WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: WAT EK IS, IS NET GENADE ...
Replies: 20 Views: 1311

oubaas 28.09.09 - 03:47pm
WAT EK IS, IS NET GENADE . . . WAT EK HET, IS NET GELEEN - 16 September 2009

Wie is jy? Wat is jy? Waar kom jy vandaan? Waar gaan jy heen? Ja, jy het n naam, en n agtergrond, n herkoms; jy lyk soos jy lyk; jy is wie jy is. Vir 70 jaar sal jy leef, as jy sterk is 80. Jy sal hierdie aarde verlaat . . . verseker. Jy kom iewers vandaan . . . verseker. Op n tyd was jy n blink in jou ouers se oog. Almal se lewenspad begin iewers, en loop n spesifieke rigting.
*

oubaas 28.09.09 - 03:47pm
Dag vir dag bepaal keuses jou wee, besluite versoorsaak dat jy by sekere kruisings links draai, by ander draai jy regs. Party deure gaan oop en jy stap deur, ander gaan toe en jy draai om. So kom dit uiteindelik dat jy vandag is wie jy is, en waar jy is. Vandag is jy iemand, en vandag het jy iets . . . n ligaam, goedere, materiele dinge, ens. Die vraag wat ek jou vandag vra is: aan wie behoort dit? Deur wie se toedoen is dit soos dit is? *

oubaas 28.09.09 - 03:48pm
Wat ek is, is ne t genade . . .

Genesis 2:4(b)-7 Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het,was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reen nie, en daar was nog nie 'n mens om die grond te bewerk nie.
*

oubaas 28.09.09 - 03:49pm
Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. *

oubaas 28.09.09 - 03:50pm
Kan enige mens iets bydra tot sy eie bestaan? *

oubaas 28.09.09 - 03:50pm
Job 14:5-12 Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergele, en hy kan dit nie oorskry nie. U moet van hom af wegkyk en hom met rus laat totdat hy soos 'n huurling sy dagtaak afgehandel het. Vir 'n boom is daar nog hoop; al is dit afgekap, kan dit weer uitloop, en sy lote sal aanhou groei. *

oubaas 28.09.09 - 03:51pm
Al word sy wortels oud in die aarde en al gaan sy stam dood in die grond, spruit hy weer uit as hy net water ruik, en groei sy takke asof hy pas geplant is. Maar die mens sterf en verdwyn, hy blaas sy laaste asem uit, en waar is hy? Soos water uit die see verdamp, en 'n rivier opdroog, so ontslaap die mens en staan nie weer op nie; totdat die hemel nie meer daar is nie, sal hy nie wakker skrik nie, nie weer wakker gemaak word nie. *

oubaas 28.09.09 - 03:51pm
God skep. En van dag een af begin Hy waarde toevoeg aan die mens. Ek en jy word iets, bereik iets, doen dinge, daar kom sin in ons lewe. Daar is swaarkry, daar is ook lekker tye; ons leer, studeer, werk ons op; ons word selfs iemand. Maar . . . dan begin n probleem - die mens begin te veel van homself dink, en slaan homself hoog aan. Ons begin op ons eie kragte staatmaak en voel ons is so bietjie in beheer . . . voel jy ook soms so? *

oubaas 28.09.09 - 03:51pm
Die feit is egter: wat ek is, is net genade. Elke stukkie intelligensie in jou, elke vermoe, talent, alles, is NET genade - n geskenk van God af. Jy besef dit as jy dit gister nog gehad het, en vandag is dit dalk weg. Gesondheid, lewe, jou lekker werk met die lekker salaris, jou huweliksmaat - dis genade. Die kos wat jy eet, die suurstof wat jy gratis inasem - dis genade. Jou IK, jou kwaliteite - dis genade. *

oubaas 28.09.09 - 03:52pm
Dis eers as jy iets groots verloor het dat jy besef wat jy gehad het. Niks is vanselfsprekend nie. Alles wat jy sover vergader het, en koester, kan more weg wees. Wat ek het, is net genade. Genade van wie? Wie anders kan dit wees as net God alleen? *

oubaas 28.09.09 - 03:53pm
Wat ek het, is net geleen . . .

As ek en jy doodgaan, vat die skepping alles terug. Ons weet vandag dat stof tot stof, aldus die Bybel, n wetenskaplike feit is. As jy sterf begin die aarde onmiddelik elke atoom terugvat. Stof tot stof. Alles wat jy besit, elke ding wat gemaak is, sal eventueel verval tot sy basiese elemente. Dis n wetenskaplike feit. Los jou motor vir n paar eeue buite, en hy roes, verweer en raak letterlik weg. Die aarde soek sy atome terug - die wat hy aan jou geleen het.
*

oubaas 28.09.09 - 03:53pm
Prediker 12:6-7 . . . die tyd wanneer die silwerdraad afgebreek word en die goue kruik breek, die kruik by die fontein stukkend breek en die wiel by die put stukkend val, die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het. *

oubaas 28.09.09 - 03:54pm
Wat ek het, is net geleen! Dis vreeslik hoe ons as mense tekere kan gaan oor die bietjie wat ons het. Vat net aan my goed, en jy vat aan my. Ons bou bates, ons maak besittings bymekaar, meer en meer . . . empires en paleise. En intussen, is alles net geleen. En ja, ons werk daarvoor, maar . . . wat ek is, is net genade. Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. *

oubaas 28.09.09 - 03:55pm
Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. (Deuterenomium 8:17) Maar ons is geneig om dit nie so te sien nie. Sien jy nog die Here se hand in die alledaagse goedjies? Ons word so blase, dat ons di*nk ons is in beheer. Wanneer laas het jy vir die Here dankie gese vir die suurstof wat jy insasem? Of vir die feit dat jou hart vanself klop? *

oubaas 28.09.09 - 03:55pm
Wie is jy? Wat het jy? *

oubaas 28.09.09 - 03:55pm
As ons hierdie konsep verstaan van wat ek is en wat ek het, dan kan ek seker vra - watter doel het jy? Want jy sien, ek kan hierdie genade optimaal gebruik, of ek kan dit vir 80 jaar vermors. Kom ons se iemand leen vir jou n plaas lewenslank, met al die implemente denkbaar. Dis nie joune nie, maar jy het die volle reg van gebruik om n lewe daaruit te maak. En kom ons se jy bewerk dit NIE, was dit nie dan heeltemal nutteloos dat jy dit alles gehad het nie? *

oubaas 28.09.09 - 03:56pm
Wat jy het, en wat jy is, is n gawe van God, n stuk ongekende genade. n Hoop potensiaal, met ongekende vermoens. di*nk jy nie ons kan dit dan net sowel gebruik nie? Optimaal gebruik? Tot eer van Sy Koninkryk. Hierdie God wat alles in jou ingebou het se: gebruik dit, woeker daarmee. Talente, joune, jy het dit vir 70 tot 80 jaar. Die genade is daar! *

oubaas 28.09.09 - 03:57pm
Prediker 3:13 Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is n GAWE van God *

oubaas 28.09.09 - 03:57pm
Ons mag nie toelaat dat ons in n staat van nutteloosheid verval nie. Jy is wat jy is, uit genade. Miskien di*nk jy jy is nie veel werd nie. Wel, dis n leuen. Jy is so vol genade geprop, dat jy kan se: ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. En jy het meer as wat jy met jou oe kan sien - alles net genade, alles net geleen - maar jy het volle toegang solank jy lewe. *

oubaas 28.09.09 - 03:58pm
Leef dit. Gebruik dit. *

oubaas 28.09.09 - 03:58pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20wat%20ek%20is%20is%20net%20genade.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store