WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: PLANT N BOOM
Replies: 22 Views: 1530

oubaas 28.09.09 - 03:31pm
PLANT N BOOM 9 September 2009

As jy by die gevangenis in Potgieterstraat inry by die hoofhek en jy draai links nadat jy deur die sekuriteitshekke is, dan kom jy by n parkeerterrein uit waar daar een van die grootste bome staan wat ek nog ooit gesien het. Iemand het gese dis n wildevy boom. Dit is regtig n massiewe boom! Miskien het iemand lank, lank gelede besluit om die boom te plant met n spesifieke doel. Dalk vir sy skaduwee, miskien om van die hout te gebruik - wat ookal, die punt is, daardie boom is massief, en die persoon wat hom geplant het lewe lankal nie meer nie. *

oubaas 28.09.09 - 03:32pm
Ek het onlangs die volgende by my vriend, Wally, geleer: om n boom te plant simboliseer n hoop op die toekoms, n verwagting dat daar n nageslag gaan kom. Om te glo dat daar n toekoms voorle, maar ook n era wat ek as mens nooit gaan sien nie. Wally is vreeslik lief vir bome, en plant nog steeds . . . *

oubaas 28.09.09 - 03:32pm
Vandag wil ek jou vra: glo jy in n toekoms, het jy n verwagting vir n toekoms, ongeag van waar jy jou vandag bevind - of dit nou in Suid-Afrika is, of New Zealand, Australie of Zimbabwe? *

oubaas 28.09.09 - 03:32pm
Jeremia 29:11-13 Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. *

oubaas 28.09.09 - 03:33pm
Ek wil vir julle n toekoms gee, n verwagting. . . Hierdie is geskryf vir n volk in ballingskap . . . watter toekomshoop kon hulle tog daar in Babel he? Luister verder hierna: *

oubaas 28.09.09 - 03:34pm
Jeremia 29:4-11 So se Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: Bou vir julle huise en bewoon dit, le tuine aan en eet die opbrengs daarvan, trou en bring kinders in die wereld, en laat hulle trou en kinders in die wereld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. *

oubaas 28.09.09 - 03:34pm
Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange. So se die Here die Almagtige, die God van Israel: Moenie dat die profete en waarseers daar by julle julle mislei nie. Moenie ag slaan op daardie drome wat julle so graag droom nie. Daardie mense tree sonder opdrag op as profete in my Naam. *

oubaas 28.09.09 - 03:34pm
Ek het hulle nie gestuur nie, se die Here. So se die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe terug te bring. Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! *

oubaas 28.09.09 - 03:35pm
Wow, kan jy dit glo? In ballingskap, IN Babel, IN n vreemde land, se die Here hulle moet met n toekomsverwagting leef. *

oubaas 28.09.09 - 03:35pm
Nou kan jy vir my vra: waar kom die boom nou in? Wel, om n boom te plant simboliseer n hoop en verwagting op iets wat jy nie self gaan leef om die uiteinde te sien nie. Jy sien, baie mense is tans in n staat van hooploosheid vasgevang, soveel dat ons oordrewe na die eindtyd smag. Ons hoor daagliks boodskappe van die eindtyd wat om die draai is. Ons soek na die tekens in die lug en kry dit ook. Maar hoe ver is naby? *

oubaas 28.09.09 - 03:36pm
Miskien sien ons die eindtyd as n uitkoms vir hierdie wrede wereld. Gaan ons ophou lewe as ons sou weet dat ons aardse bestaan oor ses maande tot n einde gaan kom? Nou vra ek jou: sal jy bereid wees om n boom te plant saam met my, as n simbool van verwagting vir n toekoms? Om die Here te vertrou vir n more en n oormore, waar ons kinders en kleinkinders dalk nog hierdie aarde gaan bewandel? *

oubaas 28.09.09 - 03:36pm
Jesaja 44:3-4 Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droe grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seen op jou nakomelinge. Hulle sal uitspruit soos gras in die veld, soos wilgerbome langs waterlope. *

oubaas 28.09.09 - 03:37pm
Dink jy regtig die Here het opgegee op Sy skeppingswerk, Sy skepsels wat na Sy beeld gemaak is? Hoekom kyk ons dan so kortsigtig? As jy op pad is Kaap toe, gaan jy mos nie halpad stop en omdraai as die pad vol slaggate is nie? n Slegte pad beteken tog nie die Kaap het verdwyn nie? Ek wil vir julle n toekoms gee, n verwagting. So se die Here. En vir julle kinders en kleinkinders. *

oubaas 28.09.09 - 03:38pm
Kom ons plant n boom, piep hom op, voed en versorg hom en GLO in die toekoms, waar daardie boom sal bly staan lank nadat jy jou hemelse tuiste begin bewoon het. *

oubaas 28.09.09 - 03:38pm
Boomplant met n verwagting se: *

oubaas 28.09.09 - 03:38pm
1) Jy is positief. Dit se dat ek kan glo dat daar meer voor my in die toekoms le as dit wat ek kan sien, en gaan sien in my lewe. *

oubaas 28.09.09 - 03:39pm
2) Jy het hoop, wat aangevuur word deur die beloftes van God. Die hoop wat die Here in jou kan laat brand, vra dat jy verder kyk as dit wat jy voor jou kan sien. Hoop vra dat jy al die elemente wat sleg lyk sal ignoreer, verby dit kyk, en na Jesus Christus se kruis te kyk. Met watse hoop het Jesus aan die kruis gehang? n Verwagting van nog n paar jaar in hierdie wrede, onregverdige lewe? Of dalk n hoop wat dekades en eeue vir Sy kinders voorle. *

oubaas 28.09.09 - 03:40pm
3) Jy het geloof. Hebreers 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. DIS geloof. *

oubaas 28.09.09 - 03:43pm
4) Jy is optimisties. Pessimistiese mense kan nie iets doen om die toekoms beter te maak nie. Optimistiese mense se: Nee, daar kom goeie tye, of Nee, die huidige tye is nie so sleg nie. Optimistiese mense fokus op die wat positief en goed is. *

oubaas 28.09.09 - 03:43pm
Jy sien, n boom is n wonderlike ding. In die dag, as die son op sy blare skyn, vind fotosintintese plaas, en hy vervaardig lewegewende suurstof. n Boom simboliseer LEWE! n Toekomsverwagting skreeu vir lewe. Hemel, mensdom, is n tonnel dan net donker? Nee, verseker nie. Ek wil bou aan n toekoms waar my nageslag kan woon en werk. Dit vra vir optimisme, en geloof, en hoop, en vooruitkyk, op groei en lewe! Maak nie saak waar in die wereld nie. *

oubaas 28.09.09 - 03:43pm
Ek gaan n boom plant in my tuin, om n toekoms verwagting te simboliseer, deur te se: Boom, miskien sien ek nie nessies in jou takke nie, maar ek glo dat God nie opgee met hierdie skepping van Hom nie. My nageslag sal weet dat ek jare terug n hoop, en n toekomsverwagting gehad het. Kinders sal daarin speel en se: Iemand het genoeg in die toekoms geglo om hierdie boom te plant . Wat van jou, neem jy deel? *

oubaas 28.09.09 - 03:44pm
Die teenpool van boomplant is om jouself al dieper en dieper in n gat in te grou. As jy ondergronds is sien jy niks . . . absoluut niks. As jy saam met daardie boom groei, sien jy ver, oneindig ver! Ek wil nie n gat-grou lewe lei nie. Ek wil n boomgroei lewe lei. *

oubaas 28.09.09 - 03:45pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20plant%20'n%20boom.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store