WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: VOETE WAS
Replies: 26 Views: 1343

oubaas 7.09.09 - 04:21pm
VOETE WAS - 26 Augustus 2009

Kom saam met my op 'n verbeeldingsvlug. Ek en jy en 'n klompie ander mense sit en kuier om 'n tafel. 'n Baie deftige etenstafel. Ons almal lag, gesels, skerts, vertel stories en kuier 'n storm los. Die gasheer en gasvrou is hooggeplaaste mense, belangrike mense, mense van aansien en hulle bly in 'n mansion. Die duurste meubels, en alles is net van die beste.
*

oubaas 7.09.09 - 04:21pm
Mev Gasvrou dartel rond om almal gelukkig te hou en manlief vertel van sy groot saketransaksies, buitelandse beleggings en eiendomme oor die hele wereld. Jy kan hom ook deur 'n ring trek met sy ontwerpersklere, 'n man van statuur wat respek afdwing met elke woord wat hy se. *

oubaas 7.09.09 - 04:22pm
Dan, skielik, bly hy stil, kyk vir almal en almal kyk vir hom. Hier kom iets!!! Almal wonder in afwagting wat nou gaan gebeur . . . *

oubaas 7.09.09 - 04:22pm
Dan trek Meneer sy baadjie uit, wikkel sy strikdas los, en trek sy hemp en skoene uit. Maak 'n handoek om sy lyf vas en gaan buk by iemand se voete. Dan begin hy een se voete was, en die volgende persoon, en die volgende persoon tot almal se voete gewas is. Almal sit in stom verbasing. Hoekom doen hy dit? Gaan hy my voete ook was? *

oubaas 7.09.09 - 04:23pm
Johannes 12 : 1-7 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wereld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wereld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. *

oubaas 7.09.09 - 04:24pm
Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. Toe Hy by Simon Petrus kom, vra die vir Hom: Here, gaan U my voete was? *

oubaas 7.09.09 - 04:24pm
En Jesus antwoord hom: Wat Ek doen, begryp jy nie nou nie, maar later sal jy dit verstaan. Maar Petrus se vir Hom: U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie! Daarop se Jesus vir hom: As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie. Simon Petrus se toe vir Hom: Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig. En Jesus se vir hom: *

oubaas 7.09.09 - 04:24pm
Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie. Jesus het geweet wie Hom sou verraai; daarom het Hy gese: Julle is nie almal skoon nie. Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, se Hy vir hulle: Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. *

oubaas 7.09.09 - 04:25pm
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dit verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen. *

oubaas 7.09.09 - 04:25pm
So was Jesus Sy dissipels se voete. Jy sal met my saamstem dat mnr Gasheer van netnou hoegenaamd nie kan kers vashou in terme van sy status nie. Onthou een ding, die hele tyd wat Jesus met Sy dissipels gewandel het vir drie jaar, het hulle GEWEET wie Hy is. Hulle het Hom Here, Leermeester en Rabbi genoem. Hulle het Sy wonderwerke gesien, die absolute gesag waarmee Hy te werk gegaan het. *

oubaas 7.09.09 - 04:26pm
Daar aan tafel trek Hy sy bokleed uit en maak 'n handdoek om Hom vas en begin om Sy dissipels se voete te was. Wonder wat hulle gedink het. Wat sou jy dink? Sou jy dit sien dat Hy Homself verneder het, of stem jy saam met my dat dit 'n GROOT man is wat bereid is om so-iets te doen? Ek sien in hierdie handeling 'n persoon wat presies weet wat Sy status is en weet onder watter gesag Hy werk, en 'n ongelooflike statement maak. Wat kan se: Ek is groot genoeg om dit te doen. *

oubaas 7.09.09 - 04:26pm
Die diepste daad van nederigheid, wat die grootste daad van gesag demonstreer. *

oubaas 7.09.09 - 04:27pm
As ek in hierdie gedeelte iets sou soek om hierdie daad te laat sin maak, kry ek dit in vers 1b:- Hy het Sy eie mense wat in die wereld is liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste liefgehad. *

oubaas 7.09.09 - 04:27pm
Miskien het Hy so oor die tafel vir almal gekyk met liefde in sy oe en gedink:- Wat sal Ek vandag doen (let wel DOEN) om vir hierdie mense te wys dat Ek vir hulle onvoorwaardelik lief is? *

oubaas 7.09.09 - 04:28pm
Dan was Hy hulle voete. Jesus, Koning, Oppergesag, Heerser, Skepper, Almagtige. Weet jy wat? As Hy vandag in lewende lywe by jou sou wees, sou Hy presies dieselfde vir jou gedoen het. Glo jy dit? *

oubaas 7.09.09 - 04:28pm
Johannes 13: 6 Toe Hy by Simon Petrus kom, vra die vir Hom: Here, gaan U my voete was? *

oubaas 7.09.09 - 04:29pm
Dalk sou ek en jy ook se:- Here, gaan U my voete was? Ek wat U gister weereens so bitter teleurgestel het. Ek wat U nog gaan verraai, ek wat U netnou-netnou gaan verloen. Ek met my eie wil wat so min vir U doen. Ek, die hardkoppige ene want soms so 'n goor lewensuitkyk het, wat U kinders soms soos vloerlappe behandel. Voel jy ook soos ek? Ek glo ek sou ook soos Petrus verdwaas gesit en wonder het wat ek gedoen het om dit te verdien. Dan se Jesus:- trek uit jou skoene. *

oubaas 7.09.09 - 04:30pm
Petrus wil dan sommer sy hande en gesig ook gewas he. Ek glo nie dit was uit arrogansie wat hy dit gese het nie. Ek di*nk hy het eerder so bietjie minderwaardig gevoel. Voetewas was slawewerk (en 'n slaaf kon nie gedwing word om dit te doen nie). Miskien het hy gedink hy sal beter voel as Jesus dan meer doen as die slawewerk. Dan se Jesus :- nee jong, jy is klaar skoongewas, ons stof net gou-gou die voete af, dan is jy weer reg. *

oubaas 7.09.09 - 04:30pm
Sou jy dalk ook na so 'n sessie so bietjie skaam en ontoereikend voel? Ek sou verseker!!! *

oubaas 7.09.09 - 04:32pm
Kan jy sien waar die liefde gedeelte inkom? Daar staan:- Hy het hulle tot die uiterste liefgehad. Soos Hy ook vir jou en my tot die uiterste liefhet. Verbeel jou hoe Hy met sy paar growwe hande sagkens oor jou voete streel en vryf, hoe Hy die seep tussen jou tone inwerk, en dan afspoel, tot hulle silwerskoon is. Soos jy vir Hom kyk terwyl Hy besig is, sien jy die mees onbeskryflike uitdrukking van liefde is sy oe. In hierdie gedeelte is die mees ongelooflike demonstrasie van liefde opgesluit. *

oubaas 7.09.09 - 04:32pm
Johannes 13 : 14 17 As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dit verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen. *

oubaas 7.09.09 - 04:33pm
Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel . . . *

oubaas 7.09.09 - 04:33pm
Nou kom oud Minister Adriaan Vlok en hy gaan was sy (eens) aartsvyand se voete in die openbaar, en hy vra hom om vergifnis, en mense bespot hom daaroor!!! Raai vir wie het ek die meeste agting tussen hom en hierdie mense. . . Ek sien hom as 'n man uit een stuk. Iemand wat iets doen wat ek sekerlik nooit sal regkry nie. Sou jy dit kan doen? *

oubaas 7.09.09 - 04:34pm
Jesus se 'n mooi ding in vers 16. n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie as die een wat hom gestuur het nie. Liefde maak almal gelyk. En ja, Jesus het tot Judas se voete ook gewas. Moet ek en jy nie ook soms tot die uiterste gaan om liefde en respek vir mekaar te bewys nie? *

oubaas 7.09.09 - 04:34pm
Wat di*nk jy gaan gebeur as jy daar by die werk dit sou doen? Ten spyte van jou gesagsposisie. Watse impak sou so 'n fisiese daad nie tot gevolg he nie? Of wat van jou huishulp of tuinjong? Wel, ek moet eerlik se, ek sou sukkel!!! En nee, ek het dit nog nooit gedoen nie. Maar wat dan van manlief of vroulief, of die kinders? Of dalk iemand vir wie jy vieserig is, soos jou buurman of daardie moeilike kollega by die werk. *

oubaas 7.09.09 - 04:35pm
Kan ek jou se wat die gevolg sou wees? Die antwoord is in vers 17. Julle weet dit nou, gelukkig is julle as julle dit ook doen. *

oubaas 7.09.09 - 04:35pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20voete%20was.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store