WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: WIE KAN DAN GERED WORD?
Replies: 17 Views: 1134

oubaas 8.09.09 - 03:40pm
WIE KAN DAN GERED WORD? - 2 September 2009

Daar is mos n liedjie wat se: ek sou kon doen met n miljoen. Klink lekker ne? Ek sou kon doen met n ou klein plasie, of n ou klein bootjie, n paleisie, n oorsese reisie . . . . Dream on! Dis lekker om te fantaseer. Ek het nog nooit van een mens gehoor wat gekla het omdat hy te veel geld gehad het nie. Interessant dat die mens so n groot premie kan plaas op iets wat so min werd is. Maar nou ja, ons almal kort so bietjie meer . . . .
*

oubaas 8.09.09 - 03:41pm
Markus 10:17-26 Net toe Jesus uit die huis uitkom om verder te gaan, kom daar iemand aangehardloop. Hy val toe voor Hom op sy kniee en vra Hom: Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry? Daarop se Jesus vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. Jy ken die gebooie: 'Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis afle nie,' *

oubaas 8.09.09 - 03:41pm
Meneer, se hy vir Hom, dit alles het ek van my kinderdae af nagekom. Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gese: Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel he. Kom dan terug en volg My! *

oubaas 8.09.09 - 03:42pm
Nou,ja, ek wil nie oor geld praat nie, maar wel oor die hindernisse wat tussen ons en die Here staan. Ons kan ook se dit wat ons sal weerhou daarvan om die ewige lewe te he. Oor redding praat die Bybel eintlik uit verskillende hoeke. *

oubaas 8.09.09 - 03:42pm
Mattheus 7:21 Nie elkeen wat vir My se Here, Here, sal in die Koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die Hemel is Jesus se: doen die wil van die Vader - dan sal jy in die Koninkryk ingaan. *

oubaas 8.09.09 - 03:43pm
Dan aan die anderkant se Galasiers 3:10-11:Maar almal wat staat maak op die onderhouding van die wet, val onder die vloek, want daar staan geskrywe: Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie. En dat niemand op grond van die wet deur God vrygespreek word nie, is duidelik, want hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe. Paulus se: Glo *

oubaas 8.09.09 - 03:43pm
Jakobus 2:14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so n geloof n mens red? Vers 24: Julle sien dus dat n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie op grond van sy geloof nie *

oubaas 8.09.09 - 03:44pm
Twee kante van dieselfde muntstuk. Nou wie kan dan gered word? Die een se jou geld gaan jou uit die hemel hou, n ander se glo net, nog een se doen net. Nou hoe nou? *

oubaas 8.09.09 - 03:44pm
Kom ons gaan weer terug na wat ons gelees het in die gedeelte oor die ryk jong man. Jesus se vir hom hy moet eers die wet onderhou. Nadat hy gese het dat hy dit al van kleintyd af gedoen het, gaan Jesus hom nie tee nie - klink of Jesus dalk di*nk dat dit wel so kan wees. Dan se Jesus vir hom: net een ding kom jy kort (vers 21) Dit klink vir my of Jesus wil se: Sjoe, jy maak dit ampertjies. Man, jy is regtig amper daar - behalwe . . . *

oubaas 8.09.09 - 03:44pm
Maar wat wonderlik is, is dat daar in Markus 10 staan dat Jesus na hom gekyk het en hom liefgekry het. Ek sien nou in my geestesoog dat ons voor Jesus staan, en met die opregtheid van n kind vra: Wat moet ek doen om gered te word? En Jesus kyk na ons met tonne liefde in sy oe, maar dan se Hy . . . . Amper! Gaan verwyder eers dit wat tussen jou en my staan. Kom dan terug en volg my. *

oubaas 8.09.09 - 03:45pm
Watter hindernis staan tussen jou en die Here? Ons het partykeer bietjie te veel sonblok aan, dan kom die Here se strale nie by ons uit nie. *

oubaas 8.09.09 - 03:45pm
Markus 10:21-22 Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gese: Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel he. Kom dan terug en volg My! Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. *

oubaas 8.09.09 - 03:45pm
Kan jy sien dat dit dalk nie per definisie die geld of rykdom is wat die probleem was nie, maar sy keuse. Geld en besittings het swaarder geweeg as sy liefde vir die Here. Hy het bedruk weggegaan. Vreemd, ne? Hy was bereid om van kleintyd af die wet na te kom - moeilik soos dit was; hy het na Jesus toe gehardloop om te hoor wat hy dan moet doen om gered te word. Hy het selfs op sy kniee voor Jesus neergeval, so belangrik was dit vir hom. *

oubaas 8.09.09 - 03:46pm
Maar, nou gee Jesus vir hom n antwoord wat hy nie wil hoor nie. Het sy besittings dan swaarder geweeg as sy liefde vir God? Was Mammon belangriker as die ewige lewe? Jesus het nie vir hom gese glo net nie, ook nie doen net nie. Hy het gevra dat hy alles sal opoffer vir Hom - en die jong man was nie bereid nie. *

oubaas 8.09.09 - 03:46pm
Nadat Jesus hierdie verhaal vertel het, was die dissipels baie ontsteld. Ek di*nk dit behoort ons ook vandag te onstel, sodat ons vir onsself kan vra: wat staan tussen my en die Here? Wat is vir my belangriker as Hy? Wat het ek liewer as vir Hom? Wat is daar in my lewe waarvan Jesus vandag kan se: gaan raak ontslae daarvan? Wat is daar wat jou bedruk sal maak as jy dit moet verloor/prysgee? *

oubaas 8.09.09 - 03:47pm
Dalk die een of ander troetelsonde? n Verkeerde verhouding? Smagting na rykdom? Werk? Sport? Eie-ekkigheid, skinder, woede? Drankmisbruik? Onthou, as die Here vandag voor jou staan en se: Gaan raak ontslae van dit of dat - dan se Hy dit met liefde in Sy oe, dan se Hy dit omdat dit Sy wil is dat jy gered moet word, en die ewige lewe moet he. *

oubaas 8.09.09 - 03:47pm
Waarvoor is jy liewer as vir Hom? Kan jy vandag daarvan ontslae raak? Doen dit - en kom terug en volg Hom. *

oubaas 8.09.09 - 03:48pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20wie%20kan%20dan%20gered%20word.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store