lyk die baas by die werk se posisie so ideaal, en die 4X4 blink mooi, maar sy kind is verslaaf aan dwelms. Miskien irriteer jou werk die blou blits uit jou uit, maar meneer X het miskien sy huis verloor. Al is jou pakkie soms so swaar, is dit nie tog maar meer draaglik as enige iemand anders sn nie? *

oubaas 7.09.09 - 04:17pm
Is daar dalk iets wat jy vandag uit jou pakkie kan uithaal wat dit vir jou meer draaglik gaan maak? Is daar iets wat jy nou kan doen om dit beter te kry? Hanteer dit soos n deurmekaar laai: pak alles uit, neem voorraad op, gooi weg wat nie nodig is nie, wat uitgedien is, en pak die res mooi terug. En as daar niks is wat jy kan uitgooi of regpak nie, kom dan by die punt van aanvaarding; kom by die punt waar jy vir die Here dankie se vir wat jy het, en wie jy is. *

oubaas 7.09.09 - 04:18pm
Kyk vir n slag watse seeninge jy in jou pakkie het, en dank en prys die Here daarvoor. Konsentreer op die goeie dinge wat in jou pakkie is, en sorg dat jy nog goeies inpak. *

oubaas 7.09.09 - 04:18pm
Kyk gerus om jou. Jy sal sien dat jou pakkie nie die swaarste is nie! *

oubaas 7.09.09 - 04:19pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20wie%20se%20pakkie%20sal%20jy%20dra.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store